Tag Archive | konfyt

Granaat Konfyt en Jellie


Granaat Konfyt - photo  picnicksjellysandjams

Granaat Konfyt – photo picnicksjellysandjams

Granaat Konfyt

Source Unknown

Ingredients

Yields 3-4 cups

3+1/2 cups freshly-squeezed pomegranate juice*
1 cup pomegranate seeds (from 1 large pomegranate)*
3 cups sugar
Juice of a lemon

* You would need 5.5 pounds of pomegranates for 3+1/2 cups of juice and 1 cup of seeds.

Method

Chill a small plate for testing the consistency of the jam later on.
Remove the seeds from one pomegranate and juice the rest. I advise not to use a juice press as the liquid from the seeds and membrane would result in a bitter taste. Here’s how I do it: Place a large bowl under the sink (for easy wash up), cut the pomegranates in half and while squeezing the pomegranate with one hand, press with your fingers inside the pomegranate with the other hand (the cut side will face the bowl) and extract as much juice as possible.
Combine pomegranate juice and sugar in a large pot over moderate heat. Stir frequently until the sugar dissolves, turn the heat to medium high and continue cooking for 30 minutes.
Skim off the pink foam as necessary.
Add the pomegranate seeds and lemon juice and cook for another 10 minutes, then check for consistency by dropping a spoonful of jam on a chilled plate. When you tilt the plate, if it stays in a mound and not run, your jam is done. If it is still runny continue cooking and perform the test every 5 minutes (it always takes me an hour in total).Fill your sterilized jars with the jam and store it in your refrigerator.

Granaat jellie

Gerda Butler

As jy nie granaatpitte in die hande kry nie, kan jy dit vervang met aarbeie wat jy in klein stukkies sny.Jy kan ook die bosbessiesap met aarbeisap vervang.

6 klein glasies
15 ml gelatien
500 ml bosbessiesap (cranberry) teen kamertemperatuur
160 g granaatpitte
500 ml vanielje jogurt
15 ml gelatien
nog granaatpitte om bo op te strooi

Gooi 15 ml gelatien in ’n bakkie.
Gooi so 2 – 3 eetlepels koue water oor en meng.
Plaas dié bakkie oor ’n bakkie met kookwater.
Die gelatien sal nou smelt.
Voeg die granaatpitte by die sap.
Voeg die gesmelte gelatien by die sap en verdeel in jou glase tot halfvol.
Laat die mengsel eers in die yskas stol.
Herhaal dieselfde proses met die ander 15 ml gelatien soos hierbo beskryf.
Voeg die gelatien by die vanielje jogurt.
Vul die glase met dié mengsel en laat in die yskas stol.
Die proses duur sowat 3 uur.
Sprinkel nog granaatpitte oor net voor jy dit voorsit.

Advertisement

Sneeuballe / Snowballs


SnEEUBALLE

SNEEUBALLE – SNOWBALLS

125 g botter
125 ml room
125 ml strooisuiker
625 ml bruismeel, gesif
1 teelepel aarbei geursel – of geursel wat jy verkies wat by die kleur van jou sneeubal pas
200 g aarbeikonfyt/ of appelkoos of enige berrie konfyt
375 ml kookwater
1 teelepel voedselkleursel (pienk of rooi of geel of groen)
Klapper
Metode:
Room botter en suiker tot fluffly. Klits room. Voeg die meel by en knie tot sagte deeg.
Maak in 24 balle.
Druk die balletjies effe plat
Plaas op gespuite bakplaat
Bak in voorverhitte oond by 180 grade Celsius vir 15 minute of tot gaar.
Meng die konfyt tot gladde mengsel. Maak toebroodjies met 2 koekies deur die konfyt tussen in te smeer.
Voeg kookwater en kleursel bymekaar
Druk die koekie in die stroop water – en rol dan in die klapper
Laat droog word.
Variasies: Kleur jou klapper om verskillende kleure sneeuballe te maak.
Ek sien dat van die ander sneeuballe se resepte se jy kan pakkie jellie van jou keuse gebruik en die aanmaak met jou 375ml kook en kouewater (1/2 van elk) en dan jou koekies daarin druk. Laat die jellie net so effe stol, maar dit moet nog loperig wees.
Ek sien die foto wys mens kan cupcakes ook bak, die boonste gedeelte in die jellie druk en dan die klapper bo-op druk
Ek dink karamel kondensmelk, nutella, gesmelte sjokolade, versiersuiker, marshmallow fluff ens sal net so lekker werk as vulsel by die sneeuballe.

