Tag Archive | kaneelsuiker

Roomkaas rolletjies


roomkaas rolletjies

 

Kaneel ROOMKAAS Rolletjies

Bestanddele:
Een brood (enige brood wat jy wil gebruik – wit of bruin)
125gr botter (gesmelt)
1/3 kop suiker (vir roomkaas)
1/3 kop suiker (vir broslaag)
1 teelepel kaneel
1 eetl versiersuiker
250gr Roomkaas

Metode:

Roomkaas moet kamertemperatuur wees. Meng 1/3 koppie suiker by roomkaas. In ‘n ander bak, meng die kaneel, suiker en versiersuiker saam . Met ‘n koekroller, rol die snytjies brood plat. Sny die korsies af. Smeer roomkaas oor die brood, en sprinkel bietjie van die kaneelsuiker mengsel bo-oor. Rol die broodjie op. Verf van die gesmelte botter bo-oor die hele rolletjie. Dit moet goed gesmeer wees, maar moenie die brood “soggy” maak nie. Rol in die kaneelsuiker en versiersuiker mengsel. Steek vas met tandestokkie indien verkies. Plaas op bakplaat wat gespuit is, en bak in voorverhitte oond by 180C vir 20 minute.
Bedien na smaak. Gebruik stroop, sprinkel met versiersuiker, roomys, vars aarbeie of sommer net so …..

Advertisement