Camenbert en Vye in Filodeeg
Elna Kluyts
Rol jou filodeeg uit en smeer gesmelte botter bo-oor.
Meng paar eetlepels stroop of heuning met 1 teelepel olyfolie, knypie kaneel, knypie nutmeg,
bietjie fyn neute. Sny lekker blokkies groot genoeg om ‘n lekker ‘pakkie’ te maak.
Vul nou met cambembert en gesnyde vye. Gooi van die stroopmengsel bo-oor.
Verf nou elke ‘pakkie’ met eier en bak op ‘n oondplaat tot goudbruin.
Jy kan bietjie kaneel bo-oor sprinkel – dit lyk baie mooi.
As jy opdien, bedien dit warm en sif versiersuiker bo-oor.
You must be logged in to post a comment.