Tag Archive | yoghurt

Joghurt koek


Joghurt vanilla koek
Deur: http://www.pomanmeals.com/vanilla-yogurt-cake/
• 1 cup butter – softened
• 2 cups white sugar –
• 3 eggs –
• 1 tablespoon vanilla extract –
• 2 ¼ cups all purpose flour –
• ½ teaspoon baking soda (koeksoda)
• ¼ teaspoon salt –
• 240 ml vanilla yogurt –
• ¼ cup powdered sugar (versiersuiker)
instructions:
• Preheat oven to 180 C. butter a 10 inch bundt pan. dust the pan lightly with flour.
• In a small bowl, blend together the flour, baking soda and salt. set aside.
• In a large bowl, cream together the butter and sugar until well blended.
• Beat in the eggs one at a time, then stir in the vanilla extract.
• Blend in the vanilla yogurt.
• Gradually mix in the flour mixture until just incorporated. be careful not to overmix.
• Pour batter into the prepared bundt pan.
• Bake in the preheated oven for 45 – 50 minutes, or until a toothpick inserted into the center of the cake comes out clean. once cooled, turn out onto a plate and dust with powdered sugar.
• Adapted slightly from allrecipes.

Advertisement

Souttert,quiche


IMG_7854 - Copy

ASPERSIETERT
Kors:
1Kop meel
125gr margarien (kamer temperatuur)
1 klein blikkie roommielies (215gr)
Sout
Vryf botter met vingerpunte in meel in. Meng alles en smeer in ‘n tertbord
Vulsel:
2 groot ui gekap en gebraai
250gr spek gesnipper en gebraai
1Kop kaas
2ml sout
2 eiers geklits
1 kop suurroom of yogurt
1 Blik Aspersies(gedreineer)
1 Teel suiker

Sout en peper na smaak
Meng alles,
Gooi in kors en bak 45min by 180 C

My aanpassings: Ek het bygevoeg, 3 repies spek,  nie 250gr spek, +/- 150gr ham blokkies, 1 ekstra eier en ook so 1/4 koppie melk. Ek het myne gebak vir ongeveer 50 minute.

Ek het ook net 1 klein houertjie yoghurt ingegooi – ipv ‘n koppie

Die resep gaan net so goed werk sonder die kors. Dit sal kan deurgaan as korslose tert ook.

IMG_7850 - Copy - Copy

Die smeerkors

IMG_7851 - Copy - Copy

Versier jou tert mooi met kersie tamaties, paprika en droe pietersielie

Hierdie resep is genoeg vir 4 mense

IMG_9387

Basiese souttert

Hier is my souttert wat ek Vrydagaand gemaak het saam met ‘n mengelslaai en kapokaartappels. (Ek het hier 1 blik boeliebeef, halwe kop rou gekapte spek en halwe kop ham blokkies gebruik)

Ek het vir julle ‘n basiese resep gaan uitwerk vir ENIGE souttert – en dan kan jy net die byvoegsels doen met ENIGE vleis wat jy wil gebruik:

BASIESE RESEP VIR SOUTTERT

4 eiers
2 koppies gerasperde kaas
1 ui gekap
1 eetl pietersielie (vars) (of 2 tl gedroog)
2 eetl meel
1 tl mosterdpoeier (jy kan ook jou klaar aangemaakte mosterd gebruik)
Sout en peper
300ml melk

VOEG NOU BY:
2 koppies vleis
Hier kan jy dit opmaak met ENIGE VLEIS – bv boeliebeef, spek, ham blokkies, viennas gesnipper, enige koue vleis wat jy in blokkies gesny het, gevolkte hoender, polonie, gevlokte vis bv hake,

Jy kan ook gekapte 3 kleure rissies of sampioene byvoeg. Dit kan ongeveer so halwe koppie wees.
Meng melk en eiers
Meng al die ander bestandele saam. Gooi die melk en eier mengsel by die vleismengsel. Roer liggies deur. Gooi in gespuite oondbak.
Sprinkel bietjie rooipeper of paprika bo-oor

Bak vir 30/40 min by 180 grade C of tot gestol en goudbruin.

 

Smoothies / Vrugteskommels


smoothies

Sjokolade en piesang smoothie

1 tot 2 piesangs

1 eetl sjokolade stroop

1 kop melk

2ml vanilje

4 blokkies ys (gebreek)

Meng alles tot glad in ‘n menger

Voeg gebreekte stukkies ys by en bedien dadelik

*

Bessie en joghurt smoothie

125gr bessies bv aarbei of bloubessies

175gr ongegeurde joghurt of vanilje joghurt

10ml heuning

125ml lemoensal

Meng alles tot glad in menger en bedien dadelik.

*

 Wortel en Joghurt Smoothie

2 medium geelwortels, geskil

1 appel, geskil en ontkern

150 ml gewone joghurt

12,5 ml strooisuiker

300 ml melk

paar blokkies ys

Sny die wortel en appel in groterige stukkies. Plaas al die bestanddele in ‘n “smoothie

maker” en versap totdat dit glad is.

Dien yskoud in lang glase op en versier met ‘n dun wortelskyfie.

