
PANNEKOEK resepte:
HIERDIE RESEP KAN OORNAG STAAN INDIEN JY DIT EERS DIE VOLGENDE DAG WIL BAK SOOS BV BY ‘N BASAAR OF SKOOLFUNKSIE
4k koekmeel, 4t bakpoeier, 4 eiers, 4k water, 1t sout. Meng alles goed, bedek en plaas in yskas tot volgende dag. Klits net voor bak, 1kop olie en 60ml asyn in.
Indien jy dit nie oornag wil laat staan nie, gooi al die bestandele in en bak dadelik.
Indien mengsel te dik is, voeg nog bietjie water by
PANNEKOEK MET BRANDEWYN (help glo om nie taai te word)
(ongeveer 50/60 pannekoeke)
Die resep het ek gekry by ‘n ou tannie wat jare gelede langs my in ‘n woonstelblok gebly het. Sy het altyd vir die kerbasaar pannekoek gebak. Sy het net in die pannekoek resep geglo en gese die pannekoek kom nie taai uit nie – die geheim is die brandewyn. MOENIE die brandewyn uitlaat nie – dit is baie belangrik, en NEE, jou pannekoeke het blykbaar nie brandewynsmaak nie.
200ml olie
6 eiers
2 liter water
6x 250ml koekmeel (1.5kg) (800gr)
10ml sout
50ml brandewyn
30ml bakpoeier
Klits olie, eiers en die helfte van die water saam. Sif meel en sout. Klop meel gelydelik by die eiermengsel. Voeg oorblywende water by en meng deeglik tot gladde pasta.
Laat staan vir 1 tot 2 ure.
Roer brandewyn en bakpoeier by – laat staan vir so 10min.
Deeg is gereed en jy kan begin bak.
Die resep kan met gemak gehalveer word.
KLASSIEKE PANNEKOEK
Hou die mengsel sowat ’n week in ’n fles in die yskas. Vries dit in kleiner hoeveelhede as jy dit langer wil hou.
Lewer 40-50 pannekoeke
5 ekstra groot eiers
5 x 250 ml (5 k) melk
5 ml (1 t) sout
500 ml (2 k) olie
15 ml (1 e) vanieljegeursel
4 x 250 ml (4 k) bruismeel
kaneelsuiker om oor te strooi
suurlemoenskyfies vir voorsit
Klits die eiers, melk, sout en olie saam.
Voeg die vanieljegeursel by en klits die bruismeel bietjiesbietjies by die mengsel in. Klits tot die mengsel glad is.
Laat die beslag minstens 30 minute rus voor jy dit bak.
Vir bêre Giet in ’n glasfles en bêre in die yskas.
Om te bak Verhit ’n platboompan, verkieslik kleefvry, en verf met olie.
Gebruik ’n soplepel en skep net genoeg beslag in die pan om die boom te bedek. Beweeg die pan sodat die beslag die hele boom vul. Bak tot blasies op die oppervlak begin vorm. Lig van tyd tot tyd die kante van die pannekoek sodat enige rou beslag onderin kan loop.
Draai die pannekoek om met ’n eierspaan en bak tot ligbruin.
Sprinkel kaneelsuiker oor, rol op en sit voor saam met suurlemoenskyfies.
PANNEKOEK BY DIE GROOT MAAT
(lewer 120 pannekoeke)
16 k koekmeel
125 ml wit suiker
80 ml bakpoeier
20 ml sout
12 eiers
4 k (1 liter) kookolie
250 ml asyn
18 k water
kaneelsuiker
Sif meel en meng dit deeglik met suiker. Voeg bakpoeier en sout by die meelmengsel en meng goed. Klits eiers en voeg die olie, asyn en ‘n bietjie water daarby. Voeg die eiermengsel by die meelmengsel en roer. Voeg die water bietjies-bietjies by en klits die mengsel deurentyd tot so dik soos room en sonder klonte is.
Verhit olie in pan, gooi uit (hierna word nie weer olie in pan gegooi nie) en bak die pannekoek. Sit die pannekoek voor met kaneelsuiker of bêre en verhit oor ‘n kastrol met kokende water. (Die pannekoek word nie taai nie.)
PANNEKOEK
4 x 250ml Koekmeel
4 x 5ml Bakpoeier
4 Eiers
250ml Kookolie
5ml Sout
62,5ml Asyn
4 x 250ml Water
5ml Koeksoda
METODE :
Klits die eiers en gooi bietjie water by.
