
HOT MILK SPONGE
2 cups milk
250 g butter or margarine
6 eggs
2 1/ 2 cups sugar
4 cups flour
1/ 2 tsp salt
2 tbs baking powder
Preheat oven to 200 C
Grease and line oven tray
Place milk in a saucepan with the butter
Stir until butter has melted and it reaches boiling point.
Keep aside
Whisk the eggs in a large bowl, adding sugar gradually.
Beat until mixture is thick and double in volume
Sift in the dry ingredients and fold in the hot liquid
Pour into prepared baking tray
Bake for 20-25 minutes or until springy to the touch
Turn out to cool.
WARM MELK SPONSKOEK
Dawn Botha Hierdie is ‘n resep wat ek by my oorlede mammie gekry het
SponsKoek:
Sif saam:
2 k. meel
4 t. bakpoeier
knippie sout
Kook saam:
½ k kookolie
½ k melk
½ k water
Laat afkoel.
Klits :
4eiers en 1 ½ k suiker baie goed saam.
Vou meel goed by eier mengsel. Voeg gekookte mengsel bietjie bietjie op ‘n slag by en klop goed.
Mengsel genoeg vir 2 9duim panne. Bak 35 min of tot mengsel gaar is by 180 grade C
Katherine Greyling.
MAKLIKE PLAATKOEK
KLITS:
6 eiers
3 koppies suiker
1koppie olie.
MENG MET: 500gr bruismeel; 1koppie melk (nog ‘n bietjie); sout; vanielje. Maak gelyk in pan (effens platter in middel). Bak 30min by 180 C.
Ananda Laubscher
VANILLA PLAATKOEK
500gr suiker
6 eiers
1 teelepel vanilla
350ml water
200ml olie,
500gr meel
6 teelepels bakpoeier
knippie sout
Klits suiker, eiers en vanilla saam vir so 10 min, gooi water en olie by en meng vinnig deur, gooi meel en sout in en meng goed, gooi bakpoeier laaste in. Bak vir 40 min op 180 grade.
Vir sjokolade koek: laat 60 ml meel uit en voeg 60 ml kakoa by.
3 INGREDIENTS SPONGE CAKE
Adapted by: Food.com
6 eggs, separated
1 cup self raising flour
1 cup caster sugar
Method:
Separate the 6 eggs and use the yolks, add the sugar – mix well with whisk
Beat egg whites – it must be almost stiff
Mix together
Bake in oven at 180 C (350 F) for 30 min
3 BESTANDELE KOEK
6 Eiers
1 Koppie suiker of strooisuiker
1 Koppie bruismeel
Skei die eiergele en witte
Gooi helfte van suiker by eiergeel en klits goed
Klop eierwit tot amper styf
Gooi ander helfte suiker by die wit en klop goed.
Meng nou die geel en wit
Voeg meel bietjie vir bietjie by terwyl jy meng
Meng gerasperde skil van een lemoen by
Gooi mengsel in koekpan en bak by 180 C vir ½ uur
DIE GROOT GEHEIM BY DIE KOEK IS – KLITS TOT “FLUFFY” BESLAG
WIT OF SJOKOLADE KOEK
Bestanddele Koek
1 k Meelblom
1 k Suiker
1 t Bakpoeier
3 e Kakao
4 Eiers
½ k Kookwater
½ k Olie
1 t Vanielje
Knippie Sout
Bestanddele Sous
1 Blik Carnation Ingedampte Melk
2 e Botter
2 e Suiker
Bestanddele Versiering
200 g Sjokolade Melk
Metode Koek
Klits eierwitte styf en voeg bakpoeier by en hou eenkant. Sif die droë bestanddele saam en voeg suiker by. Verhit die olie en water en voeg by meelmengsel. Roer dit goed. Klop eiergele en vanielje saam en voeg by mengsel. Vou eierwitte in mengsel en gebruik metaallepel. Plaas mengsel in panne en bak vir 25 minute teen 180º C.
Metode Sous
Smelt al die bestanddele saam en gooi oor warm koek.
Metode Versiering
Plaas die twee afgekoelde helftes op mekaar met enige lekker konfyt. Smelt sjokolade en meng met ‘n bietjie melk. Gooi oor afgekoelde koek.
Wenk
Vir ‘n wit koek laat die kakao uit.

