Tag Archive | sauce

Bisto aartappels – sous vir rys en vleise


Sous vir rys en aartappels

BISTO  aartappels

Maklike, vinnige sous vir rys, vleis  en aartappels

Braai bietjie uie en knoffel in ‘n pot

Maak bistopoeier  aan met water, voeg dit by die uiemengsel  en laat prut tot dik.  Jy kan ook so bietjie oxtail  of bruin uiesop bygooi. Indien jy vleissouse het soos bv jou boud wat in die oond was – gebruik die om die bisto mee aan te maak. Gebruik so 1 hoogvol eetlepel bisto op halwe liter water of vloeistof – maak dunner met water as te dik is, en meer bisto as te dun is.

Skil  jou aartappels, sny in skywe , gooi in plastieksak en mikrogolf tot so 90% gaar, of skil aartappels, sny in kwarte en kook tot amper gaar

Gooi aartappels in die bisto sous en laat prut oor lae hitte tot aartappels deursag  is.

Vat stukkie aartappel, maak dit fyn en dit verdik die sous ook nog so n bietjie en gee bietjie lyf aan die sous.

 

Marie Dumas Jennings So maak ek myne – skil aartappels en sny in kwarte. Kook aartappels in water met sout tot amper sag, maak bisto aan en meng in by aartappels, gooi bietjie peper en fyn neut in laat kook tot aartappels gaar is en sous dik raak. Ek meng so eetlepel kookolie in. Dan het jy sous vir die vleis ook

Advertisement

Suur Vye Blatjang


Suur Vye Blatjang

 

Bestandele

2 Koppies Suur Vye

2 Koppies wit asyn

750ml Tamatie sous

2 Koppies suiker

2 Koppies Methi Masala

½ Koppie Worcester Sous

½ Koppie Kerrie Blare (Curry Leaves)

Metode

Laat vye in kokende water hidreer. Verpulp vye, asyn en res van die bestandele in ‘n voedselverwerker. Kook oor lae hitte, roer nou en dan. Verkoel. Bere in yskas.

Suur Vye Blatjang

Bestanddele:

1 kg suurvye

100 g sout

1 kg suiker

1 stokkie kaneel

6 liter water

Metode:

1. Sny die suurvye se punte af, spoel dit goed af en week oornag in 5 liter van die water en die sout.

2. Gooi die water af, spoel af en skil af.

3. Maak ‘n stroop van die oorblywende water, suiker en kaneel.

4. Bring tot kookpunt en voeg die vye by. Kook tot die vrugte blink en die stroop dik is – so 1 en ‘n half tot twee ure.

Bottel dadelik in warm, droeë, gesteriliseerde flesse en seël goed.

Mosters en Kondensmelk Doopsous


Mostert Kondensmelk Doop sous - Fotot inenomdiehuis.blogspot.com

Mostert Kondensmelk Doop sous – Fotot inenomdiehuis.blogspot.com

Kondensmelk-en-mostert sous:

1 kop asyn

2 eetl mosterd

1 blik kondensmelk

Meng alles goed en bere in die yskas

Maklike Mosters en Kondensmelk Doopsous

Halwe koppie kondensmelk

2 tl mosterd

2 eetl asyn

sout en peper

Meng bo-genoemde goed

Voeg nou by 1 eetl gesmelte botter en klop tot gladde mengsel.

Mostert Doopsous

1 blik kondensmelk

125ml asyn

1 eiergeel

1 blik(50g) engelse mostertpoeier

Knippie sout

Meng al die bestandele baie goed. Skep in flessies, hou in yskas. Maak so 400ml.

Romerige Mosterdsous(mikrogolf)

My ma maak net hierdie resep, en dit hou tot 3 weke in die yskas.

Rencia Odendaal Pretorius

Mikrogolf  – baie lekker by koue vleise, broodjies vingeretes en ‘n sous by piesangslaai.

