Tag Archive | viniger

Piesangslaai Resepte


Piesang kerrie slaai

Piesang kerrie slaai

Kerrie Piesangslaai (Onbekend)

Bestanddele

6 tot 8 Piesangs

2 e perske/appelkooskonfyt

½ t Borrie

½ t Kerrie

2 e Mayonnaise

1 e Asyn

¼ k Rosyne

Metode

Meng al die bestanddele vir die sous en laat 1 uur staan. Sny piesangs in skywe en meng met sous. Al die piesangs moet met die sous bedek wees.

Piesangslaai

Natasha De Jager Viljoen

± 6 Piesangs (nie te groen, maar ook nie oorryp)

1 x blikkie kondensmelk

1 x houertjie vars room

¼ koppie suurlemoensap

Metode Klits room tot baie styf. Voeg kondensmelk en suurlemoensap by. Gooi in mooi glasbak en sny piesangs in skyfies binne-in die roommengsel in.

Piesang slaai met kaneel en jogurt- bron onbekend

Piesang slaai met kaneel en jogurt- bron onbekend

Banana salad with cinnamon yogurt

Ingredienser Ingredients

4 bananas, peeled and sliced

2 oranges, peeled and cut into chunks

300 ml of low-fat yoghurt

150 ml orange juice, freshly squeezed

1 tablespoon honey

2 tsp vanilla sugar

1 teaspoon ground cinnamon

4 tablespoons of muesli

30 g pistachios, coarsely chopped
4 portioner 4 servings

Method

1 . Mix orange juice and honey and pour over the fruit in a bowl.

2  Mix the yogurt with vanilla sugar and cinnamon, and pour over the fruit.

3  Mix muesli and pistachios and toast them in a dry pan for a few minutes.

4 . Pour the mixture over the yogurt and serve.

Wenk: vir gewone slaai sal ek net die muesli uitlos.

Tjou-Tjou Piesangslaai

6 piesangs

1 blik vrugte kelkie (fruit cocktail) (410g)

1 blik kondensmelk (397g)

1 bottel Koo Picalilly (390g of 400g)

knippie sout

Sit jou piesangs met skille aan in ´n bak. Gooi kookwater bo oor en laat lê so vir ´n minuut of 2. Die skille van die piesangs word swart. Haal uit kookwater, skil jou piesangs en sny in skyfies. Gooi piesang skyfies, fruit cocktail, kondensmelk, sout en picalilly in ´n bak en meng goed deur.

Bedien koud.

Appel, piesang en kaas slaai

Appel, piesang en kaas slaai

Piesang, appel en kaas slaai

Rooi appels, ontpit en en in blokkies gesny (jy kan dit skil as jy wil)

Ryp piesang (nie oor ryp nie) – Geskil en in skyfies gesny

Cheddar of gouda kaas in blokkies gesny

Mayonaise

Optioneel: rosyne en seldery

Meng alles saam en hou koud totdat dit bedien word

Die hoeveelhede hang af van hoeveel mense en smaak.  Ek sal werk op 1 1/2 appel en 1 piesang per person.  Mayonaise is volgens smaak en hoe “nat” jy die slaai wil hê.  Piesang kan ingesny word so 10 minute voor jy bedien as jy bang is dit verbuin.

 

Piesangslaai

Jean-Marie Steenberg

3 eiers
125ml wit asyn
200g (250ml) witsuiker
10ml mosterdpoeier
knypie sout
250ml ingedampte melk (Ideal)
Klits eiers, asyn, suiker, mosterd en sout saam in ‘n kastrol tot goed gemeng. Verhit oor matige hitte tot dik en roer gereeld. Haal af sodra dit kook. Laat mengsel afkoel. Voeg ingedampte melk by en meng. Gooi in fles en sit in yskas tot benodig.

Dan sny jy net in piesangs in dun skyfies en gooi die oor. Lieflik.hoe langer dit trek, hoe lekkerder

Piesangslaai

Die is my wenresep:

Druk piesangs (met skil) in bak met kookwater – vir so 1 na 2 min tot skil swart verkleur het, Skil af (die verhoed dat die piesang swart word)

Sny piesangs op en gooi houer  grenadilla joghurt oor en voilla,

geniet – dit is sooo eenvoudig maar baie lekker

Jy kan ENIGE GEUR  joghurt gebruik maar ek persoonlik  hou van die grenadilla geur.

