Tag Archive | karamel

Kaaspoffertjies


kaaspoffertjies

Idee gekry by: Koek En Tert

KAASPOFFERTJIES
RESEP EN FOTO VANAF SARIE KOS

1 vel (400 g) blaardeeg /puff pastry
150 g cheddarkaas, gerasper
1 eier
15 ml melk

STAP 1
Verhit oond tot 200 °C. Rol blaardeeg ‘n bietjie dunner en plaas helfte van kaas op een helfte daarvan.

STAP 2
Vou toe en rol weer dun uit. Herhaal proses totdat al die kaas in die deeg ingerol is.

STAP 3
Druk vorms daaruit en plaas op ‘n bakplaat wat met gesmeerde bakpapier uitgevoer is. Klits eier en melk saam.

Verf poffertjies met die mengsel en plaas in warm oond. Bak vir 15 – 20 minute. Hou poffertjies in ‘n lugdigte houer.

Hierdie idee is baie oulik vir enige vulsel wat jy wil gebruik, tuna mengsel, hoender, polonie, bully beef, maalvleis, wat van nutella, konfyt, karamel kondensmelk ens.

Karamel tert


caramel pie

 
KARAMEL TERT
Bestanddele
1 koppie suiker
¼ koppie water
1 ¼ koppies room
250gr semi-soet sjokolade, opgesny
2 eetlepels botter of margarien
2 teelepels vanieljegeursel
1 ¾ koppies okkerneute of pekaneute , grof gekap en gerooster

1 klaar voorafbereide kors (gaar)
Of:
1 pakkie tennisbesuitjies (fyn) of 1 pakkie oreo koekies fyngekap
100gr botter gesmelt
Meng en druk vas in tertbak vir kors

Metode:
In 3-liter kastrol, verhit suiker en water op medium-hoog totdat suiker opgelos is en ligte bruin kleur gevorm het. (amber colour) Dit is ongeveer 15 minute
Intussen, mikrogolf ¾ koppie room op hoog vir 45 sekondes of tot warm. Plaas oorblywende 1/2 koppie room in yskas vir later om bo-oor te sit.
Verwyder kastrol van die hitte. Roer in warm room tot ‘n gladde karamel vorm (karamel sal styf word wanneer room bygevoeg word). Roer sjokolade en botter by tot heeltemal deurgesmelt. Roer vanieljegeursel en 1 ½ koppies neute by. Hou die ander ½ kop eenkant vir later bo-op die tert. Gooi warm sjokolade in tertkors. Laat afkoel – 1 uur op ‘n draadrakkie, dan bedek en plaas in yskas vir minstens 3 ure of tot gestol.
Net voor opdiening, klop ½ kop room styf, smeer oor tert en sprinkel orige neute oor.

Karamel tert koekies


chocolate salted tarts

 
Chocolate Salted Caramel Tart Recipe:
Adapted from Vanilla Garlic
Makes 6 small 8-cm tarts or one big 22-cm tart

For the Crust:

• 110 gr butter, softened;
• 100 gr sugar;
• 1 large egg yolk;
• 130 gr all purpose flour;
• 30 gr cocoa powder.
In a large bowl, beat butter and sugar until creamy. Beat in the egg yolk. Combine the flour and cocoa powder and add them to the butter mixture. Mix in until it just comes together. Roll out the dough or form it just pressing it with your fingers into 6 8-cm rings laid down on a paper lined baking tray. Fridge the tarts shells for an hour to set. Meanwhile preheat the oven to 180º C. Prick the tart shells all over with a fork and blind bake until cooked through, about 15 minutes. Cool on a wire rack.

For the Caramel:

• 125 ml water;
• 400 gr granulated sugar;
• 60 gr glucose;
• 125 ml heavy cream;
• 110 gr butter (if using salted butter skip the salt below);
• 15 gr flaked sea salt.
In a saucepan, whisk together the sugar, glucose and the water and bring to a boil. Salt can be added at this initial step (skip if using salted butter), but I prefer to add it at the end in order to preserve the salt crystals. Cook without stirring until amber colour, if using a candy thermometer it should reach 180º C . Remove the pan from heat and whisk in the butter and the cream until smooth. Pour caramel into cooled tart shells and refrigerate until firm, around 4 hours.

