Tag Archive | condencedmilk

Malvalekker wieletjies


 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

malva lekkers wieletjies sweets

 

MALVALEKKER WIELETJIES
1 pakkie choc wheat koekies (fyn gerol) of pakkie marie beskuitjies
1 kop klapper
20 pienk en wit malvalekkers in stukkies gesnipper
20 rooi/groen kersies gesnipper
1 blik kondensmelk
Meng alles saam.
Vat foil en rol dit soos in ‘n worsvorm en bere in die yskas. Sny ringe soos jy dit benodig. Hou dit egter in die foil om te keer dat dit uitdroog. Jy kan die ook in bolletjies rol en in klapper rol. Bewaar in yskas

Ancoise Strydom
Malvalekker wieletjies

30 malvalekkers
1 blik kondensmelk
2 pakkies marie beskuitjies
100gr rooi kersies
100 gr groen kersies
100 gr gekapte neute
Halwe koppie klapper
120 gr jellietots
Smelt marshmallows in mikrogolf vir 2 min in groot mengbak.
Gooi kondensmelk by gesmelte marshmallows.
Meng die fyngemaakte koekiekrummels, klapper , neute kersies en jellietots in groot mengbak. Gooi die droe mengsel by die marshmallow mengsel. Gooi genoeg klapper op groot stuk heavy foelie. Gooi mengsel in wors uit op klapper.. Gooi klapper oor die koekie mengsel en druk met jou hande in n wors . Rol die wors in oorblywende klapper en rol toe in foelie . Sit in yskas tot geset. Sny in wieletjies soos benodig . Vries baie goed .

 

marshmellow koekies 2

 

MARSHMALLOW LOLLIES
By: Foodlovers.co.nz
100g butter
250g (1 packet) tennis biscuits, crushed
1/2 tin (200g) sweetened condensed milk
180g (1 packet) fruit puff sweets (marshmallows), roughly chopped coconut
Method
Mix together butter, biscuits, condensed milk and fruit puffs. Shape into a log and roll in coconut. Refrigerate until firm and then slice into rounds.  Rens

Advertisement

Tuisgemaakte Nutella (sjokolade smere)


Nutelela

Tuisgemaakte gesonder Nutella
By: hungryhealthyhappy

Bestanddele:
200g amandels (jy kan enige neute gebruik wat jy wil)
1 eetlepel vanieljegeursel
100g kakao poeier
100 ml afgeroomde melk (jy kan bietjie meer melk gebruik as jy dit ‘n meer loperiger beslag wil he
8 ontpitte dadels
50 ml water

1) Sit die dadels en water in ‘n voedsel verwerker en meng tot ‘n pasta/stroop.
Gooi in bak.
2) Plaas die amandels in die voedselverwerker en verwerk soos jy sou amandel botter maak vir 10-15 minute tot glad.(meng in menger vir so 10 min, skaap kante af, meng vir nog 5 minute tot dit lyk soos botter)
3) Voeg die vanielje, kakao poeier, melk en dadelmengsel by en meng vir verdere 5 minute tot glad.
Bewaar in yskas vir ongeveer ‘n maand.

HAZELNEUT SJOKOLADE SMEER
Bestanddele:
1 koppie Haselneute
1/8 koppie canola-olie
1/2 koppie versiersuiker
1/8 koppie onversoete kakaopoeier
Voorbereiding:
Verhit die haselneute in ‘n pan oor ‘n medium-hoë hitte vir 5 minute. Rooster die haselneute totdat hulle baie ligbruin is. Verwyder van die hitte. As die haselneute steeds hul velle op het vryf die vel af met ‘n kombuis handdoek. Plaas die gebraaide haselneute in die voedselverwerker en verwerk tot baie fyn.
Voeg die onversoete kakaopoeier en canola-olie. Meng totdat die mengsel goed gemeng is. Voeg nog ‘n 1/2 eetlepel van canola-oliem by as die pasta nog ‘n bietjie droog lyk.
Bewaar in die yskas vir ongeveer ‘n maand.

Rencia Odendaal Pretorius
SJOKOLADE SMEER:
250 gr plaas botter
250gr donker sjokolade
1 blik kondensmelk
Smelt botter en sjokolade en meng kondensmelk by
As jy voel dit is nog ‘n bietjie dik, voeg bietjie melk by