
IDEES VIR ‘N BORD SOUTHAPPIES:
Gevulde doppies met tuna,kapokaartappels met mayo en kaas in,spek,aspersies,spinasie,salm,maaskaas,hoender,sampioene, ham
Ham balletjies, mini frikadelle, hoenderboudjies, hoendervlerkies, samoosa’s, springrolls, steakstrips, hoenderstrips, cheese grillers, klein pizza’s, tuna tertjies/wieletjies/poffertjies, maalvleis/hoender pasteitjies, mini souttertjies, mini vetkoekies, lepelsteeltjies, biltong happies, vienna’s op toothpicks en uitjies ,spek met kersie/dadels, kaasstrootjies, savory scons ,mielie en spek poffertjies, shusi broodjies, reenboogbroodjies, skilferkors pizza’s/wieletjies, bullybeef poffertjies ,kaasvierkantjies, tamboesies, sampioenhappies, deegjassies ,kersie tamaties, ,salticrax of enige kaaskoekie of provitas of cream crackers met verskillende smere, lang repies komkommer/wortel,verskilende stukkies kase, chillie bites, stukkies droe wors, gekerfde biltong, mini spinasietertjies, hotdogbuns in skyfies gesny (getoast ) met verskillende toppings bv tuna, kaas,gerasperde polonie met mayonaise, koue vleis opgerol met toothpick en stukkie aspersie in, gehalveerde eiers, crumbed mushrooms, russian in wieletjies gesny, agurkies in lang repies gesny, peppadews gevul met fetakaas,wasgoedbondeltjies, bacon happies, tortilla’s/pannekoek,wraps gevul en in klein stukkies gesny, chicken nuggets, cumbed chickenstrips, fish nuggets, stukkies koue boerewors, toasted broodjies in vierkante gesny. Pak kaasborde met verskillende kase bv cream cheese, feta, cheddar, blou kaas ens en spuit sweet chillie sous oor die kaas, ek gebruik enige soutkoekie saam met dit soos salticrax, tux ens.
*
PAAR MAKLIKE IDEES WAT EK GEWOONLIK OP MY PLATTERS SIT
Salitcrax met room of maaskaas, sit stukkie peppadew, mossel, stukkies kersietamaties, blokkies komkommer, stukkies kaas, groen of geel of rooi uitjie, gerkins, olywe, stukkie tuna of salm, stukkie eier op
Stukkies viennas gesny, opgeryg met uitjies en kaas blokkies
Maalvleisbolletjies op tandestokkie met uitjies of kaas
Stukkies dun word op tandestokkie met uitjies of kaas
Peppadews gevul met fetakaas
Eiers net hardgekook, gehalveer met mayo en sweet chillie sous
Klein kaasworsies
Kaasstrootjies
Samoosas en springrolls
Eierpuffies
Kersietamaties, olywe, groen, geel en rooi uitjies
Vleispasteitjies
Opgerolde kouevleis op tandestokkies met ‘n aspersie in of net so opgerol met net ‘n groen, geel of rooi uitjie of stukkie kaas
Blokkies ham op ‘n tandestokkie met kaasblokkies en uitjies tussen in
Salamie wieletjies opgerol, vasgesteek met tandestokkies en kaas
Kersie toegerol met stukkie spek, vinnig gebraai in ‘n pan, steek vas met ‘n tandestokkie
*
SMERE VIR SOUTKOEKIES/ OOK GESKIK VIR TOEBROODJIE SMEERSELS
(Southappies – Kotie v/d Spuy 1947)
Omtrent al die resepte moet jy deur ‘n sif druk om dit fyn te kry – maar ek dink ons sal dit met vandag se tegnologie fyn genoeg kry met jou Blender Ek persoonlik hou van stukkies en nie ‘n te fyn smeersel
Eierbotter
½ kop botter
3 hardgekookte eiers – druk deur sif
Worchestersous en tamatiesous
Sout en peper
Meng alles goed edn druk deur sif
Ansjovisbotter
1 kop botter
1 kop fyn ansjovis
Suurlemoen of asyn
Peper
Meng alles goed druk deur sif
Redro botter
1 kop botter
½ kop redro vissmeer
Geel van 2 hardgekookte eiers
Sout en peper
Asyn
Druk eiergele deur sif,
Meng alles goed
Pietersieliebotter
1 Kop botter
½ eetl fyn droe pietersielie
2 fyn gemaalde olywe of 1 kop fyn gerasperde komkommer
Sout peper en paprika
Meng goed en druk deur sif
Kaasbotter
½ kop kaassmeer
½ kop botter
Worsestersous en tamatiesous
Sout en peper
Meng goed
Hambotter
1 kop fyn gerasperde ham
1 kop botter
Peper, sout en mosterd
Meng goed en druk deur sif
Tip: enige vleis bv hoender, polonie, bees, sult, tong, vark, bully beef ens kan gebruik word.
Ertjiebotter
½ kop botter
½ kop sag pap gekookte ertjies
Klein bietjie fyn gerasperde kaas
Sout, peper
Druk ertjies deur sif
Meng alles goed deur
Advokadopeer botter
½ kop botter
1 groot advokadopeer – deur sif gedruk
Suurlemoensap
Sout en peper
Meng goed
Hamsmeersel
1 kop gerasperde ham
2 hardegekookte eiers – fyngemaak
Sout, peper, blatjang, mayonnaise en pietersielie na smaak
Sout, peper, seldery gekap, mayonnaise of room.
Meng goed
Hoender smeersel
1 Kop gaar hoender – fyngemaak
1 eetl gerasperde pynappel
Sout, peper en mayonnaise na smaak
Meng goed
Sardien smeersel
1 blikkie sadines – druk fyn
2 hardgekookte eiers – druk fyn
2 agurkies – fyn gerasper
1 eetl tamatiesous
1 eetl gerasperde kaas
Sout en peper en room
Meng alles goed – voeg die room by tot sagte smeersel vorm
Kaas en eier smeersel
¾ kop kaas – fyn gerasper
2 hard gekookte eiers
Sout en peper en mayonnaise
Kleursel indien verkies
Meng alles goed
Kaas en tamatie smeersel
1 kop gerasperde chedder kaas
1 eetl botter
Sout,peper en tamatiesous
Meng kaas, botter sout en peper en voeg genoeg tamatiesous by om smeersel te vorm
EIERSMEERSELS
MAAK ROEREIERS MET BIETJIE MELK
1. Voeg by gekapte uitjies, rooi of groen, en mayonnaise
2. Voeg aangemaakte mosterd by, sout en peper
3. Voeg bietjie marmite en dik witsous by – sout en peper
4. Fyngemaakte sardines – sout en peper
5. Gerasperde kaas, sout en peper en mayonnaise
6. Fyn gerasperde biltong en mayonnaise sout en peper
7. Kaassmeer sout en peper
8. Sandwichspread sout en peper
9. Mayonnaise, chutney sout en peper
10. Mayonnaise, tamatiesous sout en peper
*
BILTONGSMEER
1 houer gladde maaskaas (200g)
30ml goeie gehalte mayonnaise
30ml ongegeurde jogurt
125ml fyn biltong
45ml peppadews fyngekap
Vars gemaalde swartpeper
Franse brood
100ml olyfolie
10ml gemengde droë kruie
Metode:
Verhit die oond tot 180°C. Meng die maaskaas, mayonnaise en jogurt goed saam tot glad. Meng die biltong en peppaews by, geur met swartpeper en verkoel in die yskas. Meng die olyfolie en kruie saam en verf die franse brood snytjies daarmee met ‘n kwassie. Bak in die oond vir 10min tot die brood goudbrun en bros is. Bedien biltongsmeer saam met brood en ander happies.