*

Mango en klapper smoothie (Tuis Febr 2006)

250g vars mango, geskil en in blokkies gesny

1 piesang

15ml klapper

250ml joghurt

150ml melk of vrugtesap van jou keuse

Versap alles tot glad en sit dadelik voor. Maak 1 liter

*

 Tropical smoothie

125ml perske sap

1 medium papino

1 piesang geskil

125ml natuurlike jogurt

125ml kondensmelk

125-250ml ysblokkies

In Smoothie Masjien vir 15-30 sekondes

 *

Piesang/heuning en appel smoothie (Tuis Febr 2006)

2 ryp piesangs, gehalveer

300ml joghurt

30ml heuning

2 appels, geskil en gerasper

30ml grondboontjiebotter

400ml laevetmelk

Versap alles saam en bedien dadelik. Maak 1,2 liter.

 *

 Bloubessie en aarbei smoothie.

125g vars of bevrore bloubessies,

125g vars of bevrore aarbeie,

250ml ongegeurde yoghurt,

12 ysblokkies,

20ml heuning.

Plaas alles in n voedselverwerker en pols tot gladde mengsel

*

Sjokolade smoothie:

200ml sjokolade roomys,

250ml melk,

1piesang,

45ml klaarbereide sjokolade sous,

45 ml moutmelkpoeier,

ekstra sjok sous vir versiering.

Verwerk roomys,melk,piesang,sjoksous en melkpoeier in voedsel verwerker tot glad.

Giet in glase rond af met sjoksous sit dadelik voor. 1-2 mense.

 *

Tropiese mango smoothie

250ml vars of geblikte mangos geskil en gesny,

125ml pynappelsap,

1piesang gesny,

3ml vars gemmer,

10ml suurlemoensap,

3 ysblokkies gebreek.

Verwerk als in voedselverwerker tot glad. 1-2 mense.

 *

Sonskyn smoothie

1 papaja geskil en gesny,

250ml vanilje-jogurt,

60ml vars lemoensag

60ml koringkiem (opt),

3 ysblokkies.

Verwerk alles tot glad giet in glase. 1-2 mense.

*

Aarbei Smoothie Resep

300 ml vetvrye melk
18 aarbeie, gehalveer
30 ml heuning
5 ysblokkies
Gooi al die bestanddele in jou smoothie-masjien. Verwerk tot glad

 *

Cappucino Smoothie

250 ml Nestlé Ideal Evaporated Milk

½ can Nestlé Treat – Caramel

15 ml (1 Tbsp) Nescafé Classic Coffee

125 ml ice cubes

2 – 4 scoops Nestlé Ice Cream Country Fresh – vanilla, optional

Nestlé Cocoa powder for sprinkling

Combine all ingredients, except Cocoa, in the Kenwood Smoothie Machine and process for 30 sec. Pour into serving glasses and sprinkle with Cocoa. Serve immediately.

*

Creamy pure Banana smoothie

2 bananas, peeled and cut

75ml natural yogurt

150ml pineapple juice

Blend all together and enjoy.

 *

Creamy black banana smoothie

1 banana, peeled and cut

2 heaped tbsp blackcurrants

75ml natural yogurt

150ml apple juice

Blend together and enjoy.

*

Feel good smoothie

Any fruit of your choice, cut into pieces

1tsp honey/maple syrup

crushed ice

150ml low fat/skim milk

75ml yogurt of your choice

handful of bran

Blend together and enjoy

Joghurt Roomys Resepte


Aarbei Joghurt Roomys- bron onbekend

Aarbei Joghurt Roomys- bron onbekend

Strawberry Yoghurt Ice Cream

(No Ice Cream Maker needed)

Ingredients :

Fresh Strawberries

1 cup yoghurt

1 cup whipping cream

sugar to taste

Directions :

Put all the ingredients on Food Processor and process until smooth. Cool in the refrigeratorfor 2 hours.

 Jogurt Roomys

1 groot houer jogurt  (1 liter) (aarbei geur)

1 blik kondensmelk,

1 sakkie orley whip of room wat styf geklop is)

Stukkies fyngekapte aarbeie

Meng alles en vries.

DIE RESEP WERK NET SO LEKKER MET DIE GRENADILLA JOGHURT EK GOOI NET 1 BLIKKIE GRENADILLA PULP BY OM EKSTRA GEUR TE GEE

Jogurt Roomys

 

Francil Maritz
1 groot houer jogurt (1 lt) – 1 blik kondensmelk, 1 sakkie orley whip of room wat styf geklop is) Meng alles en vries.
Ek gebruik 1 blikkie grenadilla pulp – gooi bo-oor en gebruik jou teelepel se agterkant en trek net prentjies in die beslag

Joghurt tert


berrie kaaskoek
Ancoise Strydom

Jogurt en kondensmelktert

Iemand het die lekker tert geplaas dink Tert met n Twist, maar nie seker by wie ek die resep gesien het nie.

