Poffertjies
DIE STUK IN HOOFLETTERS IS BELANGRIK, anders “val die poffertjies plat” !!!
BESTANDDELE:
75 g (75 ml) botter, in blokkies gesny
175 ml water
2 ml sout
110 g (200 ml) koekmeel, gesif
3 eiers
METODE:
Voorverhit die oond. Smelt die botter in ‘n kastrol en voeg die water en sout by. Laat dit net kook en haal dit dadelik van die plaat af. Gooi al die gesifte meel by en klop die mengsel fluks met ‘n houtlepel. Klop die mengsel tot dit glad is. Sit die kastrol terug op die hitte en klop dit vir nog ‘n halwe minuut oor baie lae hitte tot die deeg van die rand van die pan wegtrek om ‘n bal te vorm. Verwyder weer van die plaat en laat die deeg effens afkoel. Voeg die 3 eiers een-een by en klop goed ná elke byvoeging. Sodra daar genoeg eier in die mengsel is, sal die deeg blink wees en sag genoeg sodat dit van ‘n lepel af val.
Skep teelepels vol deeg op ‘n gesmeerde bakplaat of gebruik ‘n spuitsak om poffertjies te spuit. Bak dit vir 15 minute, verminder die hitte na 180 °C en bak dit vir nog 10-15 minute. NEEM ‘N SKERP MES EN MAAK ‘N KLEIN SNY IN DIE KANT VAN ELKE POFFER: DIT SORG DAT DIE STOOM ONTSNAP EN DIE POFFERTJIE NIE PAP RAAK NIE. SIT DIT VIR ‘N PAAR MINUTE TERUG IN DIE OOND OM UIT TE DROOG.
Sny die poffertjies oop of gebruik die punt van ‘n houtlepel-handvatsel en druk ‘n gaatjie in elke poffertjie. Spuit dit vol met geklopte room en doop die poffertjies in gesmelte sjokolade of karamel. Sit dadelik voor.
You must be logged in to post a comment.