Tag Archive | lemoene

Lemoen/marmelade/konfyt


marmelade2

MARMELADE

Geskryf deur: Neels de Ronde

Sit ‘n aantal lemoene/suurlemoene deur ‘n versapper, skil en al maar sonder pitte.
Weeg 1 kg van hierdie mengsel, die. sap, skil, ens. en gooi in pot.
Voeg 3/4 kg (= 750 g) suiker by en kook.
Skep skuim af.
Kook totdat mengsel dik genoeg is.
Skep in gesteriliseerde glasbottels.
Opsioneel: Meng 1 koppie sjerrie by mengsel net voordat dit gebottel word.
Variasie: Lemoene kan met suurlemoene vervang word of ‘n mengsel van die twee.
Advies: Hoe meer wit van die skil in die mengsel is, hoe bitterder is die eindresultaat.
Smaaklik eet!

ORANGE MARMELADE

  • 6-8 small oranges, weighing about 550g
  • juice of 1 lemons
  • 1.4 litres water
  • 1.1 kg granulated sugar

Method

1. To sterilize jam jars, place them in a large saucepan and cover with cold water. Bring to the boil and simmer briskly for 10-15 minutes. Remove from the water with tongs and place upside down on a clean surface to dry.
2. Slice the oranges in half. Using a metal spoon, scoop out the flesh over a bowl to collect any juice, leaving the pith behind. Reserve the shells.
3. Put the flesh, juice and pips in a food processor and blend until smooth.
4. Push the purée through a sieve into a preserving pan or large heavy-based saucepan.
5. Now scoop out as much of the pith from the shells as possible. Slice the rind into very thin matchstick strips and add these to the sieved flesh in the pan.
6. Pour in the lemon juice and water.
7. Bring to the boil. Reduce the heat and simmer for 1 to 1 1/2 hours until the rind is very soft and the mixture has reduced by half.
8. Over a low heat, add the sugar and stir until it has dissolved. Boil for about 10 minutes, skimming off any froth on the surface.
9. After 10 minutes, spoon a little of the marmalade onto a cold plate and place in the fridge. If it sets to a jelly the marmalade is cooked. If necessary, cook for a further 5-10 minutes and test again.
10. Allow the marmalade to cool slightly, then pour into the sterilized jars.

DRIE- SITRUS- MARMELADE:

2 lemoene

2 pomelos

2 suurlemoene

1,5 – 2 liter water

Wit suiker

Sny die skil van vrugte in repies en trek versigtig af. Sit in gaasdoekie en bind vas. Sny heel vrugte in wiggies en verwyder die pitte. Verwyder die witgedeeltes. Meet hoeveel pulp en sit in kastrol. Voeg 500ml water vir elke 250 pulpmengsel. Verhit tot kookpunt. Verlaag hitte en kook vir nog 40 minute oor stadige hitte. Giet die mengsel in maatbeker en voeg dan 250g witsuiker by vir elke 250ml pulp. Giet alles- ook skilsakkie- in kastrol. Verhit stadig tot suiker opgelos is. Verhit en kook mengsel vir 25 minute, totdat dit nie meer waterig is nie. Laat afkoel, as dit stewig en nie meer loperig is nie is dit reg. Skep warm marmelade in bottels wat gesteriliseer is. Lewer sowat 2 liter marmelade. 1 gesnyde pynappel kan ook bygevoeg word. Vir iets anders.!

Versuikerde lemoen/pomelo skil

Versuikerde lemoen/pomelo skil

VERSUIKERDE SITRUSSKIL

Met komplimente van RSG

Metode:

Skil 2 pomelo’s of drie lemoene of suurlemoen.

Skraap die bitter wit deel van die skil af en sny die skil in dun stroke.

Laat dit liggies kook in water tot sag en dreineer al die water af.

In ‘n aparte kastrol maak jy ‘n suikerstroop met 1 koppie suiker en 1 koppie water en laat prut tot die suiker opgelos het.

Gooi genoeg van die suikerstroop by die saggekookte sitrusskil om dit behoorlik te bedek.

Laat dit stadig kook tot die skil heeltemal deurskynend is.

As uit die stroop kom, laat net effe afkoel en druk in suiker.

