Suur Vye Blatjang
Bestandele
2 Koppies Suur Vye
2 Koppies wit asyn
750ml Tamatie sous
2 Koppies suiker
2 Koppies Methi Masala
½ Koppie Worcester Sous
½ Koppie Kerrie Blare (Curry Leaves)
Metode
Laat vye in kokende water hidreer. Verpulp vye, asyn en res van die bestandele in ‘n voedselverwerker. Kook oor lae hitte, roer nou en dan. Verkoel. Bere in yskas.
Suur Vye Blatjang
Bestanddele:
1 kg suurvye
100 g sout
1 kg suiker
1 stokkie kaneel
6 liter water
Metode:
1. Sny die suurvye se punte af, spoel dit goed af en week oornag in 5 liter van die water en die sout.
2. Gooi die water af, spoel af en skil af.
3. Maak ‘n stroop van die oorblywende water, suiker en kaneel.
4. Bring tot kookpunt en voeg die vye by. Kook tot die vrugte blink en die stroop dik is – so 1 en ‘n half tot twee ure.
Bottel dadelik in warm, droeë, gesteriliseerde flesse en seël goed.