Sneeuballetjies


SNEEUBALLETJIES LEKKERS

Sneeuballetjie

http://www.bakers.co.za/marshmallow-snow-drops/?lang=AF

Bestandele

  • 2 x 200 g pakkies Bakers Blue Label Marie beskuitjies
  • 45 ml drinksjokoladepoeier bv hot chocolate of milo
  • 120 g botter
  • 1 x 397 g blikkie kondensmelk
  • 175 g mini malvalekkers
  • 100 g droë klapper

Lewer ongeveer 25 – 30.
Instruksies

Verkrummel die Bakers Blue Label Marie beskuitjies saam met die drinksjokoladepoeier in ’n voedselverwerker.

Smelt die botter saam met die kondensmelk en meng dit deeglik met die beskuitjiemengsel.

Maak jou hande effens nat en sit ’n eetlepel van die mengsel in die palm van jou hand en druk dit plat.

Sit ’n malvalekker in die middel en vorm ’n ‘kombersie’ van die mengsel rondom die malvalekker. Rol die balletjie nou in die klapper.

Comment here!

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s