Aarbei Mouse met jellie en vars aarbeie
Hierdie resep kan elkeen apart in wynglase gemaak word,of in ‘n mooi glasbak. Dit lyk
baie mooi omdat dit in lae is en jy die vars strawberries kan sien. Ek het die resep aangepas met die jellie en strawberries en dit is baie lekker
Jy moet maar self bepaal hoeveel jellie jy nodig het bv as jy 10 glase wil maak, maak so 2 pakkies jellie aan ens
Metode:
Maak aarbei jellie aan volgens pakkie aanwysings
Sit nou of ‘n heel aarbei of gesnipperde aarbei onder in glas – gooi jellie bo-oor tot glas so half vol is.
Sit in die yskas om te stol.
Mousse:
1 blikkie strawberries ( die geblikte een)
250ml room
1 blik kondensmelk
250gr plain creamed cottage cheese
30ml gelatien
50ml water
Gooi die gelatien en water bymekaar en laat spons solank (maak effe warm in mikrogolf
Klits nou die strawberries met water en al tot fyn pulp – ek doen dit sommer met my klitser of in my smoothie maker – Gooi nou die gelatienmengsel by die strawberries.
Klits nou die room tot styf en vou die kondensmelk en maaskaas in
Meng nou alles saam.
Gooi nou van die mengsel bo-oor jou jellie en sit terug in die yskas om te stol
Net voor opdiening, vat spuitroom, spuit so ‘n mooi hopie room bo-op die poeding, steek ‘n vars aarbei skuin in die room en sit ‘n mint blaartjie skuins in die room. Bedien dadelik
As jy dit in ‘n glasbak doen, doen dieselfde – maar dan snipper ek die aarbeie bo-op en jy kan sommer gewone room gebruik wat jy styf geklits het.
Ander alternatief is om ‘n bak vanilje roomys te vat, dit effe te laat sag word, skep in glasbak, gooi die aarbei mousse oor en sit in die vrieskas om te vries. Voor opdiening, snipper ‘n paar aarbeie op en dien op. Dit is ook baie lekker.
You must be logged in to post a comment.