Tag Archive | yskaskoek

Melktert – Karamel


 

 

Karamel-melktert

Komplimente : HUISGENOOT

Genoeg vir 10-12 mense
Bereidingstyd: 20 minute
Gaarmaaktyd: 15 minute
Afkoeltyd: oornag

250 g Tennis-koekies, fyn gedruk
200 g botter, gesmelt
1,5 L (6 k) melk
200 g suiker
3 eiers
100 g meel
100 g mieliemeelblom (maizena)
10 ml (2 t) vanielje-ekstrak
50 g botter
Ekstra 250 ml (1 k) melk
1 boksie (90 g) karamel-kitspoeding
250 ml (1 k) room
1 blik (360 g) karamelkondensmelk
1 blok (90 g) melksjokolade

1. Meng die koekies met die gesmelte botter en druk dit in die bodem van ’n diep, vierkantige 30 cm-bak vas. Laat koel af tot benodig.
2. Verhit 1 L (4 k) van die melk met die suiker 10 minute in ’n groot mikrogolfbestande bak.
3. Klits die eiers, oorblywende 500 ml (2 k) melk, meel, mieliemeelblom en vanielje-ekstrak in ’n ander bak tot glad.
4. Meng die meelmengsel met die warm melk en mikrogolf 12 minute terwyl jy elke 2 minute roer tot die mengsel dik is. Klits die botter in en laat afkoel.
5. Klits die ekstra melk en kitspoeding saam. Klits die room in ’n ander bak tot sagte pieke vorm en vou dit by die kitspoeding in.
6. Wanneer die vla afgekoel het, begin met die lae. Giet die vla oor die afgekoelde koekielaag, maak die karamelkondensmelk oor die vla glad en voeg dan die kitspoedingmengsel by. Rasper die sjokolade oor en verkoel oornag.

 

melktert karamel

Advertisement

Grondboontjiebotter yskastert


peanut butter pie

GRONDBOONTJIEBOTTER YSKASKOEK

1 Pakkie tennisbeskuitjies fyngerol en 100gr gesmelte botter vir jou kors. Druk in terpan vas
250gr roomkaas
1 Kop grondboontjie botter
½ Kop suiker
1 teel vanilla geursel
250 ml room
Ekstra room (styfgeklop) sjokolade snysels en sjokolade sous vir versiering
Met ‘n klitser, meng die roomkaas en suiker tot glad. Meng in die grondboontjiebotter en vanilla geursel in. Vou in die styfgeklopte room. Skep in die tertkors . Plaas in yskas vir tenminste 4 ure. Net voor opdiening, versier met ekstra styfgeklopte room, sjokolade stroop en sjokolade snysels. Bewaar in die yskas

Deur:http://www.keyingredient.com/

http://thegardeningcook.com/no-bake-peanut-butter-pie/

Banoffees pie


Banofees Pie Foto; Onbekend

Foto: Onbekend

BANOFFEES PIE
Ingredients
Base:
100g butter, melted
250g digestive biscuits (tennis biscuits)
Filling:
100g butter
100g dark brown soft sugar
397g can Condensed Milk
Topping:
4 small bananas
300ml cream, lightly whipped
grated chocolate
You will also need:

1.To make the base, process the biscuits until crushed. Stir in the melted butter. Press the mixture into the base and 4cm (1½”) up the sides of the tin. Chill the base while you make the filling.
2.To make the filling: place the butter and sugar into a non-stick saucepan over a low heat, stirring until the butter melts and the sugar dissolves. Add the condensed milk and bring gently to the boil, stirring continuously. When the caramel has started to boil, remove from the heat and pour over the biscuit base. Cool, and then leave to chill for about 1 hour, until firm.
3.To serve, remove the pie from the tin and place on a serving plate. Slice the bananas, fold half of them into the softly whipped cream and spoon over the caramel base. Decorate with the remaining bananas and finish with the grated chocolate. 

Joghurt tert


berrie kaaskoek
Ancoise Strydom

Jogurt en kondensmelktert

Iemand het die lekker tert geplaas dink Tert met n Twist, maar nie seker by wie ek die resep gesien het nie.

1 liter  aarbei joghurt
I blikkie blou bessies gedreineer
2 flakes ingekrummel
1 blikkie kondensmelk

Als gemeng en in my bespuite silikon ring koekpan gesit.
Toe maak ek n pakkie marie beskuitjues fyn en meng 80 ml gesmelte botter daarby en druk dit liggies op die mengsel vas . Bak 4 minute in mikrogolf oond.
Plaas in yskas en laat stol minstens 5 ure .
Versier met nog n flake en bietjie bloubessies

Baie dankie: Lizette van Sittert-Senekal vir jou lekker resep

Het so pas die gouste en maklikste  resep gekry en gemaak!

