Tag Archive | pie

Hoenderpastei met slap degie


IMG_8385

My hoenderpastei met slap degie (Rens)

Gevlokte hoender (dit was so om en by 5 dye)
1 groot ui gekap
1 kop veggie mix
1 pakkie chicken a la king (of 1 pakkie sampioensop of room hoendersop)
1 na 1 en halwe kop melk
Knoffel vlokkies, sout en peper na smaak

Braai uie en voeg gevlokte hoender by
Gooi in die veggie mix, speserye en die chicken a la king of soppoeier aangemaak met melk
Prut tot dik en groente sag is. Indien te dik voeg nog melk by.

Gooi in gesmeerde bak.

Maak die slap degie aan en gooi bo-oor hoendermengsel
125 ml olie
125ml melk
190 ml bruismeel (of 190ml meel met 5 ml bakpoeier)
1 eier
Meng tot slapdeeg – gooi bo-oor pastei en bak in oond by 180 grade vir ongeveer 20/25/30 min tot gaar en goudbruin

Ek het dit bedien saam met kapokaartappels, sout boontjies en soetpampoen

Opsioneel: Jy kan sampioene, peppers en spek ook byvoeg

Souttert,quiche


IMG_7854 - Copy

ASPERSIETERT
Kors:
1Kop meel
125gr margarien (kamer temperatuur)
1 klein blikkie roommielies (215gr)
Sout
Vryf botter met vingerpunte in meel in. Meng alles en smeer in ‘n tertbord
Vulsel:
2 groot ui gekap en gebraai
250gr spek gesnipper en gebraai
1Kop kaas
2ml sout
2 eiers geklits
1 kop suurroom of yogurt
1 Blik Aspersies(gedreineer)
1 Teel suiker

Sout en peper na smaak
Meng alles,
Gooi in kors en bak 45min by 180 C

My aanpassings: Ek het bygevoeg, 3 repies spek,  nie 250gr spek, +/- 150gr ham blokkies, 1 ekstra eier en ook so 1/4 koppie melk. Ek het myne gebak vir ongeveer 50 minute.

Ek het ook net 1 klein houertjie yoghurt ingegooi – ipv ‘n koppie

Die resep gaan net so goed werk sonder die kors. Dit sal kan deurgaan as korslose tert ook.

IMG_7850 - Copy - Copy

Die smeerkors

IMG_7851 - Copy - Copy

Versier jou tert mooi met kersie tamaties, paprika en droe pietersielie

Hierdie resep is genoeg vir 4 mense

IMG_9387

Basiese souttert

Hier is my souttert wat ek Vrydagaand gemaak het saam met ‘n mengelslaai en kapokaartappels. (Ek het hier 1 blik boeliebeef, halwe kop rou gekapte spek en halwe kop ham blokkies gebruik)

Ek het vir julle ‘n basiese resep gaan uitwerk vir ENIGE souttert – en dan kan jy net die byvoegsels doen met ENIGE vleis wat jy wil gebruik:

BASIESE RESEP VIR SOUTTERT

4 eiers
2 koppies gerasperde kaas
1 ui gekap
1 eetl pietersielie (vars) (of 2 tl gedroog)
2 eetl meel
1 tl mosterdpoeier (jy kan ook jou klaar aangemaakte mosterd gebruik)
Sout en peper
300ml melk

VOEG NOU BY:
2 koppies vleis
Hier kan jy dit opmaak met ENIGE VLEIS – bv boeliebeef, spek, ham blokkies, viennas gesnipper, enige koue vleis wat jy in blokkies gesny het, gevolkte hoender, polonie, gevlokte vis bv hake,

Jy kan ook gekapte 3 kleure rissies of sampioene byvoeg. Dit kan ongeveer so halwe koppie wees.
Meng melk en eiers
Meng al die ander bestandele saam. Gooi die melk en eier mengsel by die vleismengsel. Roer liggies deur. Gooi in gespuite oondbak.
Sprinkel bietjie rooipeper of paprika bo-oor

Bak vir 30/40 min by 180 grade C of tot gestol en goudbruin.

 

Pilchards idees


pilchards pie

PILCHARDS VISPASTEI:
1 blik pilchards in tamatiesous (grate uitgehaal en fyngemaak.
Voeg by
2 eiers
1 tl bakpoeier
½ kop brood krummels
1 eetl asyn
Meng bogenoemde alles deurmekaar, en skep in ‘n bak.

