Tag Archive | stroop

Tuisgemaakte stroop


homemadegoldensyrup

Tuisgemaakte gouestroop:

6 x 250 ml suiker,

750 ml koue water,

15 ml kremetart.

Meng suiker,kremetart en die helfte van die water in kastrol. Roer oor lae hitte totdat suiker opgelos is. Kook oor matige hitte tot stroop ligbruin van kleur is, sowat 15-20 min. Voeg die res van die water stadig by. Verwyder van hitte en gooi in gesterliseerde flesse. Verseël dadelik.

 

 

 

Oats-crunchies/Hawermout Koekies


Oats-crunchies-photo-hisheartbeatforwomen.jpg

Oats-crunchies-photo-hisheartbeatforwomen.jpg

Oats-crunchies/Hawermout Koekies

Cindy Meiburg 4 cups jungle oats, 3 cups coconut, 1 cup cake flour, 1,5 cups sugar, half a teaspoon salt all mixed together. Dissolve 1 cup butter or margarine with 3 tablespoons golden syrup (I use honey). Mix 2 teaspoons bicarbonate of soda with 4 tablespoons of milk. Mix all together. Press into a large baking sheet. Flatten with a rolling pin. Bake about 15 minutes at 350F. Lekker.

Marietjie Jardim

Hawermout koekies. Bestanddele:
2 kop hawemout
1 kop klapper
3/4 kop suiker
1 kop koekmeel
1/2 teel koeksoda
1/4 teel sout
2 eetlepel stroop
1/2 kop botter/margerine
Metode:
Smelt botter en stroop. Meng al die droë bestanddele saam. Voeg gesmelte botter mengsel by droë bestanddele en werk deeglik deur. Druk ongeveer 1cm dik in n gesmeerde bakplaat. Bak 15-20 min in oond van 190 grade C. Sny in blokkies terwyl nog warm. Laat afkoel tot koud voor jy dit uit pan verwyder

Petro Scheepers

375ml suiker. 125g botter. 30ml stroop. 500ml hawermout. 500ml klapper. 250ml ongesifte koekmeel. 1ml sot. 1eier geklits. 10ml koeksoda. Voorverhit oond 180C. Smeer rolkoekpan +/- 40x30x2cm. Smelt suiker, botter en stroop in groot kastrol oor lae hitte. Meng hawermout, klapper,koekmeel en sout in mengbak.
Laat suikermengsel bietjie afkoel roer dan die eier en koeksoda vinnig by, voeg meelmengsel by sodra koeksoda begin skuim, meng goed.
Druk krummels met spaan in pan vas. Bak 20 min tot goudbruin. Haal uit sny dadelik terwyn nog warm is in blokkies van 5cm of vinger koekies. Blokkies moet in pan afkoel. Ek gebruik my plat beskuitpan wat sommer klaar bekuitjies merk voor in pan gaan. Het dit baie gemaak heerlik ook vir koekverkoping n groot treffer!! (Beste v wenresepte – Annette Human)

Smoothies / Vrugteskommels


smoothies

Sjokolade en piesang smoothie

1 tot 2 piesangs

1 eetl sjokolade stroop

1 kop melk

2ml vanilje

4 blokkies ys (gebreek)

Meng alles tot glad in ‘n menger

Voeg gebreekte stukkies ys by en bedien dadelik

*

Bessie en joghurt smoothie

125gr bessies bv aarbei of bloubessies

175gr ongegeurde joghurt of vanilje joghurt

10ml heuning

125ml lemoensal

Meng alles tot glad in menger en bedien dadelik.

*

 Wortel en Joghurt Smoothie

2 medium geelwortels, geskil

1 appel, geskil en ontkern

150 ml gewone joghurt

12,5 ml strooisuiker

300 ml melk

paar blokkies ys

Sny die wortel en appel in groterige stukkies. Plaas al die bestanddele in ‘n “smoothie

maker” en versap totdat dit glad is.

Dien yskoud in lang glase op en versier met ‘n dun wortelskyfie.