Ricky Summers se:
Snowballs.
Jy maak rooijellie aan soos gewoon en laat effens stol maar nog loperig. Rol jou sponskoek daarin en dan in klapper. Jy kan gewone spons koek vat en dit op sny of bak rondes en smeer apelkooskonfyt in middel en plak toe.

Lemoen/marmelade/konfyt


marmelade2

MARMELADE

Geskryf deur: Neels de Ronde

Sit ‘n aantal lemoene/suurlemoene deur ‘n versapper, skil en al maar sonder pitte.
Weeg 1 kg van hierdie mengsel, die. sap, skil, ens. en gooi in pot.
Voeg 3/4 kg (= 750 g) suiker by en kook.
Skep skuim af.
Kook totdat mengsel dik genoeg is.
Skep in gesteriliseerde glasbottels.
Opsioneel: Meng 1 koppie sjerrie by mengsel net voordat dit gebottel word.
Variasie: Lemoene kan met suurlemoene vervang word of ‘n mengsel van die twee.
Advies: Hoe meer wit van die skil in die mengsel is, hoe bitterder is die eindresultaat.
Smaaklik eet!

ORANGE MARMELADE

  • 6-8 small oranges, weighing about 550g
  • juice of 1 lemons
  • 1.4 litres water
  • 1.1 kg granulated sugar

Method

1. To sterilize jam jars, place them in a large saucepan and cover with cold water. Bring to the boil and simmer briskly for 10-15 minutes. Remove from the water with tongs and place upside down on a clean surface to dry.
2. Slice the oranges in half. Using a metal spoon, scoop out the flesh over a bowl to collect any juice, leaving the pith behind. Reserve the shells.
3. Put the flesh, juice and pips in a food processor and blend until smooth.
4. Push the purée through a sieve into a preserving pan or large heavy-based saucepan.
5. Now scoop out as much of the pith from the shells as possible. Slice the rind into very thin matchstick strips and add these to the sieved flesh in the pan.
6. Pour in the lemon juice and water.
7. Bring to the boil. Reduce the heat and simmer for 1 to 1 1/2 hours until the rind is very soft and the mixture has reduced by half.
8. Over a low heat, add the sugar and stir until it has dissolved. Boil for about 10 minutes, skimming off any froth on the surface.
9. After 10 minutes, spoon a little of the marmalade onto a cold plate and place in the fridge. If it sets to a jelly the marmalade is cooked. If necessary, cook for a further 5-10 minutes and test again.
10. Allow the marmalade to cool slightly, then pour into the sterilized jars.

DRIE- SITRUS- MARMELADE:

2 lemoene

2 pomelos

2 suurlemoene

1,5 – 2 liter water

Wit suiker

Sny die skil van vrugte in repies en trek versigtig af. Sit in gaasdoekie en bind vas. Sny heel vrugte in wiggies en verwyder die pitte. Verwyder die witgedeeltes. Meet hoeveel pulp en sit in kastrol. Voeg 500ml water vir elke 250 pulpmengsel. Verhit tot kookpunt. Verlaag hitte en kook vir nog 40 minute oor stadige hitte. Giet die mengsel in maatbeker en voeg dan 250g witsuiker by vir elke 250ml pulp. Giet alles- ook skilsakkie- in kastrol. Verhit stadig tot suiker opgelos is. Verhit en kook mengsel vir 25 minute, totdat dit nie meer waterig is nie. Laat afkoel, as dit stewig en nie meer loperig is nie is dit reg. Skep warm marmelade in bottels wat gesteriliseer is. Lewer sowat 2 liter marmelade. 1 gesnyde pynappel kan ook bygevoeg word. Vir iets anders.!

Versuikerde lemoen/pomelo skil

Versuikerde lemoen/pomelo skil

VERSUIKERDE SITRUSSKIL

Met komplimente van RSG

Metode:

Skil 2 pomelo’s of drie lemoene of suurlemoen.

Skraap die bitter wit deel van die skil af en sny die skil in dun stroke.