Maak nou mash volgens jou eie voorkeur met jou botter, bakpoeier sout en melk.
Sit mash bo-oor en strooi gerasperde kaas bo-oor
Bak by 180 C tot gaar en goudbruin. Sprinkel met vars gekapte pietersielie of spruituie en bedien met mengelslaai

Deur:  Whats for dinner

Deur: Whats for dinner

Eenbak Pilchards pasta gereg.
Deur: WHATS FOR DINNER
500g macaroni, gekook en gedreineer (hou eenkant)
• 15 ml sonneblomolie
• 1 ui, gesny
• 5 ml knoffel
• 5 ml gekneusde gemmer (opsioneel)
• 1 blikkie sardyne in tamatiesous, bene verwyder
• ½ bossie spinasie, skoongemaak en gekap
• 375 ml water
• 45 ml KNORR kerrie groentesop (curray vegatable soup)
• 125 ml cheddarkaas, gerasper
Instruksies
1. Verhit die oond tot 180 °
2. Braai die ui, knoffel en gemmer in ‘n pan in olie tot sag
3. Voeg die ontbeende sardyne met die tamatiesous by en laat prut vir 5 minute breek die vis ‘n bietjie met ‘n lepel
4. Meng die KNORR kerrie groentesop met ‘n bietjie water om ‘n gladde pasta te maak en roer dit in die pan saam met die spinasie en water
5. Prut tot verdik
6. Meng die gaar macaroni met die sardyne mengsel dan gooi in ‘n oondbak
7. Sprinkel met gerasperde cheddar kaas en bak in ‘n voorverhitte oond by 180C vir 15 minute

5 Minute Hawaiin tert


hawaiin tert

5 MINUTE HAWAIIN TERT
Die tert neem letterlik net ‘n paar minute om voor te berei
1 blik crushed/fyn pynappels
1 boksie vanielje instant poeding mengsel
1 houertjie suur room
1 pakkie tennisbeskuitjies fyn gemaak en gemeng met 100gr gesmelte botter (druk in terbak om kors te vorm)
1 blik pynappelskywe
8 kersies
1/2 kop klapper
1 houertjie room
In ‘n groot bak, meng fyn pynappel met sy stroop, droë poedingmengsel en suurroom, Meng tot goed gemeng. Skep in tertkors en versier bo-op met pynappelskywe, styfgeklopte room en kersies, Sprinkel met klapper.
Verkoel ten minste 2 ure voor bediening.
Deur: Bonnie Pierce Luper

Karamel tert


caramel pie

 
KARAMEL TERT
Bestanddele
1 koppie suiker
¼ koppie water
1 ¼ koppies room
250gr semi-soet sjokolade, opgesny
2 eetlepels botter of margarien
2 teelepels vanieljegeursel
1 ¾ koppies okkerneute of pekaneute , grof gekap en gerooster

1 klaar voorafbereide kors (gaar)
Of:
1 pakkie tennisbesuitjies (fyn) of 1 pakkie oreo koekies fyngekap
100gr botter gesmelt
Meng en druk vas in tertbak vir kors

Metode:
In 3-liter kastrol, verhit suiker en water op medium-hoog totdat suiker opgelos is en ligte bruin kleur gevorm het. (amber colour) Dit is ongeveer 15 minute
Intussen, mikrogolf ¾ koppie room op hoog vir 45 sekondes of tot warm. Plaas oorblywende 1/2 koppie room in yskas vir later om bo-oor te sit.
Verwyder kastrol van die hitte. Roer in warm room tot ‘n gladde karamel vorm (karamel sal styf word wanneer room bygevoeg word). Roer sjokolade en botter by tot heeltemal deurgesmelt. Roer vanieljegeursel en 1 ½ koppies neute by. Hou die ander ½ kop eenkant vir later bo-op die tert. Gooi warm sjokolade in tertkors. Laat afkoel – 1 uur op ‘n draadrakkie, dan bedek en plaas in yskas vir minstens 3 ure of tot gestol.
Net voor opdiening, klop ½ kop room styf, smeer oor tert en sprinkel orige neute oor.

