Tag Archive | braai

POTBRODE met gekoopte deeg


brood-2fb

POTBROOD met potato bake, kaas en paprika

Smeer jou bak lekker dik met botter
Maak bolletjies en pak in jou bak
Neem 1/2 pakkie potato bake en 3/4 koppie melk
Meng en gooi bo-oor
Bak vir 40 na 45 min by 180C
As uit die oond kom, gooi gerasperde kaas en parika oor

In albei gevalle kan jy dit net so ‘n half uur los om te rys voor jy dit bak

 

POTBROOD met spek, olywe en feta

Knie die deeg net effe deur
Smeer jou bak goed met botter
Sit die deeg net so heel in die bak
Druk die deeg lekker plat in die bak met jou vingers
Neem 2 velletjies spek (rou), snipper dit met jou vingerpunt oral in die deeg in
4 na 5 olywe, ook in stukkies gebreek, druk oral in
Halwe wieletjie fetakaas, gefrimmel, gooi bo-oor en druk vas met jou handpalm
Gooi oor, Ina Paarman se Olive and Rosmary speserye
Bak ongeveer 35 na 40 min by 180C

In albei gevalle kan jy dit net so ‘n half uur los om te rys voor jy dit bak

brood-1-fb

Biltong Molshope (braai bygereg)


Biltong Molshope

Biltong Molshope

Maggi Oliver

BILTONG-MOLSHOPIES (HEERLIK)

BESTANDDELE:
6 groot aartappels
1 ui, fyn opgekap
olie
klontjie botter
125 ml room
ekstra melk
25 g fyn biltongpoeier
Ina Paarman’s Chilli & Garlic speserye
sout na smaak
ekstra fyn biltong
gerasperde kaas

METODE:
1. Skil aartappels, sny in stukke en kook tot sag
2. Braai intussen die fyn ui tot gaar
3. Druk aartappels fyn en gooi klontjie botter en room wat bietjie warm gemaak is by
4. Gebruik ekstra melk indien mengsel nog te styf is
5. Meng aartappelmengsel met gebraaide ui, biltongpoeier, speserye en sout tot goed gemeng
6. Vorm molshopies en plaas in oondvaste bak
7. Versier met gerasperde kaas en ekstra biltongpoeier
8. Ons het dit in die mikrogolf warm gemaak net voor ete
9. Baie lekker by ons braaivleis gewees

Braai bygeregte WARM


braai warm

PAPTERT MET ‘N TWIST
(Spar)
375 g SPAR maize meal (525 ml) (mieliemeel)
1 SPAR chicken stock cube dissolved in 500 ml hot water
3 ml salt
1 medium onion, very finely chopped
10 ml baking powder
2 tubs cheese and onion cream cheese (300 g)
375 ml SPAR fresh cream (or 250 ml cream with 125 ml milk)
Method
Preheat the oven to 180º C. Grease a 18 -20 cm square oven dish.
Cook a moist but firm phutu-pap by gradually pouring the maize meal onto the simmering salted stock, stirring thoroughly, then cooking covered over low heat for approximately 10 minutes to obtain a mixture resembling firm mashed potato.
Stir in the onion and baking powder. Set aside to cool sufficiently to handle comfortably.
Shape the warm mixture into 16 dumplings and arrange them in rows, close to each other.
Combine the cottage cheese and cream well, and pour the mixture over and around the dumplings. Grind black pepper over.
Bake uncovered in the preheated oven for 35 – 40 minutes until golden brown.

 

ALI SE KORINGSLAAI (Bedien warm of lou)

Kook jou koring tot sag en gaar
Braai so 1 groot ui, 250gram spek en 250g mushrooms tot sag
Meng by gaar koring in
Gooi by 1 blikkie tot 2 blikkies room – dit is afhangende van hoeveel koring jy gekook het. Dit is geneig om droog te wees as jy nie genoeg room byvoeg nie,
Sout en gemaalde swart peper
Kook deur en bedien warm/lou

 

MIELIETERT

Bestanddele
60 ml Koekmeelblom
15 ml Bakpoeier
40 ml Suiker
2 blikke (410 g) geroomde suikermielies (sweet corn)
60 ml Gesmelte Margarien
4 Eiers Geklits
Bietjie sout en peper
Metode
Voorverhit oond tot 180° C.
Smeer ‘n oondvaste bak met margarien.
Meng al die bestanddele goed en gooi in bak.
Bak vir 1 uur of tot gaar.
Sny in blokke en bedien warm of koud met braaivleis.