*

Mango en klapper smoothie (Tuis Febr 2006)

250g vars mango, geskil en in blokkies gesny

1 piesang

15ml klapper

250ml joghurt

150ml melk of vrugtesap van jou keuse

Versap alles tot glad en sit dadelik voor. Maak 1 liter

*

 Tropical smoothie

125ml perske sap

1 medium papino

1 piesang geskil

125ml natuurlike jogurt

125ml kondensmelk

125-250ml ysblokkies

In Smoothie Masjien vir 15-30 sekondes

 *

Piesang/heuning en appel smoothie (Tuis Febr 2006)

2 ryp piesangs, gehalveer

300ml joghurt

30ml heuning

2 appels, geskil en gerasper

30ml grondboontjiebotter

400ml laevetmelk

Versap alles saam en bedien dadelik. Maak 1,2 liter.

 *

 Bloubessie en aarbei smoothie.

125g vars of bevrore bloubessies,

125g vars of bevrore aarbeie,

250ml ongegeurde yoghurt,

12 ysblokkies,

20ml heuning.

Plaas alles in n voedselverwerker en pols tot gladde mengsel

*

Sjokolade smoothie:

200ml sjokolade roomys,

250ml melk,

1piesang,

45ml klaarbereide sjokolade sous,

45 ml moutmelkpoeier,

ekstra sjok sous vir versiering.

Verwerk roomys,melk,piesang,sjoksous en melkpoeier in voedsel verwerker tot glad.

Giet in glase rond af met sjoksous sit dadelik voor. 1-2 mense.

 *

Tropiese mango smoothie

250ml vars of geblikte mangos geskil en gesny,

125ml pynappelsap,

1piesang gesny,

3ml vars gemmer,

10ml suurlemoensap,

3 ysblokkies gebreek.

Verwerk als in voedselverwerker tot glad. 1-2 mense.

 *

Sonskyn smoothie

1 papaja geskil en gesny,

250ml vanilje-jogurt,

60ml vars lemoensag

60ml koringkiem (opt),

3 ysblokkies.

Verwerk alles tot glad giet in glase. 1-2 mense.

*

Aarbei Smoothie Resep

300 ml vetvrye melk
18 aarbeie, gehalveer
30 ml heuning
5 ysblokkies
Gooi al die bestanddele in jou smoothie-masjien. Verwerk tot glad

 *

Cappucino Smoothie

250 ml Nestlé Ideal Evaporated Milk

½ can Nestlé Treat – Caramel

15 ml (1 Tbsp) Nescafé Classic Coffee

125 ml ice cubes

2 – 4 scoops Nestlé Ice Cream Country Fresh – vanilla, optional

Nestlé Cocoa powder for sprinkling

Combine all ingredients, except Cocoa, in the Kenwood Smoothie Machine and process for 30 sec. Pour into serving glasses and sprinkle with Cocoa. Serve immediately.

*

Creamy pure Banana smoothie

2 bananas, peeled and cut

75ml natural yogurt

150ml pineapple juice

Blend all together and enjoy.

 *

Creamy black banana smoothie

1 banana, peeled and cut

2 heaped tbsp blackcurrants

75ml natural yogurt

150ml apple juice

Blend together and enjoy.

*

Feel good smoothie

Any fruit of your choice, cut into pieces

1tsp honey/maple syrup

crushed ice

150ml low fat/skim milk

75ml yogurt of your choice

handful of bran

Blend together and enjoy

Baklava


baklava

 