Voeg olie, asyn, sout en dan koeksoda by.
Klits nou om die beurt die water en koekmeel by.
Bakpoeier word heel laaste bygevoeg en geklits.
BASAAR PANNEKOEK
40/50 Pannekoeke
5 ekstra groot eiers
1.25l melk (5 kop)
5ml sout (1tl)
500ml olie (2 kop)
15ml vanilje (3 tl)
1kg bruismeel (4 kop)
Klits eiers, melk, sout en olie. Voeg vanilje by.
Klits meel bietjie’s gewys by. Klits tot gladde mengsel
Laat beslag vir tenminste 30 minute rus of oornag
Bak
PANNEKOEK SONDER MELK
1k water
1k meelblom
2 e olie
1e asyn
2 eiers
knipie sout
1t bakpoeier
Ek gooi meer water by tot die deeg lekker slap is.
OF
1 Koppie Meelblom-2 Eiers – 2 Eetlepels olie – knippie sout – 1 teelepel Bakpoeier – Sif meel – voeg bestandele by – gebruik yswater – ek vat gewoontlik ys blokke en voeg water by – maak aan – klits goed tot baie glad – Bak ! Strooi suiker en kaneel oor !
PANNEKOEK
3 Koppies Meel, 3 Eiers, ½ Teelepel Bakpoeier, 2 Eetlepels Olie, Sout, YSWATER. (Gooi yswater en ysblokkies in – skat met die oog hoeveel nodig is tot lekker slap deeg. Meng al die bestandele – laaste voeg wit van eiers by (styfgeklop).
PANNEKOEK
2 kop meel
2 tl bakpoeier
2 eiers
2 kop water
sout
Meng droe bestandele – Klits eiers en water by – As mengsel nog te dik is gooi nog bietjie water by
PANNEKOEK
4 kop meel
4 eiers
1/4kop olie
1/4kop asyn
4tl bakpoeier
1tl sout
1 en 1/4 liter water
Meng droe bestandele behalwe bakpoeier Meng water en eiers by Meng goed
Voeg nou die bakpoeier by.
Meng deur.
Hierdie resep kan jy maak sonder die bakpoeier die vorige aand en dan die volgende oggend voor jy begin pannekoek bak, meng dan die bakpoeier by.
PANNEKOEK V U L S E L S
SOUT
3 Cheeses: gerasperde cheddar, feta en roomkaas.
Geurige maalvleis met kaassous, peppadews en gekrummelde feta kaas
Tuna met gerasperde kaas, blokkies tamatie, uie, gerkins, avokadopeer en mayo
Biltong, roomkaas en sweet chilli sous
Gaar shrimps, pienksous (mayo & tamatiesous), gesnyde gherkins, 2 eetlepels roomkaas
Kerrie maalvleis
Tuna mayo
Hoender mayo
Biltong en roomkaasvulsel
Hoendermayo met spek en piesang
Gegeurde maalvleis met witsous en kaas.
Dik kaassous met blokkies ham en gerasperde kaas
Pienk salm, avokadopeer en Mayo
Spinasie en roomkaas
Geroomde spinasie met witsous en gerasperde kaas
Bobotiemaalvleismengsel
Gebraaide sampioene, spek en uie met dik kaas/witsous
Roereiers met gerasperde kaas
Roereiers met gebraaide spek, uie gerasperde kaas
Gebraaide bully beef met uie en tamatie
SOET
Moirs instant pudding: peppermint crisp geklits met karamel kondensmelk
Moirs instant pudding: blueberry cheese cake.
