Oreo (balletjies)


oreo balls 4

Oreo Balletjies met 3 bestandele

1 pakkie dubbellaag Oreo koekies (fyn)

250 gr roomkaas (cream cheese) (kamertemperatuur)

Sjokolade van keuse (gesmelt)

Breek oreo koekies in stukkies. Gooi in menger en maak fyn. Pols die menger die heeltyd anders bly die fyn koekies onder en die grooter stukke bly bo.

Neem roomkaas (effe versag) en meng in by die koekie mengsel.

Maak bolletjies.

Sit in yskas vir ongeveer ‘n uur

Smelt sjokolade in mikrogolf of op stoof in glasbak oor kokende water

Druk tandestokkie in balletjie en doop in die sjokolade

Plaas op bakplaat en laat afkoel.

Let wel: Die balletjie is baie baie soet, so maak dit nie te groot nie, omtent so ‘n opgehoopte teelepel grootte – okerneut grootte

Paar kreatiewe idees met die balletjies.

oreo balls kersies

Neem ‘n glanskersie, vorm bolletjie met mengsel, druk die kersie in die middel in. Rol weer mooi terug in balletjie vorm. Plaas in yskas.

Druk in sjokolade, laat afkoel en drizzel ‘n ander kleur sjokolade oor as afgekoel is.

oreo balls met pekaneute

Maak paar pekanneute fyn, Roer in by koekie en kaas mengsel. Maak balletjies. Rol  dadelik in klapper. Plaas in yskas.

oreo balls 3

Vir Cake pops – Maak balletjies, steek sosatiestokkie dadelik in. Sit in yskas. Rol is sjokolade en gooi 100 & 1000 oor.

oreo balls 7

Maak balletjies, Sit in yskas. Druk in sjokolade en strooi dadelik nog oreo koekie krummels oor.

oreo balls neute

Maak balletjies. Sit in yskas. Druk in sjokolade en rol in gekapte neute.

oreo balls 5

Maak balleltjies. Sit in yskas. Druk in sjokolade, versier dit met gerasperde sjokolade, vermicilli, neute klapper ens en plaas in klein cookie cups.

oreo balls 6

Bere balletjies in yskas in lugdigte houer.

Comment here!

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s