Tag Archive | suiker vervanger

Vla koek vir Diabete


Vla Koek- Foto Perhaps

Vla Koek- Foto Perhaps

Vla koek vir Diabete

Ek was altyd mal oor ’n vla-koek. Ná my diabetes-diagnose het ek so daarna gesmag. Tot ek besluit het genoeg is genoeg, en my eie vla-koek geprakseer het.

Koek

150 g  laevet-margarien

45 ml  heuning

150 g  (270 ml) bruismeel

knippie  sout

3 eiers

Vla-vulsel

500 ml      laevet-melk

30 ml suikerplaasvervanger

knippie  sout

100 ml  vla-poeier

50 g  laevet-margarien

125 ml  suikerplaasvervanger

5 ml  vanieljegeursel

vars  appelliefies vir versiering

Verhit oond tot 170 ºC. Spuit ’n losboom-koekpan van 20 cm deursnee met kleefwerende kossproei. Smelt margarien saam met heuning. Sif meel en sout saam. Klits eiers saam tot lig. Voeg heuning margarien-mengsel in ’n dun stroompie by eiers. Klop meel by tot daar geen klonte meer is nie. Skep in
voorbereide pan en bak vir ongeveer 20 – 30 minute tot gaar. Koel af en sny in die helfte.
Vulsel Verhit die melk, 30 ml suikerplaasvervanger en sout saam. Meng vla-poeier met ’n bietjie koue melk tot ’n gladde pasta sonder klonte. Voeg bietjie van warm melk by en roer tot opgelos. Gooi vlamengsel terug by warm melk. Verlaag hitte en kook tot dik. Plaas kastrol in ’n groter houer wat met water en ysblokkies gevul is tot vla afgekoel is. Roer af en toe sodat die vla nie ’n vel vorm nie. Room margarien en 125 ml suikerplaasvervanger tot liggeel terwyl die vla afkoel. Klits lepels vol van die vla-mengsel by die margarien-mengsel tot al die vla gebruik is. Roer die vanieljegeursel by. Vul en bedek koek met die vla-vulsel. Versier met appelliefies.

Om te weet Die koek val bietjie plat as jy hom uit die oond haal, maar dis reg so.

KOMMENTAAR
Die vla-koek moet verkieslik in 12 skywe gesny word. Die GI van die koek is nie heeltemal so laag nie en die vet-inhoud is hoog.
– Hilda Lategan

Advertisement

Suikervrye Kaaskoek


Aarbei kaaskoek- thenmelrosefamily.com

Aarbei kaaskoek- thenmelrosefamily.com

Suikervrye Kaaskoek

Ek het onlangs dié kaaskoek vir my seuntjie se verjaardagpartytjie gemaak, en dit was ’n groot sukses. Niemand het my geglo dat daar geen suiker in is nie. Die koek is definitief die moeite werd vir ’n spesiale geleentheid.

(12 – 16 PORSIES)

500 g      laevet-roomkaas

750 ml      ricotta-kaas

250 ml      suurroom

250 ml      gewone jogurt

300 ml      suikerplaasvervanger

125 ml      laevet-margarien

45 ml      koekmeel

45 ml      mielieblom

4      eiers, geklits

30 ml      suurlemoensap

5 ml      vanieljegeursel

Bolaag

suikervrye      aarbeikonfyt

vars      aarbeie

Verhit oond tot 160 ºC. Spuit ’n 24 cm-losboomkoekpan met kleefwerende kossproei. Meng roomkaas,
ricotta-kaas, suurroom, jogurt, suikerplaasvervanger, margarien, meel, mielieblom en eiers tot goed gemeng. Roer die suurlemoensap en geursel by. Gooi in voorbereide pan. Bak vir 70 – 75 minute tot geset. Skakel oond af, maak deur oop en laat kaaskoek minstens 1 uur lank in die oond staan. Verkoel in yskas. Bolaag Smeer konfyt bo-oor en versier met vars aarbeie.

KOMMENTAAR
Die GI van die kaaskoek is laag en omdat dit nie die tipiese krummel- of gebakte kors bevat nie, is die koolhidraat-inhoud van die gereg ook laer. Weens die bestanddele wat vir ’n tipiese gebakte kaaskoek gebruik word, is die vet-inhoud hoog.
– Hilda Lategan