KERSFEES KOEKIES
Ek het die koekies gemerk 1 – 2 – 3
Met koekie 1 het ek 2 resepte gebruik en sommer net verskillende variasies met dit gedoen
(1) Eat-som-more koekies
4 Kop koekmeel
1 kop versiersuiker
500gr botter
1 tl vanilje
Meng deur en rol balletjies (druk plat met vurk) of druk vorms met koekiedrukker of meuletjie
Bak vir 8 na 10min of tot goudbruin by 180C
(1) Klapper koekies
3 ½ kop koekmeel
1 tl vanilje
½ tl koeksoda aangemaak met 1 eetl melk
1 ¼ kop suiker
½ tl bakpoeier
250gr botter
1 kop klapper
2 eiers
½ tl sout
Klits botter en suiker. Voeg eiers by. Voeg klapper en die orige bestandele by
Meng deur en rol balletjies (druk plat met vurk) of druk vorms met koekiedrukker of meuletjie
Bak vir 8 na 10min of tot goudbruin by 180C
(2) Sjokolade klapper koekies
375ml botter
375ml suiker
750ml bruismeel
500ml klapper
500ml kellogs corn flakes (fyngemaak)
125ml kakoa
125ml kookwater
Klits botter en suiker. Voeg al die droe bestandele by behalwe die kakoa
Meng die kakoa en kookwater en boeg by
Voeg die vanilje by
Meng goed deur en rol balletjies.
Druk plat met vurk
180C vir 10/12min
Plak koekies op mekaar met gesmelte sjokolade of vulsel soos onder
(3) Choc-chip koekies
1 kg bruismeel
3 kop suiker
2 kop klapper
500g botter
4 eiers
2 teel vanilla
75g vermicelli (1 van die plastiek houertjies – los bietjie oor om oor die koekie te strooi voor jy dit bak)
1 plak dairymilk sjokolade (in stukkies gekap) dit is die gewone klein plak grootte
Klop botter en suiker tot room, voeg eiers een vir een by, klop goed.
Voeg meel, klapper, vermicilli en sjokolade by.
Voeg vanilje by en meng goed.
Maak balletjies en druk plat.
Bak 10 min by 180 C.
Vulsel vir koekies
250 ml suiker
250ml botter
125ml melk
5ml vanilje
Bring tot kookpunt en kook vir 5 minute
Klop met houtlepel tot glad en koud
Smeer oor koekies
Ek het op koekie 1 maar net kersies, smarties, jellietots en party sprinkles opgesit voor ek dit bak
Die ander is gesmelte sjokolade wat ek op die punte gedoop het en in klapper gedruk het
Lekker Bak !!
Rens
KOEKIES MET 1 BESLAG EN VERKILLENDE GEURE:
Alles in een koekiemengsel wat verskillende geure maak
BASIESE KOEKIE MENGSEL
10 koppies koekmeel
10 teelepels bakpoeier
knippie sout
500gr margarine
4 koppies suiker
6 eiers
Room botter saam met
suiker voeg eiers by roer goed
voeg dan droe bestanddele saam
in botter mengsel as te styf voeg
bietjie water by
Variasies;
1) Vanielje koekies: voeg 10 ml vanielje by
2) Vlakoekies: voeg 8 eetlepels vlapoeier by
3) Spesery koekies : voeg 3ml naeltjies,5ml kaneel,5ml neutmuskaat,en 5ml gemengde speserye by
4) Sjokolade voeg: 10 ml Kakoa by – rol in balletjies druk plat met vurk
Die resep wat in die Engelse Rapport was (Verve)
BATCH BISCUITS
500 g butter, softened
500ml icing sugar, sifted.
675g flour,
10ml baking powder
Pinch salt,
Castor sugar for sprinkling.
Combine butter + icing sugar together in a large mixing bowl and using an electric beater; beat until light and creamy. Sift flour, baking powder and salt and add gradually to creamed mixture mixing well to form a workable dough. Dough should be firm but not sticky. Divide mixture into 3 parts and add a variation of your choice. Roll each dough into sausage shapes, 4cm in diameter and 25cm long. Wrap in cling wrap and chill in refrigerator for several hours or overnight. Once chilled, slice dough into 1cm rounds and place on lightly greased baking sheet. Sprinkle each biscuit lightly with castor sugar. Bake at 180C for 12-15min or until light golden brown.
Variations:
Choc Chip: Add 125ml chocolate chips.
Chocolate Dipped Biscuits : Dip half into melted chocolate and place on wrap paper to set
Cherry biscuits : add 80ml chopped glazed cherries.
Currant Biscuits : Add 125ml currents.
Pecan Nut: Add 125ml chopped pecan nuts.
Ginger Biscuits: Add 5 – 10ml ground ginger and 50ml chopped preserved ginger to one portion of dough.