*
SMERE IDEES VIR CRACKERS (lede se insette)
. Bovril en gerasperde kaas
. Roomkaas, ham blokkie en gherkin
. Feta, roomkaas/mayonnaise en biltong stukkies
. Roomkaas, komkommer en halwe cocktail tamatie met swartpeper
. Tuna aangemaak met chutney, mayonnaise en gesnyde ui
. Roomkaas met ‘n mossel en knoffelsout
. Kamma kreef vis met 1000 island sous
. Roomkaas en fyn biltong
. Roomkaas met gevulde peppadew met roomkaas en gherkin in
. Philadelphia cream cheese met sweet chilli sous, gerookte mossels, bloukaas en vye konfyt, gerookte hoender en peppadew en kaas, salamien feta en olywe, biltong en kaas.
. Gerasperde kaas en gerasperde ui met mayonaise. Skep dit op bacon kips. Sit dit in die oond tot dit begin borrel.
. Gerasperde ui, gerasperde kaas, bietjie chutney, bietjie mayonaise, druppel tobasco of peri peri, vars pietersielie fyngekap. Meng goed en skep bo op.
. Maaskaas met ‘n stukkie biltong op. Mossels met ‘n chilliemayo is ook heel lekker…
. Skyfie gerookte kaaswors met fetakaas…
. Stukkies brosgebraaide streaky bacon gemeng met maaskaas…
.Stukkies brosgebraaide streaky bacon gemeng met gekapte kersies (glaced cherries)
*
DOPPIE RESEP : (Vir alle vinger-etes, soet en sout)
750ml meel
5ml bakpoeier
3ml sout
250gr botter
2 eiers
15ml suiker
Sif droe bestandele saam. Vryf botter in
Klits eier en suiker tot skuim. Voeg by droe bestandele
Meng goed tot stywe deeg
Rol uit – nie te dun –
Druk met koekievorm ‘n ronde sirkeltjie uit.
Gebruik kolwyntjie pannetjies, en druk degie in pannetjie. Jy hoef nie jou pannetjies te smeer nie
Bak 8-10 min by 190 grade.
SOUT VULSELS
Salm vulsel:
1 blikkie pienk salm
2 eetl sandwichspread
2 eetl mayonaise
sout en peper
Meng alles en skep in doppies
Komkommer vulsel:
1 gerasperde komkommer (gedreineer)
1 fyn gedrukte eier
1 eetl mayonaise
sout en peper
Meng alles goed en skep in doppies
Polonie vulsel:
1 kop fyn gerasperde polonie
1 fyngedrukte eier
1 eetl mayonaise
sout en peper
Maasksaas/ham vulsel:
125gr ham (fyn gerasper)
100ml mayonaise
1 houertjie maaskaas
30ml pietersielie gekap
30ml agurkies gekap
30ml ui gekap
sout en rooipeper
Meng alles goed skep in doppies en gooi paprika bo-oor
Hoender/ham vulsel:
1 pakkie cream of mushroom sop
50ml meel
50ml melkpoeier
750ml water
100gr ham gekap
30 ml agurkies gekap
sout en rooipeper
Meng droe bestandele in ‘n pot voeg water by en kook tot dik en gladde mengsel
Laat prut vir so 5 minute – Voeg ham en agurkies by meng en laat afkoel.
Gooi sout en peper by en skep in doppies
*
MINI TUNA KAASKRUL ROULADE
1 gesnyde witbrood sonder korsies,
2 blikkies tuna met mayo, gekapte Ui, bladjang, sout, gemaalde swartpeper, gemengde kruie,
fyngedrukte kaaskrulle.
Gooi kaaskrulle op werksblad, rol snytjies bo-op uit met koekroller, smeer tuna bo-op brood en rol op. Sny in helfe en garneer met fennel of pietersielie.
*
BACON AND CHEDDAR PUFFS
1 cup milk
1/4 cup butter
1 cup all-purpose flour (Cake Flour)
4 large eggs
1 cup Shredded Cheddar Cheese
8 slices bacon, cooked crisp, crumbled
1/2 tsp. onion salt or powder
1/4 tsp. garlic salt
1/4 tsp. freshly ground black pepperDIRECTIONS:
Combine milk and butter in medium saucepan.
Heat over medium heat until butter is melted and mixture is simmering.
Add flour all at once; continue to cook, stirring vigorously with a wooden spoon, until mixture forms a ball.
Remove from heat.
Beat in 1 egg until mixture is smooth.
Repeat with remaining eggs, adding just 1 egg at a time, beating until thoroughly combined.
Stir in remaining ingredients.
Drop heaping teaspoons of mixture onto greased baking sheet.
Bake in preheated 180°C oven 25 minutes or until puffed and golden brown.
Serve warm or at room temperature.Deur: In en om die huis*
MARMITE / BOVRIL BALLETJIES
1 koppie koekmeel
1 koppie gerasperde kaas
knippie sout
knippie rooipeper
Genoeg melk om ‘n stywe deeg te maak
Verhit die oond tot 180 grade. Meng alles saam. Rol klein balletjies en plaas in gesmeerde oondpan. Bak vir 10 minute.Smelt 250 g botter en 3 eetlepels Marmite / Bovril saam. Dip die balletjies daarin wanneer dit uit die oond uit kom. Laat afkoel en bedien
*
CHEESE BITES
1 roll puff pastry
Cubes of Mozzarella cheese
slices of pre-cooked bacon (or regular bacon mostly cooked in the microwave)
Instructions
Preheat oven to 200 C
Unroll the puff pastry and cut into square pieces. Wrap each piece around a piece of cheese. Pinch all of the seams closed very well and gently roll the dough to create a round shape.
Cut the slices of bacon to just fit around the dough and secure with a toothpick..
Place on a parchment paper lined pan. Bake 15 minutes or until dough is browned. You can expect some bits of cheese to leak out.

