Gebakte Bruinpoeding met Jellie


Gebakte bruinpoeding met jellie

Gebakte bruinpoeding met jellie

Ek het  die poeding gebak, maar het  nie aarbei jellie gehad nie, toe gebruik ek pynappeljellie.

Deeg:

2 eiers
2 eetl suiker
2 eetl botter
4 eetl meelblom
1tl koeksoda (aangemaak met bietjie melk)
2 eetl appelkooskonfyt

Sous:

1pakkie aarbei jellie
2kop kookwater
2 eetl botter
half kop suiker
Kook solank die stroop in groot pot en laat staan eenkant om warm te bly

Room die botter, suiker, en klits eiers by
Voeg konfyt by. Voeg koeksoda by , Voeg meel by en meng goed
Skep nou lepels vol deeg bo-op die sous.
Bak vir half uur by 180 grade.
Hierdie resep is lekker klam want die jellie maak so ‘n lekker dik sous aan die onderkant met die degie wat lekker crispy en bruin bo-op is. Laat staan poeding vir tenminste half uur voor opdiening. Dit maak dat die jellie effe dikker raak met die afkoel proses.

Comment here!

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s