Almond biscuits : Add 125ml ground almonds to one portion of dough
CHOC CHIP KOEKIES
2 ¼ kop meel
1 ¼ tl koeksoda
¼ tl sout
1 kop botter (250gr) + 1 eetlepel ekstra
1/ ¼ kop donker bruin suiker
¼ wit suiker
1 groot eier en 1 eier geel
1 ½ tl vanilje
600gr choc chips
Smelt botter oor medium hitte. Whisk met jou whisk die heeltyd tot die botter so bruinerige kleur kry.
Dit neem ‘n paar minute
Haal van die stoof af, dit behoort so ‘n bruin neuterige reuk te he
Laat dit vir ‘n rukkie afkoel.
Gebruik handmenger
Gooi botter in mengbak en voeg die 2 suikers by
Meng goed
Voeg die eier, eiergeel en vanilje by en meng
Voeg nou die droe bestandele by. Meng tot gladde mengsel
Laat die mengsel goed koud word en meng dan die chocolate chips by
Skep nou lepels (omtrent desertlepel grootte) vol op ‘n bakplaat/skinkbord
Plaas in die vrieskas vir ‘n paar uur – of beter – oornag
Plaas koekies op bakplaat met wax papier – Plaas entjies uitmekaar
Verhit oond 180 C en bak 11 tot 13
ROLO KOEKIES
(sowat 25 koekies)
2 pakkies (50 g elk) Rolo-sjokolade
140 g (250 ml) botter
200 g (250 ml) bruinsuiker
200 g (250 ml) witsuiker
2 eiers
30 ml melk
5 ml vanieljegeursel
100 g (250 ml) kakao
350 g (625 ml) koekmeel
5 ml bakpoeier
1 ml sout
strooisuiker om koekies in te rol
Voor jy die koekies bak, sien kassie met bakwenke.
Plaas Rolo’s minstens 1 uur voor gebruik in yskas. verhit oond tot 180 °c. Plaas botter in elektriese menger se bak. voeg suikers bietjies bietjies by en verwerk tot lig en romerig. klits eiers, melk en geursel saam. voeg by bottermengsel en meng goed. sif kakao, meel, bakpoeier en sout saam in mengbak. voeg bietjies-bietjies by bottermengsel en meng goed tot deeg vorm. skep ’n groot eetlepel vol deeg in jou hand. Druk een Rolo in die middel en maak goed toe met deeg. vorm in ’n bal. gooi strooisuiker op bord en rol koekie in suiker. Herhaal tot al die deeg op is. Plaas koekies so 2 cm uitmekaar op ’n uitgevoerde bakplaat en plaas in oond. Bak 12 – 15 minute tot koekies begin kraak. Haal uit en laat afkoel op afkoelrak.

Kyk na die oulike idee vir jou Kerskoekies. Jou gemmerkoekmannetjie word n takbok as jy dit omdraai.
GEMMERKOEKIES
Bestanddele:
500 ml gouestroop
450 g botter by kamertemperatuur (500 ml)
2 eiers
50 ml asyn
50 ml fyn gemmer
15 ml kaneel
5 ml fyn kruienaeltjies
400 g ligte bruin suiker (500 ml)
1,050 kg (8 koppies koekmeel)
30 g koeksoda (37,5 ml)
10 ml sout
Meng die gouestroop, botter, eiers, asyn, gemmer, kaneel en naeltjies saam in n skottel. Roer die suiker by. Sif koekmeel, koeksoda en sout saam en meng dit met die suikermengsel.
Bedek die deeg en verkoel dit n paar uur in die koelkas. (Ek los myne oornag in die koelkas en bak dit dan die volgende oggend.)
Voorverhit die oond tot 200 grade C. Smeer die bakplate.
Rol die deeg tussen die handpalms in okkerneut-grootte balletjies. Plaas die balletjies n entjie uitmekaar op die bakplate.
Bak die koekies vir ongeveer 12 minute of tot mooi bruin op die middelste oondrak. Laat hulle effens op die bakplate afkoel en plaas hulle dan op n draadrak om heeltemal koud te word.
Bewaar die koekies in digte houers sodat hulle bros bly.
Die resep lewer 20 dosyn gemmerkoekies. Dit bly lank vars, kan ook suksesvol gevries word.
AMISH SUGAR COOKIES (baie lekker)
1 cup butter, softened
1 cup vegetable oil
1 cup sugar
1 cup confectioners’ sugar (versiersuiker)
2 Eggs
1 teaspoon vanilla extract
4 and 1/2 cups all-purpose flour
1 teaspoon baking soda
1 teaspoon cream of tartar
Directions
In large bowl, beat the butter, oil and sugars. Beat in eggs until well blended. Beat in vanilla. Combine the flour, baking soda and cream of tartar; gradually add to creamed mixture.
Drop by small teaspoonfuls onto ungreased baking sheets. Bake at 180 C for 8-10 minutes or until lightly browned. Remove to wire racks to cool. Yield: about 5 dozen.
