
KOEKSISTERS STAP VIR STAP

Met dank aan tannie Cecile van der Westhuizen
KOEKSISTERS
Stroop maak aand vooraf
8 koppies suiker
4 koppies water
50 ml suurlemoensap
5 ml kremetart
Plaas alles in diep kastrol en roer tot suiker als gesmelt is
Sodra dit begin borrel om te kook sit deksel op en kook 5 min toe.
Laat afkoel en plaas in vrieskas oornag. Die stroop moet yskoud wees.
Deeg
4 koppie koekmeel gesif
15 ml bakpoeier
50 ml botter
Knippie sout
3 meduim eiers of 2 jumbo
Gooi eiers in glasmaatbeker en vul op tot 400 ml met melk.
Vryf botter in meel.
Klits eiers en melk en voeg by droë bestandele.
Knie tot elasties en sit in plastieksakkie in yskas vir minstens n uur.
Rol deeg uit op olie gesmeerde oppervlak tot omtrent 5 mm dik. Sny in 2 cm breë stroke vertikaal en dan horisontaal weer 5cm stroke. Ek gebruik my pitzalem.Begin onder sny glefie met pitzalem in elke degie. Vou beentjies 2 maal oormekaar. Knyp stewig vas op oop ente.Sit in n houer wat lugdig is en bedek met plastiek dat dit nie uitdroog.
Plaas in yskas terwyl wag dat olie verhit in diep dikboomkastrol. Ek gebruik my wok( nie elektries)
Sodra olie warm is bak sowat n dosyn n slag . Sorg dat jou koue stroop in diep bak is . Skep goudbruin koeksisters wat jy roer terwyl dit braai dadlik in die koue stroop. En onderdompel dadelik met aartappel drukker 2 oo n slag Moenie dat die lepel wat jy die koeksisters uit olie skep aan die stroop raak nie. Dit brand jou olie vuil. Skep koeksisters uit stroop op n afdroograkkie met n skinkbord onder.
Bak en geniet
Wenk. Ek maak die stroop altyd dubbel aan wat die resep se.. Sodoende kry jou laaste koeksisters ook genoeg stroop. Die orige stroop kan net weer gevries word.

Koeksisters
Deur: http://vreetsaam.blogspot.com/2009/09/new-recipe.html
Vir die stroop:
1 kg (1 liter) suiker
5 ml kaneel
2.5 ml gemmer
500 ml water
Gooi 1 kg suiker, 500 ml water, 5 ml kaneel en 2.5 ml gemmer in ‘n pot en kook dit tot ‘n opgeloste vloeistof. STOP. Wag tot die stroop koud genoeg is om in ‘n ander bak te gooi. Laat die stroop oornag afkoel in die yskas. Go to bed, do not pass go, do not collect $200. Die yskoue stroop is die eerste geheim van koeksisters maak, so moenie eers met louerige stroop probeer nie ! Wanneer jy dit die volgende dag uitgehaal het, sit die bak in ‘n ander bak met yskoue water en ysblokkies in, sodat die vloeistof koud bly te midde van die oefening.
Vir die deeg:
500 ml koekmeelblom
25 ml bakpoeier
30 ml margarien
100 ml melk
100 ml water
knippie sout
500 ml sonneblom olie (om in te fry my kind)
Verhit (nogal baie warm, maar nie kook nie) genoeg sonneblomolie in ‘n pot om die sistertjies in te braai. Meng 500 ml koekmeelblom, 5 teelepels bakpoeier en knippie sout. Vryf 30 ml margarien in met jou vingers.
Sny 200 ml melk en/of water (ek gebruik 100ml water en 100 ml water) in die meel in. Moenie die meel te veel hanteer nie, hoe minder jy dit hanteer hoe beter.
Rol dit uit op ‘n ligweg-meel-gestrooide oppervlak tot so 5 mm dikte. Sny die deeg in repe van 5 cm breed en 10 cm lank (net ‘n riglyn, dimensioneer na gelang van smaak). Sny die repe verder om elk drie bene te hê. Vleg die bene en druk dit styf vas aan die oop kant.