Laat dit liggies kook in water tot sag en dreineer al die water af.

In ‘n aparte kastrol maak jy ‘n suikerstroop met 1 koppie suiker en 1 koppie water en laat prut tot die suiker opgelos het.

Gooi genoeg van die suikerstroop by die saggekookte sitrusskil om dit behoorlik te bedek.

Laat dit stadig kook tot die skil heeltemal deurskynend is.

As uit die stroop kom, laat net effe afkoel en druk in suiker.

Bêre in die yskas

VIR VINGERHAPPIES: DRUK JOU SKIL IN SJOKOLADE OF IN SJOKOLADE EN NEUTE

Gerasperde lemoenskil met skilferkors deeg

Gerasperde lemoenskil met skilferkors deeg

GEBAKTE LEMOENSKIL ROLLETJIES
Neem pak skilferkors deeg – rasper lemoenskil bo-oor (fyn kant van jou rasper) – Gebruik soveel soos waarvoor jy lus voel. Pasop vir die wit gedeelte – gebruik net die geel van jou lemoen. Sny die skilferkors in repe en rol in dun wors rolletjies – Rol jou koekie – die grootte wat jy wil he.
Bak in die oond by 200 C vir so 12/15 min of tot gaar en opgepof.
Maak sousie van:
2 kop versiersuiker, 1/4 kop warm water, 1 eetl botter. gooi bo-oor die rolletjies en geniet.  Rens

Photo: dreamstime

Photo: dreamstime

LEMOENSKILROLLETJIES KONFYT: 

Pasella het in Citrusdal met sitrusvrugte gekook en hierdie heerlike resep by Hannah Janse van Rensburg gekry. Sy is bekend in die area vir haar bakwerk en hierdie konfyt maak ʼn aantreklike garnering vir koeke.
(Maak 1x 250ml bottel)
500g lemoenskille, gewas
500g suiker
3 k water
sap van 1 suurlemoen
Rasper die lemoene liggies om die olieselletjies te breek. Skil dan af deur eers die boonste sirkel en dan die onderste sirkel af te sny. Sny die lemoenskil in 4 lang repe aan die kante, net-net deur die vel, en skil versigtig af. Bedek nou die skille met koue water en kook tot sag. Toets deur ʼn vuurhoutjie in die skille te druk, as dit maklik deurkom, is dit reg. Dreineer, los om af te koel en sny of knip die lemoenstroke in smaller stroke. Rol elke strokie op en steek vas met ʼn tandestokkie.
Los nou die suiker in die water op en bring tot kookpunt. Plaas die opgerolde lemoenstroke in die stroop. Kook totdat die stroop dik is en die vrugte deurskynend is. (Maak nog stroop en voeg by indien nodig). Haal van die stoof af en roer die suurlemoensap by.
Bottel soos volg: haal lemoenskil uit stroop en verwyder tandestokkies. Pak in gesteriliseerde flesse van jou keuse. Gooi kokende stroop oor gerolde skil tot bottel vol is, draai stewig toe en draai fles onderste-bo. Bottels kan nou afkoel, afgevee en weggepak word.
Martie Fourie Moolman
Julle kan probeer om die rolletjies dikker(groter) te maak om die lemoen in die rondte te skil en plaas van skyfies, deel dit dan in stukkies en ryg dit met ‘n stopnaald en gare rol op en maak ‘n knoop in die gare, wanner sag , sit in stroop en wanneeer bottel, trek net die gare uit.
Marmalade, orange and whisky sponge puddings. Photograph: Jill Mead for the Guardian

Marmalade, orange and whisky sponge puddings. Photograph: Jill Mead for the Guardian

MARMALADE POEDING IN DIE MIKROGOLF OOND

Maak 6

Marmelade konfyt

125g botter
125g strooisuiker
Skil van twee lemoene, fyngerasper
2 medium eiers
125g koekmeel
1 teelepel bakpoeier
Whiskey en room vir opdiening (ek dink ideal melk gaan net so lekker werk)

1. Vryf die binnekant van vyf of ses ramakinkoppies met botter en sit een of twee eetlepels van marmelade in die basis van elk.

2.  Klits die botter, suiker en lemoenskil tot glad en voeg die eiers een vir een op ‘n tyd by, en klop goed elke keer. Klits tot glad.

