Melktertpannekoek


Melktertpannekoek-foto in en om die kombuis

Melktertpannekoek-foto in en om die kombuis

Melkterpannekoek

Hierdie oulike idee was gisteraand op Pasella. Ek gaan dit verseker probeer. 2 gunstelinge in

Hierdie dis is vir ons gemaak deur Aletta Lintvelt – kosredakteur van die Weg Tydskrif – uit die boek Weg! Naweekkos.

Jy kan rondspeel met geure vir jou vulsel. Dink sjokoladesmeer en geklopte room of vrugte!

(Bedien ongeveer 20 mense, so pas aan soos nodig).

Bestandele:

35 pannekoeke*

5 e koekmeel

5 e mielieblom

1½ k suiker

6 eiers

8 k melk

1 kaneelstokkie

1 e vanieljegeursel

4 e botter

Metode:

Klits die meelblom, mielieblom, suiker en eiers saam en hou eenkant. Verhit die melk en kaneel in ‘n kastrol en roer vinnig die eiermengsel daarby. Bring dit tot kookpunt, verminder dan hitte sodat die mengsel prut. Roer gereeld tot dit verdik en voeg dan die vanieljegeursel en botter by.

Sit die ‘koek’ aanmekaar deur 2 eetlepels van die vlamengsel op ‘n pannekoek te smeer en dan nog ‘n pannekoek bo-op te sit. Gaan voort tot die pannekoeke en beslag op is. Versier die koek met appelskywe wat in botter en heuning gebraai is. Anders rond af met nog van die melktertmengsel wat liggies met fyn kaneel bestrooi is.

*Om 35 pannekoeke te maak. Meng 4k koekmeel, 1t bakpoeier, 1t sout met 1k water tot glad en sonder klonte. Roer nog 4k water, 4 eiers en 4e asyn by. Die mengsel kan dadelik gebruik word of oornag staan. Maak jou pannekoeke soos altyd.

Comment here!

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s