JOGHURT TERT

Net 3 bestanddele:
1blikkie kondensmelk
1 liter yoghurt van jou keuse
1pakkie Tennis beskuitjies
Maak beskuitjies fyn en voeg net genoeg botter by om kors te maak. (ongeveer 100gr gesmelte botter) Druk vas teen jou tertbak se kante
Meng kondensmelk en yoghurt. Plaas in mikrogolf vir 4 min. Verkoel in yskas en versier soos verkies.

Joghurt tert

Joghurt tert

 

Ria M Van ZylWelken
Kaaskoek van jogurt:
1 houer vars room

1 houer aarbei joghurt 500gr

1 pakkie aarby jellie

1 blik kondenseerde melk

pakkie tennisbeskuit.

Klop room styf gooi aarbei joghurt by. Maak jellie aan met 1 kop kookwater en laat afkoel. Gooi kondenseerde melk by meng goed en gooi in bak waar tennisbeskuitjies gepak is. Laat goed koud word in yskas.

”n Paar lede se insette:

Ancelin Mouton de Boer

Ek sit altyd n pakkie jellie in gemeng met die helfte water dan is dit nie nodig om te mikrogolf. dit set baie gou.

Gerrie Smith Knipe Ek gebruik griekse jogurt en bak 20 minute by 180. Proe soos kaastert.

Ina Heyns Wat ook lekker is, is om dieselfde kleur jellie aan te maak en net voor dit stol oor die vrugte te gooi. Laat jellie dan heeltemal stol en sny dan tert.

Charmaine Knipe Wessels

Dir is baie lekker – ek maak myne met ideal melk wat oornag in die yskas was. Dit is nie so soet soos kondensmelk nie

Estelle Strydom As jy ‘n pakkie jellie (dieselfde geur as jou jogurt) aangemaak met een koppie kookwater by sit en die jogurt verminder na 750 ml dan hoef jy dit nie in die mikrogolf te plaas nie

Thea Van Rensburg Moet ten minste 5 uur in yskas kom voor dit geeet word. Laat myne sommer oornag in yskas.

Martie Ellis Ek sit nie margarien  by my krummels nie en gebruik n plein yogurt met bietjie suurlemoensap in en hou n lepel onderste bo as jy dit op koekies gooi stadig dan bly koekies onder en het al n groot een gemaak en sommer in baie warm oond gedruk vir 4 min en dan laat afkoel en in yskas vir +-4ure

 “Strawberry Melktert”

2Koppies jogurt – geur van jou keuse
1Pakkie jellie – dieselfde geur as die jogurt
1Blikkie Kondensmelk
125 ml kookwater.
Tennisbeskuitjies (ek het sommer mariebeskuitjies gebruik wat ek fyn gemaak het en met bietjie gesmelte botter mee gemeng het en die bak met dit uitgedruk en in die yskas geplaas en gelos tot ek die ander bestandelle klaar gemeng het)

Maak die jellie aan met die water, meng dan kondensmelk en jogurt saam met die jellie. Pak dan lagie tennisbeskuitjies in bak en gooi mengsel bo-oor die tennisbeskuitjies.

Sit dan net in yskas en hy is gestol dieselfde dag. Gereed om te eet.

(Note: My ma het vir my gesê ek kan probeer ook van lagie beskuitjies, dan lagie vulsel, lagie beskuitjies, lagie vulsel, ens. tot vulsel op is.)

Ria van Niekerk

JOGURT TERT
2 pakke tennis beskuitjies
500ml vars room
1 blik kondensmelk
500ml yogurt
1 pakkie jelly selfde geur as yogurt
1/2 kop kookwater
Maak jelly aan met water
Klop room styf
Klop yogurt, jelly en kondensmelk goed
Vou geklopte room in yogurt mengsel
Pak laag beskuitjies
Gooi mengsel oor
Krummel bietjie beskuitjies bo oor
Plaas in yskas tot gestol.

JOGHURT TERT

1 pakkie Tenniskoekies
125ml gesmelte botter
Meng saam en druk vas in tertbord.
Plaas vir 10 minute in yskas.
Vulsel:
Half koppie kondensmelk
500ml natuurlike joghurt
38ml vars suurlemoensap
15ml gelatien
Metode:
Meng kondensmelk, joghurt en suurlemoensap saam. Week gelatien in 15ml lou warm water, roer tot goed opgelos. Gooi stadig by joghurtmengsel terwyl heeltyd klits. Gooi mengsel in tertkors en plaas in yskas om te stol. Versier voor opdiening met roomrosies en ingelegde perskeskyfies of enige ander vrugte.