Dad’s Cheese and Onion Pie


Dad's Cheese and Onion Pie - Allrecipes.co.uk

Dad’s Cheese and Onion Pie – Allrecipes.co.uk

Dad’s Cheese and Onion Pie

The secret is in the pastry! If lard is not your style then it can be substituted with butter or margarine. It is simple & delicious!
Ready in 50 mins
Saved by 31 cook(s)
Ingredients
Serves: 6
• 170g plain flour
• pinch of salt
• ¼ tsp baking powder
• 90g lard
• water to mix
• 225g finely chopped onion
• 60g grated cheese
• 2 tbsp milk
• 30g butter
• seasoning

Preparation method
Prep: 20 mins | Cook: 30 mins
1.
Place flour, salt and baking powder into a bowl. Rub in lard and mix to a stiff paste with the water.
2.
Boil the onions in a little water until tender, then strain.
3.
Roll out half the pastry and line the pie dish with it. Place in the onions. Scatter cheese on top. Season with salt and pepper. Dot over butter. Add milk.
4.
Roll out remaining pastry and fix to top of pie. Make 2 sharp cuts on top of pie. Brush over with egg. Bake in moderate oven for 20 – 25 minutes

Kwaai Braai Pie


Kwaai Braai Pie - WEG tydskrif

Kwaai Braai Pie – WEG tydskrif

WEG tydskrif

 

2 rolle skilferdeeg – ontdooi en uitgerol

1 pak spinasie of vars bossie

Gaar hoender (geflok of in blokkies)

250gr spek – 1 ui, 1 rooi en 1 geel rissie gekap en gebraai tot gaar

1 pak sampioene in skywe gesny

Fetakaas

Cheddar kaas

Mozzarella kaas

Gouda kaas

Kies so 2 verskillende kase of 3 of al 4 jou keuse

Kies jou eie speserye soos lemonpepper, rosmary and olive of sout en peper ens.

 

Vat nou jou toeknyp roorster. Spuit spray en cook op of smeer met botter.  Sit op onderste deel van die rooster die 1ste stuk skilferkors

Sit helfte van die rou spinasie op.Sit hoender op. Sit uie en spek mengsel op. Pak rou sampiene op. Gooi speserye op. Sit nou verskillende kase op

Eindig af met ander helfte van pak spinasie. Plaas ander skilferkos bo-op – knyp toe aan die kante.Verf eier of melk bo-oor en onderkant van skilferkors

Knyp rooster toe.Braai hoog op vuur tot gaar en goudbruin.

 

Hoenderpastei met romerige kaasdeeg


Hoenderpastei - Foto radioshack.co.za

Hoenderpastei – Foto radioshack.co.za

Hoenderpastei met romerige kaasdeeg
Hierdie romerige kaasdeeg kan ook vir pasteitjies en kleingebak gebruik word. Die deeg kan tot drie maande bevries word.
250ml koekmeel 2ml sout
5ml mosterdpoeier 125g koue botter
125g gladde maaskaas

Sif droë bestanddele saam. Vryf die botter met die vingerpunte in tot los en krummelrig. Voeg die maaskaas by en meng tot ‘n sagte deeg. Draai die deeg in kleef plastiek toe en verkoel ‘n paar uur.

VULSEL
675g hoenderborsies, ontvel en ontbeen 500 ml hoenderaftreksel
60g botter 150ml koekmeel
375 ml melk 45ml sjerrie
suurlemoensap sout en vars gemaalde swartpeper
30g botter 1 middelslag-ui, gekap

Plaas die vleis en aftreksel in ‘n kastrol en laat prut. Verlaag die hitte sodat die vloei stof net borrel. Bedek en laat kook tot gaar. Lig die vleis uit die vloeistof (hou eenkant om vir die witsous te gebruik) en laat effens afkoel. Sny die vleis in blokkies. Gebruik ‘n groter kastrol en smelt die botter oor medium hitte. Voeg die koekmeel by en roer terwyl dit ‘n minuut kook. Haal van die stoof af, voeg 500 ml van die hoenderaftreksel by en klop tot glad. Klop die melk in en bring oor medium hitte tot prut-punt terwyl jy aanhoudend klop. Voeg die vleis en sjerrie by en kook een minuut. Voeg die suurle-moensap en sout en peper na smaak by. Stel intussen die oond op 180°C. Verhit die  30g botter. Voeg die ui, wortels en seldery by en roerbraai sowat 5 minute.  Roer die groente by die romerige hoendervleis in. Voeg die ertjies en pietersielie by. Skep die hoender-groentemengsel in ‘n gesmeerde pasteibak. Rol deeg op ‘n meelbestrooide oppervlak uit tot 3 mm dik. Plaas bo-oor die vulsel en bak 25 tot 30 minute in die voorverhitte oond

