Tag Archive | basaar

Basaar poedings (koud)


basaar poeding 1

Vinnige en maklike VANILLA POEDING

Bestanddele
1/2 koppie suiker
1/4 koppie mielieblom (maizina)
2 eiergele, geklits
1/4 teelepel sout
2 1/2 koppies melk
1 eetlepel botter
1 1/2 teelepel vanieljegeursel

Metode
Meng al die bestanddele in ‘n medium kastrol oor medium hitte. Roer aanhoudend totdat poeding verdik vir ongeveer 5 tot 10 minute. Hou verkoel.

Variasies:
Sjokoladepoeding: Voeg 2  sjokolade blokkies by

Botterkaramel poeding: gebruik 1/2 koppie ligte bruinsuiker en 1/4 koppie suiker in plaas van 1/2 koppie suiker

*

BLITS VINNIGE KLITSPOEDING
Dit is binne minute gereed om bedien te word.
1 x 410 g blik yskoue ideal melk
1 pakkie kitspoeding – vanielje of piesang geur
50 ml aarbeikonfyt
METODE:
Klits die ingedampte melk tot styf.
Klits die kitspoeding by tot gemeng en laat ‘n paar minute staan.
Klits die konfyt by.
Gooi die mengsel in ‘n mooi poedingbak en plaas in die yskas om te stol.

*

KOUE SAGOPOEDING
4 koppie melk.
1 koppie melk.
4 eiers.
1 koppie kookwater.
1 koppie sago
1 koppie suiker.
1 pakkie jellie

Kook 4 koppie melk en sago saam. Meng orige melk, suiker en eiergele en voeg by sagomengsel.
Los jellie in kookwater op en voeg by mengsel.
Klop wit van eier styf en vou in. Plaas in yskas.

*

JELLYSKUIM

1 pakkie jellie (enige geur)
3 eetlepels suiker
1 koppie kook water
Meng als goed.
Sit 8 ysblokkies eenkant.
Klits jelly met n elektriese handklitser, gooi ys blokkie vir blokkie by, klits elke keer goed tot blokkie gesmelt het voor jy nog n blokkie by gooi. Dit maak lieflike sagte skuim, ekonomies en maklik.

*

GRENADELLA  MELKJELLIE
1 pakkie grenadella jellie
250 ml kondensmelk
100 ml grenadellamoes
125 ml vars room, geklop

Maak jellie volgens aanwysings op pakkie en laat afkoel. Voeg kondensmelk en grenadellamoes by en klits goed om te meng. Giet in nat jellievorm en laat stol. Keer uit op opdienbord. Klop vars room totdat stywe punte vorm. Versier jellie met geklopte room. Porsies 4-6

*

FEETJIEPOEP
1 sjokolade sponskoek
1 blik karamel kondensmelk
1 houertjie room
sjerrie van jou keuse

Breek koek in groot krummels.
Pak in bak.
Sprinkel sjerrie oor.
Klits room styf en klits karamel daarby in.
Skep bo-op koek.
Herhaal lae.

*

SNEEUPOEDING
4 kop water
1 en half kop suiker
sout
3 hoogvol eetlepels maizina
4 eierwitte (styf geklop)
1 tl wynsteensuur
1 tl suurlemoengeursel
Kook water, suiker en sout.
Maak maizina aan met bietjie waterenvoeg die kokende suikerwater by.
Verwyder van stoof en vou styfgeklopte eierwitte, wynsteensuur en geursel by.
Plaas in yskas.

*

BASAAR POEDING
4 Blikkies idealmelk (oornag in yskas)
1 botter aanmaak Passion-fruit koeldrank
4 pakkies suurlemoen jellie (aangemaak en laat afkoel net voor stol stadium)
Klits melk tot dik skuim, meng jellie in en gooi koeldrankstroop by
Hou aan met klits tot goed gemeng is en verkoel in yskas

*

PYNAPPEL POEDING/MOUSSE
1 Blikkie Ideal melk, oornag verkoel in yskas
1 Pakkie pynappel jellie
1 Blikkie Crushed Pynappel.
Gooi die stroop van die pynappel af en los die jelliepoeier daarin op. Voeg ‘n klein bietjie water by indien die vloeistof te min is. Sit in die yskas tot so halfpad gestol en soos eierwit lyk. Klits dan die ideal melk tot dik en dubbeld in volume. Voeg nou die jelliemengsel en crushed pynappel by. Meng deur en sit in die yskas in ‘n mooi opdienbak om te stol.
Dit kan ook vir ‘n tert gebruik word – pak dan ‘n laag tennisbeskuitjies onder in ‘n bak en gooi die helfde van die vulsel oor. Nog ‘n lagie beskuitjies en dan die res van die vulsel. Krummel een of twee koekies bo-oor vir garnering en sit in die yskas om te stol.