Viennas in n jassie
VIENNAS IN ‘N JASSIE
1 pak blaardeeg (puff pastry)
Viennas
Dun skyfies kaas
1 pak simba skyfies of tortilla tjips- enige geur (fyn gemaak)
Bietjie melk
Oond 180C
Volg stappe soos op foto bo
Sny deeg in langwerpige stukke
Sit stukkie kaas op en vienna
Rol toe
Smeer met melk en rol dan in die fyngemaakte skyfies
Plaas op gespuite bakplaat en bak vir 15/20 minute tot goudbruin en opgepof
Bedien met tamatiesous
*
SPEKWIELIETJIES
1 rol skilferkorsdeeg
30ml mayonnaise
30ml blatjang
2,5ml droë mosterd
250g spek gekap
250ml cheddarkaas gerasper
2,5ml gemengde droë kruie
1 eier
bietjie melk
Stel oond op 200 C.
Rol skilferkorsdeeg redelik dun op meelbestrooide oppervlak uit.
Meng mayonnaise, blatjang en mosterd.
Smeer oor uitgerolde deeg.
Strooi spek oor, gevolg deur kaas en kruie.
Rol deeg soos rolkoek op.
Plaas in vrieskas tot snybaar.
Sny opgerolde deegrol in 1 cm skyfies.
Plaas op gesmeerde bakplate.
Kliets eier met bietjie melk en verf oor elke wieletjie.
Plaas bakplate in oond en bak 15min of tot goudbruin.
Sit louwarm voor
*
MOSTERD EN SESAME VLINDERS
1 rol klaargemaakte blaardeeg ontdooi
65ml dijonmosterd
35ml heuning
80ml sesamsade
Oond op 200 C.
Maak blaardeeg op ‘n stuk kleefplastiek oop.
Meng mosterd en heuning en smeer dit eweredig oor deeg.
Strooi sesamsade oor.
Rol deeg versigtig van die breë kant af tot by die middel toe op.
Draai om en rol die ander kant tot by die middel.
Draai in kleefplastiek toe en vries tot jy dit bak.
Haal uit die vrieskas en laat effens ontdooi.
Sny in skywe van 1 cm dik en sit op gesmeerde bakplaat.
Bak vir 15 min of tot goudbruin.
*
KAASPOFFERTJIES
2 koppies meel
Sout
1 koppie meel
4 t bakpoeier
2 eiers
1/2 koppie olie
Knippie paparika
Meng die droe bestandele saam. Klits die eier, melk en kook olie saam en meng saam droe bestandele. Roer n koppie kaas by en bak in kolwyntjie panne vir 7-10 min op 200 grade.
*
DRIE KASE POFFERTJIES
2 kop meel
2tlp bakpoeier
2 eiers
1 pakkie three cheeses (of die potatobake een of die pasta bake een)
1 kop warm water
Meng als en bak eetlepels vol in olie tot bruin.
*
GEROOSTERDE HAM EN KAASWIELE
500g mozzarellakaas gerasper
175ml natuurlike jogurt
200ml melk
15ml witwynasyn
3 sprietuie gekap
125g gerookte ham, gekap
1 klein franse brood
60ml botter, gesmelt
30ml gekapte pietersielie
Meng die kaas, jogurt, melk, asyn, sprietuie en ham.
Geur, bedek en sit vir 20min in yskas.
Sny brood in 1 cm snye en pak dit op bakplaat.
Smeer bietjie gesmelte botter oor.
Skep ‘n lepel van die kaasmengsel bo-op elke sny.
Sit brood net voor etenstyd vir 2 – 3 min onder warm oondrooster tot kaas begin borrels maak.
Strooi pietersielie oor.
*
HOENDERFRIKKADELLETJIES
Bietjie olie
1 ui gerasper
740ml hoendermaalvleis
5ml vars pietersielie gekap
Knypie rooipeper
Knypie knoffelsout
250ml gaar aartappel fyngemaak
60ml koekmeel
1 eier geklits
375ml droë broodkrummels
Genoeg olie vir diepvetbraai
Verhit olie en soteer ui vir 3 min.
Voeg maalvleis by en soteer tot gaar.
Vewyder van hitte.
Roer pietersielie, peper, knoffelsout en aartappel by.
Vorm happiegrootte bolletjies in handpalm.
Rol in koekmeel, dan in eier en dan in broodkrummels.
Braai tot goudbruin aan buitekant in genoeg olie.
Sit op kombuispapier om van oortollige olie ontslae te raak.
Sit louwarm of koud saam met doopsous voor
*
BILTONGPATEE IN FILODOPPIES
125 g (¼ blok) botter
250 g (½ pak) filodeeg
Biltong Patee:
klont botter
1 ui, fyn gekap
2,5 ml (½ t) droë gemengde kruie
3 grasuie, gekap
250 ml (1 k) fyn biltong
knypie rooipeper
250 g (1 bakkie) laevetmaaskaas
Stel oond op 200 °C.
Broskorsdeeg: Sif koekmeel en sout. Vryf botter met vingerpunte in koekmeel tot mengsel soos broodkrummels lyk.Klits eiergeel en water en meng by meel-en-bottermengsel tot deeg vorm.
Bedek deeg met kleefplastiek en verkoel in yskas vir 1 uur.Rol deeg op meelbestrooide oppervlak tot ongeveer 4 mm dik uit en voer geskikte quichebak daarmee.Bak tertkors blind vir 15 min. Verwyder bakpapier en boontjies.Vulsel: Verhit olie en soteer ui en knoffel tot sag. Voeg kruie en spek by en soteer tot spek gaar is.Skep spekmengsel op klaar kors. Skep garnale daarop.Geur met sout en peper na smaak.
Klits eiers en melk. Roer room by. Giet bo-oor spekmengsel.Bak vir 45 min. of tot gestol in middel. Ongeveer 40 happies
*
SPINSIE FETA WIELETJIES
750 g brooddeeg
320 g geroomde spinasie
50 – 100 g fetakaas
125 ml room (opsioneel)
Terwyl die deeg rys moet jy die geroomde spinasie ontvries. Indien dit warm word, moet jy dit eers laat afkoel voor jy dit kan gebruik. Meng 50 g gekrummelde fetakaas by die spinasie.
Smeer twee tertpanne of koekpanne met los bodems. Rol die gerysde deeg in ‘n reghoek van 25 x 40 uit. Smeer met die spinasie, en sprinkel ‘n verdere 50g fetakaas oor as jy wil.Rol dit nou in ‘n lang rol op. Sny nou met ‘n skerp mes in wiele van 2 cm breed. Rangskik losweg teen mekaar in die gesmeerde pan. Hierdie is ‘n effens morsige spul, maar jy kan maar net die spinasie terugdruk waar nodig, en jou rolletjies vorm tot hulle reg is. Uit hierdie rol van 40 cm, kry mens rofweg 20 wiele, wat beteken dat jy twee panne uitkry. Laat die broodrolletjies vir 20 minute rys.Voorverhit die oond tot 180 °C. Gooi room oor die rolletjies. Dis werklik opsioneel, die brood is ewe lekker daarmee saam of sonder dit. As jy van daai broodrolletjies hou wat met room gebak word, sal jy van die ook so hou. Bak die spinasierolletjies vir 35 minute, indien jy room oorgegooi het, bak dit ‘n verdere 5 minute. Dit bak soms nog langer, kyk in die middel van die rolletjie, want die spinasie wat so nat vulsel is maak dat dit sukkel om deur te bak.