Bêre in die yskas

VIR VINGERHAPPIES: DRUK JOU SKIL IN SJOKOLADE OF IN SJOKOLADE EN NEUTE

Gerasperde lemoenskil met skilferkors deeg

Gerasperde lemoenskil met skilferkors deeg

GEBAKTE LEMOENSKIL ROLLETJIES
Neem pak skilferkors deeg – rasper lemoenskil bo-oor (fyn kant van jou rasper) – Gebruik soveel soos waarvoor jy lus voel. Pasop vir die wit gedeelte – gebruik net die geel van jou lemoen. Sny die skilferkors in repe en rol in dun wors rolletjies – Rol jou koekie – die grootte wat jy wil he.
Bak in die oond by 200 C vir so 12/15 min of tot gaar en opgepof.
Maak sousie van:
2 kop versiersuiker, 1/4 kop warm water, 1 eetl botter. gooi bo-oor die rolletjies en geniet.  Rens

Photo: dreamstime

Photo: dreamstime

LEMOENSKILROLLETJIES KONFYT: 

Pasella het in Citrusdal met sitrusvrugte gekook en hierdie heerlike resep by Hannah Janse van Rensburg gekry. Sy is bekend in die area vir haar bakwerk en hierdie konfyt maak ʼn aantreklike garnering vir koeke.
(Maak 1x 250ml bottel)
500g lemoenskille, gewas
500g suiker
3 k water
sap van 1 suurlemoen
Rasper die lemoene liggies om die olieselletjies te breek. Skil dan af deur eers die boonste sirkel en dan die onderste sirkel af te sny. Sny die lemoenskil in 4 lang repe aan die kante, net-net deur die vel, en skil versigtig af. Bedek nou die skille met koue water en kook tot sag. Toets deur ʼn vuurhoutjie in die skille te druk, as dit maklik deurkom, is dit reg. Dreineer, los om af te koel en sny of knip die lemoenstroke in smaller stroke. Rol elke strokie op en steek vas met ʼn tandestokkie.
Los nou die suiker in die water op en bring tot kookpunt. Plaas die opgerolde lemoenstroke in die stroop. Kook totdat die stroop dik is en die vrugte deurskynend is. (Maak nog stroop en voeg by indien nodig). Haal van die stoof af en roer die suurlemoensap by.
Bottel soos volg: haal lemoenskil uit stroop en verwyder tandestokkies. Pak in gesteriliseerde flesse van jou keuse. Gooi kokende stroop oor gerolde skil tot bottel vol is, draai stewig toe en draai fles onderste-bo. Bottels kan nou afkoel, afgevee en weggepak word.
Martie Fourie Moolman
Julle kan probeer om die rolletjies dikker(groter) te maak om die lemoen in die rondte te skil en plaas van skyfies, deel dit dan in stukkies en ryg dit met ‘n stopnaald en gare rol op en maak ‘n knoop in die gare, wanner sag , sit in stroop en wanneeer bottel, trek net die gare uit.
Marmalade, orange and whisky sponge puddings. Photograph: Jill Mead for the Guardian

Marmalade, orange and whisky sponge puddings. Photograph: Jill Mead for the Guardian

MARMALADE POEDING IN DIE MIKROGOLF OOND

Maak 6

Marmelade konfyt

125g botter
125g strooisuiker
Skil van twee lemoene, fyngerasper
2 medium eiers
125g koekmeel
1 teelepel bakpoeier
Whiskey en room vir opdiening (ek dink ideal melk gaan net so lekker werk)

1. Vryf die binnekant van vyf of ses ramakinkoppies met botter en sit een of twee eetlepels van marmelade in die basis van elk.

2.  Klits die botter, suiker en lemoenskil tot glad en voeg die eiers een vir een op ‘n tyd by, en klop goed elke keer. Klits tot glad.

3.  Voeg die meel en bakpoeier, roer tot glad en vul elke koppie tot sowat twee derdes vol.

4.  Maak elke beker met kleefplastiek toe , dan mikrogolf in groepe van twee of drie vir sowat ‘n minuut. Kyk om te sien hoe gaar is hulle met ‘n stokkie, sit hulle terug in vir ‘n ander 30 sekondes elke keer tot jy ‘n toetspen insteek en dit  skoon uitkom.

5.  Laat rustyd  vir ‘n minuut of so. Gebruik ‘n mes om die  rand van die poeding los te maak. Sit op opdienborde.  Gooi ‘n bietjieWhiskey en room oor en  bedien. (die whisky kan uitgelaat word)

Advertisement

Piesangslaai Resepte


Piesang kerrie slaai

Piesang kerrie slaai

Kerrie Piesangslaai (Onbekend)

Bestanddele

6 tot 8 Piesangs

2 e perske/appelkooskonfyt

½ t Borrie

½ t Kerrie

2 e Mayonnaise

1 e Asyn

¼ k Rosyne

Metode

Meng al die bestanddele vir die sous en laat 1 uur staan. Sny piesangs in skywe en meng met sous. Al die piesangs moet met die sous bedek wees.

