
Gemmerkoekies – Foto Huiskok
Gemmerkoekies
(Tannie Babs Schutte)
Bestanddele
375 g Margarien
2 k Suiker
2 eiers
½ k Goue Stroop
5 k Koekmeel
1 t Sout
2 t Koeksoda
2 t fyn Gemmer
2 t kaneel
2 t fyn naeltjies
Metode
Voeg suiker by margarien en room deeglik. Voeg geklitste eiers en stroop by.Sif meel, kruie en koeksoda saam. Meng goed, mengsel is ‘n bietjie sag. Verkoel die mengsel. Rol balletjies in suiker. Bak vir 12 tot 1 5 minute in ‘n matige oond.

Melting Moments – Foto eatlove.com.au
MELTING MOMENTS
Julz van der Merwe
250g margarine at room temperature
½ cup icing sugar, sifted
½ cup cornflour
½ tsp vanilla essence
.2 cups flour
extra icing sugar for sifting over biscuits
Preheat oven to 180°C Cream margarine with icing sugar and cornflour Beat in essence Add flour and mix until it becomes a soft paste-like mixture Scoop the mixture into a large piping bag fitted with a star nozzle Pipe finger lengths onto a baking sheet Bake for +/-15 minutes or until the edges appear lightly browned Remove tray from oven and place on damp tea towel for 10 minutes Lift off biscuits with a spatula When cold, sandwich with buttercream Sift icing sugar over and place in paper cups to serve

Oats Koekies – Foto annanaresepte.wordpress
OATS KOEKIES
2 k meel
4 k oats
2 k klapper
2 k suiker
250 g margarien
3 t stroop
2 t koeksoda
Smelt botter & stroop (moenie kook nie net smelt)Voeg koeksoda by. Meng die droeë bestanddele saam. Gooi stroop by droë bestanddele.
Gooi in ‘n oondpan en druk vas. Bak vir ± 10 – 15 min teen 180° C. Haal uit en sny dadelik.
WIELIE WALIE KOEKIES
1 kop meel
1/4kop vlapoeier
1/2 kop botter
1/4 kop versiersuiker
Meng alles – vorm koekies en bak by 200grade tot
gaar

Vlakoekies – foto Rooi Rose
VLAKOEKIES
125gr botter
100ml versiersuiker
50ml vlapoeier
Meng al bo-genoemde
Voeg by:
250ml meel
1ml vaniljie
Druk plat in bakplaat
Bak vir 20min by 180 gaar. Sny in blokkies

Soetkoekies
Annika Heymans
5 koppies koekmeel
440ml suiker
250g margarien
5 eiers
5ml koeksoda
25ml bakpoeier
2ml sout
Klits botter en suiker tot romerig. Voeg eiers by en
klits goed. Sif droë bestanddele saam en voeg by eiermengsel. Knie liggies tot
‘n deeg. . Laat staan in yskas vir so half uur. As jy vind jou deeg is bietjie
klam, gooi so bietjie meel by tot lekker stywe deeg is.
Rol deeg baie dun uit en druk vorms uit. Bak by 190
grade C tot ligbruin. So ongeveer 8 na 10 min of tot mooi ligbruin

SOETKOEKIES met GEMENGDE SPESERYE en KANEEL
Rencia Odendaal Pretorius
Ek maak die gewone soetkoekie resep, maar voeg by:
1 teelepel (so 5 na 7ml) GEMENGDE SPESERYE
5 koppies koekmeel
440ml suiker
250g margarien
5 eiers
5ml koeksoda
25ml bakpoeier
2ml sout
Kaneel en of Nutmeg om bo-oor te strooi
Klits botter en suiker tot romerig. Voeg eiers by en
klits goed. Sif droë bestanddele saam en voeg by eiermengsel. Knie liggies tot
‘n deeg. Laat staan in yskas vir so half uur. As jy vind jou deeg is bietjie
klam, gooi so bietjie meel by tot lekker stywe deeg is.
Rol deeg baie dun uit en druk vorms uit. Strooi
bietjie Kaneel of Nutmeg oor. Bak by 190 grade C tot ligbruin. So ongeveer 8 na
10 min of tot mooi ligbruin