Dalene Steyn

My PIESANGSLAAI resep gaan so:

Half koppie mayonaise en half koppie kondensmelk. Ses tot agt piesangs gesny. Een blikkie ertjies gedreineer.  1 tl mosterdpoeier. Meng alles saam en bedien saam met kerrie. Heerlik!
Mix 1 can of condensed milk, 1 cup mayonnaise and 1 heaped T mild curry powder. Slice 4 – 6 bananas and add to the sauce. Stir until well combined. Allow to stand for about 30 minutes to allow the favours to develop.

Source: food24.com

Recipe 2
Schalk Oberholzer remembers his gran making this salad with mustard….
1 Can of condensed milk,
½ Can Vinegar (Use the condensed milk can)
1 T Mustard powder.
Pinch salt

Deur:

Granny Mouses House/Ouma Muis se Huis

Onthou om bietjie suurlemoensap oor jou piesangs te spuit om te keer dat dit swart word.

Advertisement

Koringslaai Resepte


Koringslaai - perdfris

Koringslaai – perdfris

Gesondheidskoringslaai

Perdfris

Bestanddele
3 koppies koring (gekook)
1½ koppie gekapte vars of ingemaakte geelperskes
1½ koppie gekapte vars pynappel
1 koppie fyn gekapte seldery
½ koppie fyn gekapte groenrissie
¼ koppie fyn gekapte ui
3 eetlepels gekapte pietersielie
½ koppie rosyne
½ koppie sonneblomsaad

Metode
Meng alles saam.

Bestanddele Sous
½ koppie sonneblomolie
2 eetlepels suurlemoensap
1 teelepel kerriepoeier + ½ teelepel borrie
1 eetlepel heuning
1teelepel sojasous of Worcestersous

Metode
Meng al die bestanddele en gooi oor slaai.

Ali se Koringslaai

Kook jou koring tot sag en gaar

Braai so 1 groot ui, 250gram spek en 250g mushrooms tot sag

Meng by gaar koring in

Gooi by 1 blikkie tot 2 blikkies room – dit is afhangende van hoeveel koring jy gekook het. Dit is geneig om droog te wees as jy nie genoeg room byvoeg nie,

Sout en gemaalde swart peper

Kook deur en bedien warm

Koringslaai met kondensmelk
Jean-Marie Steenberg

Bestanddele
250ml koring (ongekook)
1 Groot soetrissie (rooi of geel) in klein blokkies gekap
410g geblikte perskeskywe, gedreineer en in blokkies gesny
62ml rosyne
sout na smaak met kookproses

Sous
50ml sonneblomolie
3ml borrie
6ml matige kerriepoeier
25ml blatjang
25ml suiker
25ml asyn
1 blik kondensmelk

Só maak jy
1. Week die koring in genoeg water vir ten minste 2 ure
2.Gooi water af en kook in genoeg nuwe water met sout na smaak vir 10 minute in die mikrogolf
3.Om af te koel, spoel af onder koue lopende water (wees versigtig om dit nie in die drein te mors)
4. Sit in ‘n slaaibak (verkieslik met deksel) en gooi die soetrissie, perskes en rosyne by en meng goed deur.
5.Meng die sous bestanddele saam tot die suiker opgelos is
6.Gooi die slaaisous oor en meng deur
7. Laat dit ‘n rukkie staan vir die geure om in die koring in te trek

Wenke
*Verpak dit in kleiner bakke met deksels, dit sal vir ‘n paar dae in die yskas hou.

Kruisementsous


Kruisementsous

Kruisementsous

Kruisementsous

Heerlik saam met boudvleis

(lekker resepte vir die jongergeslag)

 

Asyn, 1/ 2 koppie

Water, 1/ 4 koppie

Suiker, 1/ 4 koppie

Kruisementblare, 1/ 4 koppie fyngekap

 

Meng eeste drie bestanddele, en verhit tot amper by kookpunt.

Voeg die kruisement by en laat `n uur lank staan.

 

Ek het dit so gemaak, maar… ek het 1 pakkie greenage jellie droog by die eerste 3 bestandele gegooi en saam gebring tot kookpunt – die kruisement blare bygegooi en dit dadelik in botteltjies gegooi, in die yskas gesit  en dit die heeltyd so elke nou en dan gedraai anders gaan le die blare alles onder en die jellie bo – Ek hou van die groen kleur en smaak van die jellie by my mint.

L.W. Indien die asyn flou is, gebruik net asyn sonder water.