Piesangslaai

Natasha De Jager Viljoen

± 6 Piesangs (nie te groen, maar ook nie oorryp)

1 x blikkie kondensmelk

1 x houertjie vars room

¼ koppie suurlemoensap

Metode Klits room tot baie styf. Voeg kondensmelk en suurlemoensap by. Gooi in mooi glasbak en sny piesangs in skyfies binne-in die roommengsel in.

Piesang slaai met kaneel en jogurt- bron onbekend

Piesang slaai met kaneel en jogurt- bron onbekend

Banana salad with cinnamon yogurt

Ingredienser Ingredients

4 bananas, peeled and sliced

2 oranges, peeled and cut into chunks

300 ml of low-fat yoghurt

150 ml orange juice, freshly squeezed

1 tablespoon honey

2 tsp vanilla sugar

1 teaspoon ground cinnamon

4 tablespoons of muesli

30 g pistachios, coarsely chopped
4 portioner 4 servings

Method

1 . Mix orange juice and honey and pour over the fruit in a bowl.

2  Mix the yogurt with vanilla sugar and cinnamon, and pour over the fruit.

3  Mix muesli and pistachios and toast them in a dry pan for a few minutes.

4 . Pour the mixture over the yogurt and serve.

Wenk: vir gewone slaai sal ek net die muesli uitlos.

Tjou-Tjou Piesangslaai

6 piesangs

1 blik vrugte kelkie (fruit cocktail) (410g)

1 blik kondensmelk (397g)

1 bottel Koo Picalilly (390g of 400g)

knippie sout

Sit jou piesangs met skille aan in ´n bak. Gooi kookwater bo oor en laat lê so vir ´n minuut of 2. Die skille van die piesangs word swart. Haal uit kookwater, skil jou piesangs en sny in skyfies. Gooi piesang skyfies, fruit cocktail, kondensmelk, sout en picalilly in ´n bak en meng goed deur.

Bedien koud.

Appel, piesang en kaas slaai

Appel, piesang en kaas slaai

Piesang, appel en kaas slaai

Rooi appels, ontpit en en in blokkies gesny (jy kan dit skil as jy wil)

Ryp piesang (nie oor ryp nie) – Geskil en in skyfies gesny

Cheddar of gouda kaas in blokkies gesny

Mayonaise

Optioneel: rosyne en seldery

Meng alles saam en hou koud totdat dit bedien word

Die hoeveelhede hang af van hoeveel mense en smaak.  Ek sal werk op 1 1/2 appel en 1 piesang per person.  Mayonaise is volgens smaak en hoe “nat” jy die slaai wil hê.  Piesang kan ingesny word so 10 minute voor jy bedien as jy bang is dit verbuin.

 

Piesangslaai

Jean-Marie Steenberg

3 eiers
125ml wit asyn
200g (250ml) witsuiker
10ml mosterdpoeier
knypie sout
250ml ingedampte melk (Ideal)
Klits eiers, asyn, suiker, mosterd en sout saam in ‘n kastrol tot goed gemeng. Verhit oor matige hitte tot dik en roer gereeld. Haal af sodra dit kook. Laat mengsel afkoel. Voeg ingedampte melk by en meng. Gooi in fles en sit in yskas tot benodig.

Dan sny jy net in piesangs in dun skyfies en gooi die oor. Lieflik.hoe langer dit trek, hoe lekkerder

Piesangslaai

Die is my wenresep:

Druk piesangs (met skil) in bak met kookwater – vir so 1 na 2 min tot skil swart verkleur het, Skil af (die verhoed dat die piesang swart word)

Sny piesangs op en gooi houer  grenadilla joghurt oor en voilla,

geniet – dit is sooo eenvoudig maar baie lekker

Jy kan ENIGE GEUR  joghurt gebruik maar ek persoonlik  hou van die grenadilla geur.

Dalene Steyn

My PIESANGSLAAI resep gaan so:

Half koppie mayonaise en half koppie kondensmelk. Ses tot agt piesangs gesny. Een blikkie ertjies gedreineer.  1 tl mosterdpoeier. Meng alles saam en bedien saam met kerrie. Heerlik!
Mix 1 can of condensed milk, 1 cup mayonnaise and 1 heaped T mild curry powder. Slice 4 – 6 bananas and add to the sauce. Stir until well combined. Allow to stand for about 30 minutes to allow the favours to develop.

Source: food24.com

Recipe 2
Schalk Oberholzer remembers his gran making this salad with mustard….
1 Can of condensed milk,
½ Can Vinegar (Use the condensed milk can)
1 T Mustard powder.
Pinch salt

Deur:

Granny Mouses House/Ouma Muis se Huis

Onthou om bietjie suurlemoensap oor jou piesangs te spuit om te keer dat dit swart word.