*
BACON KIPS KOEKIES
1 Pak Bacon Kips
1 Pak Sout en Asyn Chips
Gesnyde Bruin Brood
Margarien
Bovril of Oxo of Marmite
Maak die sout en asyn chips fyn.
Meng genoeg margarien en een van die smere na smaak.
Neem brood en druk met ronde vorm, sirkels uit, groot genoeg om op Bacon Kips te pas.
Smeer sirkelbroodjie en plak die verkeerde kant van die Bacon Kip.
Versier bo-kant en snykante van die broodjie met margarien mengsel.
Probeer die Bacon Kip skoon te hou.
Strooi die gesmeerde deel met fyn Sout en Asyn chips.
Hierdie sout happie is beslis ‘n wenner
*
KAASBALLETJIES
Wit van 2 eiers
6 eetlepels gerasperde Cheddar kaas
1/2 teel sout
knippie rooipeper
Klits eierwitte styf en vou die ander bestanddele in.
Vorm die balletjies so groot soos okkerneute en braai in diep
– olie.
Dreineer op bruinpapier, rol in fyn gerasperde kaas en dien
warm op aan peusel-stokkies.
Lewer 1 dosyn of meer.
*
LEKKER VINNIGE SNACKIES
Groot bruin sampioene
blokkies feta kaas
klaargekoopte blaardeeg
olie vir diepbraai
Sny steeltjie uit sampioene
Druk blokkie kaas in holte van sampioene.
Rol deeg dun uit, sny deeg in sirkels groot genoeg om sampioen toe te maak, maak dit soos geld sakkie, braai in warm olie en bedien dadelik met jou geliefkooste sous.
*
KLEIN PIZZAS
Gebruik 100 mm x 10 mm diep pannetjies (maak 12 pizzas)
6 viennas baie klein opgesny.
8 stukkies koue ham opgesny
250 g fyn stukkies bacon gaar gebraai
3 kaas worsies klein opgesny.
Braai n klein ui en meng saam met die vleis asook heelwat pietersielie.
1 klein groen rissie fyn gesny
10 snye broodkorsies verwyder en bedek met ongeveer 400ml melk.
Meng nou alles saam. Smeer pannetjie baie goed met margerine skep lepelsvol in en strooi mozzerella sowel as gewone cheddar oor, en bak by voorverhitte oond 180 grade C vir 15 minute.
*
TUNA WIELE
1 Rol Blaardeeg
1 blikkie tuna, ontwater
1/4 uie baie fyn gerasper.
3 e Mayo
1 t tamatie sous
sout en peper
Rol die blaardeeg oop, meng al die ander bestandele en smeer oor die deeg. Rol op soos ‘n swiss roll. Laat vir so 15 min in die yskas, sny in dun skyfies en plaas op ‘n gesmeerde bakplaat . Bak tot goudbruin.
Die blaardeeg kan ook in blokkies gesny word of jy kan vormpies uitdruk. Bak die vormpies in diep olie tot goudbruin en uitgepof. Sprinkel Aromat of Rice Spice of potato sprinkle oor.
*
SARDIENTJIE ROLLETJIES
1 Blikkie sardiens in tamatiesous
2 maal soveel snye wit brood as sardiens in die blikkie
Blatjang
Mayonnaise
geklitste eier
Sny korsies van sny bood en rol dunner met koekroller
Haal sardiens uit die sous halfveer en haal die graatjies uit
Smeer blatjang en mayo oor broodjie, sit halwe sardien in en rol op.Steek vas met tandestokkie, doop in eier en diepbraai tot goudbruin. bedien saam ‘n sousie van jou keuse
*
SPEK EN KAAS TERTJIES
1 rol kits blaardeeg
500 g ontbytspek, gesnipper
110 g gerasperde Cheddar-kaas
5 ml mosterdpoeier
Knypie rooipeper
4 eiers, goed geklits.
60 ml melk
Rol blaardeeg uit en druk sirkels af wat groot genoeg is om die holtes van ‘n kolwyntjiepan mee uit te voer. Gebruik 2 kolwyntjiepanne en plaas sirkels in holtes. Meng res van bestanddele saam en skep daarin.
Bak 25-30 minute by 180ºC (350ºF).
*
SHUSI-TOEBROODJIES
Vars snye wit of bruin brood wat sek korsies alles afgesny is
Rol nou die brood met roller tot plat en dun
Smeer nou verskillende vulsels in
Bv:
Vissmeer
Lewesmeer
Kaassmeer
Marmite en kaas
Tuna en mayonaise
Sandwichspread
Gerasperde ham/polonie met bietjie mayonaise en chutney
Roer eiers met tamatiesous
Rol nou die broodjie op soos ‘n worsie
Sny wieletjies van so ongeveer 4cm groot en sit op ‘n bord wat gegarneer is met gekapte blaarslaai.
As dir broodrolletjie loskom, steek met ‘n tandestokkie vas met ‘n uitjie en stukkie kasie ingedruk. Dit vertoon baie mooi.
*
SAMPIOENHAPPIES
16 snye witbrood (vat glas en druk ronde vormpies uit)
1 eetl botter
3 eetl olyfolie
Smelt olie en botter tot gesmelt
Smeer albei kante van broodjie met olyfolie en bottermengsel en bak in oond vir 10/12 min tot goudbruin. Draai broodjie halftyd om dat albei kante gebak is.
Maak vulsel:
halwe ui gekap
1 knoffelhuisie gekap
1 pakkie mushrooms gekap
3/4 kop melk
3 eetl meel
4 grasuie gekap
droe origanum
sout en peper
6 swart olywe ontpit en in ringe gesny
3 eetl droe parmasaankaas
Braai uie, knoffel en mushrooms Voeg meel en melk stadig by roer tot dik
Voeg grasuie, sout peper en origanum by. Meng goed
Skep op broodjies, Plaas ‘n stukkie olyf bo-op en sprinkel parmasaankaas oor
Bak vir 12 minute en bedien
*
KAAS STROOITJIES
110 g meel
5 el botter
60 g gerasperde kaas
1 eier geel
water om te meng
knippie cayenne/rooi peper
knippie seldery sout
sout en peper na smaak
bietjie melk
Sif al die droe bestandele saam. Vryf botter by mengsel in tot dit lyk soos brood krummels. Voeg die kaas by en meng. Roer die eier in sodat deeg kan bind. (gebruik bietjie water as deeg te stuif is). Rol die deeg 5 mm dik uit en sny in 7.5 cm vingers. Plaas vingers op n gesmeerde bakplaat en smeer met bietjie melk. Bak in oond van 230 grade vir 12 min, verwyder en laat 3 min afkoel. Plaas dit op n draadrak met eierlifter sodat dit behoorlik kan afkoel..

KAASSTROOITJIES
Rol skilferkorsdeeg 4mm dik uit.