EAT SUM MORE KOEKIES
Ingredients:
4 cups flour
1 cup icing sugar
2 cups butter, softened
1/4 teaspoon salt
Directions:
Mix all the ingredients together and roll (should look like a long sausage).
Cut into circles and place on a baking sheet.
Preheat the oven to 180°C and bake for about 10 minutes. If not totally baked, bake for another 10 minutes.
KAAS EN SKYFIEKOEKIES
200g fyngerasperde Cheddarkaas
150g kaas en uie skyfies, fyngemaak
250ml koekmeel
100g sagte botter of margarine
Verhit oond tot 200 grade.
Meng alle bestandele saam tot n sagte deeg. Rol deeg in balletjies die grootte van okkerneute. Druk effens plat met n vurk.
Bak vir 10 minute of tot gaar.
Laat afkoel en berg in lugdigte houer
KLAPPER KOEKIES
Bestanddele
130g meel
½ Teel bakpoeier,
100g botter,
1 teelepel vanielje,
3 Eetl klapper.
Metode
Verhit die oond tot 180 °.
Klits die botter, suiker en vanielje saam tot lig en romerig.
Voeg die meel by en meng dit deeglik in.
Verdeel die mengsel in 20 stukkies
Met klam hande, rol elkeen in ‘n netjiese balleyjie en rol dit in die klapper.
Druk die balletjie effe plat met vurk of jou vinger
Plaas dit op ‘n goed gesmeerde bakplaat
Bak vir sowat 20 minute.
GRONDBOONTJIEBOTTER KOEKIES
Ongeveer 20 koekies
25 g botter
100 g grondboontjiebotter
200 g (250 ml) bruinsuiker
1 eier, geklits
3 ml vanieljegeursel
240 g (430 ml) meel
5 ml bakpoeier
1 ml sout
75 ml melk (jy sal miskien nog ’n bietjie nodig hê)
Metode:
1.Verhit die oond tot190 C.
2.Gebruik ’n elektriese menger en meng die botter en grondboontjiebotter saam.
3.Gooi die bruinsuiker bietjie vir bietjie by.
4.Klits die mengsel goed elke keer nadat jy suiker bygevoeg het.
5.Gooi die eier en vanieljegeursel by en klits goed.
6.Sif die meel, bakpoeier en sout saam in ’n aparte mengbak.
7.Roer die twee mengsels bymekaar.
8.Gooi die melk by en knie die deeg goed. (Gebruik nog ’n klein bietjie melk as die deeg vir jou droog lyk.)
9.Vorm met jou hande klein balletjies van die deeg en sit hulle op ’n gesmeerde bakplaat.
10.Druk hulle ’n bietjie plat met die onderkant van ’n vurk.
11.Bak vir 10 – 12 minute teen 190 °C.
12.Haal versigtig uit – pasop vir brand.
PEANUT BUTTER COOKIES
1 cup margarine
1 cup peanut butter
1 cup white sugar
1 cup brown sugar
2 eggs
1 teaspoon vanilla extract
½ teaspoon almond extract
2 ½ cups flour
1 ½ teaspoons baking soda (koeksoda)
½ teaspoon salt
Directions
Preheat the oven to (190 degrees C). Grease two cookie sheets.
In a large bowl, cream together the margarine, peanut butter, white sugar and brown sugar until smooth. Beat in the eggs one at a time, then stir in the vanilla and almond extracts. Combine the flour, baking soda and salt; stir into the peanut butter mixture.
Roll dough into 1 inch balls and place them 2 inches apart onto the prepared cookie sheets. Use a wet fork dipped in sugar to make the crisscrosses on the top.
Bake for 8 to 10 minutes in the preheated oven. Allow cookies to cool on baking sheet for 5 minutes before removing to a wire rack to cool completely.
VLAKOEKIES
340 gram (375 ml) botter
100 gram (200 ml) versiersuiker
5 ml vanillageursel
325 gram (625 ml) koekmeelblom
175 gram (350 ml) vlapoeier
20 ml bakpoeier
knypie sout
Verroom die smeer. voeg die suiker by en meng. Voeg die geursel by en meng goed. Sif die meel, vlapoeier, bakpoeier en sout saam. Voeg by smeermengsel en knie met die hande om ‘n deeg te vorm.
Vorm koekies van die deeg met behulp van ‘n koekiemaker, of rol die deeg in balletjies. MOENIE DIE BAKPLAAT SMEER OF SPUIT NIE
Bak die koekies 10 – 12 minute in ‘n voorverhitte oond by 180C net tot dit verkleur. Vul die koekies indien verkies.