BOTTERKOEK
Rencia Odendaal Pretorius
Meng saam:
2 ½ kop meel
1tl sout
½ kop sagte botter
2/3 kop melk
1 en kwart kop suiker
3 tl bakpoeier
Meng goed
Voeg by:
1 tl vanilje
3 eiers
Bak vir ongeveer 25min by 180 grade C

4 Kop koek vir sny doeleindes bv kinderkoeke met temas
4 KOP KOEK (kan met gemak 2x aangemaak word vir plat pankoek)
HIERDIE KOEK WERK LEKKER OM KINDERKOEKE TE MAAK – MAKLIKE STEWIGE KOEK VIR SNY DOELEINDES
(Vir sjokolade koek, voeg 4 eetl kakoa by)
4 koppies meel
4 eiers
4tl bakpoeier
250gr botter
2 kop suiker
2 kop melk
½ tl sout
1 tl vanilje
Room botter en suiker en voeg eiers by
Voeg droe bestandele en melk by
Voeg vanilje by
Bak vir 1 uur by 180grade C
VEERLIGTE SPONSKOEK
4 eiers,
500ml Meelblom
500ml Suiker
20ml Bakpoeier
1ml Sout
250ml Melk
250ml Botter
5ml Vanieljegeursel.
Klits eiers & suiker saam tot room (+/- 30 minute per hand met hand klitser)
Sif meel, bakpoeier & sout saam.
Vou eier mengsel in.
Kook melk & botter saam.
Voeg melk by eier / meel mengsel & meng goed.
Roer vanieljegeursel in. *Gooi mensel in gesmeerde koek panne. Bak vir 15 – 20 minute in oond van 180 grade C.
VANILLA MUD CAKE
250 g butter
250 g white chocolate
200 ml water
1 1/2 cups caster sugar
1 3/4 cups plain four
1 cup self rising flour
2 eggs, lightly beaten
1/2 cup sour cream
1 tsp vanilla extract
Icing:
125 g butter
125 g white chocolate melted
3/4 cup icing sugar
Preheat oven to 150 C.
Heat butter, sugar, water, and chocolate in sauce pan, over low heat, until all combined.
Sift both flours together and combine with chocolate mixture
Stir in eggs, sour cream, and vanilla.
Pour the mixture into one deep 20 cm tin and cook for 1 hr or pour into two 20 cm shallow tins and bake for about 45 minutes
Icing: cream together butter and icing sugar and add melted white chcolate
Spread over cake
Note:
This cake is also good with white chocolate ganache.
Rencia Odendaal Pretorius
BASAARKOEK: (Hierdie koek word met water aangemaak)
250g (250ml) botter
800gr (4x250ml) suiker
5 ekstra groot eiers
1kg bruismeel
1tl bakpoeier
sout
750ml water
15ml vanilje
Room botter en suiker, Klop eiers een vir 1 by. Klop goed deur tot sponsagtig.
Voeg by die meel, bakpoeier en sout. Voeg nou alles bymekaar.
Voer uit ‘n pan vvan 350 x 450 x 60 mm
Bak vir 40/45 min by 180 grade.
Wenk: Die resep is geskik vir kolwyntjies ook
Adri Van Niekerk LeRoux
My ma se PANKOEK resep wat NOOIT flop nie!
2kop meel
1 en 2/3 kop suiker
4 eiers
2/3 kop water
4 teel bakpoeier
1 teel kremertart
1 teel sout
1 teel vanilla
Metode: Sif meel, suiker en sout.
Meng olie en water en voeg by meel
Klits eiers 1 vir 1 by
Vou bakpoeier, kremetart en vanilla by
Bak 25min by 180gr (gesmeerde pan)
SJOKOLADE OF WITSPONS -OLIEKOEK
Die resep lewer ‘n groot laagkoek.
VIR ‘N WIT SPONSKOEK, LAAT NET DIE KAKOA UIT EN VOEG 100ml MEEL BY
50g(125ml) kakao
250ml kookwater
4 groot eiers, geskei
300g(375l) suiker
125ml kookolie
5ml vanieljegeursel
250g(450ml, ongesif afgemeet) koekmeelblom
15ml Bakpoeier
2ml sout
Voorverhit die oond tot 180grade C. Smeer twee koekpanne van 20 of 23 cm in deursnee, of bespuit hulle met kleefwerende middel.