500ml suiker

6 ekstra groot eiers

30ml mosterdpoeier

250ml asyn

2ml sout

380ml Ideal melk

Klits eiers suiker asyn mosterd en sout goed. Mikrogolf vir 7 min (oop) by 50% krag (medium) tot dik. Roer elke minuut

Laat afkoel

Meng ideal melk by en meng goed

Bewaar in yskas vir ongeveer 2 na 3 weke in yskas

Hoender sosatie marinade


Hoender sosatie marinade

1 blik appelkooskonfyt (groot)

2 blikke asyn (blik van appelkooskonfyt)

1 t gemmer

3-4 eetl  kerrie (of meer na smaak)

3 eetl  Borrie

3 uie in ringe gesny

Suurlemoenboom blare

Braai uie, borrie en gemmer. Gooi al die bestandele bymekaar, kook deur.

Giet oor sosaties.

Hoender – marineer vir 3 dae in yskas

Ander vleis tot en met ‘n week

Mushroom sous


‘n Pakkie sampioene fyn gesny, 1 uie opgekap,  500ml room/melk  en ‘n pakkie sampioensop. Braai uie en sampioene met bietjie knoffel en swartpeper

Gooi als saam in pot en prut so 10min. Voeg dan n koppie kaas by en roer tot lekker dik As dit nog te dun is gooi nog soppoeier by.

Jy kan knoffel bygooi, enige speserye  van jou keuse,  jy kan selfs fyn spek  ingooi.

 

Chinese Roerbraai / stirfry


stirfry222

PAAR IDEES WAT OM TE GEBRUIK BY JOU ROERBRAAI

Groentes:

Wortels – sny in blokkies of repies, gerasper of met jou groenteskiller velletjies gesny

Groen en pers kool

Uie (wit en pers)

Baba uitjies

Sampioene

Baba mielies

Ertjies

Baby marrows

Bean sprouts

Pynappel

Groen, rooi en geel peppers

Boontjies (hou lank – sny net die punte af)

Patti pans (groen en geel)

Pitmielies

Snap peas

Rooi en groen kersies

Peppadews

Brokkoli en blomkool

Eiervrug

Pakke stirfry by gevriesde afdelings in kettingwinkels

Vleise:

Hoenderlewertjies

Repies / blokkies  –  beesvleis, varkvleis, hoender, skaap, steak, tenderised steak,

Spek

Viennas, russians

Shrimps (garnale)

Kreef en krap

Bygereg:

Rys (wit- bruin of Basmatiese rys)

Noedels

Spagetti

Samp

 

5 VLEISE STIRFRY

Vleis

1 pakkie hoenderlewertjies in repies gesny(250gr)

1 pak spek in repies gesny

4 tot 6 hoenderdytjies ontbeen en in repies gesny

250 gr  gemaalde vleis

Steak in respies gesny

Braai in kookolie of margarien in braaiskottel tot half gaar.

Groente

1/ 2 koolkop ( Rooi ) in repies gesny

4 wortels in repies gesny

Uie in ringe gesny

Sampioene in repies gesny

Groensoetrissie in repies gesny

Pynappel in blokkies gesny

Baby marrows heel of in skyfies gesny

Bean sprouts ( opsioneel )

Water Chest nuts ( in blik medium ) ( opsioneel )

METODE

Voeg groente by half gebraaide vleis. Braai tot alles gaar is. Roer telkens sodat dit nie aanbrand nie. Sout en peper na smaak. Bedien met rys en soetsuursous, en slaai.

 

Chinese Varkvleis

( 4 porsies )

300 g beenlose varkvleis, in dun repies gesny

30 ml kookolie

1 ui, in dun ringe gesny

2 selderystingels, skuins in dun skyfies gesny

Vars gemaalde swartpeper na smaak

60 g sampioene, in skyfies gesny

100 g vars of ingemaakte boontjiespruite

15 ml suiker ( 3 t )

15 ml wynasyn ( 3 t )

10 ml sojasous ( 2 t )

15 ml droë sjerrie ( 3 t )

METODE

Braai vleisrepies bruin in verhitte kookolie in `n swaar boompan of wok. Voeg uie en seldery by en soteer.

Voeg suiker, asyn, sojasous en sjerrie by.

Geur met sout en peper. Sit voor met gebraaide rys

 

Chinese Soetsuur sous

Suiker, 1 koppie

Asyn, 1 koppie

Rooiwyn, 1/ 2 – koppie

Marmite, 1 teelepel

Soetrissie, 1 groen in repe

Mielieblom, 1 eetlepel

Gemmerkonfyt, 1 eetlepel

Pynappel, 1/ 2 – koppie blokkies

Piekels, ¼ – koppie stukke.