KONDENSMELKKOEKIES (Baie bros)
12kop koemeel
3 kop suiker
750g margarine
4 eiers
1 blik kondensmelk
1 eetl stroop
3 teel koeksoda
3 teel kremetart
½ teel sout
Room botter en suiker en gooi eiers een vir een in. Voeg kondensmelk en stroop by en meng goed. Gooi meel, koeksoda, kremetart en sout by. Maak aan tot verlangde styfte en sit deur vleismeaul met koekiemaker vooraan. Bak 15-20min by 180°C. Dit kan ook bolletjies gemaak word, druk met vurk bietjie plat. Sit op mekaar met appelkooskonfyt of vanilla versiersuiker.
FANTA VANILJIEKOEKIES
400 g koekmengsel
1 eier
60 ml botter / margarien, gesmelt
80 ml Fanta lemoen (soda koeldrank- die met die gas in)
Voorverhit die oond tot 180 °C.
Klits die eier saam met die gesmelte margarien en Fanta.
Meng dit in ‘n groot mengbak met die koekmengsel.
Skep eetlepelsvol op ‘n gesmeerde bakplaat, ongeveer 4 cm van mekaar af.
Bak vir ongeveer 15 minute. Die koekies sal sag bly in die middel
MAKE YOUR OWN ZOO COOKIES
To make these cookies you will need:
185g Plain flour
125g Soft butter
60g Caster sugar
To make the icing you will need:
125g Icing sugar
1-2 Tablespoons warm water
Red and Yellow Food colouring
Preheat the oven to 180C (Fan 160)
Sift the flour into a large mixing bowl
Stir in the Sugar
Rub in soft butter until mixture resembles fine breadcrumbs
Mix together with your hands until the mixture resembles a soft ball of dough
Roll out on a lightly floured surface until it is ½ cm (1/4”) thick
Cut dough into Star Shapes (or circles using a cup turned upside down)
Put shapes on a lightly greased tray
Bake in the oven for about 10-12 minutes until pale golden.
Put the cookies on a wire rack to cool.
Mix the icing sugar and water until smooth, then add a drop of food colouring.
When biscuits are cool, spoon half a teaspoon of icing on each one and spread out evenly.
SUIKERKOEKIES
125 ml Botter of margarien
250 ml Suiker
1 Eier
25 ml Melk
2.5 ml vanielje-essens
625 ml Meelblom
10 ml bakpoeier
2.5 ml Sout
1. Brei die botter met ‘n houtlepel en voeg die suiker geleidelik by. Klop tot dit goed gemeng is. Voeg die eier, melk en vanielje-essens by en meng dit goed.
2. Sif die droe bestandele saam en voeg dit by.
3. Meng alles goed saam en laat die deeg 1 uur of langer op ‘n koel plek staan voor dit uitgerol word.
4. Rol dit dun uit, 3mm – en sny of druk af soos verkies. Strooi suiker bo-oor.
5. Sit die koekies omtrent 2.5 cm van mekaar op ‘n gesmeerde bakplaat en bak hulle 8 tot 10 minute lank in ‘n matige warm oond by 190 grade celsuis.
L.W. gebruik 62 ml meelblom minder en laat die deeg van ‘n lepel op die gesmeerde plaat drup indien verkies.
SOETKOEKIES (Bak jou soetkoekie resep en versier met gekleurde Royal icing)
5 koppies koekmeel
440ml suiker
250g margarien
5 eiers
5ml koeksoda
25ml bakpoeier
2ml sout
Klits botter en suiker tot romerig. Voeg eiers by en klits goed. Sif droë bestanddele saam en voeg by eiermengsel. Knie liggies tot ‘n deeg. . Laat staan in yskas vir so half uur. As jy vind jou deeg is bietjie klam, gooi so bietjie meel by tot lekker stywe deeg is.
Rol deeg baie dun uit en druk vorms uit. Bak by 190 grade C tot ligbruin. So ongeveer 8 na 10 min of tot mooi ligbruin
ROYAL ICING
Eierwit van 2 groot eiers (60g)
10 ml suurlemoensap
330g versiersuiker
Klits die eierwitte en suurlemoensap tot styf. Voeg dan die versiersuiker by en klits tot blink en glad. Die versiersel is reg wanneer jy die “beaters” uit die versiersel haal en dit sy vorm behou. Die versiersel moet in ‘n lugdigte houer gebere word, want dit word hard as dit aan lug blootgestel word.Voeg kleursel by vir verskillende kleure.
OF MAAK DIE VARIASIE MET JOU SOETKOEKIE RESEP (voeg gemengde speserye by)
Rencia Odendaal Pretorius
Ek maak die gewone soetkoekie resep, maar voeg by:
1 teelepel (so 5 na 7ml) GEMENGDE SPESERYE
5 koppies koekmeel
440ml suiker
250g margarien
5 eiers
5ml koeksoda
25ml bakpoeier
2ml sout
Klits botter en suiker tot romerig. Voeg eiers by en klits goed. Sif droë bestanddele saam en voeg by eiermengsel. Knie liggies tot ‘n deeg. . Laat staan in yskas vir so half uur. As jy vind jou deeg is bietjie klam, gooi so bietjie meel by tot lekker stywe deeg is.
