Cape Velvet
(Peter Veldsman)
1 ekstra-groot eier
2 t vanilla
3 ml karamelgeursel
10 ml kitskoffiepoeier
1 k brandewyn
1 blik kondensmelk (397g)
1 k vars room of 1 blik (310g) room
Verpulp eier, geursels, koffiepoeier en brandewyn. Voeg room by en pols tot net ingemeng. Skep in skoon fles en hou in yskas.
Cape Velvet Cream
450 ml whiskey
1 x 397g kondensmelk, volroom
30 ml kits-sjokoladepoeier
10 ml koffiepoeier
5 ml vanieljegeursel
Klits al die bestanddele baie goed saam tot goed gemeng. Gooi likeur in droë gesteriliseerde bottels, sit prop op, verseël en entiketteer. Plaas in yskas vir minstens 3 weke voor gebruik om die geur te ontwikkel. Daarna sal dit ongeveer 6 maande in die yskas hou. Lewer 1 liter.
Fluweel Likeur
1 blik kondensmelk
1 blik Ideal melk
10ml vanilla
5ml sterk koffie
200ml whiskey
Meng kondensmelk, Ideal melk en vanilla saam. Meng koffie met die whiskey en voeg by die melk mengsel. Klits goed en bedien of bottel en bêre in yskas.
Toffiekaramel Likeur
1 x 397 g kondensmelk
1 x 250 ml vars room
250 ml brandewyn
5 ml gliserien
5 ml karamel-geursel
5 ml kitskoffiekorrels, opgelos in bietjie kookwater
5 ml kakao, opgelos in ‘n klein
bietjie kookwater
Plaas al die bestanddele in ‘n mengbak en klits tot goed gemeng. Giet uit in ‘n skoon fles of bottel, draai die deksel toe en plaas in die yskas tot benodig. Lewer 500 ml likeur.
You must be logged in to post a comment.