Tag Archive | marie beskuitjies

Hilda van 7de Laan se Dadelvingers


Hilda van 7de Laan se Dadelvinger Resep:
(Nou weet ons ook waaroor die bohaai gaan. )

250g margarien
250 ml suiker
500g dadels, fyngesny
1 eier goed geklits
1 pak (200g) Mariebeskuitjies, in stukkies gebreek
100g groen kersies
100g rooi kersies
Klapper om oor te strooi

Metode:
Smeer ‘n 16 x 26 cm koekpan.
Smelt die margarien en suiker saam oor lae hitte sonder dat die mengsel verbruin.
Voeg die dadels en eier by en roer baie goed sodat die eier egalig ingemeng word.
Voeg die beskuitjies en heel kersies by, meng deeglik en haal van die stoof af.
Gooi die mengsel in die voorbereide pan en maak bo-op gelyk met ‘n mes.
Strooi ‘n bietjie klapper oor en laat koud word.
Sny in vingers van 3 x 6 cm. Maak 20 vingers

Deur: http://www.landbou.com/leefstyl/resepte/hilda-se-dadelvingers

Advertisement

Dadelhappies


Dadel happies-brono onbekend

Dadel happies-brono onbekend

Dadelhappies

250 gr botter

250ml suiker

500 gr dadels fyngesny

1 eier goed geklits

1 pak marie beskuitjies fyngerol

klapper.

Smelt botter, suiker. Voeg dadels en eier by en roer en prut tot eier mooi egalig deur gemeng is. Roer beskuitjies by. Haal van stoof af, laat net effe afkoel.

Rol in balletjies en rol in klapper of druk plat in bak en sprinkel klapper bo-oor en sny in blokkies of vingers.

5 Minute Hawaiin tert


hawaiin tert

5 MINUTE HAWAIIN TERT
Die tert neem letterlik net ‘n paar minute om voor te berei
1 blik crushed/fyn pynappels
1 boksie vanielje instant poeding mengsel
1 houertjie suur room
1 pakkie tennisbeskuitjies fyn gemaak en gemeng met 100gr gesmelte botter (druk in terbak om kors te vorm)
1 blik pynappelskywe
8 kersies
1/2 kop klapper
1 houertjie room
In ‘n groot bak, meng fyn pynappel met sy stroop, droë poedingmengsel en suurroom, Meng tot goed gemeng. Skep in tertkors en versier bo-op met pynappelskywe, styfgeklopte room en kersies, Sprinkel met klapper.
Verkoel ten minste 2 ure voor bediening.
Deur: Bonnie Pierce Luper

Malvalekker wieletjies


 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

malva lekkers wieletjies sweets

 

MALVALEKKER WIELETJIES
1 pakkie choc wheat koekies (fyn gerol) of pakkie marie beskuitjies
1 kop klapper
20 pienk en wit malvalekkers in stukkies gesnipper
20 rooi/groen kersies gesnipper
1 blik kondensmelk
Meng alles saam.
Vat foil en rol dit soos in ‘n worsvorm en bere in die yskas. Sny ringe soos jy dit benodig. Hou dit egter in die foil om te keer dat dit uitdroog. Jy kan die ook in bolletjies rol en in klapper rol. Bewaar in yskas

Ancoise Strydom
Malvalekker wieletjies

30 malvalekkers
1 blik kondensmelk
2 pakkies marie beskuitjies
100gr rooi kersies
100 gr groen kersies
100 gr gekapte neute
Halwe koppie klapper
120 gr jellietots
Smelt marshmallows in mikrogolf vir 2 min in groot mengbak.
Gooi kondensmelk by gesmelte marshmallows.
Meng die fyngemaakte koekiekrummels, klapper , neute kersies en jellietots in groot mengbak. Gooi die droe mengsel by die marshmallow mengsel. Gooi genoeg klapper op groot stuk heavy foelie. Gooi mengsel in wors uit op klapper.. Gooi klapper oor die koekie mengsel en druk met jou hande in n wors . Rol die wors in oorblywende klapper en rol toe in foelie . Sit in yskas tot geset. Sny in wieletjies soos benodig . Vries baie goed .

 

marshmellow koekies 2

 

MARSHMALLOW LOLLIES
By: Foodlovers.co.nz
100g butter
250g (1 packet) tennis biscuits, crushed
1/2 tin (200g) sweetened condensed milk
180g (1 packet) fruit puff sweets (marshmallows), roughly chopped coconut
Method
Mix together butter, biscuits, condensed milk and fruit puffs. Shape into a log and roll in coconut. Refrigerate until firm and then slice into rounds.  Rens

Sneeuballetjies


SNEEUBALLETJIES LEKKERS

Sneeuballetjie

http://www.bakers.co.za/marshmallow-snow-drops/?lang=AF

Bestandele

  • 2 x 200 g pakkies Bakers Blue Label Marie beskuitjies
  • 45 ml drinksjokoladepoeier bv hot chocolate of milo
  • 120 g botter
  • 1 x 397 g blikkie kondensmelk
  • 175 g mini malvalekkers
  • 100 g droë klapper

Lewer ongeveer 25 – 30.
Instruksies

Verkrummel die Bakers Blue Label Marie beskuitjies saam met die drinksjokoladepoeier in ’n voedselverwerker.

Smelt die botter saam met die kondensmelk en meng dit deeglik met die beskuitjiemengsel.

Maak jou hande effens nat en sit ’n eetlepel van die mengsel in die palm van jou hand en druk dit plat.

Sit ’n malvalekker in die middel en vorm ’n ‘kombersie’ van die mengsel rondom die malvalekker. Rol die balletjie nou in die klapper.