Strooi Kaneel en of Nutmeg bo-oor
Rol deeg baie dun uit en druk vorms uit. Bak by 190 grade C tot ligbruin. So ongeveer 8 na 10 min of tot mooi ligbruin
KOFFIESOENTJIES
250 g sagte botter
185 ml versiersuiker, gesif
10 ml koffiepoeier
15 ml kookwater
500 ml koekmeel, gesif
Vulsel:
50 g (½ slab) donkersjokolade, gesmelt
Metode:
Stel oond op 180 °C.
Room botter en versiersuiker tot liggeel.
Roer koffiepoeier en kookwater saam en giet by bottermengsel. Klits goed.
Roer koekmeel by bottermengsel. Dit sal sagte deeg wees.
Voer bakplaat met bakpapier uit.
Skep deeg in spuitsak met meduim- grootte sterretjie-spuitpunt
Maak sirkeltjies van ongeveer 2 cm op bakplaat, maar nie te naby aan mekaar nie.
Bak vir 10 min of tot effe ligbruin.
Laat op afkoelrakkie afkoel.
Plaas twee koekies opmekaar met bietjie gesmelte sjokolade of druk net die een kant in gesmelte sjokolade
GENERAAL KOEKIES
135ml botter of margarien
125ml bruinsuiker
1 groot eier
250ml bruismeel
3ml koeksoda
125ml hawermout
125ml klapper
125ml gesoute grondbone
85ml graanvlokkies, fyngedruk
Room die botter of margarien en bruinsuiker. Voeg die eier by en klits dit goed. Sif die bruismeel en koeksoda by en vou dit by die eiermengsel in. Voeg die hawermout, klapper, grondbone en graanvlokkies by en meng goed. Skep lepelsvol van die deeg effens uitmekaar op ‘n liggies gesmeerde bakplaat. Bak dit 10-12 minute lank in ‘n voorverhitte oond by 180C, tot goudbruin.
KOOKMELK KOEKIES
6x250ml koekmeelblom
1ml sout
500g margarien
500ml suiker
125ml melk
10ml koeksoda
Meng koekmeelblom en sout. Vryf margarien met vingers daarin tot goed gemeng. Verhit suiker, melk en koeksoda saam oor matige hitte in ‘n groot kastrol tot kookpunt. Roer af en toe en pasop vir oorkook, want mengsel begin skuim wanneer dit begin kook. Gooi warm kookmelkmengsel oor meelmengsel en meng goed. Plaas in ‘n houer met ‘n deksel, maak toe en verkoel oornag. Maak koekies en plaas ‘n entjie uitmekaar op ‘n bakplaat. As die deeg in balletjies gerol word, druk hulle met ‘n vurk platter. Bak in ‘n voorverhitte oond by 200C vir 10-12 minute. Laat effens afkoel en plaas dan op ‘n draadrak om heeltemal koud te word. Hierdie deeg kan ook deur ‘n vleismeul koekiemaker gedruk word met verskillende vorms.
Lewer sowat 12 dosyn koekies.
GOU-GOU-KOEKIES– Vrouekeur
Ongeveer 80 koekies
KOEKIES
500 g botter, sag
500 ml (2 k) versiersuiker, gesif
1 250 ml (5 k) koekmeel
10 ml (2 t) bakpoeier
knypie sout
60 ml (4 e) rooi glanskersies, gehalveer
60 ml (4 e) groen glanskersies, gehalveer
100 g (1 pakkie) gevlokte amandels
Versiersel:
200 g (2 plakke) sjokolade, gesmelt
Stel oond op 180 °C.
Koekies:
Room botter en versiersuiker tot liggeel en romerig.
Sif meel, bakpoeier en sout. Roer by bottermengsel tot deeg begin vorm.
Voeg kersies en amandels by en verdeel mengsel in twee. Vorm deeg in wors. Draai in kleefplastiek toe en vries vir vyf uur.
Sny gevriesde deeg in 1 cm-skywe en sit op bakplaat wat met bakpapier gevoer is.
Bak 15 min. of tot goudbruin bo-op.
Skep koekies op afkoelrakkie tot heeltemal afgekoel.
Versiering: Doop helfte van koekie in ge-smelte sjokolade.
Sit gedoopte koekies op waspapier sodat sjokolade kan stol.
HAWERMOUT KOEKIES MET KAKOA EN KLAPPER
125 gr margarien
500ml suiker
125ml kakoa
125ml melk
750ml oats
250ml klapper
2.5ml vaniljie
Meng die margarien, suiker, kakao en melk saam in ‘n kastrol. Laat kook vir 5 minute. Meng die hawermout, klapper en vanilla hierby in en roer tot goed gemeng. Skep lepelsvol van die mengsel op bakplate en laat afkoel.
