Vla koek vir Diabete


Vla Koek- Foto Perhaps

Vla Koek- Foto Perhaps

Vla koek vir Diabete

Ek was altyd mal oor ’n vla-koek. Ná my diabetes-diagnose het ek so daarna gesmag. Tot ek besluit het genoeg is genoeg, en my eie vla-koek geprakseer het.

Koek

150 g  laevet-margarien

45 ml  heuning

150 g  (270 ml) bruismeel

knippie  sout

3 eiers

Vla-vulsel

500 ml      laevet-melk

30 ml suikerplaasvervanger

knippie  sout

100 ml  vla-poeier

50 g  laevet-margarien

125 ml  suikerplaasvervanger

5 ml  vanieljegeursel

vars  appelliefies vir versiering

Verhit oond tot 170 ºC. Spuit ’n losboom-koekpan van 20 cm deursnee met kleefwerende kossproei. Smelt margarien saam met heuning. Sif meel en sout saam. Klits eiers saam tot lig. Voeg heuning margarien-mengsel in ’n dun stroompie by eiers. Klop meel by tot daar geen klonte meer is nie. Skep in
voorbereide pan en bak vir ongeveer 20 – 30 minute tot gaar. Koel af en sny in die helfte.
Vulsel Verhit die melk, 30 ml suikerplaasvervanger en sout saam. Meng vla-poeier met ’n bietjie koue melk tot ’n gladde pasta sonder klonte. Voeg bietjie van warm melk by en roer tot opgelos. Gooi vlamengsel terug by warm melk. Verlaag hitte en kook tot dik. Plaas kastrol in ’n groter houer wat met water en ysblokkies gevul is tot vla afgekoel is. Roer af en toe sodat die vla nie ’n vel vorm nie. Room margarien en 125 ml suikerplaasvervanger tot liggeel terwyl die vla afkoel. Klits lepels vol van die vla-mengsel by die margarien-mengsel tot al die vla gebruik is. Roer die vanieljegeursel by. Vul en bedek koek met die vla-vulsel. Versier met appelliefies.

Om te weet Die koek val bietjie plat as jy hom uit die oond haal, maar dis reg so.

KOMMENTAAR
Die vla-koek moet verkieslik in 12 skywe gesny word. Die GI van die koek is nie heeltemal so laag nie en die vet-inhoud is hoog.
– Hilda Lategan

One thought on “Vla koek vir Diabete

  1. Hierdie is verseker NIE gesond vir n diabeet nie. Heuning, bruismeek eb vla poeier is gif vir n diabeet en sal jou BS laat spike. Lae vet produckte het meer carbs as volroom wat weereend nie goed is vir Diabete nie. Julle is besig om diabete te mislei.

Comment here!

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s