*

OROS POEDING (50mense)
3 blikkies Idealmelk (oornag in yskas)
5 desertl gelatien (opgelos in koue water en so ‘n paar sek in mikkie tot gesmelt)
Los op 5 kop suiker in 2 en half kop kookwater, voeg gelatien by –
Gooi 2 bottels oros (750ml elk) by stroop mengsel
Sit in yskas om af te koel maar dit moet nie stol nie –
Klits nou die ideal melk styf en voeg by bo-genoemde – Sit in yskas om te stol –

*

BASAAR POEDING (Lewer 50 skeppe)
8 Pakkies Jellie (jou keuse)
16 koppies kookwater
1 blik kondensmelk
ingelegde vrugte (enige hoeveelheid) sny net fyn en klein stukkies
Los jellie in water op (jy kan die sap van die ingelegde vrugte ook gebruik om die jellie mee aan te maak)
Laat afkoel
Voeg kondensmelk by asook die vrugte
Sit in yskas – verkieslik oornag.

*

KOEJAWELPOEDING
1 groot blik koejawels fyngemaak met sap
2 pakkies aarbei jellie aangemaak met 3 kop kookwater
1 blik kondensmelk
500ml vla (slap aangemaak met net ongeveer 4tl vlapoeier sonder suiker)
Meng jellie en laat afkoel, nie stol – voeg alles bymekaar – meng goed en laat staan verkieslik oornag in yskas

*

JELLIEPOEDING
4 pakkies jellie, verskillende kleure
30ml gelatien
125ml koue water
1blik kondensmelk
375ml kookwater

Berei jellie in afsonderlike houers soos op pakkie en laat stol.
Sny in blokkies en plaas alles in ‘n groot bak.
Hou verkoel tot nodig.
Sprinkel gelatien oor koue water en laat week tot sponsig.
Verhit in mikrogolf ongeveer 30-60 sek
Meng kondensmelk en kookwater. Meng gelatien in.
Laat afkoel maar nie stol.
Giet oor jellieblokkies. Roer een keer deur.
Laat stol in yskas.
Geniet met vla

*

KLEURVOLLE JELLIE
1 pakkie groen jellie
1 pakkie geel/oranje jellie
1 pakkie rooi jellie
.aangemaak volgens aanwysings op die pakkie en gestol in die yskas.
1 blikkie kondensmelk
125 ml suurlemoensap

Sny die jellie in blokkies en skep deurmekaar in ‘n mooi glasbak. Meng die jellie en suurlemoensap tot dik… (Die GEHEIM om kondensmelk en suurlemoensap dik te kry is om dit net in EEN rigting met ‘n lepel saam te vou. Moenie wil en wakker roer nie. Rustig, een rigting, invou!) Gooi oor die jellie.

*

IDEALMELK EN JELLIEPOEDING
2 pakkies jellie
1 blikkie idealmelk (oornag in yskas)
Maak jou 2 jellie aan met :
450ml kookwater en 400ml koue water
Laat staan en koel heeltemal af – nie gestol
Klits die idealmelk styf met klitser en vou in poeding in
Plaas in yskas tot gestol

*
BIETJIE POEDING – BAIE POEDING
2 Pakkies jellie
Maak jellie aan met
300ml kookwater en 300ml kouewater
Laat effe afkoel
GOOI YSBLOKKIES IN JELLIE – SO EEN ICE CUBE TRAY –
Klits nou VINNIG die jellie tot so wit skuim en dik is, en al die ysblokkies gesmelt is.
Plaas in yskas

*
LIEFSTE LAAGPOEDING (Uit Kermiskos)
1 x 397 g kondensmelk
125 ml suurlemoensap
1 pak Mariebeskuitjies
500 ml baie dik vanieljevla, afgekoel

Meng kondensmelk en suurlemoensap. Pak ‘n laag beskuitjies op die boom van ‘n ronde bak. Skep ‘n laag vla ongeveer ,5 cm dik op beskuitjielaag en smeer glad. Pak weer laag beskuitjies en smeer ‘n laag kondensmelkmengsel oor. Herhaal die lae en eindig met kondensmelkmengsel. Strooi fyn beskuitjiekrummels bo-oor. Sit in koelkas om goed koud te word. Opsioneel, klits room styf en sit bo-op net voor bedien.

