Maketaan Konfyt (fyn)
(Onbekend)
Bestanddele
500 g Waartlemoen
750 g Suiker
Metode
Vir elke 500 g Waartlemoen gebruik u 750 g suiker.
Sny die waartlemoen in klein stukkies.
Gooi suiker daaroor.
Laat oornag staan.
Nou kan u ‘n bietjie wynsteensuur, gemmer en kaneel oor.
Kook en roer tot die stroop dik word.
Bottel.
Wenk
Ek het al van die konfyt ge-eet waarin klein stukkies heel gemmer bygevoeg is. Laat dan die fyn gemmer weg.
WAATLEMOEN KONFYT: (stukke)
1 Groot waatlemoen
KALKOPLOSSING:
12.5 ml kalk
3.6 liter water
water om te week
water om in te kook
STROOP:
500g suiker en 1 liter water vir elke 500g vrugte
sap van 1 suurlemoen
knypie sout
5 stukke gemmerstukke (gekneus)
Verwyder groen skil en sagte binneste van waatlemoen. Sny wit skil in stukke. Prik elke stuk baie goed met vurk en weeg die stukke. Plaas oornag in kalkoplossing. Spoel die volgende dag baie goed af en laat in skoon water week vir ten minste 2 uur. Plaas skoon water in groot kastrol en verhit tot kookpunt. Voeg stukke een vir een by terwyl water voortdurend kook. Indien water ophou kook, sal stukke pap word. Kook tot stukke helder is, en ‘n tande stokkie maklik daardeur gesteek kan word.
Berei stroop van 500g suiker en 1 liter water vir elke 500g vrugte en verhit tot kookpunt. Suig deur en plaas terug in kastrol. Verhit weer tot kookpunt en voeg res van bestanddele by. Voeg stukke een vir een by kokende stroop en kook tot stukke helder en deurskynend is. Pak in skoon gesteriliseerde bottels en verseël.
Kanselleer asb
Sent via my BlackBerry from Vodacom – let your email find you!
Leonie, wil jy nie meer e-posse ontvang van die resepte nie – ????
jy moet dit self kanseleer by die RSS feeds – gaan unsubscribe net daar – ek kan dit ongelukkig nie van die kant af doen nie
Groete Rens
Sorry what is wynsteensuur and kalk?
More – wynsteensuur is tartaric acid – jy kry dit in pakkies of in sulke plastiekhouertjies en kalk is jou gewone bouers kalk wat hulle gebruik om mure wit af te wit – Lime – jy kan by enige hardeware winkel net vra vir kalk
Rens
Ek VERSKIL HIERVAN, Maketaan word 48 uur in Gebluste kalk geweek (In kartonnetjies by apteke verkrygbaar, nie mure kalk nie), Gewone soet waatlemoen se skille word net oornag geweek. die kalk moet ook eers blink afgesak word, melkerige kalkwater maak jou produk troebel en onaantreklik
Maketaan skille word net vir ± 20 min gekook voor dit in die stroop kom.
Gewone soet waatlemoen skille word gekook tot ‘n vuurhoutjie kan deursteek voor dit in die stroop geplaas word.
O gaats – ek gebruik nog altyd die gewone kalk wat my man gebruik om die huise se mure af te kalk ??? – sal in die vervolg eerder die by die apteek gaan koop – dankie Rens