 

VINNIGE MAKLIKE BYGEREG BY BRAAIVLEIS

Vat 3 tot 4 hamburger buns, sny in helfte oop – le plat in bak sodat gesnyde kante na bo le – maak aan: 1 blikkie room een pakkie potato of pasta bake (enige geur) meng goed – gooi bo-oor die buns, Rasper klomp kaas bo-oor en bak in die oond tot gaar en goudbruin – Jy kan sout en gemaalde swartpeper ook byvoeg en bietjie pietersielie en paprika

 

MIELIETERT/SOUFLE MET GROENTE

60 ml meel
60ml suiker
60ml botter gesmelt
15ml bakpoeier
4 eiers
2 blikkies room mielies
sout en gemaalde swart peper
Gemengde groente (gevriesde pakke country crop) – jou keuse hoeveel jy wil ingooi
Koppie kaas
1 tamatie
Meng al die bestandele behalwe die groente, kaas en tamatie
Gooi gemengde groente (net so gevries) onder in bak (jy kan minder gebruik as jy wil, hang af hoe groot is jou bak
Gooi mieliemengsel bo-oor
Gooi gerasperde kaas bo-oor
Sny tamatie in skywe en rangskik bo-op
Gooi bietjie pietersielie en paprika oor, sny skyfies tamatie op, en bak in oond vir ongeveer 1 uur by 180 C
Jy kan die groente uitlaat – ek het net die idée eendag gekry met die groente en dit rek die resep en dit is baaaaie lekker

 

AARTAPPEL SOSATIES

Baie lekker bykos vir ‘n braai
24 klein baba aartappeltjies (kook tot gaar)
Draai nou om elke aartappeltjie is repie spek
Ryg in op sosatiestokkie
Pak in platbak
Maak sous van:
250ml suurroom
grasuie gekap
140 gr agurkies – fyngekap
swart gemaalde peper
Gooi bo-oor en bak in oond tot spek gaar en lekker crispy is.

 

WARM DUITSE AARTAPPELSLAAI

bestanddele
4 aartappels
5 repe spek (gesnipper)
1 eetlepel meel
2 eetlepels wit suiker
1/3 koppie water
1/4 koppie witwynasyn of gewone wit asyn
1/2 koppie gekapte uie
sout en peper na smaak
Instruksies
Kook aartappels tot sag, maar steeds ferm, sowat 15/20 minute. Laat afkoel en sny in blokkies
Plaas spek in ‘n groot, diep pan. Kook oor medium hoë hitte totdat egalig bruin is. Dreineer, verkrummel en sit eenkant neer. Moenie vet uit pan gooi nie
Voeg die meel, suiker, water en asyn in die pan en kook in die spek vet oor medium hitte tot sous dik is.
Voeg spek, aartappels en uie by en roer deur
Kook tot warm en geur met sout en peper, bietjie droe of vars pietersielie en paprika
Bedien warm.

 

KORSENTINA AARTAPPELS
Ingredients
10 Medium Sized Potatoes
1 Packet Brown Onion Soup
800ml Water
50g Butter
Instructions
Preheat oven to 180°C.
Slice potatoes, without slicing all the way through.
Place potatoes in an oven dish.
Mix water and brown onion soup, and pour over sliced potatoes.
Add a dollop of butter to each potato and bake 90 minutes.
Turn and spoon soup mixture over potatoes about every 30 minutes.

 

KAASGEREG

8 dik snye witbrood (smeer met botter)
3 eiers
sout, peper en mosterdpoeier
2 kop gerasperde kaas
3kop melk
(opsioneel – pakkie bacon en 1ui gebraai)
Pak 1 laag brood – gooi helfde van eier mengsel en spek en 1 kop kaas oor
pak weer laag en gooi laaste melk en laaste die kaas bo-oor
Bak in oond by 180 grade tot gaar en goudbruin.

 

KAAS PAN BROOD

Skep 2 eetl botter in bak voeg by 1 tl knoffelsout – sit in oond dat dit smelt – sprinkel bietjie rooi peper bo-oor
Meng nou saam:
2 en half kop meel
4tl bakpoeier
half tl sout
2 kop gerasperde kaas
1 en driekwart kop melk
Meng alles goed
Skep nou lepelsvol bo-op die botter en rooipeper mengsel
Bak vir 1/20 min by 180grade
Gebruik verkieslik ‘n plat bak vir die gereg

 

BUTTERNUT SKYWE MET GARLIC

Lekker by braaivleis
Sny jou butternut in dik skywe – met skil aan. Smeer lekker homp botter op en knoffelvlokkies, sout en gemaalde swartpeper – sny ‘n ui in skywe en sit die skyf ui bo-op die butternut. Maak toe met foelie en maak gaar op die kole of in die oond.

