
MELKTERT MET SMEERKORS
Melktert met smeerkors
Kors :
1 ekstra groot eiers
125 ml botter / margarien
25 ml suiker
2 ml vanielje geursel
125 ml koekmeelblom
7 ml bakpoeier
knippie sout
Skei die eier, verroom die botter / margarien, suiker, vanielje en eiergeel saam. Sif die koekmeel, bakpoeier en sout saam bo-oor en meng. Klits die eierwit tot styf en vou by mengsel in. Smeer die mengsel op die boom en kante van `n tertbord met `n volume van 3 liter of drie foelie tertbakkies.
Vulsel:
125 ml koekmeelblom
125 ml mielieblom (Maizena)
Knippie sout
1,5 liter melk
5 ekstragroot eiers
160 – 180 ml suiker (na smaak)
15 ml botter / margarien
5 ml vanielje geursel
Kaneel
Metode:
Meng die koekmeel, mielieblom (Maizena), en sout met `n bietjie van die melk, skei die eiers en voeg die eiergele by die meelmengsel. Verhit die res van die melk tot kookpunt en voeg die suiker en botter / margarien by. Roer `n bietjie van die warm melkmengsel by die eiermengsel en roer dit dan by die res van die melkmengsel. Roer die vulsel oor matige hitte totdat dit kook en gaar is. Haal van die stoof af en roer die vanielje by. Klits die eierwitte tot styf en vou in die melkpap in. Giet die vulsel in die rou kors/e en sif `n bietjie kaneel bo-op. Bak die tert/e 30 – 40 minute by 180°C tot goudbruin. Laat dit `n rukkie staan voor dit gesny word.

Ma Charlet se melkterkors
MA CHARLET SE MELKTERT
SMEERKORS: (Die kors bak jy vooraf. Dit kan ook in die kas gebere word- toegedraai met gladwrap tot jy dit benodig)
1 ½ kop meel
2 tl bakpoeier
1 eier
125ml botter (kamertemperatuur)
½ kop suiker
½ tl sout
Klop botter suiker tot room, voeg eier by. Voeg meel, bakpoeier en sout by en meng tot gladde mengsel.
Deel in 4
Smeer 4 foil tertbakke met mengsel – as jy van dikker deeg hou, slegs 3 terbakke
Die deeg is baie sag. Sit die deeg, reeds gedeel in 4 in die yskas vir so 5 minute, dan smeer dit makliker
Prik met vurk die smeerkors
Oond by 180C – bak vir 7 tot 10 minute – laat afkoel
MELKTERT MENGSEL
3 kop volroommelk (nie boks melk nie- die mengsel stol nie)
1 eetl meel
2 eetl maizina
4 eetl suiker
2 eiers (geskei)
1 eetl botter
1 tl vanilje essence
Bring 2 ½ kop melk tot kookpunt
Meng suiker, meel, maizina en sout. Voeg ½ kop melk by en die 2 eiergele – meng goed. Gooi bietjie warm melk by, roer deur en gooi by warm melk.
Kook tot dit dik is.
Haal van stoof af, voeg by 1 eetl botter en vanilje essence
Klits eierwitte tot stywe punte en met ‘n vurk vou die eierwitte liggies in by die melkmengsel. Moenie die eierwitte heeltemal wegroer in die mengsel nie, dit moet nog lig en fluffy wees.
Gooi in tertbak en sprinkel jou kaneel oor.
Laat afkoel en bedien
Die melktertmengsel is genoeg vir 2 tertbakke – gelyk vol, of 1 hoogvol met ‘n bietjie in die bak om uit te eet !!!
‘LAZY HOUSEWIFE’ MELKTERT
Kreatiewe Mammas
Kors: Voer twee tertborde uit met Marie / Tennis beskuitjies
Vulsel: 1 blik kondensmelk
1 liter melk
2 eiers – geskei
1 teelepel vanilla
2 eetlepels botter
100 mℓ mielieblom (maizena)
30 mℓ vlapoeier
sout
Kook kondensmelk en melk saam.
Maak “maizena” & vlapoeier aan met bietjie melk.
Voeg eiergele by. Klits!
Voeg sout by en roer in melkmengsel. Kook tot gaar. Haal van stoof af.
Vou botter, styfgeklitste eiewit en vanilla in.
Gooi in twee “tertkorse”. Strooi kaneel bo-oor, Sit in yskas
KLAPPER EN VLA TERT
1 (9 duim – 23cm) ongebakte tertkors
1 blikkie kondensmelk
1 ¼ koppies warm water (gebruik net kraanwater. Dit moet nie te warm wees nie)
¼ teelepel sout
1 teelepel vanieljegeursel
3 eiers, geklits
Neutmuskaat of kaneel vir bo-op
1 koppie klapper (opsioneel)
In ‘n bak klits die melk, water, sout en vanieljegeursel. Klits die eiers goed en voeg by melkmengsel en meng tot gladde mengsel.Voeg klapper by indien verkies. Gooi in tertbak. Strooi neutmuskaat bo-op. Bak in voorverhitte oond 220C grade vir 10 minute, verlaag die hitte tot 180C en bak vir 50 minute tot middel geset is.. Haal uit die oond, koel af tot kamertemperatuur en bedien met geklopte room bo-op. Bewaar in die yskas
MELKTERT
Anita Marsili Booysen
Kors:
125 ml olie
125 melk
1 eier.
