Tag Archive | vanieljegeursel

Vla koek vir Diabete


Vla Koek- Foto Perhaps

Vla Koek- Foto Perhaps

Vla koek vir Diabete

Ek was altyd mal oor ’n vla-koek. Ná my diabetes-diagnose het ek so daarna gesmag. Tot ek besluit het genoeg is genoeg, en my eie vla-koek geprakseer het.

Koek

150 g  laevet-margarien

45 ml  heuning

150 g  (270 ml) bruismeel

knippie  sout

3 eiers

Vla-vulsel

500 ml      laevet-melk

30 ml suikerplaasvervanger

knippie  sout

100 ml  vla-poeier

50 g  laevet-margarien

125 ml  suikerplaasvervanger

5 ml  vanieljegeursel

vars  appelliefies vir versiering

Verhit oond tot 170 ºC. Spuit ’n losboom-koekpan van 20 cm deursnee met kleefwerende kossproei. Smelt margarien saam met heuning. Sif meel en sout saam. Klits eiers saam tot lig. Voeg heuning margarien-mengsel in ’n dun stroompie by eiers. Klop meel by tot daar geen klonte meer is nie. Skep in
voorbereide pan en bak vir ongeveer 20 – 30 minute tot gaar. Koel af en sny in die helfte.
Vulsel Verhit die melk, 30 ml suikerplaasvervanger en sout saam. Meng vla-poeier met ’n bietjie koue melk tot ’n gladde pasta sonder klonte. Voeg bietjie van warm melk by en roer tot opgelos. Gooi vlamengsel terug by warm melk. Verlaag hitte en kook tot dik. Plaas kastrol in ’n groter houer wat met water en ysblokkies gevul is tot vla afgekoel is. Roer af en toe sodat die vla nie ’n vel vorm nie. Room margarien en 125 ml suikerplaasvervanger tot liggeel terwyl die vla afkoel. Klits lepels vol van die vla-mengsel by die margarien-mengsel tot al die vla gebruik is. Roer die vanieljegeursel by. Vul en bedek koek met die vla-vulsel. Versier met appelliefies.

Om te weet Die koek val bietjie plat as jy hom uit die oond haal, maar dis reg so.

KOMMENTAAR
Die vla-koek moet verkieslik in 12 skywe gesny word. Die GI van die koek is nie heeltemal so laag nie en die vet-inhoud is hoog.
– Hilda Lategan

Advertisement

Melktertpannekoek


Melktertpannekoek-foto in en om die kombuis

Melktertpannekoek-foto in en om die kombuis

Melkterpannekoek

Hierdie oulike idee was gisteraand op Pasella. Ek gaan dit verseker probeer. 2 gunstelinge in

Hierdie dis is vir ons gemaak deur Aletta Lintvelt – kosredakteur van die Weg Tydskrif – uit die boek Weg! Naweekkos.

Jy kan rondspeel met geure vir jou vulsel. Dink sjokoladesmeer en geklopte room of vrugte!

(Bedien ongeveer 20 mense, so pas aan soos nodig).

Bestandele:

35 pannekoeke*

5 e koekmeel

5 e mielieblom

1½ k suiker

6 eiers

8 k melk

1 kaneelstokkie

1 e vanieljegeursel

4 e botter

Metode:

Klits die meelblom, mielieblom, suiker en eiers saam en hou eenkant. Verhit die melk en kaneel in ‘n kastrol en roer vinnig die eiermengsel daarby. Bring dit tot kookpunt, verminder dan hitte sodat die mengsel prut. Roer gereeld tot dit verdik en voeg dan die vanieljegeursel en botter by.

Sit die ‘koek’ aanmekaar deur 2 eetlepels van die vlamengsel op ‘n pannekoek te smeer en dan nog ‘n pannekoek bo-op te sit. Gaan voort tot die pannekoeke en beslag op is. Versier die koek met appelskywe wat in botter en heuning gebraai is. Anders rond af met nog van die melktertmengsel wat liggies met fyn kaneel bestrooi is.

*Om 35 pannekoeke te maak. Meng 4k koekmeel, 1t bakpoeier, 1t sout met 1k water tot glad en sonder klonte. Roer nog 4k water, 4 eiers en 4e asyn by. Die mengsel kan dadelik gebruik word of oornag staan. Maak jou pannekoeke soos altyd.

Basiese Kolwyntjies/cupcakes Resep en probleme


Basiese Kolwyntjie- Noob Cook

Basiese Kolwyntjie- Noob Cook

Basiese Kolwyntjies/cupcakes

Lizelle Herbst

(12 kolwyntjies)

•3 eiers •175 g (210 ml) strooisuiker
•175 g (315 ml) bruismeel
•175 g (190 ml) botter teen kamertemperatuur
•5 ml vanieljegeursel
Verhit oond tot 180 °C. Voer kolwyntjiepannetjies uit met papierbakkies en spuit met kleefwerende sproei. Plaas al die bestanddele in die mengbak van ‘n elektriese menger en klits vir 3 – 4 minute. Verdeel mengsel tussen bakkies en plaas in warm oond. Bak vir 15 – 20 minute of tot goudbruin en ‘n toetspen skoon uitkom. Haal uit en laat afkoel voor jy die kolwyntjies versier.