Meng die kakao en kookwater totdat alle klontjies opgelos is en laat die mengsel eenkant om af te koel. Klits die eiergele saam. Klits dan die suiker bietjiesgewys by en hou aan klits totdat die mengsel liggeel en sponsagtig dik is. DIE GEHEIM BY DIE KOEK IS – KLITS KLITS KLITS TOT ROOM EN SPONSAGTIG IS. Roer die kakaomengsel, kookolie en vanieljegeursel by die eiergeelmengsel.
Sif die koekmeelblom, bakpoeier en sout saam en roer dit ook by. Klits die eierwitte net tot styf en vou dit met ‘n metaallepel in die deeg in.
Gooi die deeg in die panne. Bak vir 25 tot 30 minute op die middelste oondrak tot gaar. Keer dit op ‘n draadrak uit en laat dit koud word.
KLAM LEMOENKOEK
3 eiers geklits
1k suiker
1 ½ k meel
1 ½ t bakpoeier
180ml melk
Sout
45 ml margarien
Voeg suiker by eiers en klits goed. Sif meel, bakpoeier en sout saam. Meng met eiers. Kook melk en margarien saam. Roer in meelmengsel. Bak 20-30 min 180. Laat bietjie afkoel, prik en gooi sous oor:
SOUS
1 ½ k suiker
1 k water
45 ml margarien.
Kook 5 min, haal af en voeg 1 k lemoensap en 45ml lemoenskil by. Gooi oor koek

Lemoenkoek
LEMOEN SPONSKOEK
2 eiers
10ml gerasperde lemoenskil
62,5ml melk
62,5 ml lemoensap
425ml koekmeelblom
10ml bakpoeier
200ml suiker
1ml sout
125ml botter of margarien
Voorverhit oond tot 180C. Sif droë bestanddele en voeg by res. Roer met ‘n houtlepel tot bestanddele goed gemeng is of klits 2 minute teen medium spoed met ‘n elektrise klitser. Skep in twee gesmeerde koekpanne, 220 mm in deursnee. Bak 30 minute.
Lemoenversiersel:
50ml margarien
5ml gerasperde lemoenskil
25ml suurlemoensap
50ml lemoensap
versiersuiker
knypie sout.
Meng bestanddele saam en versier koek daarmee.
Jy kan ook jou lemoen of suurlemoenkoek bak en LEMON CURD gebruik as versiersel
SUURLEMOEN SMEER (LEMON CURD)
Rencia
100 gr (110ml) botter
2 groot suurlemoene
225gr (275ml) strooisuiker
3 groot eiers
Mikrogolf botter 1 min lank oop by 100%
Rasper die skil van die suurlemoene af en druk sap uit.
Voeg bg asook die strooisuiker by botter en meng goed.
Druk mengsel deur ‘n sif en gooi die suurlemoenskil weg.
Klits die eiers en roer by mengsel
Mikrogolf mengsel 4 min oop by 100% – roer elke minuut
Mikrogolf verdere 30 sekondes en toets of dit kik genoeg is deur ‘n metaallepel in die mengsel te druk en ‘n dikkerige lagie bly agter op die lepel.
Die mengsel word dikker as koud geword het.
Giet warm mengsel in flessies en draai styf toe
Bewaar is yskas tot benodig.

- Suurlemoenkoek
SUURLEMOEN KOEK
250 ml strooisuiker
fyngerasperde skil van 1 suurlemoen
60 ml botter, saggemaak
3 eiers
375 ml bruismeel
15 ml papawersaad
250 ml suurroom
sap van 1 suurlemoen
Verhit oond tot 180˚C. Voer ’n mediumgroot losboompan met bakpapier uit en smeer dit. Kombineer suiker, suurlemoenskil, botter en eiers in ’n mengbak.
Meng met elektriese menger tot lig van kleur en donsig. Vou meel en papawersaad in.
Roer suurroom deur. Gooi oor in pan en bak vir 50 minute. Haal uit die oond en gooi suurlemoensap oor die warm koek. Laat afkoel.
Sit voor met ’n mengsel van vars room, geklits tot sagte punte vorm, en mascarpone, wat jy effens versoet.