For the Ganache:

• 120 gr heavy cream;
• 120 gr high quality dark chocolate
• Sea salt or kosher salt for garnish
Bring the cream to a simmer. Then pour the hot cream over the chocolate. Wait for a minute, then stir to obtain a smooth ganache. Pour the ganache evenly over the tarts and refrigerate for further 4 hour. Before serving sprinkle with sea salt, but not before as it will melt away.

Tip: If you have any caramel left, wait till it hardens, then tear small pieces of it and dip them in dark chocolate.e

Koekies – Meule en koekiedrukker Resepte


Koekies – Meuletjies Resepte

Koffiekoekies - Photo Przezornie

Koffiekoekies – Photo Przezornie

Koffiekoekies

750ml botter
250ml suiker
25ml stroop
25ml koffie ekstrak
5ml vanilla
60ml melk
5ml koeksada
5 koppies koekmeel
½ teelepel sout

Klop botter en suiker goed. Meng melk en koeksoda.Meng alles met koekmeel en knie. Gebruik vleismeule of koekiedrukker en sny koekies. Bak ± 20 minute by 180C.

VULSEL:
250ml suiker
125ml melk
250ml botter
5ml vanilla

Kook alles saam vir 5 minute. Klop tot koud en styf. Skep in gaar koekies en sit op mekaar.

Koffie Koekies (Vleismeul)
500 g margariene
2 k suiker
500 g stroop
3 t koeksoda
½ koppie baie sterk koffie
1 t vanilla
8 k meel

Meng margariene en suiker, voeg stroop by, maak koeksoda aan met koffie.
Gooi vanilla by.
Sif meel by en maak styf genoeg aan om deur vleismeule met die nodige hegstuk te gaan

Vulsel:
½ pak versiersuiker
2 e hoogvol margarien
1t vanilla
2e baie sterk koffie
Sout

Meng goed. Laaste die koffievloeistof. Sit 2-2-opmekaar met vulsel

Madri se Koffie Koekies
750ml botter
250ml suiker
25ml stroop
25ml koffie
5ml vanilla
60ml melk
5ml koeksoda
5 koppies koekmeel
halwe teelepel sout
klop botter en suiker goed. Meng melk en koeksoda. Meng alles met koekmeel en knie. Sit deur vleismeuletjie of rol uit en druk vormpies.
bak 20 min @ 180 grade C
Vulsel:
250ml suiker
125ml melk
250ml botter
5ml vanilla
kook alles saam vir 5 minute. Klop tot koud en styf. Skep op gaar koekies en plak op mekaar

Klapper Koekies (Vleismeul)
3 ½ k meelblom
½ t vanilla
½ t koeksoda
1 ¼ k suiker
½ t bakpoeier
250g margarien
1k fyn klapper
2 eiers
½ t sout

Meng botter en suiker deeglik.
Klits eiers in, voeg klapper by. Dan die orige droe bestanddele.
Maak koeksoda aan met 1E melk.
Meng goed tot reg vir vleismeul

Kondensmelk Koekies (Vleismeul) (baie bros)
12 k koekmeel
1 blik kondensmelk
3 k suiker
1 e stroop
1 ½ pd margarien
3 t koeksoda
4 eiers
3 t kremetart
½ t sout

Room margarien en suiker, gooi eiers een vir een in.
Voeg kondensmelk en stroop by.
Meng goed.
Gooi meel, koeksoda, kremetart en sout by.
Maak aan tot verlangde styfte en sit deur vleismeul met koekiemaker vooraan.
(Kan ook bolletjies gemaak word.)
Sit opmekaar met appelkooskonfyt of vanilla versiersuiker.