1 liter  aarbei joghurt
I blikkie blou bessies gedreineer
2 flakes ingekrummel
1 blikkie kondensmelk

Als gemeng en in my bespuite silikon ring koekpan gesit.
Toe maak ek n pakkie marie beskuitjues fyn en meng 80 ml gesmelte botter daarby en druk dit liggies op die mengsel vas . Bak 4 minute in mikrogolf oond.
Plaas in yskas en laat stol minstens 5 ure .
Versier met nog n flake en bietjie bloubessies

Baie dankie: Lizette van Sittert-Senekal vir jou lekker resep

Het so pas die gouste en maklikste  resep gekry en gemaak!

JOGHURT TERT

Net 3 bestanddele:
1blikkie kondensmelk
1 liter yoghurt van jou keuse
1pakkie Tennis beskuitjies
Maak beskuitjies fyn en voeg net genoeg botter by om kors te maak. (ongeveer 100gr gesmelte botter) Druk vas teen jou tertbak se kante
Meng kondensmelk en yoghurt. Plaas in mikrogolf vir 4 min. Verkoel in yskas en versier soos verkies.

Joghurt tert

Joghurt tert

 

Ria M Van ZylWelken
Kaaskoek van jogurt:
1 houer vars room

1 houer aarbei joghurt 500gr

1 pakkie aarby jellie

1 blik kondenseerde melk

pakkie tennisbeskuit.

Klop room styf gooi aarbei joghurt by. Maak jellie aan met 1 kop kookwater en laat afkoel. Gooi kondenseerde melk by meng goed en gooi in bak waar tennisbeskuitjies gepak is. Laat goed koud word in yskas.

”n Paar lede se insette:

Ancelin Mouton de Boer

Ek sit altyd n pakkie jellie in gemeng met die helfte water dan is dit nie nodig om te mikrogolf. dit set baie gou.

Gerrie Smith Knipe Ek gebruik griekse jogurt en bak 20 minute by 180. Proe soos kaastert.

Ina Heyns Wat ook lekker is, is om dieselfde kleur jellie aan te maak en net voor dit stol oor die vrugte te gooi. Laat jellie dan heeltemal stol en sny dan tert.

Charmaine Knipe Wessels

Dir is baie lekker – ek maak myne met ideal melk wat oornag in die yskas was. Dit is nie so soet soos kondensmelk nie

Estelle Strydom As jy ‘n pakkie jellie (dieselfde geur as jou jogurt) aangemaak met een koppie kookwater by sit en die jogurt verminder na 750 ml dan hoef jy dit nie in die mikrogolf te plaas nie

Thea Van Rensburg Moet ten minste 5 uur in yskas kom voor dit geeet word. Laat myne sommer oornag in yskas.

Martie Ellis Ek sit nie margarien  by my krummels nie en gebruik n plein yogurt met bietjie suurlemoensap in en hou n lepel onderste bo as jy dit op koekies gooi stadig dan bly koekies onder en het al n groot een gemaak en sommer in baie warm oond gedruk vir 4 min en dan laat afkoel en in yskas vir +-4ure

 “Strawberry Melktert”

2Koppies jogurt – geur van jou keuse
1Pakkie jellie – dieselfde geur as die jogurt
1Blikkie Kondensmelk
125 ml kookwater.
Tennisbeskuitjies (ek het sommer mariebeskuitjies gebruik wat ek fyn gemaak het en met bietjie gesmelte botter mee gemeng het en die bak met dit uitgedruk en in die yskas geplaas en gelos tot ek die ander bestandelle klaar gemeng het)

Maak die jellie aan met die water, meng dan kondensmelk en jogurt saam met die jellie. Pak dan lagie tennisbeskuitjies in bak en gooi mengsel bo-oor die tennisbeskuitjies.

Sit dan net in yskas en hy is gestol dieselfde dag. Gereed om te eet.

(Note: My ma het vir my gesê ek kan probeer ook van lagie beskuitjies, dan lagie vulsel, lagie beskuitjies, lagie vulsel, ens. tot vulsel op is.)

Ria van Niekerk

JOGURT TERT
2 pakke tennis beskuitjies
500ml vars room
1 blik kondensmelk
500ml yogurt
1 pakkie jelly selfde geur as yogurt
1/2 kop kookwater
Maak jelly aan met water
Klop room styf
Klop yogurt, jelly en kondensmelk goed
Vou geklopte room in yogurt mengsel
Pak laag beskuitjies
Gooi mengsel oor
Krummel bietjie beskuitjies bo oor
Plaas in yskas tot gestol.

JOGHURT TERT

1 pakkie Tenniskoekies
125ml gesmelte botter
Meng saam en druk vas in tertbord.
Plaas vir 10 minute in yskas.
Vulsel:
Half koppie kondensmelk
500ml natuurlike joghurt
38ml vars suurlemoensap
15ml gelatien
Metode:
Meng kondensmelk, joghurt en suurlemoensap saam. Week gelatien in 15ml lou warm water, roer tot goed opgelos. Gooi stadig by joghurtmengsel terwyl heeltyd klits. Gooi mengsel in tertkors en plaas in yskas om te stol. Versier voor opdiening met roomrosies en ingelegde perskeskyfies of enige ander vrugte.