 

MARROWTERT

Rencia Odendaal Pretorius
(BAIE LEKKER BY ‘N BRAAIVLEIS)
6 kop gerasperde marrow (rou)
6 eiers,geklits
1 kop meel
2 tl bakpoeier
1 kop suiker
2 tl vanielje
4 eetl botter
sout na smaak
Meng botter en suiker, voeg eiers by. Meng droe bestandele by en pampoen.
Meng alles en bak tot gaar vir plus minus 45 min na 1 uur op 180 grade

 

MAKLIKE AARTAPPEL GEREG

Kook jou aartappels tot gaar. Verwyder skil en sny in blokkies.
Braai ‘n klompie gesnipperde spek tot bros en meng in by die aattappels
Neem ‘n lekker homp botter, knoffelvlokkies, droe pietersielie, sout en gemaalde swart peper en bring tot kookpunt in die mikrogolf (die gaan afhang van hoeveel aartappels jy het.)
Gooi bo-oor die aartappels en bedien warm. Die is heerlik en baie maklik !!!

 

GROENTE GEREG

Bestanddele
1 kg Gemengde Groente
1 Pakkie Sampioen of Bruin Uie Sop
1 Pakkie Simba chips – Chutney of Smoked Beef
2 kop Gerasperde Mozzarella kaas
Sout en Peper na smaak
1 kop Melk
3 eetl Margarien
4 eetl Koekmeelblom

Metode
Kook groente soos aangewys. Dit moet nie pap gekook wees nie. Maak ‘n witsous deur margarien te smelt, die meel by te roer en die melk stadig by te voeg. Roer aanhoudend en kook witsous tot dik. Voeg 1 k Mozzarella kaas by. Gooi die soppoeier oor die groente. Voeg die witsous nou by die groente. Meng Liggies tot al die groente bedek is met die sous. Plaas die groente in ‘n oondbak. Maak die Crisps fyn en strooi oor die groente. Strooi die ander koppie kaas oor. Bak in ‘n matige oond tot mooi bruin.

 

FRENCH ONION SOUP CASSEROLE

2-3 Tbs butter or margarine
4 medium onions (sliced)
2 cups shredded cheese e.g mozzarella (or your choice of a good melting cheese)
1 can of cream of chicken soup, undiluted
2/3 cup milk
1 tsp. soy sauce
8 or so slices of bread

Melt butter in a pan over medium heat, and add onions. Saute onions until soft. In a shallow casserole pan, layer onions, 1cup of cheese and pepper to taste.

In a sauce pan, heat soup, milk, and soy sauce, stirring to blend. Pour soup mixture in a casserole and stir gently to mix. Top with bread slices. Bake at 180 C uncovered for 15 minutes. After 15 minutes, top of bread should be nice and toasted.
Push bread slices lightly under the sauce and top with the remaining cheese
Place casserole back in oven and finish baking for 15 more minutes.

 

POTATO BAKE

Whats4dinner
Ingredients
80 gram Feta cheese, crumbled
1 Onion, chopped
400 millilitre Milk
Generous bunch of freshly chopped herbs
8 Smallish potatoes, peeled
1 KNORR Garlic & Herb Potato Bake
Instructions
Preheat oven to 180°C
Slice potatoes very thinly, cutting almost through but not completely, to form a fan
Arrange in an ovenproof dish just big enough to fit the potatoes snuggly
Scatter with onion and fresh herbs
In a jug mix together the KNORR Garlic & Herb Potato Bake and milk until smooth, then pour over potatoes
Crumble feta on top
Bake at 180°C for 45 minutes to an hour or until potatoes are soft inside andsauce has thickened

 