MELTING MOMENTS (1)
250g margarine at room temperature
½ cup icing sugar, sifted
½ cup maizina
½ tsp vanilla essence
2 cups flour
Buttercream for sandwiching biscuits
Extra icing sugar for sifting over biscuits
Preheat oven to 180°C Cream margarine with icing sugar and cornflour Beat in essence Add flour and mix until it becomes a soft paste-like mixture Scoop the mixture into a large piping bag fitted with a star nozzle Pipe finger lengths onto a baking sheet Bake for +/-15 minutes or until the edges appear lightly browned Remove tray from oven and place on damp tea towel for 10 minutes Lift off biscuits with a spatula When cold, sandwich with buttercream Sift icing sugar over and place in paper cups to serve
VARIATION: Biscuits could be sandwiched together with chocolate Ends of biscuits can also be dipped in
MELTING MOMENTS (2)
250gr margarine
1 egg
½ cup castor sugar
1 teaspoon vanilla
½ cup maizena
2 cups cake flour
2½ teaspoons baking powder
½ cup custard
Beat Margarine and sugar until light and fluffy. Add egg and vanilla and beat until mixed in. Add in dry ingredients. Make biscuits in hand machine or make small oval shapes, press lightly and make three lines on top with a fork
Bake for +/-15 minutes or until the edges appear lightly browned Remove tray from oven and place on damp tea towel for 10 minutes Lift off biscuits with a spatula When cold, sandwich with buttercream Sift icing sugar over and place in paper cups to serve
LEPELSTEELTJIES (4-5 dosyn)
500 ml koekmeel
2 ml sout
1 ml bakpoeier
250 gram gerasperde Cheddarkaas
250 gram margarien (kamertemp )
Appelkooskonfyt
Sif droë bestanddele. Meng kaas by. Meng margarien by. Dit moet sag maar nie gesmelt wees nie.
Meng tot hanteerbare deeg. Rol okkerneut grootte ba…lletjies en plaas in holtes van klein kolwyntjie pannetjies wat met Spray & cook gespuit is.
Druk gaatjie met agterkant van houtlepel maar oppas dat jy nie regdeur tot op pan druk nie.
Skep bietjie appelkooskonfyt in elkeen en bak so 15 minute by 200°C.
Laat afkoel en bere in digte houer. Voor opdiening skep weer bietjie appelkooskonfyt in elkeen want konfyt bak weg.
Ek sit sommer die appelkooskonfyt in my versierbuis dan spuit dit makliker in gaatjie en jy besmeer ook nie kante nie want dit bak donker en lyk nie so mooi nie
DRUPPEL KLEINKOEKIES
4 kop. koekmeel,
1 t. sout,
2 t. koeksoda,
2 t. fyn neutmuskaat,
2 kop. suiker,
2 eiers,
375 g. margarine
Appelkooskonfyt.
Klits eiers, voeg suiker by, +margarien by, dan droë bestanddele, maak aan met bietjie water. Vorm balletjies, plaas in kolwyntjiepanne, maak holtetjie in middel met vinger, skep holte vol met appelkooskonfyt. Bak 180 grade tot goudbruin, ongeveer 12 minute – hou maar eerste panne dop.
WIELIE WALIE KOEKIES
1 kop meel
¼ kop vlapoeier
½ kop botter
¼ kop versiersuiker
Meng alles – vorm koekies en bak by 200grade tot gaar
OATS KOEKIES
2 k meel
4 k oats
2 k klapper
2 k suiker
250 g margarien
3 t stroop
2 t koeksoda
Smelt botter & stroop (moenie kook nie net smelt)
Voeg koeksoda by. Meng die droeë bestanddele saam
Gooi stroop by droë bestanddele
Gooi in ‘n oondpan en druk vas.
Bak vir ± 10 – 15 min teen 180° C. Haal uit en sny dadelik.
SOENTJIES
(75 koekies)
500g sagte magarien of botter
500g suiker
4 eiers
500g koekmeel
500g mielieblom
10ml bakpoeier
5 ml sout
Klits die botter, suiker en eiers tot lig en romerig.
Sif die droe bestandele saam en voeg by die bottermengsel. Meng baie goed.
Rol klein bolletjies, pak op bakplaat en druk met ‘n vurk plat.
Bak goudbruin 190 grade ongeveer 8-10 min.
Sit koekies twee, twee opmekaar met versiersuiker indien verkies
SJOKOLADESPLINTERKOEKIES VIR KERSFEES
Lewer 36 – 40 koekies
140 g (140 ml) sagte botter
140 g (170 ml) strooisuiker
1 ekstra groot eier
5 ml (1 t) vanielje geursel
450 ml koekmeel
125 ml (½ k) sjokoladesplinters van goeie gehalte (of sien wenke)
Klits botter en suiker in ’n groot mengbak saam tot lig en donsig. Voeg eier en vanielje by en klits tot goed gemeng.