Laat die eerste 5 bestanddele een keer kook, en maak dan dik met die mielieblom wat met `n bietjie water tot `n pasta gemeng is.

Roer totdat dit dik en deurskynend is, en 2 minute voordat dit opgedis word, voeg die res van die bestanddele by.

Dis warm op by gebraaide of geroosterde vleis, veral varkvleis.

 

Soetsuursous

Bestanddele

12.5 ml Maizena

1 Blokkie Hoender ekstrak

125 ml Koue water

40 ml Asyn

12.5 ml Sojasous

25 ml Suiker

125 ml Pynappel sous

Pynappel blokkies

 

Metode

Meng alles en kook saam (behalwe die pynappel stukkies) tot dik en deursigtig. Indien verkies kan die pynappels stukke nou bygevoeg word.

 

Sous by stirfry

Madri Cordier

In ‘n potjie:

3/4 K Appelasyn

1 K Tamatiesous

Halwe ui in blokkies

1 Groen peper in blokkies

1 Eetlepel olyfolie

10ml fyn gemmer of halwe K gemmer konfyt

30ml Worcester sous

5 t suurlemoensap

Halwe K bruinsuiker

Bring als tot kookpunt en prut vir 5 minute. Heerlik!

Chinese-fried-Rice

Chinese rice with egg

Gegeurde rys (Chinese fried rice)

3 koppies gaar wit rys (dag oud of oorskiet rys werk die beste!)

3 eetlepels olie

1 koppie bevrore ertjies en wortels (ontdooi)

1 klein ui, gekap

2 teelepel gemaalde knoffel/of vlokkies

2 eiers, effens geklits

¼  koppie sojasous

Op medium hoë hitte, verhit die olie in ‘n groot pan of wok. Voeg die ertjies / wortels meng, ui en knoffel. Roerbraai tot sag. Verlaag die hitte tot medium en druk die mengsel eenkant toe die pan. Gooi die eiers in en roerbraai tot gaar. Voeg die rys en sojasous by  en meng alles goed saam. Roerbraai totdat deeglik verhit!

( Jy kan regtig rondspeel met hierdie rys. Probeer ‘n paar blokkies ham, of spek, garnale  of groen/geel/rooi peppers, sampioene, pitmielies, spruituie

gegeurde rys Rens

Braai 1 groot ui, 6 repies spek (gesnipper), kwart van elk (rooi geel en groen peppers in blokkies gesny) tot sag en gaar Kook intussen 1 na 1 en half koppie rys tot gaar. As rys gaar is, dreineer water af, gooi of Spice for rice of gegeurde sout by (na smaak) – roer spek en uie mengsel deur en bedien warm WENK: Seldery in klein blokkies kan ook saam met die spek gebraai word. Dit gee ‘n heerlik smaak aan die rys (pasop vir te veel, ek sal se so halwe stingeltjie) Lede se wenke: Sit gebraaide sampioene by, ertjies en selfs gemengde groente

Bees en groente stirfry

500gr beesvleis steak, sny in dun snye
1 tl sojasous
1 knoffelhuisie , fyn
½ t gemaalde swartpeper
1 kop beesaftreksel
3 tl sojasous
2 ½ tl maizina
½ tl gerasperde gemmer (opsioneel)
1-750 g sak bevrore roerbraai groente , ontdooi
1 kop gesnyde sampioene
3 uie, in stukke gesny
1 tl olie
Metode:
Voeg 1 tl sojasous , knoffel, peper by die vleis , roer en sit eenkant neer om te marineer .
Roer die bees aftreksel, 3 tl sojasous , gemmer en maizina en sit eenkant.
Verhit pan of wok tot medium met ½ tl olie
Voeg groente, sampioene en uie by , roerbraai vir paar minute , groente moet sag maar nie pap nie. Verwyder uit pan en hou eenkant.
Drup ½ t olie in pan . Voeg vleis in sojasous marinade by Roerbraai vir paar minute, vleis moet nog effens pienk wees.
Stoot beesvleis teen kante van die pan, roer die bees aftreksel sous mengsel by. Meng sous met vleis en bly roer tot sous verdik en kook
Voeg groente by en roer saam tot alles goed gemeng is Bedien met rys. Geniet dit!
Jy kan hoender of vark ook hier gebruik.