SKILFEEKORS “PIZZA” OP DIE KOLE

2 rolle skilferdeeg – ontdooi en uitgerol
1 pak spinasie of vars bossie
Gaar hoender (geflok of in blokkies)
250gr spek – 1 ui, 1 rooi en 1 geel rissie gekap en gebraai tot gaar
1 pak sampioene in skywe gesny
Fetakaas
Cheddar kaas
Mozzarella kaas
Gouda kaas
Kies so 2 verskillende kase of 3 of al 4 jou keuse
Kies jou eie speserye soos lemonpepper, rosmary and olive of sout en peper ens.
Vat nou jou toeknyp roorster. Spuit spray en cook op of smeer met botter
Sit op onderste deel van die rooster die 1ste stuk skilferkors
Sit helfte van die rou spinasie op
Sit hoender op
Sit uie en spek mengsel op
Pak rou sampiene op
gooi speserye op
Sit nou verskillende kase op
Eindig af met ander helfte van pak spinasie
Plaas ander skilferkos bo-op – knyp toe aan die kante
Verf eier of melk bo-oor en onderkant van skilferkors
Knyp rooster toe.
Braai hoog op vuur tot gaar en goudbruin.
Draai gedurig om.

 

BYGEREG VIR BRAAI VLEIS

1 Brood ( gesny)
Botter
Marmite
2 kOP Gerasperde Kaas
2 pakkie Spek (lekker bruin gebraai)
4 Eiers
1 ½ Koppie melk
Sout en Peper
Skyfies tamatie
METODE:
Smeer die snye brood met botter en marmite en sny die broodsnye in halwes.
Klits eiers in die melk en gooi bietjie sout en peper by.
Smeer ‘n vuurvaste bak.
Pak ‘n stewige laag met die gesmeerde broodjies onder in die bak, rangskik spekvleis en tamatiesnye bo oor, strooi nou die kaas bo-oor.
Gooi die eier-mengsel bo-oor en bak in oond by 180 *C vir 30 minute tot goudbruin

 

PAP MET KAASKRULLE

1 groot pak kaaskrulle
Gesnipperde spek
1 pot stywe pap

Braai spek in bietjie olie. Wanneer gaar, gooi die kaaskrulle by en voeg voortdurend bietjies water by totdat kaaskrulle en spek ‘n lekker pasta gemaak het. Gooi die pasta in die pot pap en roer goed deur. Jy moet steeds ‘n tamatie- en uiesous maak vir die pap – dit gee die pap ekstra geur

 

Celia Goosen

WARM AARTAPPELSLAAI
6 groot aartappels
250g spek gesnipper
125 ml olie
2 uie gekap
125 ml bladjang
125 ml asyn
15 ml mielieblom
250 ml melk

Kook aartappels in skil tot gaar in soutwater. Trek skil af sny in dobbelsteentjies hou warm. Braai spek in 25 ml olie tot gaar. Skep uit hou saam met aartappels warm. Sorteer ui in dieselfde pan in uitgebraaide vet. Voeg oorblywende 100mlk olie, bladjang, en asyn by kook ongeveer 2 minute oor matige hitte sonder n deksel.
Meng mielieblom en melk giet dit stadig by uiemengsel terwyl dit vinnig geroer word. Roer sous 2 minute. Meng aartappelblokkies en spek, giet sous oor en meng liggies. Hou slaai lou tot dit opgedien word.

Ek het al 5 ml knoffel en 5ml mosterdpoeier by melkmengsel gevoeg dit is net so lekker

Deur: Huisgenootwenresepte 3

 

Melinda Pretorius

ROOM NOEDEL RYS (PASTA)

1 pakkie noedelrys
1 pakkie sampioene –  klein gesny
1 groot uie in blokkies – gesny
1 250g bacon bits
250ml room
Knoffel
Swart gemaalde peper

Kook noedels rys soos op pakkie. Braai uie en spek, voeg sampioene by en braai tot bruin.
Meng alles saam. Voeg room, knoffel en peper by.
Bak by 180 tot room weg gebak is.
Baie lekker saam braaivleis.

 

VIR NOG IDEES:

https://kreatiewekosidees.com/?s=paptert

https://kreatiewekosidees.com/?s=braai+bygeregte

https://kreatiewekosidees.com/?s=braai+broodjies

 

Vark/varkstrips/pork rashers


PicMonkey CollageAANDETE BINNE 40 MINUTE OP DIE TAFEL:

Ek het gisteraand die varkstrips in die oond probeer. Gewoonlik braai ons dit altyd, maar ons wou die naweek dit braai toe reen dit. So toe besluit ek om dit oond toe te vat.

Die varkstrips/pork rashers  is die dik een, nie die dun varkstrip wat mens op die kole bros en crispy braai nie

Hulle is gewoonlik gemarineer bv. sweet and sour of honey and mosterd

Keep die vet met jou sker – ek het so 3 snye in elkeen gemaak

Op ‘n bakplaat, en ek het net olyfolie oorgedrizzel

Oond 180 C

Los vir 20/25 minute in die oond, draai om gooi nog bietjie olyfolie oor, terug oond toe vir  so 10/15 minute.