Kaneelkoek
KANEEL KOEK
Koek:
3 kop meel
¼ tl.sout
1 kop suiker
4 teelepel. bakpoeier
1 ½ kop . melk
2 eiers
2 teelepel. vanielje
½ kop botter, gesmelt
Meng alles saam behalwe die botter. Stadig roer in die gesmelte botter in. Gooi dit in ‘n gesmeerde pan 9×13
Bolaag:
1 kop botter, versag
1 kop bruinsuiker
2 eetlepels. meel
1 eetlepel. kaneel
Vir die bolaag, meng al die bestanddele saam tot goed gemeng. Versprei eweredig oor die deeg en krul met ‘n mes. Bak by 180 vir 28-32 minute.
Glans bo-op koek
2 kop versiersuier
5 eetlepels. melk
1 teelepel. vanielje
Terwyl warm drup die glans oor die koek.
MAASKAAS KOEK
Bestanddele
750 ml Koekmeel
375 g Sagte botter
250 g Gladde Maaskaas
750 ml Strooisuiker
10 ml Vanielje geursel
6 Groot eiers by kamertemperatuur
Metode
Sif meel in mengbak en hou eenkant. Smeer tuitpan goed en voorverhit oond tot 180°C. Verroom botter, maaskaas, suiker en geursel tot lig. Klop eiers een vir een by en meng goed na elke byvoeging. Sif meelmengsel weer en meng in met metaallepel
Skep in pan en bak vir 1½ uur.
Eet louwarm.
BOOMKOEK
275ml botter
300ml strooisuiker
6 ekstra groot eiers, waarvan 4 geskei is
5ml vanielje geursel
5ml rum of brandewyn
300ml koekmeelblom
200ml mielieblom
15ml bakpoeier
500ml versiersuiker
ongeveer 100ml water
Voorverhit die oond tot 180C. Voer ‘n 23cm koekpan uit met waspapier. Verroom die botter en strooisuiker tot lig en romerig. Voeg die twee heel eiers en vier eiergele een vir een by en klits goed na elke byvoeging. Voeg die vanielje geursel en brandewyn by en meng goed. Sif die droë bestanddele by, behalwe die versiersuiker. Voeg geleidelik by die bottermengsel. Meng goed. Klits die eierwitte styf en vou by die mengsel in. Skep 125ml van die mengsel in die voorbereide pan, maak gelyk en bak 12 minute lank. Skep nog 125ml op die gebakte laag, maak gelyk tot teen die kant, bak nog 10-12 minute lank of totdat die laag gaar is. Herhaal die lae totdat jy ten minste agt lae het. (Sit ‘n bakkie met water onder in die oond om te verhoed dat die onderste laag brand.) Laat effens afkoel in die pan en keer danop ‘n draadrakkie uit om heeltemal koud te word. Sif die versiersuiker en meng met net genoeg water om ‘n gladde dik versiersel te maak. Giet oor die koek.
SWELLENDAMKOEK (VLAKOEK)
Die vulsel word eerste gemaak, want dit moet heeltemal afkoel.
VULSEL:
1 liter melk
7 gelykvol eetlepels vlapoeier
knippie sout, suiker na smaak.
Maak dik vla met bogenoemde bestanddele en laat heeltemal koud word. Verwyder roomlaag bo-op wanneer koud en smeer oor 3 van die koue koeklae.
Klits 4 eiers tot skuim. Voeg 2 k suiker geleidelik by en klits baie goed. Smelt 125g margarien en 1 k melk en bring tot kookpunt. Voeg 2 koppies meel by eiermengsel, asook ‘n knippie sout en 2 teelepels vanielje. Strooi 2 teelepels bakpoeier bo-oor die meelmengse. Gooi nou warm melkmengsel bo-oor. Laat staan minstens 2 minute en klop dan vinnig. Gooi uit in koekpanne (2) en bak by 190°C vir 30 minute. Laat bietjie afkoel en sny elke laag in 2.
Terwyl die koeklae bak, maak die versiering:
VERSIERING
250 g sagte margarien, 2 k versiersuiker, 4 t vanilla
Klits bogenoemde goed saam tot romerig.
Plaas nou die koeklae op mekaar en versier die boonste laag met die versiering.
Eet die koek terwyl nog so louwarm.

