Beskuit


Karringmelk Beskuit

Karringmelk Beskuit

Deirdre Muller

Karringmelk Beskuit

(Genoeg vir 2 beskuitpanne met drukkertjie/of oondpan)

2 kg bruismeel

15ml bakpoeier

5ml sout

2 kop suiker

5 kop karringmelk of amasi

3 eiers

500gr to bake botter,

1 kop klapper

2 kop oats (opsioneel)

Meng al die droee bestandele – Smelt botter, voeg amasi by en dan die  eiers, meng goed deur  – voeg  by meel mengsel – meng goed en knie liggies  – deel jou beslag in 2 en druk in panne – Bak so ongeveer – 1 uur  by 180 grade tot gaar  As jy konveksieoond het, onthou om jou beskuitpanne  te draai. As jy dit gewoonweg bak, rol in bolletjies en bak in oond/beskuit panne. Breek en droog.

Wenk:, ek draai my beskuit so 3 keer in die ronde in die uur wat ek dit bak – ek het gevind dan bak die beskuit eweredig. Maak net seker jou dikte is ooral

Nutty Wheat Gesondheidsbeskuit

Nutty Wheat Gesondheidsbeskuit

Zelda Barnard

Nutty Wheat Gesondheidsbeskuit

Maak resep 2x aan as jy beskuitpanne gebruik. Is genoeg vir jou 2 panne

1 kg nutty wheat

1en half tot 2 kop suiker

2 tl sout

8tl bakpoeier

250gr to bake botter

1 kop olie

1 eier

1 en half kop amazi

Ek gooi ook sommer ‘n 250gr pakkie rosyne ook in

Vryf botter in Nuttywheat, voeg by sout, suiker  en bakpoeier

Meng amazi, eier  en olie en gooi by

Meng goed

Druk in pan en bak vir 45min by 180 grade

Sny en droog uit

Moenie skrik nie, die nutty wheat beskuit se beslag is baie bros. Dit is nie nat klam beslag nie.

beskuit

Cherry pecan buttermilk rusks

CHERRY PECAN BUTTERMILK RUSKS

(Etresia van Zyl)

1 kg self-raising flour
10 ml (2 t) baking powder
10 ml (2 t) salt
500 g margarine
1 can (385 g) condensed milk
125 ml (½ c) brown sugar
500 ml (2 c) buttermilk
100 g red cherries, chopped
100 g pecan nuts, chopped

Preheat the oven to 190 °C. Grease a large rectangular roasting pan with margarine or nonstick spray.
Sift together the flour, baking powder and salt in a large bowl and rub in the margarine.
Mix the condensed milk, brown sugar and buttermilk.
Mix the dry and wet ingredients with a wooden spoon.
Add the cherries and nuts and press the mixture into the prepared roasting pan. Bake for 50 minutes or until golden and a skewer inserted in the middle comes out clean.
Turn out on a wire rack and leave to cool. Dry overnight in the oven at 100 °C.
Kersie en pekaneut karringmelkbeskuit
(Etresia van Zyl)

1 kg bruismeel (of 1 kg meel en 30ml bakpoeier)
10 ml (2 t) bakpoeier
10 ml (2 t) sout
500 g margarien
1 blik (385 g) kondensmelk
125 ml (½ k) bruinsuiker
500 ml (2 k) karringmelk/amasi
100 g rooi kersies, gekap
100 g pekanneute, gekap

Verhit die oond tot 190 ° C. Smeer ‘n groot vierkantige oondpan met margarien of spuit met kossproei.
Sif die meel, bakpoeier en sout in ‘n groot bak en vryf die margarien in.
Meng die kondensmelk, bruinsuiker en karringmelk.
Meng die droë en nat bestanddele met ‘n houtlepel.
Voeg die kersies en neute en druk die mengsel in die voorbereide pan. Bak vir 50 minute of tot goudbruin en ‘n toetspen in die middel skoon uitkom.
Keer uit op ‘n draadrak en laat afkoel. Droë oornag in die oond by 100 ° C

Beskuit panne

Beskuit panne

Beskuitpanne – Indien jy nie het nie, gaan loer gerus by die verskaffer se adres – sover ek weet doen hulle posbestellings : http://www.pannemerwe.com/ OF : http://www.bidorbuy.co.za/item/77073167/RUSK_PANS.html

One thought on “Beskuit

Comment here!

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s