BAKLAVA
– Boerekos Resepte
Geskryf deur: jpetro
Skep vir jou genoegsame skoon ruimte om jou baklava voor te berei.. Botter jou bakplaat +- 50 x 30 cm , baie goed!!!
Bestanddele:
6 velle filodeeg – goed ontvries (onthou filodeeg droog baie vinnig uit hou dus jou lae dig toe met skoon klam vadoeke tot jy dit gebruik, hou toe dwarsdeur proses soos jy benodig)
Vulsel:
4 Kop gekapte gemengde neute van jou keuse
Vulsel 2:
¼ kop suiker
1 tl pypkaneel
3 tl suurlemoensap
¼ tl nutmeg
Stroop:
1 ½ kop water
1/3 kop heuning
1 ½ kop suiker
¼ kop bruin suiker
1 tl suurlemoensap
*Genoeg gesmelte botter om lae goed te verf
Voorverhit oond na 160 °C.
So gemaak:
1. Plaas een vel deeg in die bak(hou ander velle mooi toe) en smeer met die gesmelte botter, herhaal die proses tot jy drie lae voltooi het
2. Voeg nou jou neutmengsel bo-oor die 3de laag, verprei eweredig, druk effe plat , Meng nou, vulsel 2 se bestanddele alles saam in bak, sprei nou eweredig bo oor die gekapte neute.
3. Plaas nou die ander drie lae velle bo-oor neute, onthou om dit een vir een te plaas, goed te botter tussen in lae. Smeer die laaste lag bo met gesmelte botter
4. Sny die baklava in die grootte vierkante wat jy verkies,
5. Bak vir 25 minute by 160 °C. Verhoog die temperatuur tot 200 °C en bak verder vir 15 minute tot goudbruin.
Terwyl die baklava bak berei die stroop voor
Voeg die water, heuning, suiker, bruin suiker, suurlemoensapalles saam
in ’n kastrol en bring dit tot kookpunt , roer aanhoudend. Kontroleer die hitte en laat die stroop vir 10 min aanhoudend borrel terwyl jy bly roer.. Laat effe afkoel.
Verwyder baklava sodra baktyd verby is,giet die stroop onmiddelik bo-oor. Laat heeltemal afkoel .

 

Baklava (About.com)
Use walnuts, pecans, or other nuts in this delicious baklava.
Ingredients:
• 1 pound frozen phyllo sheets
• 1 cup melted butter
• 2 cups finely chopped walnuts or blanched almonds
• 1/2 cup sugar
• 1/2 teaspoon ground cinnamon
• 3/4 cup sugar
• 3/4 cup honey
• 1 cup water
• 1 tablespoon lemon juice
Preparation:
Directions for baklava 
Thaw phyllo pastry and separate sheets according to package directions. Keep pastry not being used covered with clean damp dish towel to keep it from drying out. Place half of pastry sheets in a greased 15x10x1-inch baking pan, one by one, brushing each sheet quickly and all over with melted butter. Combine nuts, 1/2 cup sugar, and cinnamon; sprinkle over buttered pastry. Place remaining sheets on top, brushing each with melted butter. Cut baklava pastry into 2-inch diamonds. Bake at 400° until brown and crisp, about 30 to 35 minutes. Meanwhile, in a saucepan, combine remaining 3/4 cup sugar, honey, 1 cup water, and lemon juice; bring to a boil. Boil baklava syrup for about 20 minutes, stirring occasionally, until syrupy. Cool and pour over baklava.

Crunchies


Crunchies - Foto Huletts Sugar

Crunchies – Foto Huletts Sugar

Crunshies

250g botter

50ml gouestroop

10ml koeksoda

250ml koekmeelblom

250ml witsuiker

500ml hawermout

250ml klapper

knypie sout

Smelt die botter en gouestroop. Voeg die koeksoda by en meng. Meng die droë bestanddele en roer dit in by botttermengsel. Druk dit met ‘n spaan in rolkoekpan van ongeveer 40x27cm. Bak dit ongeveer 20 minute tot goudbruin by 160C. Laat dit effens afkoel. Sny in vierkante van 5×5 cm.  Lewer ongeveer 40 koekies.