Ingelegte appels wat fyngemaak, bietjie stroop of bruinsuiker oorgestrooi
Piesang & karamel kondensmelk
Room en vars gesnyde aarbeie
Sjokolade, neute en room
PAAR WENKE OM TE ONTHOU AS JY PANNEKOEK BAK;
Sit pan op plaat met bietjie olie – plaat op no 6 – wag tot olie warm is, gooi druppel deeg in en sien of warm genoeg is. Die deeg moet nie le en olie trek nie, dit moet dadelik begin bak. – Ek gebruik gewoonlik ‘n soplepel, skep lepel vol deeg en gooi in jou pan en draai die pan tot die beslag die pan vol geloop het. As jy sien die pannekoek begin borreltjies maak bo, en jy lig met die spatel die eenkant – en jou pannekoek is los van die pan, draai om, druk die spatel so ‘n paar keer op die pannekoek tot anderkant ook effe bruinerig is, gooi uit pan (die eerste pannekoek flop gewoonlik ha ha ha – ) krap net met spatel die deeg uit – moenie jou pan was nie – Nou, ek gebruik ‘n gewone kwas om my olie te smeer in die pan, mens is geneig om te veel olie te wil ingooi dan dryf jou pannekoek in olie, druk kwas se punt in olie, verf ou pan bodum, gooi volgende deeg in, en sit jou plaat af na no 4.Bak die baksel. LEKKER BAK
SOET
PANNEKOEK MET KARAMELSOUS
(24 pannekoeke)
1 liter melk
6 eiers
20 ml sonneblomolie
10 ml vanielje-geursel
200 g (250 ml) suiker
420 g (750 ml) koekmeel
2 ml sout
5 ml neutmuskaat
ekstra sonneblomolie vir braai
karamelsous
1 x 360 g-blikkie karamelkondensmelk
80 ml melk
85 g fudge, fyngekap (opsioneel)
200 g bessies van jou keuse
Klits melk, eiers, olie, vanielje en suiker saam in ‘n middelslagmengbak. Sif meel, sout en neutmuskaat by en meng tot gladde beslag. Laat rus vir 10 minute in yskas. Verhit klein bietjie olie in braaipan tot warm. Bedek bodem met dun lagie beslag en braai sowat 30 sekondes per kant tot goudbruin en gaar.
Karamelsous
Plaas karamel en melk saam in ‘n middelslag-pot oor matige hitte. Klits met draadklitser tot loperige, gladde mengsel. Voeg fudge by. Sit pannekoek voor met karamelsous en bessies.
KARAMEL, KOFFIE PANNEKOEKE/PLAATKOEKIES
Vir die pannekoek:
1 ½ koppies meel
1/2 eetlepel bakpoeier
1 ½ tot 2 eetlepels instant espresso of koffie (afhangende van hoe sterk van ‘n koppie koffie geur wat jy wil)
½ teelepel kaneel
½ teelepel sout
¼ koppie suiker
1 eier
1 koppie melk
2 eetlepels gesmelte botter, effens afgekoel
1 teelepel vanielje
Vir die karamelsous:
2 eetlepels botter
½ koppie bruin suiker
2 eetlepels melk
½ teelepel vanielje
Vir Bo-op:
Geklopte room
Maak die karamelsous:
Voeg die botter en bruinsuiker in’n klein kastrol. Bring tot kookpunt oor medium-hoë hitte en kook vir paar minute tot effens verdik. Roer stadig die melk by en prut tot effens verdik. Verwyder van die hitte en roer die vanieljegeursel.
Maak die pannekoek:
Meng die droë bestanddele (meel, bakpoeier, koffie, kaneel, sout, suiker) in ‘n groot bak. Meng die nat bestanddele (eier, melk, botter, vanielje) in ‘n aparte bak. Voeg die nat bestanddele by die droë bestanddele en meng tot glad.
Verhit ‘n groot kleefvrye pan oor medium-hoë hitte. Botter die pan. Gooi pannekoekdeeg in – 1/4 koppie vol (gebruik ‘n klein spatel of lepel om die beslag dunner te maak as dit te dik is). Bak vir ‘n paar minute totdat borrels begin vorm op die boonste gedeelte , dan draai om en bak vir nog ‘n minuut of so, tot goudbruin aan albei kante.
Om
Vinnig verhit die karamelsous totdat dit warm en loperig is. Stapel pannekoeke op ‘n bord. Top met geklopte room en drup ‘n lepel van karamelsous bo-op. Sit dadelik voor.
LEMOENSOUS
250 ml suiker (1 k)
125 ml lemoensap (½ k)
50 ml botter (4 E)
5 ml lemoenskil (1 t)
15 ml Van der Hum of suurlemoensap (3 t)
Metode:
Bring suiker en lemoensap tot kookpunt.
Roer botter, lemoenskil en suurlemoensap by.
Dien warm lemoensous oor warm toegedraaide pannekoek of plaatkoekies!!