Smeer geklitste eiergele liggies oor en strooi fyn gerasperde kaas oor
Strooi bietjie paprika of rooipeper oor.
Sny in lang repies, rol op soos ‘n strooitjie, gee ‘n “twist” met die deeg en bak in warm oond by 200 grade tot goudbruin
*
BILTONGHAPPIES
24 Bakers KIPS (biltong-geur)
sagte botter
Bovril
12 ronde skyfies bruinbrood, dieselfde grootte as beskuitjies
mayonnaise
fyngesnyde biltong
250 ml Willard’s aartappelskyfies, fyngedruk
Smeer die Bakers KIPS mildelik met botter en Bovril. Sit ’n skyfie brood op 12 van die beskuitjies en sit die orige 12 beskuitjies bo-op die brood om ’n ‘toebroodjie’ te maak.
Smeer die kante van die ‘toebroodjies’ met ’n dik laag mayonnaise en rol die kante in die biltong. Smeer ook die bokante van die ‘toebroodjies’ met mayonnaise en plaas op ’n bord.
Strooi die skyfies bo-op en bedien.
Lewer 12.
*
WASGOEDBONNELTJIES
3 koppies koekmeel
½ teelepel sout
125gr botter
2 teelepels bakpoeier
1 eier
maalvleis
Vryf botter in meel waarin bakpoeier en sout is. Meng eier met bietjie melk. Meng deeg daarmee. Dit moet rolbare deeg wees. Rol dun uit en sny in klein vierkante. Vul met gaar maalvleis en vou punt oorkruis. Bak in warm olie bo-op die stoof.
*
SPEKVLEISTERTJIES
NB: Doppies kan vooraf gemaak word en in ‘n lugdigte houer bewaar word.
1 k koekmeel
1 ml sout
115 g botter
125g (125 ml) roomkaas
Vulsel:
100 g spekvleis, gekap
1 eiergeel
2 eiers
1 ml sout
1ml swartpeper
10 ml suurlemoensap
5 ml suurlemoenskil gerasper
75 ml suurroom*
15 ml pietersielie, gekap
*Berei suurroom self deur 15 – 30 ml asyn of suurlemoensap by vars room te voeg.
Metode:
Kors:
Sif meel en sout saam. Sny botter met mes by droë bestanddele in. Voeg roomkaas by en meng tot stywe deeg. Draai deeg in kleefplastiek toe en plaas 30 min lank in yskas. Rol die deeg dun uit op meelbestrooide oppervlak en voer kolwyntjiepanne daarmee uit. Prik kort van tertjies en bak 10 – 12 min by 200ºC. Laat afkoel.
Vulsel:
Braai spekvleis tot bros en bruin. Voeg res van bestanddele by en meng goed. Skep van die vulsel in elke doppie. Bak tertjies ongeveer 25 min by 160º
*
KORSLOSE SOUTTERTJIES
1 x 300 g soutbeesvleis (bullybeef)
25 ml koekmeel
2 k gerasperde kaas
1 t mosterdpoeier
1 k melk
knypie rooipeper
2 eiers, geklits
fyngekapte pietersielie
Verwyder vet van soutbeesvleis. Maak vleis goed fyn. Voeg res van bestanddele by en meng goed. Skep mengsel in vormpies of goedgesmeerde/gespuite kolwyntjiepannetjies. Bak vir 15 20 minute tot gaar by 180ºC. Lewer ongeveer sestig klein tertjies.
*
GEURIGE FRIKKADELLETJIES
500 g maalvleis
125 ml broodkrummels
250 ml gerasperde Cheddarkaas
1 eier, geklits
10 ml sout
rooipeper na smaak
Meng al die bestanddele. Vorm klein frikkadelletjies en plaas dit in ‘n oondpan. Bak dit 10 minute land by 160ºC en rooster dit dan onder die oondrooster totdat dit bruin is.
*
COCKTAIL FRIKKADELLETJIES
2 eiers
125 ml water
250 ml vars broodkrummels
5 ml sout
1 ml peper
1 knoffelhuisie, gekap
400 g gemaalde beesvleis
100 g varkmaalvleis
125 gerasperde Mozzarellakaas olie vir diepbraai
Klits eiers en water saam. Voeg krummels, sout, peper en knoffel by en meng dit goed. Laat staan dit 5 minute lank. Voeg die vleis en kaas by en meng alles goed saam. Vorm klein frikkadelletjies en braai in warm olie tot bruin en gaar.
*
KAASWIELIETJIES
Koop 1 rol skilferdeeg en Gerasperde cheddarkaas. Ontdooi skilferdeeg en rol oop, moenie uitrol nie. Besprinkel goed met kaas. Rol op en druk rand stewig vas. Maak toe met gladwrap en plaas half uur in yskas. Haal uit en sny in half cm skyfies met skerp mes. Pak op gesmeerde bakplaat. Sprinkel Aromat oor en bak 20 minute by 200 C.
*
SOUTTERTJIES
1 brosdeeg/puff pastry
Vulsel:
45 ml meelblom
30 ml botter
750 ml melk
sout
4 eiers
1 x 375 g blik weense worsies, in ringe gesny
15 ml gerasperde ui
750 ml gerasperde cheddarkaas
knippie rooipeper
2 ml mosterdpoeier
Rol die brosdeeg dun uit, en sny sirkels van 60 mm deursnee uit. Plaas in die holtes van gesmeerde kolwyntjiepanne.
Maak witsous van meelblom, botter, melk en sout na smaak. Klits eiers en voeg by. Voeg res van bestanddele by en meng goed. Skep in rou korsies in kolwyntjiepanne en bak by 180°C tot goudbruin en gaar.
*
MIKROGOLF SKONES
240g Bruismeel (500ml)
25g Margarien
1 Eier 5ml Sout
1X 175ml Joghurt
50g Gerasperde Cheddarkaas.
Sif droë bestanddele saam: vryf margarien in met vingerpunte.
Voeg eier by, dan Joghurt en meng tot ‘n stywe deeg.
Druk uit liggies, sny uit vorms.
Voorverhit verbruiningsbak 3-minute, smeer margarien liggies oor bodem van bak: ses
skons in op ‘n slag, 1-minuut op hoog aan elke kant.
Bedien met botter, konfyt of stroop

MARMITE/BOVRIL BALLETJIES
1 koppie koekmeel
1 koppie gerasperde kaas
knippie sout
knippie rooipeper
Genoeg melk om ‘n stywe deeg te maak
Verhit die oond tot 180 grade. Meng alles saam. Rol klein balletjies en plaas in gesmeerde oondpan. Bak vir 10 minute. Smelt 250 g botter en 3 eetlepels Marmite / Bovril saam. Dip die balletjies daarin wanneer dit uit die oond uit kom.
*
LEPELSTEELTJIES (4/5 Dosyn)
500 ml koekmeel
2 ml sout
1 ml bakpoeier
250 gram gerasperde Cheddarkaas
250 gram margarien (kamertemp )
appelkooskonfyt
Sif droë bestanddele. Meng kaas by. Meng margarien by. Dit moet sag maar nie gesmelt wees nie.