3.  Voeg die meel en bakpoeier, roer tot glad en vul elke koppie tot sowat twee derdes vol.

4.  Maak elke beker met kleefplastiek toe , dan mikrogolf in groepe van twee of drie vir sowat ‘n minuut. Kyk om te sien hoe gaar is hulle met ‘n stokkie, sit hulle terug in vir ‘n ander 30 sekondes elke keer tot jy ‘n toetspen insteek en dit  skoon uitkom.

5.  Laat rustyd  vir ‘n minuut of so. Gebruik ‘n mes om die  rand van die poeding los te maak. Sit op opdienborde.  Gooi ‘n bietjieWhiskey en room oor en  bedien. (die whisky kan uitgelaat word)

Kaaspoffertjies


kaaspoffertjies

Idee gekry by: Koek En Tert

KAASPOFFERTJIES
RESEP EN FOTO VANAF SARIE KOS

1 vel (400 g) blaardeeg /puff pastry
150 g cheddarkaas, gerasper
1 eier
15 ml melk

STAP 1
Verhit oond tot 200 °C. Rol blaardeeg ‘n bietjie dunner en plaas helfte van kaas op een helfte daarvan.

STAP 2
Vou toe en rol weer dun uit. Herhaal proses totdat al die kaas in die deeg ingerol is.

STAP 3
Druk vorms daaruit en plaas op ‘n bakplaat wat met gesmeerde bakpapier uitgevoer is. Klits eier en melk saam.

Verf poffertjies met die mengsel en plaas in warm oond. Bak vir 15 – 20 minute. Hou poffertjies in ‘n lugdigte houer.

Hierdie idee is baie oulik vir enige vulsel wat jy wil gebruik, tuna mengsel, hoender, polonie, bully beef, maalvleis, wat van nutella, konfyt, karamel kondensmelk ens.

Maketaan konfyt (waatlemoenkonfyt)


maketaan konfyt

Maketaan Konfyt (fyn)
(Onbekend)

Bestanddele
500 g Waartlemoen
750 g Suiker

Metode
Vir elke 500 g Waartlemoen gebruik u 750 g suiker.
Sny die waartlemoen in klein stukkies.
Gooi suiker daaroor.
Laat oornag staan.
Nou kan u ‘n bietjie wynsteensuur, gemmer en kaneel oor.
Kook en roer tot die stroop dik word.
Bottel.

Wenk
Ek het al van die konfyt ge-eet waarin klein stukkies heel gemmer bygevoeg is. Laat dan die fyn gemmer weg.

makatan stukke

WAATLEMOEN KONFYT: (stukke)

1 Groot waatlemoen

KALKOPLOSSING:

12.5 ml kalk

3.6 liter water

water om te week

water om in te kook

STROOP:

500g suiker en 1 liter water vir elke 500g vrugte

sap van 1 suurlemoen

knypie sout

5 stukke  gemmerstukke (gekneus)

Verwyder groen skil en sagte binneste van waatlemoen. Sny wit skil in stukke. Prik elke stuk baie goed met vurk en weeg die stukke. Plaas oornag in kalkoplossing. Spoel die volgende dag baie goed af en laat in skoon water week vir ten minste 2 uur. Plaas skoon water in groot kastrol en verhit tot kookpunt. Voeg stukke een vir een by terwyl water voortdurend kook. Indien water ophou kook, sal stukke pap word. Kook tot stukke helder is, en ‘n tande stokkie maklik daardeur gesteek kan word.

Berei stroop van 500g suiker en 1 liter water vir elke 500g vrugte en verhit tot kookpunt. Suig deur en plaas terug in kastrol. Verhit weer tot kookpunt en voeg res van bestanddele by.  Voeg stukke een vir een by kokende stroop en kook tot stukke helder en deurskynend is. Pak in skoon gesteriliseerde bottels en verseël.