Knippie sout.
Meng bg bestanddele saam en roer by 250 ml Bruismeel (of 250 koekmeel en 1 t bakpoeier)
Dis ‘n slap deeg wat jy in jou tertbord smeer. Bak dan by 180 grade tot begin bruin word.
Vulsel:
Kook 3 en half koppies melk saam met 3 eetl margarien.
Klits 3 eiers, 2.5 eetl koekmeel, 2.5 eetl maizena en 1 koppie suiker en 1 t vanilla saam tot lig en romerig.
(Ek vervang partykeer 1eetl maizena met vlapoeier om die beslag ‚n geler kleur te gee, vernaam as die eiers so bleek is!) Wanneer melk net begin kook voeg jy bietjie melk by eiermengsel terwyl jy vinnig roer en dan die hele eiermengsel by die res van die kookmelk. Roer vinnig tot dik en glad. Gooi in gaar kors en strooi kaneelsuiker oor!
Alta Joubert
Beremensel vir MELKTERT :
1 kg bruismeel. 1 pak (500g) mielieblom. 800g volroommelkpoeier. 1 kg suiker. 15ml sout. 250g magarien gerasper. Metode: Meng al die droe bestanddele goed saam in n groot mengbak. Voeg die magarien by en vryf met jou vingerpunte in tot die mengsel soos broodkrummels lyk. Skep in lugdigte houers en bewaar in die yskas. (Lewer 20 x 250ml beremengel). . Beremengsel Melktert: 375ml beremengsel. 750ml warm water. 3 ekstra groot eiers (geskei). paar
druppels amandelgeursel. 3 stukke pypkaneel. Kaneelsuiker om bo-op te strooi.
Metode:
Voorverhit die oond 190•C
Spuit n oondvaste 24cm tertbord met kleefwerende middel. Voeg die warm water by die beremengsel en meng tot klontvry. Voeg eiergele, n paar druppels amanderlgeursel en die pypkaneel by. Verhit oor matige hitte tot kookpunt en tot wanneer die mengsel verdik. Roer gedurig. Verwyder van die hitte, laat effens afkoel en verwyder die pypkaneel. Klits eierwitte tot dit sagte punte vorm en vou by die mengsel in. Giet in die voorbereide tertbord en bak sowat 25 minute of tot die tert gaar en effens bruin van bo is. (Die tert is gaar wanneer die mengsel gestol het. Dit word egter nog stywer wanneer dit afkoel en sal ook n bietjie terugsak in die tertbord.) Sprinkel kaneelsuiker oor. ( Lewer n middelslagtert).

MELKTERT ROLLETJIES
Program: Oggend op RSG
Porsies: 40
www.my-easy-cooking.com
BESTANDDELE
1 blikkie kondensmelk
3 blikkies water (gebruik kondensmelkblikkie )
15 ml botter
2 stokkies kaneel
4 eiers, geskei
1 ekstra eierwit, effens geroer (vir gebruik tydens die maak van die rolletjies)
125 ml mielieblom
1 vanieljepeul, oopgesny (skraap die sade uit en hou die peul eenkant) (Kan ook 1 tl vanilje geursel gebruik)
1 x 400 g pakkie springroll-velletjies
olie vir diepbraai
kaneelsuiker
METODE
Vulsel
Bring die kondensmelk, water, botter, vanieljesade en peul tot kookpunt terwyl jy voortdurend roer. (Jy kan dit ook in die mikrogolf doen vir 8 minute op 100% krag)
Meng die eiergele, mielieblom en ‘n bietjie water – maak seker daar is nie klonte in nie.
Wanneer die melkmengsel amper kook, voeg ‘n bietjie van die warm melk by die eiermengsel en roer.
Voeg dan die eiermengsel by die melkmengsel op die stoof. (In mikrogolf: Meng die twee mengsels en kook vir 4 minute. Roer elke minuut)
Klits die eierwitte tot witpiek-stadium en vou dit in die vla.
Laat die mengsel afkoel.
Rolletjies
Plaas ‘n springroll-velletjie op ‘n plat oppervlak.
Borsel al die kante van die velletjie met die eierwit.
Plaas ‘n opgehoopte teelepel melktertmengsel op die velletjie by die punt naaste aan jou. Vou die kante in en rol dit soos ‘n sigaar.
Maak jou vinger voortdurend nat en gom die kante daarmee toe sodat daar nie gaatjies is waar die melktertmengsel kan uitloop nie.
Verhit die olie tot baie warm* en braai die rolletjies, 5 op ‘n slag, tot goudbruin.
Verwyder uit die olie en rol dit dadelik in die kaneelsuiker.
BAIE BELANGRIK – maak seker dat die olie baie warm is. Dit rolletjies moet baie vinnig braai want sodra die vulsel aan die binnekant begin kook, sal die rolletjies oopbreek en ‘n groot gemors maak.
Like this:
Like Loading...
You must be logged in to post a comment.