Meng tot hanteerbare deeg. Rol okkerneut grootte ba…lletjies en plaas in holtes van klein kolwyntjie pannetjies wat met Spray & cook gespuit is.
Druk gaatjie met agterkant van houtlepel maar oppas dat jy nie regdeur tot op pan druk nie.
Skep bietjie appelkooskonfyt in elkeen en bak so 15 minute by 200°C.
Laat afkoel en bere in digte houer. Voor opdiening skep weer bietjie appelkooskonfyt in elkeen want konfyt bak weg.
Ek sit sommer die appelkooskonfyt in my versierbuis dan spuit dit makliker in gaatjie en jy besmeer ook nie kante nie want dit bak donker en lyk nie so mooi nie
*
GESTOLDE KAASVORM
1 (175g) bloukaas (wedge) gerasper
1 klein ui gerasper
1 houertjie gladde (ongegeurde) maaskaas
1 sakkie gelatine
1 houertjie room styfgeklop
75ml mayonnaise
2ml anchovy-essens of 2,5ml vissmeer
Metode:
Klop room styf. Rasper blou kaas en uie by. Voeg maaskaas by. Maak gelatien aan met 100ml kookwater, roer tot glad, laat dit afkoel en gooi by mengsel. Voeg vissmeer (meng met klein bietjie kookwater) of essens by. Meng goed en plaas in ring. Sit in yskas tot gestol.
*
REENBOOG BROODJIES
Om die broodjies aanmekaar te sit gebruik drie snye brood op ’n slag. Smeer van die tuna lekker dik op die eerste sny. Maak toe met die tweede sny. Smeer van die eier op die tweede sny en sit die derde sny bo-op. Herhaal tot al die snye brood gebruik is. Maak die broodjies toe met tinfoelie en plaas in die yskas. Net voor jy hulle bedien, sny jy die korsies af. Sny elke broodjie in vier. Druk een kant van elke broodjie in die fyngekapte pistasieneute.
*
HAMBURGERPATTIES OP ‘N STOKKIE
Braai beefburgers en sny in kwarte. Ryg 1 stukkie deur tandestokkie, dan blokkie kaas, dan gherkin, wat in lengte gesny is, en dan halwe cocktail tamatie en voltooi so die stokkie tot vol. Bedien peri peri sous of sweet chillie sous saam met dit.
*
PEPPADEWS GEVUL MET FETA OF OLYWE
Iets kleurvol vir ‘n bord happies: Vul halwe Peppadews met ‘n blokkie Feta kaas of gevulde olywe
*
GEVULDE EIERS
Ek vat gewoonlik sommer kortpad, Kook die eiers, halfveer, smeer bietjie mayo en sweet chillie oor, sprinkel met pietersielie en pak op jou borde
MEXIKAANSE EIERS
6 hardgekookte eiers
50 ml salsa
50 ml fyngerasperde Cheddar kaas
30 ml mayonnaise
gegarneer met rissiepoeier
Methode om die eiers te vul
Halveer die hardgekookte eiers in die lengte.
Verwyder die eiergeel en plaas die eierwitte eenkant.
Druk die eiergele met ‘n vurk fyn.
Roer die oorblywende bestanddele vir elke variasie by tot goed gemeng.
Skep of spuit met ‘n versierbuis sowat een eetlepel (15 ml) van die eiergeelmengsel in die eierwitholte.
Wenk: Die eiergeelmengsel kan vooraf gemeng word sodat die geure kan ontwikkel. Skep in ‘n lugdigte houer en bêre in die yskas om te verhoed dat dit uitdroog.
ITALIAANSE EIERS
6 hardgekookte eiers
50 ml fyngekapte prosciutto of salami
50 ml mayonnaise
30 ml gerasperde Parmesaankaas
gegarneer met takkies pietersielie en basiliekruid
Methode om die eiers te vul
Halveer die hardgekookte eiers in die lengte.
Verwyder die eiergeel en plaas die eierwitte eenkant.
Druk die eiergele met ‘n vurk fyn.
Roer die oorblywende bestanddele vir elke variasie by tot goed gemeng.
Skep of spuit met ‘n versierbuis sowat een eetlepel (15 ml) van die eiergeelmengsel in die eierwitholte.
Wenk: Die eiergeelmengsel kan vooraf gemeng word sodat die geure kan ontwikkel. Skep in ‘n lugdigte houer en bêre in die yskas om te verhoed dat dit uitdroog.
GRIEKSE EIERS
6 hardgekookte eiers
50 ml Fetakaas, gekrummel
6 groot swart of Calamata-styl olywe
50 ml mayonnaise
gegarneer met skywe suurlemoen, olywe en takkies origanum
Methode om die eiers te vul
Halveer die hardgekookte eiers in die lengte.
Verwyder die eiergeel en plaas die eierwitte eenkant.
Druk die eiergele met ‘n vurk fyn.
Roer die oorblywende bestanddele vir elke variasie by tot goed gemeng.
Skep of spuit met ‘n versierbuis sowat een eetlepel (15 ml) van die eiergeelmengsel in die eierwitholte.
SUID AFRIKAANSE EIERS
6 hardgekookte eiers
50 ml mayonnaise
15 ml gekapte vars pietersielie
50 ml gerasperde of fyngekerfde biltong
50 ml gerasperde Cheddarkaas
gegarneer met dungekerfde skyfies biltong en takkies pietersielie dungekerfde chips
Methode om die eiers te vul
Halveer die hardgekookte eiers in die lengte.
Verwyder die eiergeel en plaas die eierwitte eenkant.
Druk die eiergele met ‘n vurk fyn.
Roer die oorblywende bestanddele vir elke variasie by tot goed gemeng.
Skep of spuit met ‘n versierbuis sowat een eetlepel (15 ml) van die eiergeelmengsel in die eierwitholte.
FRANSE EIERS
6 hardgekookte eiers
50 ml gekapte gaar spinasie, goed gedreineer
50 ml Brie-kaas, in blokkies gesny
50 ml mayonnaise gegarneer met gekapte tamaties
Methode om die eiers te vul
Halveer die hardgekookte eiers in die lengte.
Verwyder die eiergeel en plaas die eierwitte eenkant.
Druk die eiergele met ‘n vurk fyn.
Roer die oorblywende bestanddele vir elke variasie by tot goed gemeng.
Skep of spuit met ‘n versierbuis sowat een eetlepel (15 ml) van die eiergeelmengsel in die eierwitholte.
*
KAASSTOKKIES
1 X 180 gram blok prossesed kaas of cheddarkaas
1 pak spring rolls
Water vir die seel van die springroll
1 koppie canola olie
Sny die kaas in 1/2 cm dik (alle kante) met ‘n lengte van 3 – 4 duim.
Sny die springrolls in 2 (vou in die middel maak 2 driehoeke.)