Bak die gevlegte outjies in die olie tot altwee kante ‘n mooi karamel kleur het. En nou vir die tweede geheim: Die koeksister moet nog kook en borreltjies maak, dan moet jy dit al in die yskoue stroop onderdompel het, soveel so dat jy hom sal hoor stroop trek. Haal die koeksister na so minuut uit. Die koeksister behoort baie swaarder te voel as jy hom uithaal.
Gebruik verskillende implemente om die koeksisters in die olie en in die stroop te hanteer, vertrou my, jy wil nie stroop in die olie kry nie.
*
KOEKSISTERS:
DEEG:
4 koppies meelblom
2.5ml sout
30ml bakpoeier
50ml botter
1 eier
250-375ml melk of water
Olie om in te bak
STROOP:
4 koppies suiker
375ml water
2.5ml kremetart
2.5ml fyn gemmer
2 stukke pypkaneel
gliserien
DEEG:
Sif die droë bestanddele saam, en vryf die botte met die punte van die vingers daarin. Klits die eier, voeg die melk of water daarby en maak dit aan tot ‘n sagte deeg. Knie dit goed tot dit glad is. Laat dit vir 2 uur of langer staan. Rol die deeg 1cm dik uit, sny in repies en vleg of draai hulle. Bak hulle 1-2 minute lank in warm olie tot ligbruin van kleur. Sit 5-6 koeksisters gelyktydig in die olie. Laat aan die een kant bruin braai en draai om, sodat die ander kant ook kan verkleur. Haal met ‘n skuimspaan uit, dreineer hulle ‘n oomblik lank op bruinpapier en domper hulle dan ‘n paar sekondes lank in die koue stroop.( Wat voor die tyd voorberei is)
STROOP:
Los die suiker in die water op. Voeg die kremetart, gemmer en kaneel by en laat die stroop 5 minute lank kook. Voeg 5-10 ml gliserien by net voordat die stroop van die hitte afgehaal word om mooi blink koeksisters te verkry. Hou die bak stroop in ‘n groot skottel met ysblokkies terwyl die koeksisters daarin gedoop word om te voorkom dat die stroop gou warm word. Wat jy ook kan doen is om die stroop in 2 te deel en die een bak in die vrieskas te hou. As die een bak te warm word, haal die ander bak uit, sit warm bak in vrieskas en gebruik die koue stroop.
Lewer 5-6 dosyn koeksisters.
*
KOEKSISTERS MET WARM STROOP (Louise van Aswegen deWet)
by Kook En Klets
Ouma se resep.
2 k meelblom
1 desertlepel bakpoeier
1 desertlepel suiker
1 desertlepel botter
1 eier, geklits
Knippie sout
¾ k melk
Olie vir gaarmaak
Vryf die botter met die vingerpunte in die meel in, gooi dan die bakpoeier en suiker by. Maak aan met melk waarin die geklitste eier geroer is. Rol die mengsel uit, sny en vleg. Bak in warm olie tot ligbruin.
Stroop
4 k suiker
2k water
1 eetl goue stroop
Knippie wynsteensuur
Kook die bestandele saam vir 5min en dompel die warm koeksisters in die warm stroop. Haal uit en laat koud word. Geniet!

KOEKSISTERS
(Geen knie resep)
Bestanddele
Stroop
1 kg suiker
5 ml kaneel
2.5 ml gemmer
500 ml water
Deeg
500 ml koekmeelblom
25 ml bakpoeier
30 ml margarien
100 ml melk
100 ml water
knippie sout
500 ml sonneblom olie
Metode
Stroop
Gooi suiker, water, kaneel en gemmer in ‘n pot en kook dit tot ‘n opgeloste vloeistof. Wag tot die stroop koud genoeg is om in ‘n ander bak te gooi. Laat die stroop oornag afkoel in die yskas. Wanneer jy dit die volgende dag uitgehaal het, sit die bak in ‘n ander bak met yskoue water en ysblokkies in, sodat die vloeistof koud bly te midde van die oefening. ‘n Goeie idee is om jou stroop in 2 te deel. Hou een op die ysblokkies en hou een in die vrieskas. Indien stroop warm word – ruil bakke om.
