Tag Archive | vye

Vye Konfyt Resep


Groen Vye Konfyt- tasty kitchen

Groen Vye Konfyt- tasty kitchen

Fyn vye konfyt
1. Was en skil die ryp vye dun af en weeg dit.
2. Gebruik 375 g suiker vir elke 500 g vrugte en 125 ml water vir elke 500 g suiker.
3. Sit die vye en die suiker in lae in n kastrol en voeg die water by. Verhit stadig en roer af en toe tot die suiker opgelos is.
4. Voeg n stuk gekneusde gemmerwortel en 15 ml suurlemoensap vir elke 500 g vrugte by.
5. Kook verder, omtrent n uur en bottel dit warm.

chefsharkie

Groen Vye Konfyt

(heel vye)
Krap, rasper of skil effe af( baie dun )
Maak snytjie in vorm van kruis aan die blom-ent van elke vy
Weeg vye
Laat le vye oornag in mengsel van kalk (15ml) op 3.4 l water of koeksoda (30ml) op 3.4l water
Spoel vye af en plaas dit in kokende water vir ongeveer 15/20 min tot sag. Bepaal self wanneer vye sag is. Dit hang somtyds af van die hoeveelheid wat jy kook.
Gebruik water vir stroop –
Gebruik 1 op 1 bv 500gr suiker op 500gr vrugte en 375ml water vir elke 250ml suiker
Voeg ‘n paar kruienaaltjies, stukke heel gekneusde gemmer of stukke heel kaneel en 60ml suurlemoensap by vir elke 3kg vrugte.
Kook vir ongeveer 2 ure vinnig tot vrugte helder en stroop dik is.
Maak 1.5l ekstra stroop aan om die bottels aan te vul namate die stroop wegkook.
Bottel warm.

Konfyt van Ryp Vye
Skil vy dun af en laat le ‘n ruk in die son om die nerf hard te maak (ek doen dit nie)
Prik goed en laat staaan oornag in kalkoplossing van 1tl kalk op 4 l water
Spoel volgende oggend af en plaas in kokende stroop

Ek los die hele boonste gedeelte van die resep – ek sny net die vy met skil en al in stukkies en gooi in pot en my resep is 100% reg xx
Stroop:
2 kop water vir elke 1 kg suiker en 1kg suiker vir elke 1 kg vrugte
Voeg die sap van een suurlemoen by vir elke 1 kg vrugte (ek gooi sommer so 2 eetl gewone suurlemoensap by
Voeg ¼ tl kremetart by
Voeg ‘n gekneusde gemmer wortel by
Kook vir ongeveer 2 ure op hoog (vinnig)
Onthou om die skuim af te skep, – doen die yskas toets om te sien of jou stroop reg is.
Bottel warm.

 

Groenvyekonfyt

Bestanddele:
1,25g suiker per 1kg vrugte
1,5 liter water per 1kg suiker
50-60ml suurlemoensap per 3kg vrugte

Metode:
Gebruik vye wat goed uitgeswel is, maar waarvan die binnekant nog nie hol of verkleur nie. Krap rasper of skil vye baie dun af en behou steeltjies. Sny ‘n kruisie aan die onderpunt van elke vy. Bepaal massa en prik. Laat vye oornag in kalkwater of koeksodawater 25ml gebluste kalk en 45ml koeksoda per 5 liter water. Haal uit en spoel deeglik af. Sit vye in en ‘n paar vyeblare in kookwater en kook tot sag maar nie pap nie, ±15 minute. Sit die vye in stadig kokende stroop en kook matig vinnig tot vrugte goed deurgekook word, ± 30 minute. Laat stroop afkoel en lig vrugte uit die volgende dag. Kook stroop weer en sit vrugte by kook ± 5 minute of totdat dit reg lyk. Skep warm in gesteriliseerde flesse en verseël deeglik. Vrugte met skille kan ook gebruik word, maar die kooktyd in water moet verleng word.
Dankie aan : peterjasie
Foto : giverecipe.com

Groenvyekonfyt

Bestanddele:
1,25g suiker per 1kg vrugte 
1,5 liter water per 1kg suiker
50-60ml suurlemoensap per 3kg vrugte

Metode:
Gebruik vye wat goed uitgeswel is, maar waarvan die binnekant nog nie hol of verkleur nie. Krap rasper of skil vye baie dun af en behou steeltjies. Sny 'n kruisie aan die onderpunt van elke vy. Bepaal massa en prik. Laat vye oornag in kalkwater of koeksodawater 25ml gebluste kalk en 45ml koeksoda per 5 liter water. Haal uit en spoel deeglik af. Sit vye in en 'n paar vyeblare in kookwater en kook tot sag maar nie pap nie, ±15 minute. Sit die vye in stadig kokende stroop en kook matig vinnig tot vrugte goed deurgekook word, ± 30 minute. Laat stroop afkoel en lig vrugte uit die volgende dag. Kook stroop weer en sit vrugte by kook ± 5 minute of totdat dit reg lyk. Skep warm in gesteriliseerde flesse en verseël deeglik. Vrugte met skille kan ook gebruik word, maar die kooktyd in water moet verleng word.
*KvK*
Dankie aan : peterjasie
Foto            : giverecipe.com
Advertisement

Camenbert en Vye in Filodeeg


Camenbert en vye in filo- bron onbekend

Camenbert en vye in filo- bron onbekend

Camenbert en Vye in Filodeeg
Elna Kluyts

Rol jou filodeeg uit en smeer gesmelte botter bo-oor.
Meng paar eetlepels stroop of heuning met 1 teelepel olyfolie, knypie kaneel, knypie nutmeg,
bietjie fyn neute. Sny lekker blokkies groot genoeg om ‘n lekker ‘pakkie’ te maak.
Vul nou met cambembert en gesnyde vye. Gooi van die stroopmengsel bo-oor.
Verf nou elke ‘pakkie’ met eier en bak op ‘n oondplaat tot goudbruin.
Jy kan bietjie kaneel bo-oor sprinkel – dit lyk baie mooi.
As jy opdien, bedien dit warm en sif versiersuiker bo-oor.

Suur Vye Blatjang


Suur Vye Blatjang

 

Bestandele

2 Koppies Suur Vye

2 Koppies wit asyn

750ml Tamatie sous

2 Koppies suiker

2 Koppies Methi Masala

½ Koppie Worcester Sous

½ Koppie Kerrie Blare (Curry Leaves)

Metode

Laat vye in kokende water hidreer. Verpulp vye, asyn en res van die bestandele in ‘n voedselverwerker. Kook oor lae hitte, roer nou en dan. Verkoel. Bere in yskas.

Suur Vye Blatjang

Bestanddele:

1 kg suurvye

100 g sout

1 kg suiker

1 stokkie kaneel

6 liter water

Metode:

1. Sny die suurvye se punte af, spoel dit goed af en week oornag in 5 liter van die water en die sout.

2. Gooi die water af, spoel af en skil af.

3. Maak ‘n stroop van die oorblywende water, suiker en kaneel.

4. Bring tot kookpunt en voeg die vye by. Kook tot die vrugte blink en die stroop dik is – so 1 en ‘n half tot twee ure.

Bottel dadelik in warm, droeë, gesteriliseerde flesse en seël goed.