Tag Archive | sjokolade smeer

Tuisgemaakte Nutella (sjokolade smere)


Nutelela

Tuisgemaakte gesonder Nutella
By: hungryhealthyhappy

Bestanddele:
200g amandels (jy kan enige neute gebruik wat jy wil)
1 eetlepel vanieljegeursel
100g kakao poeier
100 ml afgeroomde melk (jy kan bietjie meer melk gebruik as jy dit ‘n meer loperiger beslag wil he
8 ontpitte dadels
50 ml water

1) Sit die dadels en water in ‘n voedsel verwerker en meng tot ‘n pasta/stroop.
Gooi in bak.
2) Plaas die amandels in die voedselverwerker en verwerk soos jy sou amandel botter maak vir 10-15 minute tot glad.(meng in menger vir so 10 min, skaap kante af, meng vir nog 5 minute tot dit lyk soos botter)
3) Voeg die vanielje, kakao poeier, melk en dadelmengsel by en meng vir verdere 5 minute tot glad.
Bewaar in yskas vir ongeveer ‘n maand.

HAZELNEUT SJOKOLADE SMEER
Bestanddele:
1 koppie Haselneute
1/8 koppie canola-olie
1/2 koppie versiersuiker
1/8 koppie onversoete kakaopoeier
Voorbereiding:
Verhit die haselneute in ‘n pan oor ‘n medium-hoë hitte vir 5 minute. Rooster die haselneute totdat hulle baie ligbruin is. Verwyder van die hitte. As die haselneute steeds hul velle op het vryf die vel af met ‘n kombuis handdoek. Plaas die gebraaide haselneute in die voedselverwerker en verwerk tot baie fyn.
Voeg die onversoete kakaopoeier en canola-olie. Meng totdat die mengsel goed gemeng is. Voeg nog ‘n 1/2 eetlepel van canola-oliem by as die pasta nog ‘n bietjie droog lyk.
Bewaar in die yskas vir ongeveer ‘n maand.

Rencia Odendaal Pretorius
SJOKOLADE SMEER:
250 gr plaas botter
250gr donker sjokolade
1 blik kondensmelk
Smelt botter en sjokolade en meng kondensmelk by
As jy voel dit is nog ‘n bietjie dik, voeg bietjie melk by

Advertisement