Tag Archive | dadels

Hilda van 7de Laan se Dadelvingers


Hilda van 7de Laan se Dadelvinger Resep:
(Nou weet ons ook waaroor die bohaai gaan. )

250g margarien
250 ml suiker
500g dadels, fyngesny
1 eier goed geklits
1 pak (200g) Mariebeskuitjies, in stukkies gebreek
100g groen kersies
100g rooi kersies
Klapper om oor te strooi

Metode:
Smeer ‘n 16 x 26 cm koekpan.
Smelt die margarien en suiker saam oor lae hitte sonder dat die mengsel verbruin.
Voeg die dadels en eier by en roer baie goed sodat die eier egalig ingemeng word.
Voeg die beskuitjies en heel kersies by, meng deeglik en haal van die stoof af.
Gooi die mengsel in die voorbereide pan en maak bo-op gelyk met ‘n mes.
Strooi ‘n bietjie klapper oor en laat koud word.
Sny in vingers van 3 x 6 cm. Maak 20 vingers

Deur: http://www.landbou.com/leefstyl/resepte/hilda-se-dadelvingers

Advertisement

Tipsy Tert


 

Tipsy tert-bron onbekend

Tipsy tert-bron onbekend

 

Tipsy Tert

Linda Theron

1 koppie fyngemaakte pitlose dadels
(Ek sit myne sommer in die voedselverwerker)
250 ml kookwater
250 ml suiker
250 ml meelblom
½ teelepel bakpoeier
¼ koppie gekapte neute (opsioneel)
2 eiers
2 eetlepels botter
¼ teelepel sout
1 teelepel koeksoda
1 teelepel gemengde speserye of gemmer

Koek:
Kook die dadels in die kookwater en voeg koeksoda by.
Room die botter en suiker.
Voeg eiers by en meng goed.
Sif die droë bestandele en voeg dit by die eiermengsel.
Roer die dadelmengsel by.
Voeg die neute by en laastens die bakpoeier.
Gooi in ‘n gesmeerde tertbak.
Bak 30 minute by 200ºC.

Stroop:
Vir die stroop kook jy:
1¼ koppie suiker
¾ koppie water
Voeg 1 eetlepel botter by en laat effens afkoel.
Voeg ¼ koppie brandewyn en een teelepel vanielje by.
Gooi die warm stroop oor die warm tert.

Dadelhappies


Dadel happies-brono onbekend

Dadel happies-brono onbekend

Dadelhappies

250 gr botter

250ml suiker

500 gr dadels fyngesny

1 eier goed geklits

1 pak marie beskuitjies fyngerol

klapper.

Smelt botter, suiker. Voeg dadels en eier by en roer en prut tot eier mooi egalig deur gemeng is. Roer beskuitjies by. Haal van stoof af, laat net effe afkoel.

Rol in balletjies en rol in klapper of druk plat in bak en sprinkel klapper bo-oor en sny in blokkies of vingers.

Tuisgemaakte Nutella (sjokolade smere)


Nutelela

Tuisgemaakte gesonder Nutella
By: hungryhealthyhappy

Bestanddele:
200g amandels (jy kan enige neute gebruik wat jy wil)
1 eetlepel vanieljegeursel
100g kakao poeier
100 ml afgeroomde melk (jy kan bietjie meer melk gebruik as jy dit ‘n meer loperiger beslag wil he
8 ontpitte dadels
50 ml water

1) Sit die dadels en water in ‘n voedsel verwerker en meng tot ‘n pasta/stroop.
Gooi in bak.
2) Plaas die amandels in die voedselverwerker en verwerk soos jy sou amandel botter maak vir 10-15 minute tot glad.(meng in menger vir so 10 min, skaap kante af, meng vir nog 5 minute tot dit lyk soos botter)
3) Voeg die vanielje, kakao poeier, melk en dadelmengsel by en meng vir verdere 5 minute tot glad.
Bewaar in yskas vir ongeveer ‘n maand.

HAZELNEUT SJOKOLADE SMEER
Bestanddele:
1 koppie Haselneute
1/8 koppie canola-olie
1/2 koppie versiersuiker
1/8 koppie onversoete kakaopoeier
Voorbereiding:
Verhit die haselneute in ‘n pan oor ‘n medium-hoë hitte vir 5 minute. Rooster die haselneute totdat hulle baie ligbruin is. Verwyder van die hitte. As die haselneute steeds hul velle op het vryf die vel af met ‘n kombuis handdoek. Plaas die gebraaide haselneute in die voedselverwerker en verwerk tot baie fyn.
Voeg die onversoete kakaopoeier en canola-olie. Meng totdat die mengsel goed gemeng is. Voeg nog ‘n 1/2 eetlepel van canola-oliem by as die pasta nog ‘n bietjie droog lyk.
Bewaar in die yskas vir ongeveer ‘n maand.

Rencia Odendaal Pretorius
SJOKOLADE SMEER:
250 gr plaas botter
250gr donker sjokolade
1 blik kondensmelk
Smelt botter en sjokolade en meng kondensmelk by
As jy voel dit is nog ‘n bietjie dik, voeg bietjie melk by