Tag Archive | gelatin

Lietsjie Resepte


Lietsjietert - the cook cottage

Lietsjietert – the cook cottage

Lietsjietert

Helena Kruger (Lekker resepte vir die jongergeslag)

1x200g Tennisbeskuitjies, fyngedruk
90g botter, gesmelt
1x 80g pynappel-jellie
180 ml water gekook
1x 565 g blik ontpitte lietjies, gedreineer en gesnipper
1x 397 g blik kondensmelk
suurlemoensap na smaak(opsioneel)

Metode:
Voer tertbak uit met Tennisbeskuitjies en botter.
Maak jellie met kookwater aan.
Gooi 180 ml lietsjiestroop by en laat afkoel.
Klop kondensmelk by die jellie in.
Voeg gesnipperde lietjies by.
Gooi in kors en laat stol in yskas Joey Kosmater

Lietsjietert

Eileen van Reenen

250g maaskaas, 1 blik kondensmelk, 65ml suurlemoensap, 1 teelepel gelatien, 60ml water, 1 blik litchies, 250ml room, 5ml vanielje, 30ml suiker, 10ml maizena. Maak n beskuitjie kors en voer tertbak uit. Dreineer litchies en verhit sap. Maak maizena aan met water en suiker en voeg by sap. Kook 2 minute. Meng maaskaas, kondensmelk en suurlemoensap. Smelt gelatien in water. Meng gelatien by kaasmengsel. Klits room styf en vou saam met vanielje by kaasmengsel in. Skep kaasmengsel in kors. Pak litcies bo-op en laastens die sous. Verkoel.
Lietsjieslaai

(Hein)
Bestanddele
Litchis
Bulgaarse Yogurt
Kondensmelk

Metode
Dop litchis af en ontpit dit. Sit die litchi’s in ‘n bak. Meng nou van die yogurt en kondensmelk. Voeg net genoeg kondensmelk by die yogurt om die suur van die yogurt te breek. Voeg nou die mengsel by die litchis. (Genoeg om al die litchis te bedek). Meng en verkoel.

Lietsjies in Alkohol

Rina Kleinhans

1kg lietsjies
2 stokkies pypkaneel
500ml brandewyn
70g strooisuiker
20 heel kruienaeltjies
METODE:
Dop die lietsjies af en pak hulle styf in gesteriliseerde inmaak flesse. Breek die pypkaneel in stukkies op en verhit dit saam met die brandewyn, strooisuiker en naeltjies oor lae hitte net totdat al die suiker opgelos is. (Die stroop moet nie kook nie, want dan verdamp die alkohol.) Giet die stroop oor die lietsjies. Voeg ekstra skoon brandewyn by indien die stroop te min is om die flesse te vul. Verseel die flesse en bewaar op droe koel donker plek.
*Lekker resepte vir die jongergeslag)

Advertisement