Druppels (kleinkoekkies) (foto regs bo in die hoek)
Ant Flora Niekerk van Petrusville, Noord-Kaap
4 kop. koekmeel, 1 t. sout, 2 t. koeksoda, 2 t. fyn neutmuskaat, 2 kop. suiker, 2 eiers, 375 g. margarien en appelkooskonfyt.
Klits eiers, voeg suiker by, +margarien by, dan droë bestanddele, maak aan met bietjie water. Vorm balletjies, plaas in kolwyntjiepanne, maak holtetjie in middel met vinger, skep holte vol met appelkooskonfyt. Bak 180 grade tot goudbruin, ongeveer 12 minute – hou maar eerste
panne dop.
-

Botterkoekies – boerekos.com
BOTTERKOEKIES
boerekos.com
250 g sagte botter (270 ml)
130 g versiersuiker (250 ml)
280 g koekmeelblom (500 ml)
5 ml sout
METODE:
1. Klop die botter totdat dit lig en romerig is.
2. Sif die droë bestanddele saam.
3. Voeg die droë bestanddele by die botter en klop
dit totdat dit glad en romerig is. Voeg nog ʼn bietjie koekmeelblom by indien
die deeg te slap is. – Rol uit
4. Vorm met ʼn koekiemaker sterkoekies en plaas op n
gesmeerde bakplaat.
5. Bak dit 15 minute lank in n voorverhitte oond by
180ºC (350ºF).
Wenk:
Die een punt van die koekie kan in gesmelte
sjokolade gedoop word of met n glanskersie versier word.

Klapper Koekies
250gr botter
250ml suiker
2 eiers
860 ml bruismeel
250ml droe klapper
1 ml sout
Room botter en suiker, voeg eiers een vir een by en meng goed na elke byvoeging. Voeg klapper by. Meng meel en sout en voeg by bottermengsel. Meng goed. Die deegmengsel is redelik bros, so druk dit stelselmatig in die wors vorm wat jy moet maak.
Deel mengsel in 2 – rol in 2 worse van so 5 cm in deersnee. Maak toe met gladwrap en plaas in yskas vir tenminste ‘n uur.
Sny deegrol in snye van so 1 cm dikte (5mm) en bak op gesmeerde bakplaat vir 15 min by 190 grade C
Sjokolade-klapperkoekies (Romany creams)
Deur: http://www.landbou.com/leefstyl/resepte/tyd-vir-n-koekie
Jare gelede het ’n leser vir my haar resep vir Romany Cream-koekies gestuur. Ek het dit al so baie gebak, die resep oorgeskryf en uitgedeel en variasies daarvan gemaak, dat ek glad nie meer weet waar die oorspronklike resep is om erkenning aan die eienaar te gee nie.
375 g sagte botter
375 ml suiker
750 ml bruismeel (of 750ml meel en 22.5ml bakpoeier)
500 ml klapper
500 ml graanvlokkies, (kellogs) baie fyn gemaak in ’n voedselverwerker of met koekroller
125 ml kakao, gesif
125 ml kookwater
150 g melksjokolade, gekap
Voorverhit die oond tot 180 °C en voer ’n paar bakplate met bakpapier uit. Spuit liggies met kleefwerende kossproei. Verroom die botter en suiker goed tot lig en romerig. Voeg die meel, klapper en fyn graanvlokkies by en meng. Maak die kakao en kookwater aan tot ’n gladde pasta en voeg dit by die meelmengsel. Meng baie goed (gebruik sommer jou hande hiervoor, dit werk beter as ’n houtlepel). Rol die deeg in ewe groot balletjies en pak op die bakplate.
Druk elkeen plat met ’n vurk en bak vir 10-12 minute. Haal uit die oond en laat op die bakplate ferm word voor jy dit na ’n draadrak verskuif om heeltemal af te koel.
Sodra die koekies kamertemperatuur bereik het, smelt die sjokolade oor lae hitte tot glad en plak twee koekies daarmee op mekaar vas.
Laat hard word en bêre in ’n lugdigte houer. Lewer 60 koekies.
Like this:
Like Loading...
You must be logged in to post a comment.