Tag Archive | truffels

Sjokolade koekie


KOEKIE KOPPIES

 

Bak ‘n gewone pankoek.

Sjokolade pankoek
5 eiers,
1 en half k suiker,
1 t vanilla,
half t sout,
1 k olie,
3 e kakao,
1 k water,
2 k meel,
3 t bakpoeier.
Klits eierwit styf en hou eenkant. Klits eiergele,suiker,vanilla,sout saam. Voeg water,olie en kakao by en meng goed. Voeg meel,bakpoeier by en meng. Voeg laaste eierwitte by,meng goed deur
Bak in gesmeerde oondpan
Bak 25 min by 180 grade.Laat goed afkoel.

1) Neem ronde koekiedrukker of sommer ‘n glas en druk rondings uit.
2) Jy kan of die binneste deel uitskep, of jy kan ‘n holte inmaak
Spuit in die holte: of karamel kondensmelk, of versiersuiker, of ‘n “classic white frosting” of styfgeklopte room, of ‘n blik coconut milk, oornag in die yskas en versoet met strooisuiker of versiersuiker en dan styf geklits.
3) Smelt sjokolade en doop blokkie koek in die sjokolade en laat afkoel in die yskas.

CLASSIC FROSTING
Whipped Frosting
• 3 large egg whites
• 3/4 cup sugar
• Pinch of salt
• 1/3 cup water
• 1/4 teaspoon vanilla extract
Directions
1. In a heatproof bowl set over (not in) a saucepan of simmering water, combine egg whites, sugar, salt, and water. Cook over medium, stirring constantly, until sugar has dissolved (or mixture registers 150 degrees on an instant-read thermometer), 2 to 3 minutes. Transfer to a large bowl. Using an electric mixer, beat on medium-high until glossy, stiff peaks form (do not overbeat), about 3 minutes; reduce speed to low, add vanilla extract, and beat just until combined. Use immediately.

Die stukkies koek wat oorbly, krummel dit fyn, meng met die oorskiet versiersuiker of “frosting” rol in bolletjies en doop ook in die sjokolade, en jy het ‘n koekballetjies – cake pops –
truffels

 

Advertisement

Oreo (balletjies)


oreo balls 4

Oreo Balletjies met 3 bestandele

1 pakkie dubbellaag Oreo koekies (fyn)

250 gr roomkaas (cream cheese) (kamertemperatuur)

Sjokolade van keuse (gesmelt)

Breek oreo koekies in stukkies. Gooi in menger en maak fyn. Pols die menger die heeltyd anders bly die fyn koekies onder en die grooter stukke bly bo.

Neem roomkaas (effe versag) en meng in by die koekie mengsel.

Maak bolletjies.

Sit in yskas vir ongeveer ‘n uur

Smelt sjokolade in mikrogolf of op stoof in glasbak oor kokende water

Druk tandestokkie in balletjie en doop in die sjokolade

Plaas op bakplaat en laat afkoel.

Let wel: Die balletjie is baie baie soet, so maak dit nie te groot nie, omtent so ‘n opgehoopte teelepel grootte – okerneut grootte

Paar kreatiewe idees met die balletjies.

oreo balls kersies

Neem ‘n glanskersie, vorm bolletjie met mengsel, druk die kersie in die middel in. Rol weer mooi terug in balletjie vorm. Plaas in yskas.

Druk in sjokolade, laat afkoel en drizzel ‘n ander kleur sjokolade oor as afgekoel is.

oreo balls met pekaneute

Maak paar pekanneute fyn, Roer in by koekie en kaas mengsel. Maak balletjies. Rol  dadelik in klapper. Plaas in yskas.

oreo balls 3

Vir Cake pops – Maak balletjies, steek sosatiestokkie dadelik in. Sit in yskas. Rol is sjokolade en gooi 100 & 1000 oor.

oreo balls 7

Maak balletjies, Sit in yskas. Druk in sjokolade en strooi dadelik nog oreo koekie krummels oor.

oreo balls neute

Maak balletjies. Sit in yskas. Druk in sjokolade en rol in gekapte neute.

oreo balls 5

Maak balleltjies. Sit in yskas. Druk in sjokolade, versier dit met gerasperde sjokolade, vermicilli, neute klapper ens en plaas in klein cookie cups.

oreo balls 6

Bere balletjies in yskas in lugdigte houer.

Truffels vir Diabete


Truffles - Source unkown

Truffles – Source unkown

Truffels vir Diabete

Idees Tydskrif

100 g Margarien

2 el Rum/brandewyn

3 el Kakao

225 g Maaskaas

4 el Sweetner

Kakao of klapper om dit in te rol

Verhit maragrien en voeg kakao by.  Kook oor lae hitte vir 1 minuut.  Verwyder van die hitte en laat vir 5 minute afkoel.  Roer die maaskaas, sweetner en rum by en verkoel die mengsel ± 1 uur of tot dit reg is om balle te maak.  Rol in klapper of kakao. Bêre in yskas