Rabarber Yskastert
Rencia Odendaal Pretorius
1 blik kondensmelk
¼ kop suurlemoensap
1 kop gaar rubarber
Tennisbesjuitjies
1 Kop room
Kersies en neuter (opsioneel)
Meng melk en suurlemoensap. Roer rubarber by
Sit laag beskuitjies in bak, dan laag rubarber mengsel, weer beskuitjies en weer vulsel
Klop room styf en sit bo-op en gooi gekapte kersies en neute bo-oor.
Plaas in yskas
Santie Carelse
Corrie se Rabarber Poeding.
2 en n half koppie suiker
4 koppies meel
2 eetlepels botter
1 teelepel bakpoeier
3 eiers
3 koppies melk
2 koppies gekapte rabarber
Room botter en suiker saam. Klop eiers en melk by. Voeg meel en bakpoeier by. Meng goed. Voeg rabarber by die mengsel.
Bak vir ingeveer 1 en n half uur, in oond op 180 grade..
Rabarber Poeding.Was en trek die skilletjie van die roebab stingels af. Sny in 2-3cm stukkies en gooi in gesmeerde glasbak. So plus minus 4k. Strooi n bietjie koeksoda oor en n koppie suiker.
BESLAG:
1k koekmeel
2t bakpoeier
2 eiers
2k suiker
Knippie sout
1k melk
Meng alles saam en gooi bo-oor roebab stukkies. Bak by 180`C tot gaar en donker bruin. Wees net versigtig dat die regte roebab gebruik word. Die stingels moet rooierig van kleur wees. Die ander soort is giftig. Bedien met vla of room.
Rabarber Poeding.
Liefa Griesel
Rabarber Poeding.Was en trek die skilletjie van die roebab stingels af. Sny in 2-3cm stukkies en gooi in gesmeerde glasbak. So plus minus 4k. Strooi n bietjie koeksoda oor en n koppie suiker.
Degie: Vat half – 1 koppie meel, half koppie suiker, 100g – 125g botter, knippie sout. Vryf in tot Krummels & gooi oor gaar Rabarber, Sit in oond so 180 grade & bak tot bruin.
Onthou net die rabarber kook fyn & dan is daar amper niks oor nie, so maak maar genoeg ander sit jy met ‘n klein bakkie.
Rabarberbier
15 stingels rabarber (was net af en moenie skil nie) gesny in blokkies
2,5 kg suiker
1 groot eetlepel wynsteensuur
5 liter kookwater
25ml suurlemoengeursel
10g korrelsuurdeeg
Meng alles in ´n groot plastiekemmer. Laat afkoel. Voeg 10g korrelsuurdeeg (of ´n halwe koekie suurdeeg), opgelos in ´n bietjie lou water, by sodra die mengsel op liggaamstemperatuur is. Voeg nog 10 liter koue water by. Laat staan oornag. Syg deur, bottel en plaas in die yskas.
You must be logged in to post a comment.