Tag Archive | poffertjies

Suikermielie poffertjies


suikermielie poffertjies

SUIKERMIELIE POFFERTJIES
250ml koekmeelblom
10ml bakpoeier
5ml sout
1ml rooipeper
30ml margarien (gesmelt)
2 eiers (geskei)
5 ml Uie (gerasper)
300ml Cheddarkaas (gerasper)
420g geroomde suikermielies (Sweetcorn)
Olie vir vlak vet braai

Sif die droë bestanddele saam.
Voeg die margarien of botter by.
Klop die eiergele en voeg dit by die koekmeelblom mengsel.
Meng dit goed.
Voeg die ui, kaas en suikermielies by en meng dit deeglik.

: eposvriende

*

 SUIKERMIELIE-KOEKIES

2 EIERS
1 BLIK ROOM SUIKERMIELIES
1 KOPPIE KOEKMEEL
5 ML BAKPOEIER
SOUT

KLITS EIERS. VOEG SUIKERMIELIES BY EN MENG. SIF MEEL, SOUT EN BAKPOEIER BY EN MENG. INDIEN TE STYF, VOEG WATER OF MELK BY. BAK LEPELS VOL IN WARM OLIE TOT GAAR. EET MET STROOP, KONFYT OF KAAS.

*

SWEETCORN FRITTERS (KOEKIES)

100 gr meel

1 tl bakpoeier

1 eier

150ml melk

1 blikkie pitmielies (of gekookte mielies- afgesny van stronk)

Sout en peper na smaak

Vir ekstra geur, gekapte spruituie, uie,  ‘n splash soya sous of chillie sous of gekapte koliander, selfs bietjie gerasperde cheddar kaas.

Meng alles en bak in pan met bietjie olie tot gaar en goudbruin.

*

SWEETCORN FRITTER

(serves 6)

By: Just easy recipes (S.A.)

Ingredients:

1 tin sweetcorn kernels (pitmielies)
1  1/2 cups cake flour
2 eggs
1/2 cup milk
100g cheddar cheese, grated (1 cup)
1 tbsp fresh parsley, chopped
2 tbsp fresh chives, chopped
5ml baking powder
salt to taste
oil to deep-fry

Method:

Sift the dry ingredients together.

Mix together the flour, eggs, milk, cheese, herbs, baking powder and salt.

Add the corn.

Heat oil in a frying pan and drop spoonfuls of the batter into the oil.

Cook until golden brown and puffy.

 *

MIELIE MUFFINS

HIERDIE WERK HEERLIK IN MUFFIN PANNETJIES

Resep:

4 eiers

125ml melk

30ml suiker

30ml olie

250ml mieliemeel

50ml koekmeel

5ml bakpoeier

5ml sout

1 blik suikermielies

1 blik pitmielies

 

Meng alles goed saam. Gooi in BAIE goed gesmeerde pannetjie (cook ‘n spray of waspapier werk goed) en bak in voorverhitte oond vir ongeveer 1 uur teen 180 grade C.

Vir muffins, kyk na baktyd – so na 30/35 min – doen die toetspen toets.

 

Advertisement

Poffertjies


Poffertjies-bron onbekend

Poffertjies-bron onbekend

Poffertjies

DIE STUK IN HOOFLETTERS IS BELANGRIK, anders “val die poffertjies plat” !!!

BESTANDDELE:
75 g (75 ml) botter, in blokkies gesny
175 ml water
2 ml sout
110 g (200 ml) koekmeel, gesif
3 eiers

METODE:
Voorverhit die oond. Smelt die botter in ‘n kastrol en voeg die water en sout by. Laat dit net kook en haal dit dadelik van die plaat af. Gooi al die gesifte meel by en klop die mengsel fluks met ‘n houtlepel. Klop die mengsel tot dit glad is. Sit die kastrol terug op die hitte en klop dit vir nog ‘n halwe minuut oor baie lae hitte tot die deeg van die rand van die pan wegtrek om ‘n bal te vorm. Verwyder weer van die plaat en laat die deeg effens afkoel. Voeg die 3 eiers een-een by en klop goed ná elke byvoeging. Sodra daar genoeg eier in die mengsel is, sal die deeg blink wees en sag genoeg sodat dit van ‘n lepel af val.

Skep teelepels vol deeg op ‘n gesmeerde bakplaat of gebruik ‘n spuitsak om poffertjies te spuit. Bak dit vir 15 minute, verminder die hitte na 180 °C en bak dit vir nog 10-15 minute. NEEM ‘N SKERP MES EN MAAK ‘N KLEIN SNY IN DIE KANT VAN ELKE POFFER: DIT SORG DAT DIE STOOM ONTSNAP EN DIE POFFERTJIE NIE PAP RAAK NIE. SIT DIT VIR ‘N PAAR MINUTE TERUG IN DIE OOND OM UIT TE DROOG.