Custard Biscuits - Photo Cityhippyfarmgirl

Custard Biscuits – Photo Cityhippyfarmgirl

Custard biscuits

Mariska Jordaan
400g cake flour, 130g
custard powder,20ml bakingpowder 1ml
salt,250g butter,200g sugar,2xtra large
eggs,5ml vanilla,30 glance cherries.
Method: preheat oven-180 C. Sif
together cake flour,custard and salt.
Cream together butter,sugar eggs and
vanilla.gradually add flour mixture to the
butter mixture and combine well to form
a soft dough.shape dough into biscuits
with a biscuit gun or biscuitmaker.place
on baking sheets and decorate each
biscuit with a quarter cherrie.bake
10-15min. Moenie bakplaat smeer nie

Kookmelk Koekies

6x250ml ongesif afgemeet koekmeelblom
1ml sout
500g margarien 500ml suiker
125ml melk 10ml koeksoda
Meng koekmeelblom en sout. Vryf margarien met vingers daarin tot goed gemeng. Verhit suiker, melk en koeksoda saam oor matige hitte in ‘n groot kastrol tot kookpunt. Roer af en toe en pasop vir oorkook, want mengsel begin skuim wanneer dit begin kook. Gooi warm kookmelkmengsel oor meelmengsel en meng goed. Plaas in ‘n houer met ‘n deksel, maak toe en verkoel oornag. Maak koekies en plaas ‘n entjie uitmekaar op ‘n bakplaat. As die deeg in balletjies gerol word, druk hulle met ‘n vurk platter. Bak in ‘n voorverhitte oond by 200C vir 10-12 minute. Laat effens afkoel en plaas dan op ‘n draadrak om heeltemal koud te word. Hierdie deeg kan ook deur ‘n vleismeul koekiemaker gedruk word met verskillende vorms.

Koekie Deeg vir uitrol, meule of drukker
Washielah Adams
250g botter, 250ml olie, 250ml icing sugar, 8 soplepels vlapoeier, 3-4k meel. Meng 1ste 3 bestandele saam. Voeg vla by en dan meel tot jy n sagte maar verm deeg het. Plaas in drukker. Jy kan ook half kop kakao en half kop choc-chips byvoeg verminder net meel. Vir lemoengeur rasper lemoenskil en voeg lemoensap by. So verander jy net en hou net die meel hoeveelheid dop.

Kitspoeding Koekies (Karamel koekies)

Linda Van Heerden

1 pakkie kits poeding – Royal of Moirs – Karamel geur (mens kan enige geur gebruik, soos sjokolade, aarbei, ens. Die karamel kom lekker uit)
2 koppies koekmeel
250 ml margarine
2 teelepels bakpoeier
Knippie sout
2 eiers

Verhit oond tot 180 grade Celcius
Smeer koekie pan met margarine of bespuit met spray en cook
Room margerien en kits poeding saam tot romerig
Klits eiers in
Voeg meel, bakpoeier en sout by
Vorm deeg
Die deeg kan met ‘n koekiemaker in vormpies gedruk word, of

Rol uit op meelbestrooide oppervlak, so 0,5 tot 0,8 mm dik
Druk vormpies uit
Wanneer mens die koekies op die bakplaat sit, sit dit effens uitmekaar, want die koekies rys nogal baie, as jy dit te naby aan mekaar sit, gaan dit in mekaar in rys.
Laat effens op die pan afkoel voordat jy dit met ‘n spaan afhaal en op ‘n afkoelrakkie plaas.
(daar is geen suiker in die resep nie, die kitspoeding is klaar soet)

WATTER VORMPIE DRUK WATTER KOEKIE ??

koekies 00

 

koekies 000

Karamel Varktjops


Karamel varktjops

Karamel varktjops

Karamel varktjops

4 varktjops
Braai in pan gaar met suurlemoensap en lemoenpeper (of net sout en peper as nie lemoenpeper het nie)

Maak sousie van :
50ml bruinsuiker
50ml tamatiesous
50ml water
Gooi bo-oor tjops

Laat prut tot sousie lekker taai en karamel begin raak

Bedien met kapokaartappels en mengelslaai