Draai die kaas met die springrolls toe. Vou eers die kort kante in, en vou dan om die kaas.
Verseël die kante met water.
Verhit die olie.
Diep-braai die kaas stokkies vir 4 minute of totdat die kleur van die springroll goudbruin is
Sit voor met tamatiesous eofmayonnaise of sweet chillie sous
*
DIEPGEBRAAIDE ROOMKAASVINGERS
1 x 250 gr Lancewood Superior roomkaas
150ml broodkrummels
30ml sesamesaad
Sout en gemaalde swart peper
2 eier – geklits
150ml meel
Olie
Sny kaas in helfde deur – horistonaal – en sny vingers van 2cm – Meng die broodkrummels sesamsaad en sout en peper
Doop kaasvingers in eier en dan in meel en dan weer.. in eier en dan in broodkrummels. Braai vingers in olie tot alle kante goudbruin is. Dreineer op kombuispapier.
Maak sousie van : 1 cm gemmer fyngekap, 1 knoffelhuisie fyn gekap, 30 ml sojasous, 45ml heuning, 30ml suurlemoensap, 2ml olyfolie, 1 brandrissie gekap.
Bedien op bord met vingers, sousie en suurlemoenskyfies
*
SOUT KAASKOEK:(Versnappering/smeer saam met kaaskoekies)
500gr fetakaas
250ml room
1 houertjie room maaskaas (enige geur)
1 ui gekap
15ml gelatien opgelos in 40ml koue water (laat staan vir 10 min en verhit net effe in mikkie tot gesmelt)
so ‘n klein stukkie green/red en yellow pepper (fyngekap) net vir kleur
Gemaaalde swartpeper
Klits room styf
Voeg fetakaas, maaskaas, ui en peppers en gemaalde swartpeper by
Meng goed
Gooi gelatienmengsel by.
Sit in tupperware bakkie met foil onder in en bere in yskas – as wil gebruik, haal foil uit, dop om in kaasbord en rangskik koekies om die fetakaas koek.
*
GRIEKSE ORETIKO: (fetakaas versnaperings saam met soutkoekies)
225gr fetakaas
100gr botter
100g suurroom
12 olywe ontpit en gesnipper
1 stingel ui (gekap)
1 red pepper klein (gekap)
Klits feta en botter sam tot glad en roomerig. Gooi al die ander bestandele by en meng goed.
Bere in yskas tot ferm.
Ek sit dit altyd in ‘n vierkantige tupperware bakkie met foil onder in – as wil opdien, tel die foil uit die bakkie, dop om in bord en pak die koekies om die kaas.
*
FETAKAAS-EN-GREMOLATA-BALLETJIES
225gr fetakaas
15ml suurlemoensap
20ml vars pietersielie(gekap)
1 knoffelhuisie (gekap)
50gr broodkrummels
Gemaalde swartpeper
Klits met menger/voedselverwerker al bo-genoemde bestandele behalwe peper en broodkrummels. As goed gemeng is, roer krummels by.
Rol nou duif grootte bolletjies en rol in swartpeper
Bewaar in die yskas tot benodig
*
KAASSMEER
1kg prossesed cheese (Berg Prossesed cheese)
500gr botter (enige maak- ek gebruik sommer goedkoop blokbotter)
2 kop volroom melk
Sny alles in blokke – gooi in pot saam met melk en smelt op lae hitte – as alles gesmelt is vat jou whisk en maak lekker glad – NB dit moet nie kook nie anders is dit geneig om te skif (Smelt net en as eerste borreltjies vorm, haal af. Bottel warm – opsioneel, jy kan bietjie biltong skaafsels ingooi
Skep uit in bakkies en bedien saam met soutkoekies – of smeer jou soutkoekies met dit en sit ‘n peppadew of mossel ens op
*
COCKTAIL FRIKKADELLETJIES
2 eiers
125 ml water
250 ml vars broodkrummels
5 ml sout
1 ml peper
1 knoffelhuisie, gekap
400 g gemaalde beesvleis
100 g varkmaalvleis
125 gerasperde Mozzarellakaas olie vir diepbraai
Klits eiers en water saam. Voeg krummels, sout, peper en knoffel by en meng dit goed. Laat staan dit 5 minute lank. Voeg die vleis en kaas by en meng alles goed saam. Vorm klein frikkadelletjies en braai in warm olie tot bruin en gaar.
*
KLEIN VLEIS PASTEIE/ROLLETJIES
8 kop meel
1 tl sout
500gr to bake stork margarine
Rasper die botter in die meel en soutmengsel in en vryf in met jou vingers
Meng 4 eiergele met 4 eetl asyn en gooi 500ml YSKASWATER by
Meng alles goed en rol uit
Sny jou blokkies vir die pasteitjie – ek en my ma het die groote mooi uitgewek. Sny dit 5cm by 7 cm – dit is ‘n mooi fyn maar groot genoeg pasteitjie.
Vleismengsel.
Maak maalvleis gaar op stoof SONDER ENIGE WATER OF UIE. Voeg sout en peper by na smaak.
Maak mash aartappels – kook net die aartappels op en mash met klein bietjie melk
Die formule moet wees bv 1kg maalvleis op 1 kg mash – of 500gr op 500gr – jy bepaal hoeveel pies jy wil maak
Meng die maalvleis en mash en gooi 1 TEELEPEL KAKOA by en meng goed.
Vat jou vinger, maak nat met water en smeer bo-oor die pasteideeg. Sit vleis in en rol toe.
Seel jou kant mooi toe met water op die vinger wat jy smeer tot glad.
Pak jou vleispasteitjies op bakplaat en dan:
Vat 1 eetlepel mayonnaise gemeng met 1 eiergeel. Met jou kwassie verf die hele vleispasteitjie mooi – ooral – probeer om nie plekkies te mis nie want die mayonnaise gee die pie so ‘n mooi bruin goue kleur as gebak is, en as daar plekkies is wat jy nie geverf het nie, is daar wit kolle op die pie.
Bak vir ongeveer 30 min by 150 grade C
*
KAASSKONS
2 koppies meel
2 teelepels bakpoeier
1 teelepel suiker
1/2 teelepel sout
knippie rooipeper (opsioneel)
2 koppies gerasperde kaas
1 koppie volroommelk
Verhit die oond tot 220 ° C. Plaas die bakplaat in die oond om warm te word.
Sif meel, bakpoeier, sout, suiker en rooipeper in ‘n bak. Meng kaas by. Maak ‘n holte in die middel van die meel..
Bestrooi jou werksoppervlakte met meel en sorg dat jou oond op hitte is.
Voeg die melk by, meng deur met ‘n mes. Keer uit op ‘n meelbestrooide oppervlak en vinnig vorm ‘n 3 cm dik reghoek. Sny in 8 stukke en sit op meelbestrooide, warm bakplaat. Bak vir 15-20 minute. Jy sal ruik as julle gereed is. Dit sal mooi opgepof en goudbruin wees.