 

Key lime pie (suurlemoentert) sonder kondensmelk


Suurloemoentert sonder kondensmelk

 

KEY LIME PIE (SUURLEMOENTERT) sonder kondenmelk

By: http://allrecipes.com/recipe/key-lime-pie-vi/detail.aspx

Ingredients
Original recipe makes 1 pie
1 cup white sugar
1/4 cup all-purpose flour
3 tablespoons cornstarch(maizina)
1/4 teaspoon salt
2 cups water
3 eggs
1 tablespoon butter
1/4 cup key lime juice (lemmetjiesap -suurlemoensap)
1 tablespoon grated lime zest
1 (9 inch) pie crust, baked
1/4 teaspoon cream of tartar
6 tablespoons white sugar

Directions
1. Preheat oven to 425 degrees F (220 degrees C).
2. Separate the eggs. Beat the egg yolks and set the whites aside.
3. Combine the 1 cup white sugar, flour, cornstarch and salt in a saucepan. Gradually stir in the water. Cook over medium heat until thickened.
4. Gradually stir the cooked sugar mixture into the beaten egg yolks, beating constantly. Return the mixture to low heat and cook, stirring constantly, for 2 minutes. Stir in the butter, lime juice and lime zest. Let mixture cool slightly.
5. Beat egg whites until light and frothy. Add the cream of tartar and continue beating until stiff peaks form. Gradually beat in the remaining 6 tablespoons white sugar and beat until the meringue is stiff and glossy.
6. Pour the lime filling into the prepared pie shell. Then pile the meringue on top, spreading it until it touches the edges of the pastry to prevent the meringue from shrinking. Bake pie at 425 degrees F (220 degrees C) for 5 to 6 minutes or until meringue top is golden brown.

EK DINK MENS SAL HIER DIE KORS KAN VERVANG MET TENNISBESKUITJIES MET BOTTER

1 pak tennisbeskuitjies (rol fyn en meng met
100ml gesmelte botter. Druk vas in tertbak.

 

Pasteie – Hamburger Vetkoekies


Hamburger vetkoekies

Pasteie-Hamburger vetkoekies

(Onbekend)
2 Klaarvoorafbereide brooddeeg – albei dun uigerol

(EK SIEN DIE LEDE SUKKEL MET DIE BROODDEEG UITROL.

Ek het gevind dit werk bietjie makliker as jy koekmeel onder op jou oppervlak strooi, bietjie met jou hande platdruk, en meel dan bo-op te strooi en dan te begin rol. Gooi paar keer meel liggies oor. Dit voel vir my of die deeg bietjie droer raak en dit makliker uitrol. Maar net my ondervinding. Ek sukkel ook baie met die deeg rollery)
Skep jou vulsel op, sit ander deeg bo-op, vorm effe vorm oor die vulsel en druk met of bierglas, glas of plastiekbakkie die pasteitjie uit. Druk net effens die kante nog toe met jou vingers. Los om rukkie te rys en bak in warm olie.

Ek sit die idee van Unique sweets op wat basies op dieselfde idee gebaseer is. Het dit so in verlede jaar op tv gesien en het na iets ander gelyk.

SOMMER NET ‘N ANDERSTE NAGEREG IDEE

(UNIQUE SWEETS BBCL)

Gewone brood deeg – Rol dit dun uit, dan sny jy dit blokkies so groot soos omtrent 10 x 10

Kry roomkaas en aarbei konfyt – heuning en vars aarbeie – 1 geblikte aarbeie (water afgegooi)

Meng die roomkaas met die geblikte aarbeie – gooi net die stroop af , dan sit jy op die een helfte v/d deeg ‘n skep van die mengsel en dan vou jy die anderkant toe en druk die kante toe met jou vingers

Maak jou olie warm soos vir vetkoek – Bak soos vetkoek waar jy die olie die heeltyd oor die deeg gooi. Draai om en herhaal tot deeg gaar is – Bedien op ‘n bord en gooi van die aarbei konfyt oor, stroop , dan vars gekapte aarbeie en dan sif jy versiersuiker of strooisuiker so bietjie oor – sit mint takkie by en bedien – Jy kan ook ipv die tertappels fyn sny – meng met bruinsuiker en stroop en kaneel en dit insit, en bo-op die vetkoek paar appels en room en versiersuiker.