 

CHINESE BRAAI (Ongeveer 15 mense)
1kg Russians in blokkies
1kg Rooiworsies in blokkies
6 Gekapte uie (medium)
5 Groen pepers ontpit en in blokkies/repe
1kg Hoenderfillet in blokkies
1kg Bees blokkies
1kg Spek in blokkies
4 Blikke pynappelstukkies
1kg Tamaties in blokkies gesny
750g Sampioene gesny
1kg Basmati rys

Bottel soya sous, bottel olie, bottel tamatiesous, bottel bruinasyn, bottel worcestersous, bottel sweet & sour sous

Gooi als mooi uit in bakke of trek tafel met foelie oor en gooi dit in rye. Sit opskepbakkies neer, spane, lepels, voorskote ens neer. Hou rys warm. As mense klaar gebraai het kan hul kom rys skep en dan die chinese braai bo-oor.

 

CHINESE NOEDELS/BRAAI
500 g varkboud, in dun repies gesny
100 g klein skulpnoedels
1 klein groenrissie, in dun repies gesny
1 klein rooi soetrissie, in dun repies gesny
Vars gemaalde swartpeper na smaak
30 ml droë sjerrie ( 2 E + 1 t )
37.5 ml sojasous ( 3 E )
15 ml mielieblom ( 3 t )
30 ml kookolie ( 2 E + 1 t )
100 g boontjie- of lensiespruite
5 stingeluie
100 ml lemoensap ( 8 E )
2 ml knippie sout

METODE

Marineer vleis in `n mengsel van sojasous, sjerie en mielieblom vir 15 minute.
Kook noedels tot gaar.
Dreineer, spoel af onder koue water en plaas eenkant.
Verhit olie in `n wok of swaarboomkastrol en braai vleis bruin.
Voeg rissies, spuite en stingeluie by en roerbraai tot net sag .
Voeg gaar noedels en lemoensap by en verhit deeglik.
Geur met sout en peper en sit dadelik voor.

chinese noodels 11

Dankie Tannie Lettie Hough vir jou resep en foto van die chinese frikadelle

 

Mikrogolf Chinese frikadelle op noedels

Lewer 24 bolletjies

FRIKKADELLE
500 g varkmaalvleis/bees maalvleis
Sout en peper
4-6 stingeluie, gekap
60 ml (¼ k) gekapte pietersielie
1 eier, geklits
25 g witbroodkrummels

SOUS
45 ml (3 e) suiker
45 ml (3 e) bruinasyn
15 ml (1 e) soetbrandrissiesous (sweet chilliesous)
125 ml (½ k) tamatiesous
15ml (1 e) sojasous
15ml (1 e) heuning

Noedels vir voorsit

FRIKKADELLE
Meng al die frikkadelbestanddele en vorm 24 frikkadelletjies. Verkoel 30 minute in die yskas

SOUS
Meng al die sousbestanddele in ’n glasbak en mikrogolf 1 min op hoog (100%)

Plaas 12 frikkadelle op ’n bord en mikrogolf 2½-3 min (100%) tot net gaar. Herhaal met die res van die frikkadelle.
Voeg by die sous en meng deur.

Sit voor op noedels
.
Resep uit Huisgenoot Maalvleis Maklik, vinnig en goedkoop.

Wenk: Opsioneel – Gooi so ‘n bietjie gemmer (gedroog, stukkie wortel of gepreserveer) by die sous (so ‘n knippie of teelepel)

stirfey 2

Rens se stirfry

 

Rens se STIRFRY

Braai 1 groot ui grof gekap, kwart rooi, geel en groen pepper tot sag (jy kan ook sampioene byvoeg)

Gooi in 1 pakkie hawaiin stirfry  (die klein pakkie) Ek gebruik gewoonlik vars groente maar het nie alles gehad nie (die pakkie bevat : pynappel, wortels, pitmielies, boontjies, peppers – voeg ekstra in – handjie vol ertjies

Braai die groente tot sag

Skep uit en hou eenkant

Braai jou beesvleis repies in olie met bietjie knoffel vlokkies, worster-  of soyasous tot sag