*
SUURLEMOEN YSKASKOEKIES
125 gr botter
250ml suiker
1 blik kondensmelk
gerasperde skil van 1 lemoen
50 ml lemoensap
100gr kersies (rooi of groen) in kwarte gesny
2 pakkies marie- beskuitjies (fyn)
250 ml klapper
Versiersuier bo op:
500ml versiersuiker
50ml suurlemoensap

Meng botter suiker kondensmelk skil en lemoensap in kastrol en smelt alles
Laat afkoel
Meng kersies, marie beskuitjies en klapper by
Druk in plat bak en smeer die versiersuiker mengsel bo-op. Sny in blokkies.
Bewaar in yskas

Advertisement

Koekverkoping/markdag/basaar


Photo - tahoefishingreports.com

Photo – tahoefishingreports.com

MARKDAG IDEES:

Karamel horinkies,; roomyshorinkies met marshmallow in en dan smeer jy die boonste gedeelte lekker karamel en jy kan dan flake of 100 & 1000 oorstrooi, dit bly n treffer en jy hoef nie te bak nie, as jy begeester voel kan jy ogies opsit met smarties, sit dit vas met royal icing ens!

Kinders is nie meer erg lief vir net koek alleen nie, maak interressante lekkernye soos roomys “cones”….doop die boonste randjie in gesmelte sjokolade en sprinkles, laat droog word. Vul die cone met allerhande klein lekkertjies soos suurwurms toffies ens. Laastens sit ‘n suigstokkie in. Plaas ‘n sellofaan sakkie oor en bind met ‘n strikkie

Beskuitjie fudge:  mikrogolf 250g margarien 1 en half min. Roer 500g versiersuiker en 100ml kakao by. Klits 2 eiers en roer by. Mikrogolf 2 min. Breek 2 pakkies marie koekies stukkend en voeg by. Skep in bak 20 x 20cm. Plaas in koelkas. Sny in blokkies!

Coke floats

Ek het altyd rice crispies met gekookte kondensmelk gemeng en dit dan in klein roomys cones geskep, altyd ‘n  wenner en daar het niks oorgebly nie.

Maak R5 pakkies biltong en droëwors, mens kan net soveel soetgoed eet voordat jy lus is vir regte kos!

Rice krispie balle

Klein dounuts, verskillende geure ysies, piesang stukkies of marshmallows gedip in gesmelte sjokolade op n stokkie?

Ek het altyd lee inspuitings by die apteek gekoop, vol gekleurde jellie gemaak met ‘n jellietot vooraan en dan in die yskas geplaas. Dit verkoop soos soetkoek. Kinders mal hieroor want agterna kan hulle dit vol water trek en mekaar daarmee spuit. ‘n Treffer!

Mini doughnuts

Cup cakes is ook n wenner en muffins

Vat die cupcones sit onder 1 sny piesang dan 1 teelepel caramal en dan spuit jy room tot bo baie lekker maar moet nie lank voor die tyd gemaak word nie want dit raak pap na ‘n tyd my ma het dit altyd vir ons verjaarsdae gemaak Vrek lekker

Maak marshmallows en turkishdelight, dis maklik, goedkoop en altyd n goeie verkoper, sit dit in sellofaan sakkies met n vrolike gekleurde lintjie!

Popcorn, gekleurde popcorn en popcorn balle is altyd ‘n wenner

Maak ook die inspuitings vol met kondensmelk gooi net klein bietjie kleursel by kondensmelk.

Klapperys

En vat marie beskuitjies sit n marshmallow op en sit vir so 5sec in mikrogolf en nog n mariebeskuitjie bo op.

Marshmallows (3) op sosatie stokkies – elke marshmellow word of in bruin of melk sjokelade gedoop en dan in vermicillie of gekleurde balletjies – Ryg dan op die stokkie – plaas in yskas om die sjokelade hard te maak – sit in sakkie met lintjie aan.

Ook ‘n wenner is die liquorice all sorts mannetjie wat jy maak met gare …. En as dit nie eetgoed hoef te wees – waterballonne met disposenal nappy en gesiggie – dis ‘n wenner !!!

PILLE!!!

Julle sal nie verstaan hoe mal die kleintjies daaroor is nie !!  Vat doodeenvoudig bakkies en sit KLEIN lekkertjie  daarin. Sit dan n papiertjie by wat se wat die pil doen, bv  soos n sterk maak pil of n pil wat jou slim maak! Die kleintjies was  veral mal oor die pil wat die juffrou laat slaap!

Maak pitzadeeg. (Brooddeeg…. Dun uitgerol, kan ook werk) Plaas in rolkoekpan. Sit eie pitzavulsel op. Hou dit goedkoop… Tamatiesous, kouevleis ‘offcutts’ en kaas. Bak. Sny in vierkante. Kinders mal daaroor. R5 per stuk.