Suurlemoentert (Lemon meringue)


‘n TIP OM TE ONTHOU BY JOU MERINGUE: Gooi /strooi bietjie droe maizina oor jou kondensmelkmengsel voor jy jou eierwitte opsit. Dit help dat jou eierwitte nie loskom van die tert af nie. (Rens)

lemon meringue

SUURLEMOENTERT 

Kors:
1 pak tennisbeskuitjies (rol fyn en meng met
100ml botter

Vulsel:
1 blik kondensmelk
125ml suurlemoensap
2 eiers geskei
50ml strooisuiker
Druk beskuitjies in tertbak. Gooi kondensmelk in bak en gooi suurlemoensap gelydelik by terwyl gedurig klits – tot lekker stywe pasta
Klits eiergele tot lig en sponsagtig
Meng alles
Gooi kondensmelkmengsel in kors
Bak vir 10min – laat afkoel
Klits eierwitte met strooisuiker bietjies gewys by tot lekker sponsig en punte vorm.
Sit eierwitte op tert en plaas in oond tot mooi goudbruin

 

 

SUURLEMOENMERINGUE TERT ((variasie met appeks onder in tert – indien verkies)

Kors:

1 pak tennisbeskuitjies (rol fyn en meng met

100ml botter

Vulsel:

1 blik kondensmelk

125ml suurlemoensap

2 eiers geskei

50ml strooisuiker

2 ekstra eierwitte

Druk beskuitjies in tertbak. Gooi kondensmelk in bak en gooi suurlemoensap gelydelik by terwyl gedurig klits – tot lekker stywe pasta

Klits eiergele tot lig en sponsagtig

Meng alles

Gooi kondensmelkmengsel in kors

Bak vir 10min – laat afkoel

Klits eierwitte met strooisuiker bietjies gewys by tot lekker sponsig en punte vorm.

Sit eierwitte op tert en plaas in oond tot mooi goudbruin

Opsioneel: pak gaar appels onder in bak voor suurlemoenmengsel in kors gegooi word.

 

MARLENE SE MAKLIKE SUURLEMOEN-MERINGUE TERT

Kors:
1 pak Tennisbeskuitjies
2 eetlepels botter.
Maak ‘n kors en druk vas in tertbord

Vulsel:
2 blik kondensmelk
4 eiergele
Suurlemoensap na smaak
Klits saam. Voeg suurlemoensap by na smaak.
Gooi in tertkors.
Bak vir 5 minute by 180C

Meringue:
Klits 4 eierwitte saam met 4 groot lepels suiker styf
Sit op suurlemoenvulsel
Maak oond se temperatuur laer (so 110C)
Bak in oond tot bruin.
(Groot reghoekige pyrex bak)
As jy die tert in n ronde tertbord maak, kan jy die vulsel halveer.

 

SUURLEMOENTERT
Kors
1 pakkie gemmerbeskuitjies
3 eetl botter
Smelt botter en meng met fyngedrukte beskuitjies en druk in tertbak
Vulsel
1 eetl suurlemoenskil
½ kop suurlemoensap
5 eiers
¾ kop strooisuiker
300 dik room
Meng mengsel en gooi in pasteikors. Bak in matige oond (180°C) vir 40min.28/9/11 Liz Meiring” Lekker Helena Kruger
 

SUURLEMOEN TERT:

1 pakkie lemoen jellie – opgelos in 450ml kookwater

Meng volgende tot ‘n pasta:

50ml vlapoeier

25ml maizina

5ml suiker

100ml melk

Kook nou 400ml melk tot kookpunt – voeg vla mengsel by en roer tot dik vla mengsel.

Laat afkoel

Verroom nou:

125gr botter en 250ml strooisuiker en voeg by 5ml lemoengeursel.

Meng nou die vla mengsel by die suiker mengsel in en roer goed tot gladde pasta.

Vat vierkantige bak:

Dopp nou elke beskuitjie in die jellie en pak plat in die bak. Gooi vla mengsel oor, pak weer lagie beskuitjies, gooi vla mengsel oor en gaan so aan tot alles gebruik is.

Sit in yskas – verkieslik oornag – Net voor opdiening vat 125ml room, klop styf en sit bo-op.