PERSKEVULSEL
Bestanddele
1 Blikkie Perskes
140 ml Suurroom
1 t Mielieblom
3 t Water
Metode
Gooi die stroop van die blikkie perskes af. Sny die perskes fyner. Gooi die suurroom in ‘n kastrol, voeg perskes by en verhit tot kookpunt. Roer aanhoudend. Voeg die mielieblom gemeng met die water by. Kook 3 minute. Skep die van die vulsel in die pannekoeke en rol op. Genoeg vir 5 tot 6 pannekoeke.
PIESANGVULSEL
Bestanddele
4 Groot Piesangs
Suurlemoensap
140 ml Room
Metode
Maak die piesangs met vurk fyn. Roer die sap van ‘n halwe suurlemoen en die room by. Skep van die vulsel in die middel van die pannekoeke toe en rol op. Strooi strooisuiker oor en bedien dadelik.
SJOKOLADEVULSEL
Bestanddele
140 g Sjokolade
30 g Neute
140 ml Room
Metode
Rasper die sjokolade. Kap die neute fyn en voeg by die sjokolade. Meng room met die sjokolade mengsel. Smeer die vulsel oor warm pannekoeke, rol op en bedien dadelik.

Pannekoek gevul met vlabeslag
Pannekoek gevul met vlabeslag
Kyk die lekker idee vir vanmiddag se nagereg !!!
Bak pannekoeke
Maak jou vlaskywe se beslag aan: Jou melktert beslag sal ook werk
Ek sal aanbeveel om net die helfte van die vlaskywe beslag te maak anders sit jy met nog n klomp vlabeslag oor
Laat die vlabeslag afkoel word asook die pannekoeke
Smeer nou van die vlabeslag oor die pannekoek en vou dit toe in ‘n pakkie – (sien foto)
Sit die pannekoek in die yskas net tot voor opdiening
Neem sjokolade roomys sous (of karamel sous) , spuit bietjie onder op die klein bordjie, sit die pannekoek bo-op die sjokolade sous en spuit nog sous bo-oor.
Bedien dit met vars aarbeie, kersies, piesangs of enige vars vrugte wat jy het
Vlaskywe (sien hakkies vir halwe beslag)
1 liter melk (1/2 liter melk)
250ml suiker (125ml suiker)
60ml botter (30ml botter)
120ml meel (60ml meel)
100ml mazina (50ml maizina)
10ml vlapoeier (5ml vlapoeier)
2ml sout (1ml sout)
100ml koue water (50ml water)
3 eiers geskei (2 eiers)
5ml vanilje (3ml vanilje)
Verhit die melk, voeg suiker en botter by en kook tot gesmelt
Haal van stoof af.
Meng meel, mazina, vlapoeier sout en koue water voeg eiergele by en meng tot gladde pasta. Klits nou die melkmengsel geleidelik by die vlamengsel. (EK GEBRUIK MY WHISK, DIT VEROORSAAK DAT DAAR NIE KLONTE VORM IN DIE MENGSEL) Gooi terug in kastrol en kook vir omtrent 5 min tot dik – roer aanhoudend.
Haal van stoof af en gooi die vanilje by. Klits eierwitte tot styf en vou in mengsel in.
Rosa Lötter ‘n Vrugte met roomys pannekoek. Of tuna en mayo pannekoek. Hoender en mayo of hoender met lekker geurige witsous.
Hester Myburgh Ek maak rooi en groen jellie apart aan as dit gestol is dan sny ek dit in fyn blokkies, sny nou piesangs in skywe en doop in suurlemoen. Klits jou room styf met bietjie castor sugar vou nou die jellie en piesangs saam met room in en whallah ‘n lekker nagereg
Michelle Zaaiman Skep melktert vulsel in die middel, vou in die helfte en dan weer in die helfte dat dit tipe van driehoekie vorm . Gooi lekker lemoenstroop oor bedien warm nie kokend net warm.
Cheryl En Martin Duvenage Roomys met bietjie brandewyn en stroop op gerol in pannekoek hemels
Jaendri Smith caramel treat en piesang in skywe gesny, baie soet maar heerlik
Zane Steyn Of sit piesangs wat half gesny is met caramel treat in baie lekker
Sasha Kossmann flambe’d fruit (piesang is my gunsteling),met room en kaneelsuiker. Jy kan ook ‘n appeltert filling gebruik. Jy kan vir ekstra njam ‘n zig-zag chocolate of caramelsous of heuning oor gooi.