Voeg meel en sjokoladesplinters by en meng tot ‘n sagte deeg vorm. Bedek met kleefplastiek en verkoel in die yskas. Laat rus 30 minute tot 1 uur of sien Wenke hier onder.
Voorverhit oond tot 200 °C en voer ’n twee bakplate met bakpapier.
Rol deeg uit op ’n liggies meelbestrooide oppervlak and sny koekies met koekiedrukers uit.
Plaas op bakplaat en bak 8-10 minutes of tot goudbruin. Laat heeltemal op afkoelrakkies afkoel en pak in ’n lugdigte houer of verpak soos hierbo voorgestel.
KONFYTBLOKKIES
(Lewer 6 dosyn)
6 kop meelblom
8ml sout
3 eiergele geklits
60ml wit asyn
5ml kremetart (gelyk)
190ml koue water
625g margarien
Sif droe bestandele en vryf margarien in
Meng tot ‘n deeg met geklitste vloeistof
Laat deeg oornag in die koelkas rus.
Rol klein stukkies deeg dun uit, druk af met ‘n 8cm deursnee ronde koekiedrukker
Plaas ‘stukkie stywe appelkooskonfyt op elke sirkel.
Klop eierwit effens en maak die helfte van die sirkel nat.
Vou deeg oor en verseel rand met ‘n vurk
Plaas op gesmeerde bakplaat, verf geklitste eier oor tertjies
Strooi ‘n bietjie wit suiker oor
Plaas panne in koelkas tot al die tertjies klaar gemaak is.
Bak in oond van 200 grade vir 10-12 min of tot goudkleurig
APPELKOOS “JAMTERTJIES”
Rolle puff pastry soos te koop in die winkels (skilferkorsdeeg)
Appelkooskonfyt
Eiers
Melk
Sirkel koekie drukker
Rol jou deeg bietjie dunner uit
Druk sirkels uit die deeg
Skep ‘n teelepel yskoue konfyt in die middel
Klits die eiers en melk
Verf reg rondom die kante en maak toe.
Met ‘n mes, sny ‘n gaatjie aan die bo kant (Stoom ontsnap en jam kook nie uit nie)
Verf weer met eier mengsel
Bak 5-10 min in ‘n 200C oond tot goudbruin
KONFYTBLOKKIES
250gr botter,
350gr strooisuiker,
2groot eiers,
10ml vanilla,
1000ml (545gr) koekmeel,
20ml bakpoeier,
250ml aarbei of appelkoos konfyt.
Klop botter en suiker saam, voeg eier en vanilla by en klop goed. Vou gesifte meel, bakpoeier en knypie sout by.
Draai die bol deeg met kleefplastiek toe en sit vi +- 30min in yskas.
Druk driekwart van die deeg in gesmeerde oondpan. Smeer laag konfyt bo-oor en rasper res van deeg bo-oor. Bak by 180 grade vir 20 min of tot goudbruin. Sny in blokkies terwyl nog warm, los tot heeltemal afgekoel is, skep versigtig uit en bere in lugdigte houer
LUI HERTZOGGIES – uit Top 500 Wenresepte
Kors:
500 ml (2 k) koekmeelblom
10 ml (2 t) bakpoeier
knippie sout
125 g botter
125 ml (1/2 k) suiker
1 ekstragroot eier, effens geklits
fyn appelkooskonfyt
Bolaag:
3 eierwitte
300 ml (1 ¼ k) strooisuiker
500 ml (2 k) klapper
5 ml (1 t) vanieljegeursel
Metode:
Voorverhit oond tot 180. Spuit bakplaat van 33 x 23 x 2 cm. Sif meel, bakpoeier en sout saam. Klits die botter en suiker tot sag en romerig. Voeg die eier by en ook die droe bestanddele lepelsgewys. Meng goed. Druk die deeg in die voorbereide bakplaat vas en laat 15 minute lank in die yskas staan. Smelt appelkooskonfyt en smeer oor die deeg.
Bolaag: Klits die eierwitte tot sagte punte vorm. Voeg die strooisuiker lepelsgewys by terwyl aanhoudend geklits word. Voeg die klapper by en vou saam met die vanieljegeursel in. Skep in ‘n spuitsak en spuit rosies bo-op die appelkooskonfyt, of smeer oor die appelkooskonfyt. Bak 20 – 25 minute lank in die voorverhitte oond of tot die punte van die rosies begin verkleur. Laat effens afkoel en sny in blokkies of vingers. Bere in Lugdigte houer. Lewer +- 40 blokkies.
SNOW BALLS / NUTTY BALLS / GRIEKSE KOEKIES
1 cup butter, softened
1 cup powdered sugar (versiersuiker)
2 cups flour, sifted
1 cup nuts, grounded to smaller pieces (any nuts you prefer)
1 teaspoon vanilla
Directions:
Combine all ingredients.