Poppiesaadkoek
POPPIESAAD KOEK
Bestandele:
3 extra groot eiers
315 g (375 ml) strooisuiker
125ml olie
250 ml natuurlike yoghurt
125 ml papawersaad
80g (250ml) klapper
140g (250ml) bruismeel
Metode:
Voorverhit oond tot 180 ‘ C.
Smeer 2x 20 cm koekpanne goed met margarien.
Verroom die eiers en strooisuiker saam tot lig en romerig.
Voeg olie en yoghurt by en klits goed.
Voeg papawersaad, klapper en bruismeel en meng baie goed.
Bak 30-35 minute ( koeklae rys nie baie hoog nie)
Versier na smaak met versiersuiker – lemoengeur asook suurlemoengeur werk baie lekker by die koek
YOGHURT CAKE
1 ½ cups full-fat yogurt
2/3 cup olive oil
1 ¼ cup sugar
3 eggs
1 teaspoon vanilla
2 ½ cups all-purpose flour
2 1/2 teaspoons baking powder
¾ teaspoon baking soda
½ teaspoon salt
Pinch freshly ground nutmeg Heat the oven to 180°C. Grease a 9-inch springform pan lightly with baking spray or oil, and line the bottom with parchment. (Of net ‘n gewone pan ) Whisk together the yogurt, olive oil, sugar, eggs, and vanilla. Add the flour, baking powder, soda, salt, and nutmeg right into the liquids and stir just until no lumps remain. Pour the batter into the cake pan and bake for 50 to 60 minutes, covering with foil at the end if the top is browning. When a tester comes out clean, transfer the cake to a cooling rack and let it cool for 10 minutes before removing it from the pan. Serve the cake warm or at room temperature. When well-wrapped, this keeps very well for several days.
HEUNINGKOEK
250ml meel
125ml strooisuiker
20ml bakpoeier
1ml sout
Meng al bo-genoemde
Smelt en kook *sommer in mikrogolf * 50ml botter en 125ml melk en voeg by b.g mengsel
Klits 1 eier en voeg by mengsel
Bak vir 15 min by 180 grade
Maak sousie van 50ml heuning of stroop en 25ml botter(smelt saam) en gooi bo-oor koek en bedien.
Wat lekker is van die koek, jy kan enige vrugte onder in jou bak ook pak bv perskes of pere of appels en dan kan jy dit maak soos ‘n tert

GRENADILLA KOEK
Koek
4 ekstragroot eiers, geskei
250 ml (1 k) strooisuiker
125 ml (½ k) olie
125 ml (½ k) warm water
220 g (2 x 110 g-blikkies) grenadellamoes
2,5 ml (½ t) grenadellageursel
560 ml (2¼ k) koekmeel
15 ml (1 e) bakpoeier
knypie sout
Versiersel
500 g (1 klein pakkie) versiersuiker, gesif
125 g (½ blok) sagte botter
ongeveer 60 ml (4 e) warm water
55 g (½ blikkie) grenadellamoes
5 ml (1 t) grenadellageursel
Bolaag
55 g (½ blikkie) grenadellamoes
5 ml (1 t) strooisuiker
2,5 ml (½ t) mielieblom
5 ml (1 t) water
Stel oond op 180 °C.
Metode
Koek
Klits eiergele en strooisuiker tot liggeel.
Meng olie, water grenadellamoes en -geursel bymekaar. Voeg by eiergele en klits goed saam.
Sif koekmeel, bakpoeier en sout saam. Voeg by eiergeelmengsel en roer tot goed gemeng.
Klits eierwitte tot styf en vou by beslag in.
Voer twee koekpanne met 22 cm-deursnee met bakpapier en verdeel beslag so gelyk moontlik tussen koekpanne.
Bak koek vir 25 tot 30 minute of tot toetspen skoon uitkom.
Versiersel
Klits versiersuiker, botter, water, grenadellamoes en -geursel tot lig en romerig.
Smeer helfte van versiersel op een koek, plaas tweede koek bo-op en smeer orige versiersel op.
Bolaag
Verhit grenadellamoes en strooisuiker in mikrogolf vir 1 minuut.
Maak mielieblom en water tot pasta aan en roer by warm grenadellamengsel. Mikrogolf mengsel tot verdik.
Laat eers bietjie afkoel en skep bo-op koek.
Resep oorspronklik gepubliseer in 50 beste gebak uit Vrouekeur
Like this:
Like Loading...
You must be logged in to post a comment.