Rika de Winnaar Caramel kondensmelk piesangskyfies. Rol dit op. Gooi houertjieroom oor en 1 flake. Bak in oond. Heerlik
Tersia Nolte Caramel treat met skyfies piesang. Heerlik
Rina Prins. Vir ietsie soet smeer gekookte kondensmelk op met gerasperde peppermint sjokelade oor rol toe en geniet.
Eileen Van der Spuy Jy kan selfs Kondensmelk met suurlemoensap vat en marshmallows dit alles saam meng en daarmee vul!!Dis baie soet,maar lekker.Gooi soveel kondensmelk en suurlemoensap in soos wat jy wil.
SOUT
Annemarie du Plessis Maak n mengsel van tuna, gekookte eier en gekapte ui met mayo en chutney, vul pannekoeke rol op en plaas in oondbak, gooi n koppie room bo-oor en strooi gerasperde kaas oor, Bak in oond tot kaas verbruin! Heeeeeerlik!
Christine Steyn ons het oorskiet bobotie gehad en toe as n vulsel gebruik in die pannekoek. Was heerlik gewees.
SAMPIOEN PANNEKOEKE
Bestanddele
4 Eiers
280 ml Melk
8 e Meelblom
½ k Gaar Sampioene
Sout na smaak
Olie om in te braai
Metode
Plaas eiers, melk meelblom, sampioene en sout in hierdie volgorde in ‘n voedselverwerker. Verwerk tot die sampioene puree vorm. Verhit olie in die pan en gooi van die beslag in die pan. Braai tot goudbruin aan albei kante.
Sampioenvulsel
Bestanddele
200 g Klein Sampioene
2 Dun Repies Spek
75 g Botter of Margarien
45 g Meelblom
170 ml Hoenderaftreksel
2 e Room
Metode
Vee die sampioene af met ‘n klam doek. Hou ‘n paar sampioene eenkant vir garnering. Verwyder die steeljies van die garnerings sampioene. Kap die res van die sampioene en steeltjies fyn. Sny spek in klein stukkies. Smelt die helfte margarien in ‘n pan. Voeg die heel sampioene by en kook stadig tot sag. Skep die sampioene uit en hou eenkant. Smelt nou die helfte van die halwe margarien wat oorgebly het. Voeg die ander sampioene en spek by en braai tot die sampioene gaar is. Geur na smaak. Maak ‘n dik sous met die meelblom, hoenderaftreksel en margarien. Gooi sous in die pan waar die sampioene en spek is. Roer die mengsel aanhoudend. Voeg die room by. Smeer die vulsel oor die helfte van die pannekoek. Vou die helfte oor en smeer weer van die vulsel oor. Vou nou weer die pannekoek om driehoek te maak. Garneer met die heel sampioene. Bedien dadelik.
SKELVIS EN KAAS PANNEKOEK
Bestanddele
1 Pakkie Skelvis
1 k Witsous
Sout en Peper
60 g Gerasperde Kaas
Pannekoek
Metode
Kook skelvis in water vir 15 minute. Dreineer en vlok die vis. Meng nou die vis en die witsous. Geur met sout en peper. Vul pannekoeke met die mengsel en rol op. Plaas die pannekoeke in ‘n oondbak. Strooi gerasperde kaas oor en rooster pannekoeke in die oond tot mooi ligbruin.
SKELVIS EN EIER PANNEKOEK
Bestanddele
340 g Gaar skelvis
2 Hardgekookte eiers
1 e Pietersielie
Sout en peper na smaak
Sousmengsel (Sien resep verder in die afdeling)
Metode
Vlok die vis. Kap die eiers fyn. Kap die pietersielie fyn. Meng al die bestanddele. Vul die pannekoeke, rol op en geniet.
TAMATIESOUS PANNEKOEK
Bestanddele
1 Klein bottel (360 g ) Tamatiesous
1 desert lepel Worcester sous
1 e Appelsasyn
½ t Mosterd
1 t Strooisuiker
Varsgemaalde Swart peper
1 of twee Rissies (Indien Verkies), fyngekap
Metode
Meng alle bestanddele. Kan warm of koud of op of oor opgerolde gevulde pannekoeke bedien word. Heerlik oor pannekoeke wat met dikmelkkkaas of maalvleis gevul is.