Form into balls
Bake on cookie sheet at 180c for about 10-15 minutes or until set.
Roll in powdered sugar while still warm
SKURWE JAKKIES
Kook alles saam
1Kop Botter
2Kop Suiker
½ Kop Melk
1Tl Vanila
¼ Kop Kakao
Laat net opkook en haal van hitte af
Voeg by
2 Kop Klapper
3 Kop Hawermout (oats)
Meng baie goed, Skep Teelepelsvol op waspapier.
Laat staan tot gestol is. Bewaar in lugdigte houer
SHORTBREAD COOKIES (die resep is baie lekker)
2 cups flour
100ml sugar
45 ml Cornflour (maizina)
Pinch of Salt
5ml vanilje
250 g Butter (soft, but not melted)
Extra sugar for sprinkling on top
Method
Place all the ingredients in a food processor and process until combined into a ball. Do not over-process. If you don’t have a food processor, work the mixture with your hands until combined.
Press the mixture into an oblong tray (or two 20 cm round pie dishes). With the prongs of a fork, prick the mixture well. Bake at 160ºC until it just starts to turn golden (35–40 minutes).
Remove from the oven and immediately slice into serving portions. Sprinkle with extra sugar while hot.
Hint: It is important that the butter is soft, though not melted. For best results use butter, not margarine.
ITALIAANSE KOEKIES
4 eiers
1 koppie suiker
1/2 koppie botter
2 teelepel vanielje
3 en 1/2 koppie meel
4 teelepel bakpoeier
Sif droë bestanddele. Room botter en suiker, klits eiers by, voeg vanielje en droë bestanddele by.
Knie en rol die stukke in wors vorm. Sny stukke af en krul, draai om vorm te gee aan die deeg. Jy kan ook gewone rondes maak, sit paaseier in die middel, (sien voorbeelde op die foto)
Plaas op gesmeerde bakplaat
Bak by 180 C vir 10 minute.
Versiersel bo-op
2 koppie versiersuiker
2 teelepel vanielje
6 teelepel water
(druppels kleursel indien verkies)
Roer tot romerig
Druk koekies in versiersel en sprinkel met 100&1000’s of vermicilli
CHOC CHIP KOEKIES
2 ¼ kop meel
1 ¼ tl koeksoda
¼ tl sout
1 kop botter + 1 eetlepel ekstra
1/ ¼ kop donker bruin suiker
¼ suiker
1 groot eier en 1 eier geel
1 ½ tl vanilje
600gr choc chips
Smelt botter oor medium hitte. Whisk met jou whisk die heeltyd tot die botter so bruinerige kleur kry.
Dit neem ‘n paar minute
Haal van die stoof af, dit behoort so ‘n bruin neuterige reuk te he
Laat dit vir ‘n rukkie afkoel
Gooi in bak en voeg die botter en 2 suikers by
Meng deur
Voeg die eier ,eiergeel en vanilje by en meng
Voeg nou die droe bestandele by Meng tot gladde mengsel
Laat die mengsel goed koud word en meng dan die chocolate chip by – die rede hiervoor is – jou sjokolade gaan smelt as jou mengsel te warm is.
Skep nou lepels (omtrent eetlepel grootte) vol op ‘n gespuite bakplaat
Plaas in die vrieskas vir ‘n paar uur – of beter – oornag
Verhit oond 180 C en bak 11 tot 13 minute of tot gaar en goudbruin
EAT SUM MORE BISCUITS
Ingredients:
4 cups flour
1 cup icing sugar
2 cups butter, softened
1/4 teaspoon salt
Directions:
Mix all the ingredients together and roll (should look like a long sausage).
Cut into circles and place on a baking sheet.
Preheat the oven to 180°C and bake for about 10 minutes. If not totally baked, bake for another 10 minutes.
Makes 48
KAAS EN UIE BESKUITJIES
500ml koekmeel
4ml sout
2ml rooi peper as jy wil bietjie meer
1pakkie wit uie sop
6ml bakpoeier
120ml stork bake
300ml kaas gerasper
2 eier gele
100ml yswater.
Metode. Sif al die droe bestandele behalwe uie sop in n mengbak gooi dan soppoeier by,vryf botter met vingerpunte in meelnengsel en meng dan die kaas by,klits eiergele ligies saam die water en gooi oor die droe mengsel.Sny die vloeistof met n mes in die mengsel om n deeg te vorm.Verkoel vir 15min Rol deeg uit en druk uit met koekie drukker if sny in vingers.
Bak by 180 grade vir so 20min moenie te dik uitrol.
MEULE/KOEKIEDRUKKER KOEKIES: https://kreatiewekosidees.com/?s=meule+koekies
MEULE / KOEKIEDRUKKER
VRUGTEKOEKE: https://kreatiewekosidees.com/?s=kersfees+vrugtekoeke
You must be logged in to post a comment.