 

KARAMEL SUURLEMOEN TERT
Deeg:
500 g koekmeel
175 g versiersuiker
250 g botterblokkies, by kamertemperatuur
skil van een suurlemoensap, gerasper
2 klein of 1 groot eier vanieljeessens
Vulsel:
9 eiers
400 g strooisuiker
5 suurlemoene, skil van twee (gerasper)
250 ml dik room
sap van 5 suurlemoene

Sif meel en versiersuiker. Vryf botter in. Maak dammetjie in meel en voeg suurlemoenskil en vanieljesessens by. Klits eiers en gooi in dammetjie. Maak deeg aan met vingers. Draai toe in plastiek en laat rus 30 minute lank in koelkas.
Maak intussen die vulsel.
Klop eiers, suiker, sap en skil tot goed gemeng. Vou room in. Haal deeg uit koelkas, laat staan 10 minute lank en rol uit. Voer losboom-koekpan met deeg uit. Laat 1 cm oor rand hang. Voer uit met foelie en pak goed met bakkersboontjies. Bak 10 minute lank by 100 C. Verwyder foelie en bak nog 10 minute lank. Gooi koue vulsel in warm tertdop en bak 30 minute lank by 120 C.
Voor opdiening:
Stel oond op rooster. Sif 50 g versiersuiker bo-oor tert sodra dit uit oond kom. Sit terug onder die rooster vir suiker om te karamelliseer. Sit warm voor met room.

SUURLEMOEN TERT

1 blik kondensmelk
250ml suurlemoensap
3 eiers (geskei)
1 pak tennis beskuitjies fyngedruk
80 ml gesmelte botter

Men die kondensmelk suurlemoensap en die eiergele saam, maak die kors met tennis beskuitjies en die botter druk dit in n ronde oonvaste bak en gooi die kondensmelk mengsel in. Klits die eiers tot stywe punt stadium en sit dit bo op! Dit lyk baie mooi as mens n groot versier buis gebruik vir dit! Druk dit in die oond op 180 grade (voorverhit natuurlik) as jy die eierwit harder wil bak stel die oond laer en laat dit bietjie langer bak tot die eierwit bruin raak!

cupcakes suurloemoen

LEMON MERINGUE CUPCAKES
Makes 12
Ingredients
100g butter, softened
1 cup (200g) caster sugar
2 tsp finely grated lemon rind
2 eggs
1 1/2 cups (225g) self-raising flour
1/2 cup (125ml) milk
Lemon curd
1 egg, lightly whisked
50g butter
2 tsp lemon rind
1/4 cup (60ml) lemon juice
1/2 cup (100g) caster sugar
Meringue
3 egg whites
3/4 cup (155g) caster sugar
Method
1. Preheat oven to 180°C. Line twelve 1/3-cup (80ml) muffin pans with paper cases.
2. Use an electric mixer to beat the butter, sugar and lemon rind until pale and creamy. Add eggs, one at a time, beating well between each addition. Add the flour and milk, in alternate batches, and stir with a wooden spoon until just combined.
3. Spoon mixture evenly among the lined pans and smooth the surface. Bake in preheated oven for 15-20 minutes or until cooked through. Remove from oven and transfer to a wire rack to cool completely.

Suurlemoentert SONDER KONDENSMELK

By: http://allrecipes.com/recipe/key-lime-pie-vi/detail.aspx

Ingredients

Original recipe makes 1 -9 inch pieChange Servings

1 cup white sugar

1/4 cup all-purpose flour

3 tablespoons cornstarch

1/4 teaspoon salt

2 cups water

3 eggs

1 tablespoon butter

1/4 cup key lime juice

1 tablespoon grated lime zest

1 (9 inch) pie crust, baked

1/4 teaspoon cream of tartar

6 tablespoons white sugar

Directions

1. Preheat oven to 425 degrees F (220 degrees C).
2. Separate the eggs. Beat the egg yolks and set the whites aside.
3. Combine the 1 cup white sugar, flour, cornstarch and salt in a saucepan. Gradually stir in the water. Cook over medium heat until thickened.
4. Gradually stir the cooked sugar mixture into the beaten egg yolks, beating constantly. Return the mixture to low heat and cook, stirring constantly, for 2 minutes. Stir in the butter, lime juice and lime zest. Let mixture cool slightly.
5. Beat egg whites until light and frothy. Add the cream of tartar and continue beating until stiff peaks form. Gradually beat in the remaining 6 tablespoons white sugar and beat until the meringue is stiff and glossy.
6. Pour the lime filling into the prepared pie shell. Then pile the meringue on top, spreading it until it touches the edges of the pastry to prevent the meringue from shrinking. Bake pie at 425 degrees F (220 degrees C) for 5 to 6 minutes or until meringue top is golden brown.