Maak jellie aan en gooi dit in koeldrank strooitjies. As jy een van daai sealer masjiene het kan jy dit daarmee seel – anders maak dit warm op jou stoofplaat (sit foelie op die plaat om te keer dat die plastiek op die plaat vassmelt) en druk toe. Jy kan dieselfde doen deur foelie in ‘n snackwich te sit en die strooitjies vas te druk om te seel. Jy seel eers die een kant vooraf. Wanneer die jellie in is seel jy die anderkant. Bere die jelie strooitjies in die yskas om te stol. Dis redelik goedkoop om te maak – en nie veel moeite nie maar die kinders is mal daaroor – hoe meer kleure, hoe meer vreugde.

Suigstokkies…..koop ‘n pak gemengde suigstokkies. Maak die stokkie nat (nie te veel) en rol die stokkie in 100’s & 1000’s. Kids mal daaroor.

Vat marie biscuits en sit icing op en maak gesiggies op met smarties of enige klein lekkertjies.

Toffie appels

 

Rina Kleinhans

MALVA LEKKERS IN EETBARE COOKIE CUPS

2 koppies strooisuiker (castor sugar)
2 koevertjies gelatien (30ml)
3/4 kop kookwater
2 eierwitte
geursel en kleursel – 1 teelepel elk
los gelatien op in 3/4 kop kookwater
gooi suiker en gelatien in menger en klits
gooi eierwit, geursel en kleursel by en klits tot baie styf
gooi in eetbare cookie cups
strooi 100 and thousands oor!

Wat die beste werk vir kinders is: jy vat karamel kondensmelk,gooi rice krispies in en meng goed. Dan sit jy dit op n roomys cone. Kinders is mal daar oor.

ROLO KOEKIES
Originally created by Something Swanky

By: http://www.couponingncooking.com/2013/01/chocolate-covered-rolo-ritz-cracker.html

• Ritz Crackers – salticrax of bacon kips
• Rolo lekkers
• Sjokolade wat kan smelt
• Sprinkles
1) Op ‘n gevoerde bakplaat met wax papier of gespuit met spray en cook , plaas koekies soutkant na onder met ‘n Rolo bo-op
2.) Bak by 275 grade F of 140gr C vir drie minute.
3) Wanneer hulle uit die oond kom, druk ‘n ander koekie bo-op die Rolo. Soutkant na bo. Druk genoeg om ‘n toebroodjie te vorm, maar nie te hard dat die Rolo uitspuit nie.
4) Laat koel tot heeltemal ferm
5) Doop in gesmelte sjokolade en bedek in sprinkel.
6) Laat dit goed afkoel en geniet.

slush puppies

slush puppies

SLUSH PUPPIES

Snow-Cone Syrup.

2 cups sugar

,3/4 cups water heat till sugar dissolves,

add your favorite unsweetened kool-aid.

Store in fridge.

Pour over finely crushed ice.

Mariekoekies emt malvalekkers

Koekies met malvalekkers en sprinkles

Sit op elke koekie ‘n malvalekker – sit in mikrogolf vir so ‘n minuut of
tot die malvalekker sag en warm is. Druk 2de koekie bo-op vas. Druk kante
dadelik in klapper en 100 & 1000’s

Modder Koekies
500g Melk Sjokolade
150g Mini Marshmallows
1 pakkie waffer beskuitjies
Smelt die melk sjokolade in ‘n bak oor ‘n pot warm water.
Waneer alles gesmelt het, voeg rof gesnyde beskuitjies en marshmallows by en roer goed.
Skep die mengsel in ‘n 20cm smeerde pan.
Laat in die yskas staan tot hard
Sny in blokkies en geniet!

 

GAAN KYK BY DIE VOLGENDE AFDELINGS VIR NOG IDEES:

https://kreatiewekosidees.com/?s=VINGERHAPPIES+SOET

https://kreatiewekosidees.com/?s=FUDGE

https://kreatiewekosidees.com/?s=CUPCAKES

https://kreatiewekosidees.com/?s=KLAPPERYS

https://kreatiewekosidees.com/?s=TOFFIE+APPELS

https://kreatiewekosidees.com/?s=RICE+KRISPIES

https://kreatiewekosidees.com/?s=KERSFEES+KOEKIES

https://kreatiewekosidees.com/?s=CAKE+POPS

https://kreatiewekosidees.com/?s=TRUFFELS

https://kreatiewekosidees.com/?s=SJOKOLADE+KOEKIE