SOET SUUR VARK PANNEKOEK
Bestanddele
230 g Varkfilet of ander varkvleis
30 g Margarien
1 Klein uitjie, fyngekap
4 e Tamatiesous
4 e Asyn
1 e Blatjang
2 t Mosterd (aangemaakte)
1 t Strooisuiker
1 e Worcestersous
1 Klein blikkie pynapplestukkies, (gedreineer)
280 ml Pynappelvloeistof
½ t Sout
1 e Mielieblom
½ t Peper
Metode
Voorverhit die oond tot 180°C. Bak eers die pannekoeke en hou warm. Sny vleis in netjiese klein blokkies, Smelt margarien en voeg varkvleis sowel as uie by. Braai oor stadige hitte en roer af en toe. Sodra vleis meng al die ander bestanddele, behalwe die pynappelvloeistof. Gooi mengsel in die pan en laat stadig kook. Meng pynappelsap met mielieblom. Voeg dit stadig by die vleismengsel. Roer aanhoudend tot die sous dik word. Laat stadig kook vir 1 minuut en verwyder van die plaat. Skep ‘n bietjie van die sous in elke pannekoek. Rol die pannekoeke toe en plaas langs mekaar in lig gesmeerde oondbak. Gooi die res van die sous oor die pannekoeke en bak in ‘n oond tot sous borrel. Dien warm op.
BOELIE BEEF MET UIE EN TAMATIESMOOR
1 blik boelie beef
2 uie fyn gekap
4 tamaties in klein blokkies gesny
1tl sweet basil
2tl suiker
Olie vir braai
Sout en pepper na smaak.
Braai uie tot deurskynend in die pan met olie in. Voeg nou tamaties by en die kruie, sout, peper en suiker.
Druk die bulliebeef fyn en voeg by laat prut tot lekker gaar en sag. Kan tamatopaste ook byvoeg as verkies.
TUNA OF PILCHARDS PANNEKOEK
1 blik Pilchards of tuna
1 uie
1 tamatie fyn gesny (opsioneel)
Mayonaise
Maak pilchards fyn en kap die uie baie fyn. (Kan nou fyn gekapte tamaties byvoeg) en dan die mayonaise. Afhangende van die tipe mayonaise gooi jy genoeg in sodat dit nie te pap is nie maar stywwerig.
MAALVLEIS PANNEKOEK VULSEL
Rencia Odendaal Pretorius
Ek doen die volgende – braai uie gooi maalvleis en aartappelblokkies by en bietjie water en kook gaar – as aartappels sag en is, gooi orige water af en maak die aartappels fyn teen die kant van jou pot – dit maak dat die maalvleis so ‘n lekker dik stywe beslag is. Dan gooi ek sout, peper bladjang in en roer lekker deur.
PANNEKOEK SPINASIE EN FETA
1 wiel feta, stukke
500 g gaar spinasie (kook 1 ui saam met spinasie tot sag en dreineer die water)
10 pannekoeke
2 k witsous
1 k gerasperde kaas
Voorverhit oond tot 180oC. Vou feta in spinasie. Lê elke pannekoek plat en skep 3 eetlepels van spinasiemengsel op die een kant. Rol op en pak in ‘n groterige oondbak. Herhaal met al die pannekoeke, maar moenie bo-op mekaar pak. Laat hulle styf langs mekaar lê. Gooi witsous oor en sprinkel met die kaas. Bak vir 30 min tot kaas goudbruin is en pannekoeke deurwarm.
Shirley van der Merwe n Heerlike “savoury” gemaaldevleis toegerol in pannekoek met lekker witsous en kaas bo oor Dt is heerlik
Sasha Kossmann Ek maak chicken a’ la King, savoury mince en ‘n seafood in ‘n kaas-en-knoffel-witwynsous,en ‘n creamed spinach
Wanda Kilian Spinasie en feta kaas vulling!! Mushrooms met cream sous.
Greg Smith ham, asparagus & cheese sauce!
Ons vul pannekoekke met maalvleis, pak dit in oondvaste bak gooi witsous oor en eindig met kaas. Bak tot kaas smelt, garneer met mixed herbs en swartpeper en bak tot kaas na smaak is bedien met slaai
Rina Prins Ons vat lekke mince met kaas rol die pannekoek toe en geniet. Of ons vat vieanas en kaas dit is net so lekker
Like this:
Like Loading...
You must be logged in to post a comment.