Kom ons maak pap


pap

MIELIEPAP

4 koppies mieliemeel
1 pakkie chakalaka papmengsel
1 bossie spinasie, gewas en versnipper
1 ui in blokkies gesny
2 wortels in blokkies gesny
1 rooi soerissie in blokkies gesny
Opsioneel :- rissie, sampioene of waarvan jy ookal hou.

Metode:
Vul kastrol met 2 liter water en voeg by papmengsel en 30 ml botter. Bring tot by kookpunt. Voeg meel by 1 liter koue water. Voeg mieliemeel-mengsel by kookwater-papmengsel. Sit plaat op lae hitte. Terwyl dit kook die res van die botter in pan en verbruin uie. Voeg wortels, soetrissie en spinasie by en braai tot spinasie verwelk. Voeg by pap en op LAE hitte en kook dit vir nog 15 minute of tot die groente sag is. Roer af en toe. bydrae: Petro van der Westhuizen

MIELIEPAP
Die maklikste resep ooit;

 4,3,2,1 =

4kop meel,

3kop water,

2tl sout

1 pot,

Dis vir krummelpap,

Vir stywe pap:

Ruil die water en meel om.

Laat kook die water met sout in en gooi meel in roer en laat gaar word oor lae hitte
KAASPAP

Bestanddele
500 ml Water
500 ml Melk
500 ml Mieliemeel
30 ml Margarien
5 ml Sout
2 Eiers
500 ml Cheddar Kaas
1 Blik mieliepitte

Metode
Meng die water, melk en meel in ‘n diep 2l bak. Voeg margarien en sout by.
Bedek en mikrogolf teen 100% krag vir 15 minute. Roer elke 5 minute met vurk. Rasper die kaas. Klop die eiers liggies. Klop ‘n bietjie van die warm pap by die eiers.
Klop die pap/ eiermengsel vinnig by die res van die pap. Roer kaas en mieliepitte by.
Bedek en mikrogolf by 50% krag vir 20 minute. Roer die pap goed na die eerste 10 minute. Laat die pap ‘n paar minute staan. Sit warm voor.

STYWEPAP:

1 liter water

12.5ml sout

750ml mieliemeel

12.5ml botter

10ml olyfolie

Kook water en voeg dan sout by. Roer met ‘n vurk of agterkant van houtlepep genoeg mieliemeel in om mengsel taamlik dik te maak. Voeg botter en olyfolie by. Vou goed in. Sit deksel op en laat stoom ongeveer ½ uur oor lae hitte tot gaar.(Ek stel my stoof af na no 1)  Moenie die deksel te dikwels oplig nie, aangesien dit sal maak dat die pap nie rys nie. Roer so 2/3x deur met agterkant van houtlepel of vurk.

KRUMMELPAP:

250ml water

500ml growwe mieliemeel/Impala

5ml sout

Bring water tot kookpunt, voeg sout by en strooi mieliemeel daarin. Verlaag hitte. Kook vir 15 minute. Roer met ‘n vurk of agterkant van ‘n houtlepel om krummeltekstuur te verkry. Prut vir ‘n verdere 45 minute, halfbedek (Ek stel my stoof af na no 1)  Roer nog so 3 maal tydens die prutproses.

KRUMMELPAP – Mikrogolf

500ml koue water
500ml mieliemeel of braaipap
7ml sout
Meng die mieliemeel,water en sout. Sit deksel op of bedek met kleefplastiek, onthou om plastiek te prik. Mikrogolf die pap 5min op hoog en roer weer met vurk, die pap sal nou krummelrig wees. Mikrogolf die pap nou op halfsterkte/50% krag vir 10 minute. Roer weer met vurk. Mikrogolf weer op halfsterkte/50% krag vir 10 minute. Roer weer met vurk. Bedien warm.

GEGEURDE KRUMMELPAP:

Maak krummelpap soos per bogenoemde resep.

Jy het verder nodig:

1 gekapte ui

1 knoffelhuisie, gekneus en gekap

5 m borrie

1 rooi of groen soetrissie, gekap

sout en peper

45 ml gerasperde parmesaankaas

Braai die uie en knoffel tot deursigtig, voeg die borrie, soetrissie, sout en peper by, en braai vir vyf minute. Meng saam met parmesaankaas by die pap, en laat dit goed warm word, sodat die geure tyd het om deur die pap te trek.

 POETOE PAP

2 koppies water
knippie sout
3-4 koppies mieliemeel

Bring water en sout tot kookpunt en voeg mieliemeel by.Verlaag hitte tot normaal. Sit deksel op. Roer na 3-4 minute met die agterkant van ‘n houtlepel sodat krummels in die pap vorm. Sit weer deksel op. Roer weer 1 of 2 keer goed deur. Sit klontjies botter bo-op pap en roer vir ‘n laaste keer deur. Laat vir sowat 10/20 minute kook totdat pap goed gaar is

By die resep gooi ek altyd ‘n blikkie sweetcorn mielies by en so groot eetlepel botter. Dit is heerlik !!!!!

FEESPAP

Bestanddele
3 koppies mieliemeel
6 koppies water
1½ teelepel sout
1 bottel biltong smeerkaas
250ml room
1 blikkie geroomde sampioene
250g ontbytspek
2 uie
gerasperde kaas

Metode
Stel oond op 180C, en spuit ‘n bakskottel. Kook mieliemeel in sout en water tot gaar.
Snipper en braai spek en uie. Meng gebraaide spek en uie, smeerkaas, room en geroomde sampioene. Skep in lae in bakskottel: Pap, dan spek mengsel. Herhaal lae.
Strooi gerasperde kaas oor en bak totdat die kaas gesmelt is. Bedien saam met braaivleis.

KONDENSMELKPAP:

2 L water

10ml sout

500ml mieliemeel

Maak gewone stywe pap en kook tot gaar

Voeg by:

1 blikkie room mielies

1 blikkie kondensmelk

250gr botter

Roer lekker deur en bedien.

My RENS  se manier van PAP MAAK

STYWE PAP …. Kom ek leer julle – volgens my manier en my Dad se manier hoe om pap te maak volgens die Vrystaters en Transvalers , gooi water in jou pot – soveel soos wat jy om en by dink jy nodig het – halwe pot, kwart pot ens, sit jou plaat op hoog nr 6 of 8 – gooi sout in, so halwe tl of 1 tl of 2tl – afhangende van jou water – – dan bring jy die water tot kookpunt – nou gooi die mieliemeel in – dit moet ‘n torinkie bokant die water uitstaan, druk met jou vingers plat – dan weet jy die meel is genoeg as daar nog steeds meel bo-kant die water is. Sit deksel op en kook vir so 2 min en dan roer jy die pap deur met jou houtlepel se agterkant of jou vurk. Stel die plaat af na no 1 en sit deksel op en roer elke nou en dan vir die volgende 20 min – voilla – jy het poetoe pap – dan gooi jy so 2 groot opgehoopte eetlepels botter in, en as jy wil.. blikkie sweetcorn mielies en los vir nog so 10 min. Die heeltyd op no 1 van jou plaat, met deksel op. Die pap moet stoom. Dit is hoe ek geleer het om pap te maak en in my 4…. jr was my pap nog altyd ‘n sukses. Rens

Comment here!

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s