Suurlemoen en lemoenstroop


Foto: Unknown

Foto: Unknown

SUURLEMOENSTROOP:

Rencia Odendaal Pretorius
12 suurlemoene uitgedruk (so 750ml)
Skil van 2/4 suurlemoene gerasper
2.5 kg suiker
2 l water
1 pakkie van elk: citric acid, tartaric acid, engelse sout.
Bring tot kookpunt en bottel

LEMOEN-EN-SUURLEMOEN-STROOP
8 sappige lemoene
4 sappige suurlemoene
1.5liter kookwater
1.2kg wit suiker
15ml wynsteen of sitroensuur

Rasper net die oranje en geel buiteskil van die lemoene en suurlemoene dun af. Moet nie die albedo ook rasper nie aangesien dit die stroop bitter sal laat smaak. Druk die sap van die lemoene en suurlemoene uit en voeg dit by die gerasperde skil. Voeg die res van die bestanddele by en roer tot die suiker opgelos is. Verhit die mengsel tot kookpunt en kook dit vir 5 minute lank. Laat die stroop afkoel, syg dit deur en bottel en verseël dit.
OM TE SKINK:
Skink dit in lang glase, na smaak verdun met soda of yswater, met ‘n paar ysblokkies.

 

Koekies


Karamel Koekies

Karamel Koekies

Karamel Koekies
DEUR: Radio Namakwaland
Smelt saam: 200 gr margarine, 1 blik karamel kondensmelk, 1 pak versiersuiker (500gr) en knippie sout. Roer goed deur en haal van stoof. Roer by: 2 pakkies gekrummelde Mariekoekies. Skep in gesmeerde plat glasbak,vol, sprinkel met gekapte neute as jy wil, druk gelyk en sit in yskas tot gestol. Sny in blokkies, bere in lugdigte houer.

Vrugte Koekies- Bron onbekend

Vrugte Koekies- Bron onbekend

Vrugte Klapperblokkies
DEUR: Radio Namakwaland

Smelt saam in kastrol; 125 gr botter, 1 blik
kondensmelk, 100 gr wit sjokolade en knippie sout. Haal van hitte af en roer
by; 1 pakkie, grof gekapte eat-sum-mor koekies, 1 en halwe k klapper, 1 kop
vrugtekoek mengsel en halwe k gekapte cherries. Meng goed deur en skep in
gesmeerde, plat bak. Maak gelyk bo-op en gooi vlg versiersel oor: meng saam: 3
k versiersuiker, 3 E suurlemoensap en 1 E kookwater. Smeer gelyk en laat stol.
Sny in blokkies.

Oats Neute Stafies

Oats Neute Stafies

Oats Neute Stafies
Deur: Radio Namakwaland
Oond 180 gr C. Meng saam: 250 ml gesmelte botter en 250 ml heuning. Voeg vlg droee bestandele by: 750 ml rou oats, 750 ml volkoring of , 1 k sonneblomsaad, 1 k klapper en kwart t sout. Meng bestandele goed deur en skep in gesmeerde, met bakpapier gevoerde bakplaat. Bak vir 35 minute en koel af, haal versigtig met bakpapier uit en sny in stafies.

Kondensmelk Sjokolade Koekies

Kondensmelk Sjokolade Koekies

Kondensmelk Sjokolade Koekies
Deur: Radio Namakwaland
Oond 180 gr C. Room saam: 125 gr margarine en 40 ml suiker. Klits 125 ml kondensmelk. Voeg 375 ml bruismeel en kwart t sout by. Rasper 100 gr blok sjokolade by en meng deur. Rol balletjies en pak in gesmeerde plat pan. Druk met vurk plat en bak 15-20 minute.

Ongebakte Peanut Blokkies

Ongebakte Peanut Blokkies

Ongebakte Peanut Blokkies
Deur: Radio Namakwaland
Spuit ‘n bakplaat met kossproei. Smelt 1 k peanutbotter, 2 E botter, 1 k bruinsuiker, 1k stroop saam oor lae hitte. Haal van stoof af en roer deur. Voeg 1 k peanuts en sultanas-mengsel en 4 k fyner gerolde post toasties by. Roer goed deur en druk in pan. Verkoel tot stewig en sny in blokkies.