Tag Archive | kors

Souttert,quiche


IMG_7854 - Copy

ASPERSIETERT
Kors:
1Kop meel
125gr margarien (kamer temperatuur)
1 klein blikkie roommielies (215gr)
Sout
Vryf botter met vingerpunte in meel in. Meng alles en smeer in ‘n tertbord
Vulsel:
2 groot ui gekap en gebraai
250gr spek gesnipper en gebraai
1Kop kaas
2ml sout
2 eiers geklits
1 kop suurroom of yogurt
1 Blik Aspersies(gedreineer)
1 Teel suiker

Sout en peper na smaak
Meng alles,
Gooi in kors en bak 45min by 180 C

My aanpassings: Ek het bygevoeg, 3 repies spek,  nie 250gr spek, +/- 150gr ham blokkies, 1 ekstra eier en ook so 1/4 koppie melk. Ek het myne gebak vir ongeveer 50 minute.

Ek het ook net 1 klein houertjie yoghurt ingegooi – ipv ‘n koppie

Die resep gaan net so goed werk sonder die kors. Dit sal kan deurgaan as korslose tert ook.

IMG_7850 - Copy - Copy

Die smeerkors

IMG_7851 - Copy - Copy

Versier jou tert mooi met kersie tamaties, paprika en droe pietersielie

Hierdie resep is genoeg vir 4 mense

IMG_9387

Basiese souttert

Hier is my souttert wat ek Vrydagaand gemaak het saam met ‘n mengelslaai en kapokaartappels. (Ek het hier 1 blik boeliebeef, halwe kop rou gekapte spek en halwe kop ham blokkies gebruik)

Ek het vir julle ‘n basiese resep gaan uitwerk vir ENIGE souttert – en dan kan jy net die byvoegsels doen met ENIGE vleis wat jy wil gebruik:

BASIESE RESEP VIR SOUTTERT

4 eiers
2 koppies gerasperde kaas
1 ui gekap
1 eetl pietersielie (vars) (of 2 tl gedroog)
2 eetl meel
1 tl mosterdpoeier (jy kan ook jou klaar aangemaakte mosterd gebruik)
Sout en peper
300ml melk

VOEG NOU BY:
2 koppies vleis
Hier kan jy dit opmaak met ENIGE VLEIS – bv boeliebeef, spek, ham blokkies, viennas gesnipper, enige koue vleis wat jy in blokkies gesny het, gevolkte hoender, polonie, gevlokte vis bv hake,

Jy kan ook gekapte 3 kleure rissies of sampioene byvoeg. Dit kan ongeveer so halwe koppie wees.
Meng melk en eiers
Meng al die ander bestandele saam. Gooi die melk en eier mengsel by die vleismengsel. Roer liggies deur. Gooi in gespuite oondbak.
Sprinkel bietjie rooipeper of paprika bo-oor

Bak vir 30/40 min by 180 grade C of tot gestol en goudbruin.

 

Advertisement