Waatlemoen


Waatlemoen Konfyt - Foto allrecipes.com

Waatlemoen Konfyt – Foto allrecipes.com

Waatlemoen Konfyt

1 groot waatlemoen

KALKOPLOSSING:

12.5ml
kalk 3.6 liter water

water
om te week water om in te kook

STROOP:

500g
suiker en 1 liter water vir elke 500g vrugte sap van 1 suurlemoen

knypie
sout 5 stukke (Robertsons ) gemmerstukke

Verwyder
groen skil en sagte binneste van waatlemoen. Sny wit skil in stukke. Prik elke
stuk baie goed met vurk en weeg die stukke. Plaas oornag in kalkoplossing.
Spoel die volgende dag baie goed af en laat in skoon water week vir ten minste
2 uur. Plaas skoon water in groot kastrol en verhit tot kookpunt. Voeg stukke
een vir een by terwyl water voortdurend kook. Indien water ophou kook, sal
stukke pap word. Kook tot stukke helder is, en ‘n tande stokkie maklik daardeur
gesteek kan word.

Berei
stroop van 500g suiker en 1 liter water vir elke 500g vrugte en verhit tot
kookpunt. Suig deur en plaas terug in kastrol. Verhit weer tot kookpunt en voeg
res van bestanddele by. Voeg stukke een vir een by kokende stroop en kook tot
stukke helder en deurskynend is. Pak in skoon gesteriliseerde bottels en verseël.

Oulike ideë om waatlemoen te bedien

Oulike ideë om waatlemoen te bedien

 

Waatlemoen idees

Waatlemoen idees

WATERMELON PICKING TIPS

 

Pick a dull looking watermelon. A shiny appearance indicates an underripe melon. This applies to honeydew melons too.

Find that field spot. This is a creamy spot on the melon, and it’s where the watermelon was resting on the ground. The field spot should be a yellowish creamy color, like shown with my watermelon:

The darker the color of the creamy spot, the longer it was on the vine sweetening up. If it is white (or not even there), put it back, because this indicates an underripe melon.

What’s all that knockin’ about? A dull thud indicates an underripe melon. You will get a dull thud if the flesh is soft, which you don’t want. Your knuckles should bounce off the melon, and the surface should be pretty hard.

Pick that bugger up. Is it heavy for its size? Note: this applies to pretty much ALL produce. When I pick up onions for example, I pick the heaviest one for its size. That means there is lots of water in there. The watermelon pictured here in my post was a whopping 18 pounds! It was heavier than the other comparably sized melons around it.

While you’ve got the watermelon in your arms, make sure it’s uniformly shaped. Irregular bumps indicate it may have gotten inconsistent amounts of sun or water.

 

 

Groenvye


Groenvy

Rencia Odendaal Pretorius

Groen Vye: van eerste krop

1.25 kg suiker per 1 kg vrugte

1.5 liter water per 1 kg

20 ml suurlemoensap per 1 kg

Lemmetjie mengsel : 25 ml lemmetjie stroop per 5 liter water

 

Skraap die vrug met n mes en sny n kruis aan die “blossom” kant van die vrug. Los oornag in die lemmetjie mengsel. Was deeglik. Plaas vye in warm water en kook ontrent 15 min. Maak die stroop van suiker, water en suurlemoensap en bring tot kookpunt. Voeg nou die vye een vir een by en kook tot sag maar tog nogsteeds stewig en tot die stroop duk word. Skep dadelik in warm gesteriliseerde bottels en gooi warm stroop bo-oor. Seel bottel dadelik.

Groen Vye Konfyt:

Krap, rasper of skil effe af( baie dun )

Maak snytjie in vorm van kruis aan die blom-ent van elke vy

Weeg vye

Laat le vye oornag in mengsel van kalk (15ml) op 3.4 l water of koeksoda (30ml) op 3.4l water

Spoel vye af en plaas dit in kokende water vir ongeveer 15/20 min tot sag. Bepaal self wanneer vye sag is. Dit hang somtyds af van die hoeveelheid wat jy kook.

Gebruik water vir stroop –

Gebruik 1 op 1 bv 500gr suiker op 500gr vrugte en 375ml water vir elke 250ml suiker

Voeg ‘n paar kruienaaltjies, stukke heel gekneusde gemmer of stukke heel kaneel en 60ml suurlemoensap by vir elke 3kg vrugte.

Kook vir ongeveer 2 ure vinnig tot vrugte helder en stroop dik is.

Maak 1.5l ekstra stroop aan om die bottels aan te vul namate die stroop wegkook.

Bottel warm.