Sny die poffertjies oop of gebruik die punt van ‘n houtlepel-handvatsel en druk ‘n gaatjie in elke poffertjie. Spuit dit vol met geklopte room en doop die poffertjies in gesmelte sjokolade of karamel. Sit dadelik voor.

Kaaspoffertjies


kaaspoffertjies

Idee gekry by: Koek En Tert

KAASPOFFERTJIES
RESEP EN FOTO VANAF SARIE KOS

1 vel (400 g) blaardeeg /puff pastry
150 g cheddarkaas, gerasper
1 eier
15 ml melk

STAP 1
Verhit oond tot 200 °C. Rol blaardeeg ‘n bietjie dunner en plaas helfte van kaas op een helfte daarvan.

STAP 2
Vou toe en rol weer dun uit. Herhaal proses totdat al die kaas in die deeg ingerol is.

STAP 3
Druk vorms daaruit en plaas op ‘n bakplaat wat met gesmeerde bakpapier uitgevoer is. Klits eier en melk saam.

Verf poffertjies met die mengsel en plaas in warm oond. Bak vir 15 – 20 minute. Hou poffertjies in ‘n lugdigte houer.

Hierdie idee is baie oulik vir enige vulsel wat jy wil gebruik, tuna mengsel, hoender, polonie, bully beef, maalvleis, wat van nutella, konfyt, karamel kondensmelk ens.

Pampoenpoffers/koekies


Pampoenpoffers/koekies

Pampoenpoffers/koekies

(Almarie Burger)

Bestandele:

Sous:

2 kop suiker

2 kop melk

1 kop water

2 eetl botter

5tl maizina angemaak met bietjie van die melk

sout

Kook alles en bring tot kookpunt

Koekie:

2 kop gaar pampoen

2 kop meel

4tl bakpoeier

2 eiers

Meng alles.

Skep nou lepels vol in pan met olie en bak tot gaar.

Pak lae poffertjies, NB jou poffertjies moet warm wees –  gooi WARM sous oor en kaneel en hou so aan tot beslag klaar is.

Ek het myne in my deepfryer gemaak, teelepel gewys ingegooi en die hoeveelheid is ongeveer 50 poffertjies.

Tip: Ek kook bv ‘n hele pampoen net met water gaar, mash dit en verpak dit in sakkies – of 2 koppies – of 1 koppie  As ek dus pampoenpoffertjies wil bak, haal net die sakkie uit, ontvries en bak.

Die resep vries baie goed.

EK HET DIE RESEP GEKRY VIR BUTTENUT KOEKIES. Dit is nogal interessant dat daar geen meel of eiers inkom nie ???

BUTTERNUT Pampoenkoekies

1 butternut squash, peeled and roughly chopped
1 Tbsp Chives
1 Tbsp onion powder
1/2 cup onion, finely chopped
1 tsp fresh sage, chopped
Salt and pepper to taste
Oil
Instructions

Steam the butternut squash until they turn tender
Once tender mash into a fine pulp.
Season the mashed pulp with onion powder, salt and pepper
Add Sage, onion and chives.
Preheat skillet on medium with oil
Ladle mixture into pancake shapes and cook until brown and crispy on both sides

Adapted from:http://paleoaholic.com/paleo/paleo-butternut-squash-cakes/

PAMPOENPOFFERTJIES

Poffers
750 g gaar pampoen, goed fyn gedruk
Knippie sout
2 eiers, geklits
500 ml bruismeel (of 500ml koekmeel en 15ml bakpoeier)
Olie, vir diepbraai
Stroop
500 ml witsuiker
250 ml water
125 ml melk
45 ml botter
Knippie sout
10 ml mielieblom
15 ml koue water
5 ml fyn kaneel

Klits die pampoenmoes, sout, eiers en meel saam. Braai teelepelsvol in warm olie tot opgepof en goudbruin. Skep uit met ’n gaatjieslepel, dreineer op kombuispapier en hou warm. Vir die stroop: Verhit die suiker, water, melk, botter en sout saam tot kookpunt. Meng die mielieblom, kaneel en water en roer by die stroop. Prut, terwyl geroer word, tot effens verdik en giet oor die poffertjies. Sit warm voor. Lewer 40 poffertjies.

Deur:http://www.landbou.com/leefstyl/resepte/pampoenpoffertjies-met-karamelstroop

 

Love Van Der Velden

Baby Marrow Koekies

Bestanddele:

400g Baby Marrow – grof gerasper
1/2 koppie meel
5ml bakpoeier
1/2 koppie parmesaan kaas of cheddar kaas
1 ui grof gerasper
1 eier
1 teelepel sout
Olie vir vlak panbraai

Metode:
1. Rasper groente grof. 
2. Plaas in vergiettes en druk oortollige vloeistof ui.
3. Meng saam met groente die meel, kaas, eier en sout.
4. Braai oor matige hitte so 1 en 1/2 na 2 minute per kant tot goudbruin.
5. Dreineer op kombuispapier.