Gooi die groente terug en gooi in 1 pakkie sweet and sour sous (ek het Spar se maak hier gebruik) en prut tot dik

Bedien op rys

 

 

 

 

Komkommer in Kerrie Sous


komkommer kerrie
KERRIE-KOMKOMMERS
(Heerlik as n slaai by braaivleis of sommer so op brood)
 
1Kg Engelse komkommers (dit is omtrent 3 groot lang komkommers)
500 g Uie, geskil
2 wortels )grof gerasper
250 ml (1kop) Water
5 ml (1tl) sout
250 ml (1kop) Suiker
500 ml (2kop) Wit asyn
30 ml (2e) Kerriepoeier
10 ml (2tl) Mosterdpoeier
30 ml (2e) Mielieblom, aangemaak met ‘n bietjie koue water
½ tl wit mosterdsaadjies en ½ tl swart mosterdsaadjies (opsioneel)
METODE:
Sny die komkommers en uie in dun skywe en halveer. Bring die water tot kookpunt en kook die komkommer en uie dan 10 minute lank daarin. Voeg die sout en suiker by en verhit tot die suiker opgelos is.
Voeg die res van die bestanddele en wortels by en kook goed deur tot die mengsel verdik. 
Skep die warm mengsel in skoon gesteriliseerde flesse en bottel.
Lewer 1,5 liter.

komkommer kerrie 1

Rencia Odendaal  Pretorius

INGELEGDE KOMKOMMER STUKKIES VIR ‘N SOUTBORD 

2 groot komkommers – Sny die komkommer in ringetjies en elke ringetjie dan in 4 (dws daar moet van 1 ringetjie – 4 blokkies le as jy dit klaar gesny het)

1 tot 2  uie  (gekap)

Growwe sout

Gooi bogenoemde in vergietes in lae – sit ietsie swaar op sodat die sout die ergste water uittrek – Laat staan so vir omtrent 1 uur.

Maak intussen ‘n sous op die stoof:

2 kop asyn (wit of bruin)

1.5  kop  bruin suiker

1 eetl mosterdsaad

2 tl dille saad (opsioneel)

2 tot 3 tl  maizina

2   tl Kerrie

1 tl borrie

1 tl mosterdpoeier

Kook nou bogenoemde – dit moet kookpunt bereik

Spoel jou komkommer mengsel  af onder lopende water en druk ergste water af

Kap fyn – of ½ rooi greenpepper of so 5 tot 6 peppadews (mild of hot) opsioneel

Gooi in kokende sous en kook so vir ongeveer 30 min oor lae hitte

Bottel warm

Ek sit hierdie altyd by ‘n bordjie southappies of kaasbord.

Spitbraai


 

foto's 2010 436

Rencia Odendaal Pretorius

MARINADE VIR SPITBRAAI

Hierdie is genoeg sous vir ‘n 20kg skaap/of lam

1 bottel olie

1bottel wit asyn’

1bottel bruin asyn

200ml sout

1 refill pakkie swart peper

1 refill pakkie “pickling spices”

1 bottel worstersous

2 eetlepels garlic

200ml bruin suiker

3 tot 4 groot uie )gerasper

Laat staan oornag vir gebruik die volgende oggend

Gooi bietjie sous deur ‘n lappie sodat jy die stukkies kan uitkry voor jy die spuit gebruik om die skaap mee in te spuit –

Bedruip skaap die heeltyd met die sous

Ek smeer  ook so nou en dan Coke oor die skaap terwyl dit braai

*

BYGEREGTE BY SPITBRAAI

Lekker tuisgebakte brode met kaas, en tuisgemaakte konfyt soos aarbei/maketaan/vye/appelkoos

Pre-cook baba aartappels en baba uie. Sit in bak onder die spit sodat die sous van die skaap lekker daarop druk. As opdien, gooi gebraaide spek en vars pietersielie bietjie garlicbotter oor en roer net deur.

Baba knoffel, botter en pietersielie aartappels

Geroosterde butternutskywe

Noedelslaai

Koolslaai

Groenbone slaai

Kroek wortelslaai (butternut slaai)

Koperpennie wortelslaai

Aartappelslaai met kondensmelk en pynappel

Warm koringslaai met room

Picalilly’s slaai

Paptert

Mielietert met groente

Kerrieperskes