Jogurt en kondensmelktert
Iemand het die lekker tert geplaas dink Tert met n Twist, maar nie seker by wie ek die resep gesien het nie.
1 liter aarbei joghurt
I blikkie blou bessies gedreineer
2 flakes ingekrummel
1 blikkie kondensmelk
Als gemeng en in my bespuite silikon ring koekpan gesit.
Toe maak ek n pakkie marie beskuitjues fyn en meng 80 ml gesmelte botter daarby en druk dit liggies op die mengsel vas . Bak 4 minute in mikrogolf oond.
Plaas in yskas en laat stol minstens 5 ure .
Versier met nog n flake en bietjie bloubessies
Baie dankie: Lizette van Sittert-Senekal vir jou lekker resep
Het so pas die gouste en maklikste resep gekry en gemaak!
JOGHURT TERT
Net 3 bestanddele:
1blikkie kondensmelk
1 liter yoghurt van jou keuse
1pakkie Tennis beskuitjies
Maak beskuitjies fyn en voeg net genoeg botter by om kors te maak. (ongeveer 100gr gesmelte botter) Druk vas teen jou tertbak se kante
Meng kondensmelk en yoghurt. Plaas in mikrogolf vir 4 min. Verkoel in yskas en versier soos verkies.
Ria M Van ZylWelken
Kaaskoek van jogurt:
1 houer vars room
1 houer aarbei joghurt 500gr
1 pakkie aarby jellie
1 blik kondenseerde melk
pakkie tennisbeskuit.
Klop room styf gooi aarbei joghurt by. Maak jellie aan met 1 kop kookwater en laat afkoel. Gooi kondenseerde melk by meng goed en gooi in bak waar tennisbeskuitjies gepak is. Laat goed koud word in yskas.
”n Paar lede se insette:
Ek sit altyd n pakkie jellie in gemeng met die helfte water dan is dit nie nodig om te mikrogolf. dit set baie gou.
Gerrie Smith Knipe Ek gebruik griekse jogurt en bak 20 minute by 180. Proe soos kaastert.
Ina Heyns Wat ook lekker is, is om dieselfde kleur jellie aan te maak en net voor dit stol oor die vrugte te gooi. Laat jellie dan heeltemal stol en sny dan tert.
Dir is baie lekker – ek maak myne met ideal melk wat oornag in die yskas was. Dit is nie so soet soos kondensmelk nie
Estelle Strydom As jy ‘n pakkie jellie (dieselfde geur as jou jogurt) aangemaak met een koppie kookwater by sit en die jogurt verminder na 750 ml dan hoef jy dit nie in die mikrogolf te plaas nie
Thea Van Rensburg Moet ten minste 5 uur in yskas kom voor dit geeet word. Laat myne sommer oornag in yskas.
Martie Ellis Ek sit nie margarien by my krummels nie en gebruik n plein yogurt met bietjie suurlemoensap in en hou n lepel onderste bo as jy dit op koekies gooi stadig dan bly koekies onder en het al n groot een gemaak en sommer in baie warm oond gedruk vir 4 min en dan laat afkoel en in yskas vir +-4ure
“Strawberry Melktert”
2Koppies jogurt – geur van jou keuse
1Pakkie jellie – dieselfde geur as die jogurt
1Blikkie Kondensmelk
125 ml kookwater.
Tennisbeskuitjies (ek het sommer mariebeskuitjies gebruik wat ek fyn gemaak het en met bietjie gesmelte botter mee gemeng het en die bak met dit uitgedruk en in die yskas geplaas en gelos tot ek die ander bestandelle klaar gemeng het)
Maak die jellie aan met die water, meng dan kondensmelk en jogurt saam met die jellie. Pak dan lagie tennisbeskuitjies in bak en gooi mengsel bo-oor die tennisbeskuitjies.
Sit dan net in yskas en hy is gestol dieselfde dag. Gereed om te eet.
(Note: My ma het vir my gesê ek kan probeer ook van lagie beskuitjies, dan lagie vulsel, lagie beskuitjies, lagie vulsel, ens. tot vulsel op is.)
JOGURT TERT
2 pakke tennis beskuitjies
500ml vars room
1 blik kondensmelk
500ml yogurt
1 pakkie jelly selfde geur as yogurt
1/2 kop kookwater
Maak jelly aan met water
Klop room styf
Klop yogurt, jelly en kondensmelk goed
Vou geklopte room in yogurt mengsel
Pak laag beskuitjies
Gooi mengsel oor
Krummel bietjie beskuitjies bo oor
Plaas in yskas tot gestol.
JOGHURT TERT
1 pakkie Tenniskoekies
125ml gesmelte botter
Meng saam en druk vas in tertbord.
Plaas vir 10 minute in yskas.
Vulsel:
Half koppie kondensmelk
500ml natuurlike joghurt
38ml vars suurlemoensap
15ml gelatien
Metode:
Meng kondensmelk, joghurt en suurlemoensap saam. Week gelatien in 15ml lou warm water, roer tot goed opgelos. Gooi stadig by joghurtmengsel terwyl heeltyd klits. Gooi mengsel in tertkors en plaas in yskas om te stol. Versier voor opdiening met roomrosies en ingelegde perskeskyfies of enige ander vrugte.
You must be logged in to post a comment.