Hilda van 7de Laan se Dadelvingers


Hilda van 7de Laan se Dadelvinger Resep:
(Nou weet ons ook waaroor die bohaai gaan. )

250g margarien
250 ml suiker
500g dadels, fyngesny
1 eier goed geklits
1 pak (200g) Mariebeskuitjies, in stukkies gebreek
100g groen kersies
100g rooi kersies
Klapper om oor te strooi

Metode:
Smeer ‘n 16 x 26 cm koekpan.
Smelt die margarien en suiker saam oor lae hitte sonder dat die mengsel verbruin.
Voeg die dadels en eier by en roer baie goed sodat die eier egalig ingemeng word.
Voeg die beskuitjies en heel kersies by, meng deeglik en haal van die stoof af.
Gooi die mengsel in die voorbereide pan en maak bo-op gelyk met ‘n mes.
Strooi ‘n bietjie klapper oor en laat koud word.
Sny in vingers van 3 x 6 cm. Maak 20 vingers

Deur: http://www.landbou.com/leefstyl/resepte/hilda-se-dadelvingers

Comment here!

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s