Jy sal maar moet kyk na gelang van die dikte van die varkstrips of dit dalk nog ‘n rukkie moet ingaan. Hou hulle dop vandat jy dit omgedraai het.

My groente was as volg;

Kook jou brussel spruite vir so ‘n rukkie, gooi dan in jou kool en baby marrows wat in 3 gesny is en kook net tot sag. Dreineer water af

Neem pakkie Pasta sous – ek het die 3 cheeses gebruik, maak aan met koppie koue melk en gooi by die groente, kook tot dik, sout en peper (jy kan hier ‘n witsous maak as jy wil en ook gevriese gemengde groente gebruik)

My baba aartappeltjies het ek geprik en net in die mikrogolf  in ‘n plastieksak gegooi vir so 4 minute.

My man se bord kos het die aartappels opgehad, ek eet die gesonder weergawe met die groente en slaai by.

Die vark was ‘n wenner en sal dit weer maak. Die vetjie was lekker bros en crispy. Jy kan indien jy wil ook jou vark vir minuut of so onder die rooster sit as jy dit wil rooster, wees net versigtig vir brand want die marinade brand maklik aan. Dit lyk of my varkvetjie  gebrand is, maar dit was nie. Dit was perfek.

Lekker eet

Rens

 

 

 

Braai Braaivleis bygeregte


butternut en sampioene

Butternut en gevulde sampioene

1. Neem butternut met skil aan en sny dik skwye.
Smeer botter op, bietjie knoffel, sout en peper en sit dik sny ui bo-op. Ek het bo-op die ui bietjie lemoenpeper gestrooi. Draai toe in foelie en sit in die oond tot gaar. Ek het myne so +/- vir ‘n uur op 140 grade gehad

2. Gevulde sampioene
Neem sampioen en haal die middelste stuk uit. Braai bietjie spek, gekapte ui en peppers. Skep in sampioene, frimmel bietjie feta kaas oor, sout en peper en gerasperde cheddar kaas. Ek het roosmaryn en olyf sprinkel van Ina paarman gebruik om bo-oor te sit ipv sout en peper. So 10 min voor julle wil eet, sit die sampioene in die oond en bedien dadelik.

PicMonkey Collage fb

Aartappelsosaties met fillet steak en spek

‘N VOLLEDIGE BRAAI BYGEREG (Rens)

Ek het aartappel sosaties gemaak. Ek het my aartappels gekook tot gaar en laat afkoel. Ryg op sosatie stokkie ‘n sampioen, aartappel met spek toegedraai, kersie tamatie, stukkie groen rissie, weer aartappel, kersie toegedraai in spek en ‘n stukkie gherkin. Braai op die kole – smeer ‘n appelkoos, wostersous, suurlemoensap en sout peper sousie oor terwyl jy dit braai. (maak die sommer so met die oog aan) Maak dit net effe warm in die mikrogolf om dit loperig te maak.

My bees fillet het ek in dik skywe gesny en spek omgedraai en met tandestokkies wasgesteek.

‘n Knoffelbroodjie gemaak met ‘n lang footlong bun – smeerkaas, botter, knoffel en pietersielie

Heel beetjies gehad  met uie en fetakaas, en ‘n kaassous oor die steak.

My nagereg was 2 tennis beskuitjies. Plaas 1 op bord, smeer so 2 teelepels dik gekookte kondensmelk op, rasper peppermint aero oor, sit nog beskuitjie op, klein bietjie kondensmelk met ‘n kersie op, spuitjie room en ‘n gebreekte stukkie aero op.

IMG_8171

SPINASIE TERT – BRAAI BYGEREG
Die is genoeg vir 6 na 7 mense as jy ander bykosse het.
Gebruik so 20cm deursnit bak

1 of 2 bossies (pakke) spinasie – ligweg opgekap (of jy 1 of 2 gebruik, jy hoef nie die bestandele onder aan te pas nie)
5 stukkies repe spek (opgekap)
5 sampioene (opgekap)
1 groot ui (opgekap)
Gooi alle bogenoemde in pot en kook so 15 minute – dreineer en hou eenkant. (ja niks braai van uie ens nie , kook alles)

Meng 1 pakkie wit uie sop met 1 houertjie suurroom en laat staan vir 10 minute (suurroom as jy nie het nie – 1 houertjie room met 1 eetl suurlemoensap – laat staan vir 10 minute)
Voeg by 1 houertjie gladde maaskaas, 3 eiers, 1tl mosterdpoeier, peper, Meng goed deur en gooi spinasie mengsel by en 1 kop gerasperde cheddar kaas. Meng alles ligweg deur
Gooi in ‘n bak gespuit met spray en cook en bak by 180 C vir 30 na 40 minute – kyk as gestol en bruin bo-op is.
As uit die oond kom, gooi nog gerasperde kaas oor Ek het 2 swart olywe geneem en stukkies gesny en bo-oor gesit vir versiering met bietjie paprika.