Deeg
Meng koekmeelblom, bakpoeier en sout. Vryf margarien in met jou vingers. Sny melk en water in die meel in. Moenie die meel te veel hanteer nie, hoe minder jy dit hanteer hoe beter.
Rol die deeg uit op ‘n ligweg-meel-gestrooide oppervlak tot so 5 mm dikte. Sny die deeg in repe van 5 cm breed en 10 cm lank. Sny die repe verder om elk drie bene te hê. Vleg die bene en druk dit styf vas aan die oop kant.
Kook
Verhit genoeg sonneblomolie in ‘n pot om die koeksisters in te braai. Bak die gevlegte koeksisters in die olie tot altwee kante ‘n mooi karamel kleur het. Die koeksister moet nog kook en borreltjies maak, dan moet jy dit al in die yskoue stroop onderdompel het. Haal die koeksister na so ‘n minuut uit. Die koeksister behoort baie swaarder te voel as jy hom uithaal.
Wenk
Gebruik verskillende implemente om die koeksisters in die olie en in die stroop te hanteer, vertrou my, jy wil nie stroop in die olie kry nie.
Deur: http://www.ejozi.co.za/resepte-in-afrikaans/koeksister-resep.html
Koeksisters
Ingredients
For the syrup:
– 1kg sugar
– 500ml (2 cups) water
– 2 pieces fresh green ginger (each 5cm), peeled and crushed
– 2ml (½ teaspoon) cream of tartar
– Pinch of salt
– Grated rind and juice of ½ lemon
For the dough:
– 500g flour
– 2ml (½ teaspoon) salt
– 30ml (2 tablespoons) baking powder
– 55g butter, grated
– 1 egg
– 250-375ml (1-1½ cups) milk or water
Instructions
1. To make the syrup, put all the ingredients in a saucepan. Heat (stirring) until the sugar has completely dissolved. Cover the mixture and boil for 1 minute. Remove the saucepan lid and boil the syrup for a further 5 minutes, but do not stir it. Remove the syrup from the stove and allow it to cool for at least 2 hours in a refrigerator, or overnight.
2. To make the dough, sieve together the dry ingredients and rub in the grated butter with your fingertips, or cut it in with a pastry cutter. Beat the egg, add 250ml (1 cup) of the milk or water and mix lightly with the dry ingredients to a soft dough. Add more milk or water if the dough is too stiff. Knead well until small bubbles form under the surface of the dough. Cover with a damp cloth and allow to stand for 30 minutes –1 hour.
3. Roll out the dough to a thickness of 1 cm, then form koeksisters in either of the following ways:
Cut strips 1 cm wide and twist 2 strips together, or plait 3 strips together, cutting the twisted, or plaited lengths at 8cm intervals and pinching the ends together.
4. Alternatively, cut the dough into 8cm x 4cm pieces. Cut 2 vertical slits in each piece, reaching to 1cm from the end. Plait the 3 strips that have been formed and pinch together the loose ends.
5. Heat 7-8cm deep oil to 180-190°C – a cube of bread should turn golden-brown in a minute. Fry the koeksisters for 1-2 minutes, or until golden-brown, then turn them over with a fork and fry until golden-brown on the other side.
6. Remove the koeksisters with a lifter or slotted spoon, drain them for a moment on paper towel and then plunge them into the cold syrup for 1-2 minutes. Stand the container of syrup in a bowel of ice so that the syrup will stay cold.Tip. Make 2 bowls of syrup. Keep one in the freezer, use one until hot, swap syrup en continue with cold one. Remove the koeksisters from the syrup with a lifter or slotted spoon, allowing the excess syrup to flow back into the basin, then drain them slightly on a wire rack.
Like this:
Like Loading...
You must be logged in to post a comment.