Jy kan die resep ook in jou muffin pannetjies bak wat gespuit is met spray en cook.
Heerlik! As jy dit nie dadelik wil eet nie, die resep vries goed.
*
ONFEILBARE SKONS
2 koppies meel
4 teelepels bakpoeier
sout
2 eiers
1 koppie melk
½ koppie olie
Metode:
Meng die droë bestanddele.
Klits die eier, melk en kookolie saam en meng
met droë bestanddele.
Bak in kolwyntjie pannetjies vir ongeveer 8 na 10 min.
VIR KAASSKONS: Gooi handvol kaas in beslag, gooi gerasperde kaas bo-oor, bietjie pietersielie en paprika.
*
PIEKNIEK MUFFINS
3 gerookte Weense worsies fyn gedruk
500 ml koekmeel
15 ml bakpoeier
2,5 ml sout
2,5 ml rooipeper
125 ml gerasperde Cheddarkaas
5 ml gesnyde pietersielie
1 groot eier (of 2 gewone eiers)
250 ml melk
45 ml olie
Maak die worsies so 5 minute warm in kookwater, dreineer en druk fyn. Meng die koekmeel, bakpoeier, sout, rooipeper, kaas en pietersielie in ‘n mengbak. Gooi die fyngemaakte worsies by. Klits die eier(s) melk en olie en gooi dit by die koekmeelmengsel. Roer totdat mengsel droog is en eweredig klam. (Te veel geroer sal die muffins taai maak.) Skep die deegmengsel in kollewyntjie- of muffin-pannetjies (12) wat goed gesmeer is en bak vir 20 minute by 200 C tot goudbruin
*
SOUT MUFFINS (stork resep)
Lewer 10-12
500 ml (2 k) koekmeel
20 ml (4 t) bakpoeier
2 ml (½ t) sout
5 ml (1 t) mosterdpoeier
75 g spek, gebraai en fyn gekap
75 g gerasperde cheddarkaas of gekrummelde fetakaas
4-6 ontpitte swartolywe, gekap
150 g STORK BAKE
125 ml (½ k) karringmelk of volroommelk
1 ekstragroot eier
Voorverhit die oond tot 200 °C.
Smeer ’n muffinpan met 12 holtes.
Sif die droë bestanddele saam.
Voeg die spek, kaas en olywe by en meng liggies.
Smelt die STORK BAKE en laat afkoel.
Voeg die karringmelk of melk en eier by en klits tot goed gemeng.
Voeg dit by die droë bestanddele en sny dit liggies met ’n mes in tot net gemeng.
Skep die beslag in die gesmeerde holtes.
Bak 25-30 minute of tot ’n toetspen skoon uit die middel kom.
Laat afkoel en sit voor met ekstra STORK BAKE, biltong en kaas.
*
Bak die souttert en sny is blokkies of bak in muffin pannetjies
KORSLOSE SOUTTERT
250 gr spek gesnipper
250 gr weense worsies fyn gekap en gesny of enige kouevleis is ook reg
500ml gerasperde kaas
1 ui gekap
35 ml rosyne
10 ml pietersielie
40ml meel
5ml mosterd
Sout en peper
250ml melk
4 eiers
Meng melk en eiers
Meng al die ander bestandele saam en gooi die melk en eier mengsel by – Meng deurmekaar en bak
vir 30/40 min by 180 grade C
*
KORSLOSE SPINASIE SOUFFLE
Neem 2 pakke bevrore of vars gekapte spinasie (1 bossie) en ontdooi. As rou is, kap fyn.
Klits 4 eiers
2 koppies lae vet Griekse jogurt,
1 teelepel sout,
1 teelepel knoffel poeier
½ teelepel swartpeper.
Roer in 1 ½ koppies gekerfde mozzarella, en die spinasie, dan gooi mengsel in muffinpan.
Pop in die oond, vooraf verhit by 180 grade C en bak vir 30-35 minute tot gestol en effens opgepof. Toets met ‘n tandestokkie of gaar is.
*
HAMBALLETJIES
2 k Gemaalde gaar ham
2 T aangemaakte mostert
½ k Geasperde Cheddar kaas
Gekapte Pietersielie
1 t Sout
1 t Peper
½ k Mayonaise
Meng alles behalwe pietersielie met mayonaise om mengsel te bind. Vorm balletjies en rol in pietersielie. Bedien koud

Hier is die sosatiestokkies wat ek gemaak het, het springrolls en samoosas saam bedien
SOSATIESTOKKIES
Maak maalvleisolletjies deur jou maalvleis te meng met;
Bietjie bruin uiesop, gerasperde wortel en aartappel, ‘n eier, sout en peper en bietjie worstersous
Rol balletjies en bak in oond vir so 8 na 10 minute
Laat afkoel
Braai dunwors tot gaar en sny in stukkies
Klein sosatiestokkies
Ryg nou op maalvleisbolletjie, stukkie kaas, stukkie wors, groen of rooi uitjie, maalvleis bolletjie en kersie
Smeer sweet chillie sous oor die sosatie en pak jou bord

Eierpuffies met samoosas
EIER PUFFIES
Kap tamaties, uie, groen geel en rooi rissies fyn
Spuit jou pannetjie
Sit bietjie van die mengsel onder in die pannetjie
Klits eiers en klein bietjie melk
Gooi bo-op mengsel tot pannetjie amper vol is
Gooi gerasperde kaas oor en bak by 180C tot gaar en gestol in die middel

Hier is die mayo scons – regs en links op die bord. Neem viennas sny ins 5 stukkies, sny kruise in op elke kant, braai in olie, laat afkoel en steek vas met stukkie kaas
Maak die Mayo scons, sny oop en vul met kerriemaalvleis. Jy kan ook gekoopte brooddeeg neem, dit in duifeier grootte rol, in diep olie braai en die kerriemaalvleis insit
MAYO SCONS
2 koppies bruismeel of 2 kop meel en 15ml bakpoeier
4 eetlepels mayonaise
1 koppie melk
1 teelepel suiker
½ kop gerasperde kaas
Meng die droe bestandele, kaas en olywe
Meng melk met mayonaise en meng by droe mengsel in
Skep in muffin pannetjies. Gooi bietjie gerasperde kaas bo-oor en paprika of rooipeper
Bak in oond 10/12 min by 220 C
PAAR IDEES VAN BORDE WAT EK AL GEPAK HET (RENS)

Paar borde wat ek al gepak het !!!! Jammer daar is hier en daar ‘n gaatjie maar die mense het al paar goedjies begin eet teen die tyd wat ek die foto’s geneem het !!





Klaar voorbereide deeg, rol in duifeier grootte, braai soos klein vetkoekies tot gaar, sny oop en vul met kerriemaalvleis



Pak net jou wors en maalvleis bolletjies in teenoorgestelde kante, ek was te haastig en het dit eers later agtergekom. Moenie dit langs mekaar pak nie Rens


Like this:
Like Loading...
You must be logged in to post a comment.