Tipsy Tert
Linda Theron
1 koppie fyngemaakte pitlose dadels
(Ek sit myne sommer in die voedselverwerker)
250 ml kookwater
250 ml suiker
250 ml meelblom
½ teelepel bakpoeier
¼ koppie gekapte neute (opsioneel)
2 eiers
2 eetlepels botter
¼ teelepel sout
1 teelepel koeksoda
1 teelepel gemengde speserye of gemmer
Koek:
Kook die dadels in die kookwater en voeg koeksoda by.
Room die botter en suiker.
Voeg eiers by en meng goed.
Sif die droë bestandele en voeg dit by die eiermengsel.
Roer die dadelmengsel by.
Voeg die neute by en laastens die bakpoeier.
Gooi in ‘n gesmeerde tertbak.
Bak 30 minute by 200ºC.
Stroop:
Vir die stroop kook jy:
1¼ koppie suiker
¾ koppie water
Voeg 1 eetlepel botter by en laat effens afkoel.
Voeg ¼ koppie brandewyn en een teelepel vanielje by.
Gooi die warm stroop oor die warm tert.
You must be logged in to post a comment.