
Karringmelk Beskuit
Deirdre Muller
Karringmelk Beskuit
(Genoeg vir 2 beskuitpanne met drukkertjie/of oondpan)
2 kg bruismeel
15ml bakpoeier
5ml sout
2 kop suiker
5 kop karringmelk of amasi
3 eiers
500gr to bake botter,
1 kop klapper
2 kop oats (opsioneel)
Meng al die droee bestandele – Smelt botter, voeg amasi by en dan die eiers, meng goed deur – voeg by meel mengsel – meng goed en knie liggies – deel jou beslag in 2 en druk in panne – Bak so ongeveer – 1 uur by 180 grade tot gaar As jy konveksieoond het, onthou om jou beskuitpanne te draai. As jy dit gewoonweg bak, rol in bolletjies en bak in oond/beskuit panne. Breek en droog.
Wenk:, ek draai my beskuit so 3 keer in die ronde in die uur wat ek dit bak – ek het gevind dan bak die beskuit eweredig. Maak net seker jou dikte is ooral

Nutty Wheat Gesondheidsbeskuit
Zelda Barnard
Nutty Wheat Gesondheidsbeskuit
Maak resep 2x aan as jy beskuitpanne gebruik. Is genoeg vir jou 2 panne
1 kg nutty wheat
1en half tot 2 kop suiker
2 tl sout
8tl bakpoeier
250gr to bake botter
1 kop olie
1 eier
1 en half kop amazi
Ek gooi ook sommer ‘n 250gr pakkie rosyne ook in
Vryf botter in Nuttywheat, voeg by sout, suiker en bakpoeier
Meng amazi, eier en olie en gooi by
Meng goed
Druk in pan en bak vir 45min by 180 grade
Sny en droog uit
Moenie skrik nie, die nutty wheat beskuit se beslag is baie bros. Dit is nie nat klam beslag nie.

Cherry pecan buttermilk rusks
CHERRY PECAN BUTTERMILK RUSKS
(Etresia van Zyl)
1 kg self-raising flour
10 ml (2 t) baking powder
10 ml (2 t) salt
500 g margarine
1 can (385 g) condensed milk
125 ml (½ c) brown sugar
500 ml (2 c) buttermilk
100 g red cherries, chopped
100 g pecan nuts, chopped
Preheat the oven to 190 °C. Grease a large rectangular roasting pan with margarine or nonstick spray.
Sift together the flour, baking powder and salt in a large bowl and rub in the margarine.
Mix the condensed milk, brown sugar and buttermilk.
Mix the dry and wet ingredients with a wooden spoon.
Add the cherries and nuts and press the mixture into the prepared roasting pan. Bake for 50 minutes or until golden and a skewer inserted in the middle comes out clean.
Turn out on a wire rack and leave to cool. Dry overnight in the oven at 100 °C.
Kersie en pekaneut karringmelkbeskuit
(Etresia van Zyl)
1 kg bruismeel (of 1 kg meel en 30ml bakpoeier)
10 ml (2 t) bakpoeier
10 ml (2 t) sout
500 g margarien
1 blik (385 g) kondensmelk
125 ml (½ k) bruinsuiker
500 ml (2 k) karringmelk/amasi
100 g rooi kersies, gekap
100 g pekanneute, gekap
Verhit die oond tot 190 ° C. Smeer ‘n groot vierkantige oondpan met margarien of spuit met kossproei.
Sif die meel, bakpoeier en sout in ‘n groot bak en vryf die margarien in.
Meng die kondensmelk, bruinsuiker en karringmelk.
Meng die droë en nat bestanddele met ‘n houtlepel.
Voeg die kersies en neute en druk die mengsel in die voorbereide pan. Bak vir 50 minute of tot goudbruin en ‘n toetspen in die middel skoon uitkom.
Keer uit op ‘n draadrak en laat afkoel. Droë oornag in die oond by 100 ° C

Beskuit panne
Beskuitpanne – Indien jy nie het nie, gaan loer gerus by die verskaffer se adres – sover ek weet doen hulle posbestellings : http://www.pannemerwe.com/ OF : http://www.bidorbuy.co.za/item/77073167/RUSK_PANS.html
Like this:
Like Loading...
You must be logged in to post a comment.