Rencia Odendaal Pretorius
Groen Vye: van eerste krop
1.25 kg suiker per 1 kg vrugte
1.5 liter water per 1 kg
20 ml suurlemoensap per 1 kg
Lemmetjie mengsel : 25 ml lemmetjie stroop per 5 liter water
Skraap die vrug met n mes en sny n kruis aan die “blossom” kant van die vrug. Los oornag in die lemmetjie mengsel. Was deeglik. Plaas vye in warm water en kook ontrent 15 min. Maak die stroop van suiker, water en suurlemoensap en bring tot kookpunt. Voeg nou die vye een vir een by en kook tot sag maar tog nogsteeds stewig en tot die stroop duk word. Skep dadelik in warm gesteriliseerde bottels en gooi warm stroop bo-oor. Seel bottel dadelik.
Groen Vye Konfyt:
Krap, rasper of skil effe af( baie dun )
Maak snytjie in vorm van kruis aan die blom-ent van elke vy
Weeg vye
Laat le vye oornag in mengsel van kalk (15ml) op 3.4 l water of koeksoda (30ml) op 3.4l water
Spoel vye af en plaas dit in kokende water vir ongeveer 15/20 min tot sag. Bepaal self wanneer vye sag is. Dit hang somtyds af van die hoeveelheid wat jy kook.
Gebruik water vir stroop –
Gebruik 1 op 1 bv 500gr suiker op 500gr vrugte en 375ml water vir elke 250ml suiker
Voeg ‘n paar kruienaaltjies, stukke heel gekneusde gemmer of stukke heel kaneel en 60ml suurlemoensap by vir elke 3kg vrugte.
Kook vir ongeveer 2 ure vinnig tot vrugte helder en stroop dik is.
Maak 1.5l ekstra stroop aan om die bottels aan te vul namate die stroop wegkook.
Bottel warm.
You must be logged in to post a comment.