 

Potato and Bacon Pie


Potato and Bacon Pie

Potato and Bacon Pie

Potato and Bacon Pie

By: Max Eat

Arrange the bacon slices in a circle from the center of the pie pan going out.  leave the ends hanging over the edge of pan.

On top of the bacon create a layer of over lapping potato slices.  Make sure the slices are pretty thin.  I left the skin on mine, but you can peel yours if you like.

On top of the potato layer sprinkle a bit of grated mozarella cheese and season with 1/2 a teaspoon of spice of your choice and some black pepper.  Add another layer of potatoes, cheese and seasoning and top with a final layer of potatoes.

Wrap the bacon over the potatoes and bake in the oven at 210C  for about 45-55 minutes.  The bacon should be crisp and the potatoes will

potato pie

 

Tunarol met chakalaka en mielies


Chakalaka en tuna rol

Chakalaka en tuna rol

Rencia Odendaal Pretorius

Tuna Rol met Chakalaka en mielies of Chakalaka en Botterskorsie

Bestandele:

1 blaardeeg – dun uitgerol

1 blikkie tuna chunks in water (gedreineer)

1 blikkie chakalaka with sweetcorn

1 kop kaas gerasper

1 eetl mayonaise

1 tl mosterd

1 ui gekap

 

Metode:

Vars pietersielie

Meng al die bogenoemde en smeer bo-oor die puff pastry

Rol die pastry op soos ‘n “jamroll” en seel die kante / onder mooi  anders kook jou mengsel uit.

Sit in bakplaat en vou die kante mooi onder die rol in – dit keer dat die mengsel uitkook. Maak 3 kepe bo-op rol

Verf eier of melk bo-oor en sprinkel bietjie droe pietersielie bo-oor.

Bak in oond vir 45 min by 180grade tot gaar en goudbruin.

 

Tuna rol

Tuna rol

Spekrol (Baconrol)


Spekrol

Spekrol

Bestandele:

1 blaardeeg/puff pastry – dun uitgerol

1 pak spek  gesnipper

1 x 125 g fyn gekapte sampioene

1/2 green pepper

3 tot 4 snye ham repies gesny

1 fyn gekapte ui

1 wiel  fetta kaas

 

Metode:

Braai alles tot gaar

Smeer oor blaardeeg

Gerasperde gouda, mozarella, cheddar kaas

Strooi laag cheddar, laag gouda en laag mozarella (dun lagies) rol soos rolkoek op. Sny snitte vertikaal in blaardeeg. Smeer bietjie melk of mayonaise of eier oor.  Bak vir 45 minute by 180 grade tot gaar en goudbruin.

Werk mooi met jou deeg, moenie dt dit iewers skeur nie, anders kook jou mengsel uit.

 

Ham en Kaas pastei


Ham en kaas pastei

Deeg
4 kp meelblom
4 tl bakpoeier
½ tl sout
250 g botter
Yswater
Vryf smeer in droë bestanddele in, meng met yswater tot hanteerbare deeg. Sit in yskas vir tenminste 30 minute.
Rol  DUN  uit !!!

Vulsel:

Neem stuk  ham en sny in klein blokkies. Ek het so 3 repies rou spek in stukkies gesnipper en ook so ‘n kwart ui – fyn gekap.

Maak nou ‘n DIK kaassous. Die sous moet nie…. loperig wees nie anders bak dit uit die pastei uit.

Metode:

Het 1 en half koppie koue melk in houer gegooi, so 2 hoog opgehoopte eetlepels meel  ingegooi en met my whisk gemeng.  Mikrogolf   vir so 5 min. Whisk gereeld om klonte te voorkom.  Jy gaan nou sien dit is so dik taai mengsel. Rasper klomp kaas in (ek het nie die kaas verder  gesmelt nie, dit was nog stukkies kaas – roer die kaas net deur)  sout en peper en so 1tl botter. Voeg die ham mengsel in en roer deur.

Rol deeg uit, sit mengsel op eenkant van die deeg, sprinkle bietjie spruit uie oor,  rol  toe, seel kante en smeer mayonnaise oor. Ek het so bietjie pietersielie oorgesprinkel vir versiering.  Bak in voorverhitte oond vir so 40 na 45 min tot goudbruin.

Met die resep het ek gewone skilferkorsdeeg/puff pastry gebruik.