Basiese vanieljeversiersel

(vir 12 kolwyntjies)

•500 g (545 ml) sagte botter
•650 g (1 250 ml) versiersuiker, gesif
•10 ml vanieljegeursel
Plaas botter in elektriese menger se bak en klits tot lig en romerig, sowat 5 – 8 minute. Voeg versiersuiker en geursel by. Meng goed. Versier afgekoelde kolwyntjies hiermee

Basiese Kolwyntjies/cupcakes

Deur: SO MAAK MENS!

Klits 125 g botter en 200 ml suiker tot lig en romerig. Klits 5 ml vanielje en 2 ekstra groot eiers by.
Klits goed. Sif 500 ml meelblom, 10 ml bakpoeier en ‘n knippie sout goed saam.
Meet 160 ml melk af. Vou droë bestanddele beurtelings met melk by bottermengsel,
skep in papiervorms n bak teen 190ºC vir 15 – 20 minute tot goudbruin en gaar.
Versiersel:
Verroom 125 g botter en klop 375 ml versiersuiker daarby. Klits tot romerig en geur met vanielje.
Jy kan dit met koekkleursel kleur as jy wil.
Variasies:
1. Voeg 50 g gevlokte geroosterde amandels en 3 ml amandel geursel by.
2. Vervang melk in basiese resep met 1 ¾ blikkie grenadella pulp…
3. Vervang melk met vars uitgedrukte lemoensap en vou gerasperde skil van 1 lemoen by beslag in…
4.Roer ½ kp klapper by versiersel.

Basic Cupcakes recipe
ALL4WOMEN

Here is a basic recipe for cupcakes which you can get really creative with
Ingredients
150g room temperature butter
150g caster sugar
175g self raising flour
3 eggs
2 tablespoons cocoa powder
1 teaspoon vanilla essence
Directions
Pre-heat the oven to 180 Celsius and place cupcake holders into a muffin tin

Beat the eggs lightly in a mixing bowl, then add all of the rest of the ingredients. (no need to sift the flour)

Beat with an electric beater for about 2 or 3 minutes, until light and creamy.

Fill the cupcake holders evenly, about 3/4 full.

Bake for 20 minutes until they have risen and are firm on top.

Allow to cool in the muffin tray before icing

Waarom trek sekere cupcakes se papiertjies weg en sekere nie ?

Waarom trek sekere cupcakes se papiertjies weg en sekere nie ?

HOEKOM TREK MY CUPCAKES WEG VAN DIE PAPIERTJIE AF:

Lede se insette:

Marieta van Bladeren Ek kry dit soms – nogal met fancy duurder papiertjies. Nie met my cheepo wit gewones nie!!

Catherine Izatt As die papier koppies van ‘n soort waspapier gemaak is, sal hy weg trek. Die ou soort is die beste

Ethel Nel Ek bak baie cupcakes… olie in… en die wortelkoek ook. So by die 2de dag trek papiertjies bietjie weg. Dit is omdat die koek so lekker klam is. Ek bak gewone cupcakes so 15 min en wortelkoek 17 min. As ek die cupcake versier dan trek ek die mes met icing so teen die kante van die cupcake… so die icing hou die papiertjie dan vas aan die koek. As ek met die versierbuis bo werk dan vang ek die kante van die papiertjie. Ek spuit wel die papier bietjie maar nie die pan self nie.

Doreen Koen Ek het ook agtergekom dat resepte met olie ipv botter meer “plak” aan die houertjies. Ek bak myne net tot gaar. Gewoontlik 160 grade so vir 15 minute, soms klein bietjie minder.

Jeanette Hattingh Fourie Die goud en silwer papiertjies doen dit graag! Hulle het ook vir my gese dis as mens dit te gou toemaak. Maar ek weet nie. Myne ook oliebasis en trek nie weg nie.

Elouise Bellingan Hattingh ek het oorgeskakel na n olie resep (nie die botter een nie). bak hulle dalk ook n bietjie langer totdat hulle n klein bietjie droer is

Liezel Van der Merwe Glo my dit werk, jy moenie jou papiertjies of pannetjie spuit nie

Lilly Pretorius Moet nie jou pan spuit nie, myne het dit nog nooit gedoen nie, kan dalk ook wees as hy te lank bak dat hy droog word en wegtrek.

Hetta Meiring Ek dink ook dit moet minder bak

Lunette Cabaco BAk hulle so 2 minute korter, bak dalk net net te lank