Opsioneel – as jy wil, kan jy halwe blik aspersies in stukkies gesny ook byvoeg.

Hierdie dis kan deurgaan as ‘n volledige aandete saam met kapokaartappels en lekker mengelslaai.

Biltong broodjie


brood biltong

 
Mushroom, biltong and cheddar loaf
By: miswa5.blogspo

[Makes 1 loaf]

Ingredients
2 tbsp butter
2 tbsp olive oil
250g mushrooms, sliced
180g self-raising flour
½ tsp cayenne pepper (rooipeper)
3 jumbo eggs
¼ cup buttermilk
80g beef biltong, chopped
100g cheddar, grated
Sea salt and ground black pepper

Method
1. preheat the oven to 180°C. heat the butter and olive oil in a pan until the butter has melted. add the mushrooms, cook until all the liquid has evaporated. season well.
2. sift the flour into a bowl. add the cayenne. in a jug, whisk together the eggs and buttermilk. add the liquid to the dry ingredients and stir well to combine. stir through the biltong, cheese and mushrooms.
3. grease a 23cm loaf tin. spoon the mixture into the tin; bake for 35–40 minutes. allow to cool in the tin before turning out.

Spitbraai by The Office in Middelburg


20150307_162459

Ons het vir 60 mense kos gegee met 2 lammers wat elk so 21kg geweeg het. Daar was meer as genoeg vleis gewees. Inteendeel, daar het baie oorgebly.

IMG_7479

Maak altyd eers die blaaie toe met foil vir die eerste 2/3 ure – die rede hiervoor is – die is dun vleis en raak gou gou gaar dan is die ander vleis nog nie gaar nie en dit raak kurk droog.

IMG_7480

IMG_7484

Spuit Coke oor die spit so nou en dan

IMG_7497

Die lammers was so 5 ure op die kole gewees.

IMG_7489

Maak kole in oopgesnyde dromme sodat jy die heeltyd kole het om onder die skape in te skep

IMG_7496

IMG_7515

Die lekkerste van die skaap wat nog so op die kole is – Die velletjie wat soooo lekker gebraai is. Jy skeur dit sommer so af en eet dat jou mond blink…

IMG_7510

Die skaap se vleis word afgesny

IMG_7475

Spuit jou skaap die oggend voor jy begin met die spit.

IMG_7505

Gebruik ‘n gewone bees spuit met ‘n bic pen se buitekant oor die piepie gedruk. Dit het ‘n lekker dikpunt waardeer die sous kan kom met al die verskillende speserye in. Gooi die sous in ‘n bottel en maak gaatjies in en spuit die sous ook so nou en dan oor die spit.

Mens gebruik die spuite so min. Mens spitbraai mos nie so baie nie , so as jy ‘n spesery spuit moet koop kos dit jou by die R200 – die spuit kos R18.00

SPITBRAAI SOUS

Rencia Odendaal Pretorius

Hierdie is genoeg sous vir ‘n 20/22 kg skaap/of lam

1 bottel olie

1bottel wit asyn

1bottel bruin asyn

200ml sout (ons gooi 1 klein pakkie sout in – dit  proe partykeer of dit te min sout is)

1 refill pakkie swart peper

1 refill pakkie “pickling spices” of 1 houertjie Robertson BBQ speserye of  jou eie keuse bbq speserye

1 bottel worstersous

2 eetlepels garlic

500gr bruin suiker

3 tot 4 groot uie )gerasper

Laat staan oornag vir gebruik die volgende dag

Gooi bietjie sous deur ‘n lappie sodat jy die stukkies kan uitkry voor jy die spuit gebruik om die skaap mee in te spuit – of gebruik net so met die stukkies – dit is baie lekker – ek verkies die stukkies op die skaap.

Bedruip skaap die heeltyd met die sous

Ek spuit  ook so nou en dan Coke oor die skaap terwyl dit braai