Hoe om Biltong te maak


Biltong - photo steerage.co.za

Biltong – photo steerage.co.za

Hoe om Biltong te maak

As jy in ‘n warm gedeelte van die land (of wêreld) is moet jy dit in in koelkamer met waaiers hang. Ek koop gewoonlik sommer net Freddy Hirsh (Bosveld, Hunters of original) of Crown se bilting spices – kyk na jou hoeveelheid vleis en gebruik daarvolgens die hoeveelheid spices en Bruin asyn, Ek skroei altyd ekstra kojander en voeg by

25kg vleis van goeie gehalte. Bv. dy,diklies of binneboud

200-400ml heel koljander

500g-1kg sout

12.5ml salpeter

25ml koeksoda

12.5ml peper

asyn

warm water

225ml suiker

Sny die vleis met die draad langs in lang stroke, so dik of dun soos jy dit verkies. Onthou hoe minder vet aan die vleis is, hoe langer kan dit gebêre word, omdat vet mettertyd galsterig word. Verhit ‘n pannetjie oor matige hitte en rooster die koljander daarin, totdat dit ‘n welriekende geur begin afgee. Maal en sif die geskroeide koljander. Meng die koljander, sout, suiker, salpeter, peper en koeksoda en vryf die mengsel met die hand oor elke stuk vleis. Pak die vleis in lae in ‘n houtbalie, erdehouer of plastiekhouer en strooi die orige soutmengsel tussen elke laag. Pak die dik gesnyde stukke onder en die dunner stukke bo-op. Sprinkel ‘n bietjie asynbo-oor die vleis en laat dit oornag staan. Biltong met baie vet aan moet langer lê, want dit neem langer om sout te absorbeer. Meng 200ml asyn met elke 2.5 liter water en spoel elke stuk vleis vinnig daarin af voordat dit op ‘n koel, droë plek gehang word. Hang die biltonge die eerste dag in die son op en daarna in die koelte, weg van mekaar af. Biltong kan ook binneshuis hang, maar dan moet daar ‘n goeie trek wees. ‘n Elektriese waaier kan help om die lugvloei te verbeter. Laat die biltonge hang totdat dit so droog is soos verkies.

Ekstra Verduideliking: sny jou biltong in repe, dan weeg jy dit. Kyk hoeveel spices jy moet gebruik op jou gewig en weeg af.  Dan pak jy jou eerste laag – (ons pak dit sommer in ons yskas se plastiekhouers wat onder in die yskas staan )- dan gooi jy jou spices, dan bietjie ekstra koljander, dan spuit met asynbottel wat gaatjies sommer met mes in die deksel gedruk is, bo-oor, pak jou volgende laag, herhaal tot al die vleis op is – Nou, as jy Freddy Hirsh se spices het, die Bosveld een kan jy oornag laat le – so paar ure later, meng al die vleis met jou hande deur, more oggend weer – so iewers deur die dag, haal net so uit, en hang op – moenie enige spices afvee of afdroog nie. As jy crown se speserye gebruik, maak net seker, daar is party wat net 3 na 5 ure moet le , dan hang jy dadelik op. Die spices werk baie lekker, dit het alles klaar in, en kan gebere word vir lank.

One thought on “Hoe om Biltong te maak

Comment here!

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s